top of page
  • Regina Torre

92 Vervulde Bybel profesieë

Updated: Jan 30, 2023

Profesieë vervul oor Jesus se lewe

Vervulde Bybel profesie no 92/92

Jesus, ons Hoëpriester

“en sê vir hom dit: So spreek die Here van die leërskare: Kyk, daar kom ’n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die Here bou. Ja, Hý sal die tempel van die Here bou, en Hý sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ’n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.”

SAGARÍA 6:12-13 AFR53

Vervulling

“Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ’n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele, ’n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.”

HEBREËRS 8:1-2 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 91/92

Jesus, die goeie Herder

“En Ek sal een enkele herder oor hulle verwek, en hy sal hulle laat wei, naamlik my kneg Dawid; hy sal hulle laat wei, en hy sal vir hulle ’n herder wees. En Ek, die Here, Ek sal vir hulle ’n God wees, en my kneg Dawid ’n vors in hulle midde. Ek, die Here, het dit gespreek.”

ESÉGIËL 34:23-24 AFR53

Vervulling

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”

JOHANNES 10:11 AFR53

“Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,”

HEBREËRS 13:20 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 90/92

Jesus, ‘n lig wat skyn in die duisternis

“Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn. U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.”

JESAJA 9:1-2 AFR53

Vervulling

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.”

JOHANNES 1:4-5 AFR53

“’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”

LUKAS 2:32 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 89/92

Jesus, die Seun van God

“Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.”

PSALMS 2:7 AFR53

Vervulling

“Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees?”

HEBREËRS 1:5 AFR53

“want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.”

II PETRUS 1:17 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 88/92

Jesus, die beloofde Verlosser

“Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die Here.”

JESAJA 59:20 AFR53

Vervulling

“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.”

GALÁSIËRS 4:4-5 AFR53

“terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.”

TITUS 2:13-14 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 87/92

Jesus sal opvaar na die hemel.

“U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o Here God!”

PSALMS 68:19 AFR53

Vervulling

“En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.”

LUKAS 24:51 AFR53

Paulus verduidelik weereens vir ons die profesie in die boek Efesiërs.

“Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.”

EFÉSIËRS 4:7-8 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 86/92

Jesus sal uit die dood opstaan (2)

“Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die Here vertel. Die Here het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.”

PSALMS 118:17-18 AFR53

Vervulling

“En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.”

LUKAS 24:5-8 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 85/92

Jesus sal uit die dood opstaan (1)

“Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon; want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.”

PSALMS 16:8-11 AFR53

Vervulling

Paulus verduidelik vir ons die gedeelte wat Dawid geskryf het.

“Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. Omdat hy dan ’n profeet was en geweet het dat God vir hom met ’n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.”

HANDELINGE 2:24-32 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 84/92

Die pottebakker se grond is vir 30 silwerstukke gekoop

“Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer. Hierop sê die Here vir my: Gooi dit vir die pottebakker — die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi.”

SAGARÍA 11:12-13 AFR53

Vervulling

“Daarna het Judas, sy verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die owerpriesters en die ouderlinge en gesê: Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? Jy kan toesien! En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ’n begraafplaas vir vreemdelinge. Daarom is dié stuk grond genoem Bloedgrond, tot vandag toe.”

MATTHÉÜS 27:3-8 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 83/92

Jesus sou begrawe word tussen die rykes.

“En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ’n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.”

JESAJA 53:9 AFR53

Vervulling

“En toe dit aand geword het, het daar ’n ryk man van Arimathéa gekom met die naam van Josef, wat self ook ’n dissipel van Jesus was. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Toe beveel Pilatus dat die liggaam afgegee moes word. En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy ’n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.”

MATTHÉÜS 27:57-60 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 82/92

Jesus gee Sy Gees oor aan God

“In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Here, God van trou.”

PSALMS 31:6 AFR53

Vervulling

“En Jesus het met ’n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.”

LUKAS 23:46 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 81/92

Die soldate het looitjies getrek vir Jesus se klere

“Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.”

PSALMS 22:19 AFR53

Vervulling

“En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ’n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe. En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees — sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.”

JOHANNES 19:23-24 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 80/92

Hulle het vir Jesus asyn en gal gegee om te drink

“En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.”

PSALMS 69:22 AFR53

Vervulling

“en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.”

MATTHÉÜS 27:34 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 79/92

Jesus sal dors wees aan die kruis

“My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.”

PSALMS 22:16 AFR53

Vervulling

“Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!”

JOHANNES 19:28 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 78/92

Jesus se hande en voete sal deurboor word

“Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.”

PSALMS 22:17 AFR53

“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ’n mens rouklaag oor ’n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ’n mens bitterlik ween oor ’n eersgebore kind.”

SAGARÍA 12:10 AFR53

Vervulling

“Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei. EN Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota, waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.”

JOHANNES 19:16-18 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 77/92

Jesus sou saam met rowers gekruisig word

“Daarom sal Ek Hom ’n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.”

JESAJA 53:12 AFR53

Vervulling

“Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.”

MATTHÉÜS 27:38 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 76/92

Jesus sal aan ‘n kruis hang vir ons sondes

“dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.”

DEUTERONÓMIUM 21:23 AFR53

Vervulling

“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang —”

GALÁSIËRS 3:13 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 75/92

Jesus sal die Paaslam wees met geen gebreekte bene

“In een huis moet dit geëet word; jy mag niks van die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been daarvan breek nie.”

EXODUS 12:46 AFR53

“In die tweede maand, op die veertiende dag, teen die aand, moet hulle dit hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet hulle dit eet. Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe of ’n been daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet hulle dit hou.”

NÚMERI 9:11-12 AFR53

Vervulling

“En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — want die dag van daardie sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word. Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was; maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.”

JOHANNES 19:31-33 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 74/92

Jesus sal beskuldig word deur valse getuienis

“Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas.”

PSALMS 27:12 AFR53

“Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.”

PSALMS 35:11 AFR53

Vervulling

“En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie. Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.”

MATTHÉÜS 26:60-61 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 73/92

Jesus sal in Sy gesig geslaan word

“Nou sal jy by hope bymekaar moet kom, o dogter van krygsbendes; die vyand het ’n wal teen ons opgegooi; met ’n stok slaan hulle die regeerder van Israel op die kakebeen.”

MIGA 4:14 AFR53

Vervulling

“En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof. En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.”

MATTHÉÜS 27:30-31 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 72/92

Jesus sou mishandel word en nie ‘n woord sê nie

“Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.”

JESAJA 53:7 AFR53

Vervulling

“Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor! Wat dink julle? En hulle antwoord en sê: Hy is die dood skuldig. Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan, en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?”

MATTHÉÜS 26:61-68 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 71/92

Jesus gee ‘n profesie dat Petrus Hom gaan verloën

“Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie. Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.”

MATTHÉÜS 26:33-34 AFR53

Vervulling

“Maar ’n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend. Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie. En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.”

MATTHÉÜS 26:73-75 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 70/92

Jesus gee ‘n profesie dat Sy dissipels Hom gaan verlaat.

“Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die Here van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.”

SAGARÍA 13:7 AFR53

Jesus herhaal die profesie van Sagaria

“Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.”

MATTHÉÜS 26:31 AFR53

Vervulling

“In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen ’n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie. Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.”

MATTHÉÜS 26:55-56 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 69/92

Jesus gee ‘n profesie dat Hy verraai gaan word.

“En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.”

MATTHÉÜS 26:20-21 AFR53

Vervulling

“En terwyl Hy nog spreek, daar kom Judas, een van die twaalf, en saam met hom ’n groot menigte met swaarde en stokke, gestuur deur die owerpriesters en ouderlinge van die volk. En sy verraaier het vir hulle ’n teken gegee en gesê: Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom! En dadelik gaan hy na Jesus en sê: Gegroet, Rabbi! en hy het Hom gesoen. Maar Jesus sê vir hom: Vriend, waarvoor is jy hier? Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Jesus en gryp Hom.”

MATTHÉÜS 26:47-50 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 68/92

Jesus sal by die tempel ingaan

“Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.”

MALEÁGI 3:1 AFR53

Vervulling

“En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi. En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.”

MATTHÉÜS 21:12-13 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 67/92

Die koning kom Jerusalem binne op ‘n donkie

“Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin.”

SAGARÍA 9:9 AFR53

Vervulling

“En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het; hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit. En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi. En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele! En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man? En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa.”

MATTHÉÜS 21:6-11 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 66/92

Gesalf deur God

“U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.”

PSALMS 45:7-8 AFR53

Vervulling

“En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;”

HEBREËRS 1:6-9 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 65/92

‘n Nuwe ewige verbond

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie — my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die Here. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”

JEREMIA 31:31-34 AFR53

Vervulling

“En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.”

HEBREËRS 10:15-18 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 64/92

‘n Lig vir die nasies en behou die verbond met Israel

“Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies.”

JESAJA 42:6 AFR83

“Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou ‘n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.”

JESAJA 49:6 AFR83

Vervulling

“Daar het destyds ‘n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: ‘n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.””

LUKAS 2:25-32 AFR83

Vervulde Bybel profesie no 63/92

Dowes sal hoor en blindes sal sien.

“En in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.”

JESAJA 29:18 AFR53

Vervulling

“En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.”

MARKUS 7:37 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 62/92

Jesus sal ‘n struikelblok wees vir die Jode

“Die Here van die leërskare — Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees! Dan sal Hy vir julle ’n heiligdom wees, maar ’n klip waar ’n mens teen stamp en ’n rots waar ’n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, ’n vangnet en ’n strik vir die inwoners van Jerusalem.”

JESAJA 8:13-14 AFR53

Vervulling

“Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ’n steen van aanstoot en ’n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.”

ROMEINE 9:30-33 AFR53

“en: “’n klip waaroor ‘n mens struikel en ‘n rots waarteen jy jou stamp.” Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.”

1 PETRUS 2:8 AFR83

Vervulde Bybel profesie no 61/92

Roep hulle wat nie Sy volk is nie

“Kyk, Ek het hom tot ’n getuie van die volke gemaak, tot ’n vors en ’n gebieder van die nasies. Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.”

JESAJA 55:4-5 AFR53

Vervulling

“ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! — daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.”

ROMEINE 9:24-26 AFR53

“Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword; en: ’n Steen van aanstoot en ’n rots van struikeling —”

I PETRUS 2:7 AFR53


Vervulde Bybel profesie no 60/92

Die steen wat die bouers verwerp het

“Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword. Dit het van die Here gekom; dit is wonderbaar in ons oë.”

PSALMS 118:22-23 AFR53

Vervulling

“Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?”

MATTHÉÜS 21:42 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 59/92

Jesus sou wonders doen

“Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos. Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.”

JESAJA 35:4-6 AFR53

Vervulling

Jesus het in Sy tyd baie wonderwerke gedoen – hiermee ‘n paar voorbeelde.

“En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid! En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof. En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.”

MATTHÉÜS 9:27-30 AFR53

“En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar ’n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar. En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesê: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het ’n stilte gekom. En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!”

LUKAS 8:23-25 AFR53

“Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode en twee vissies het, maar wat is dit vir so baie mense? En Jesus sê: Laat die mense gaan sit. En daar was baie gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent vyfduisend in getal. En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as hulle wou hê. En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie. Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.”

JOHANNES 6:9-13 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 58/92

Jesus se bediening is deur Jesaja gesien.

“Die Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ’n jaar van die welbehae van die Here en ’n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;”

JESAJA 61:1-2 AFR53

Vervulling

Jesus lees hier die woorde van Jesaja, maar Hy maak die boek toe voor die laaste sin wat sê: en ’n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; – hierdie gedeelte is onvervuld en wag vir die eindtye.

“Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees. En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is: Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.”

LUKAS 4:16-20 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 57/92

Jesus vertrek uit Egipte na Israel

“Toe Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.”

HOSÉA 11:1 AFR53

Vervulling

“En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”

MATTHÉÜS 2:13-15 AFR53

“En ná die dood van Herodes het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het. En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.”

MATTHÉÜS 2:19-21 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 56/92

Kindermoord om Jesus dood te maak

“So sê die Here: ’n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.”

JEREMIA 31:15 AFR53

Vervulling

“Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: ’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.”

MATTHÉÜS 2:16-18 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 55/92

n Kind vir ons gebore

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —”

JESAJA 9:5 AFR53

Slegs die eerste gedeelte van die vers is reeds vervul, die tweede gedeelte moet nog vervul word by Jesus se tweede koms.

Vervulling

“dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.”

LUKAS 2:11 AFR53

Geseënde Kersfees aan al my lesers!

Vervulde Bybel profesie no 54/92

Jesus se ma sou ‘n maagd wees by Sy geboorte.

“Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie? Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.”

JESAJA 7:13-14 AFR53

Vervulling

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;”

MATTHÉÜS 1:18-20 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 53/92

Jesus is gebore in die dorp Betlehem Efrata

“En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.”

MIGA 5:1-2 AFR53

Vervulling

Toe Jesus gebore is, was daar twee dorpe in Israel met die naam Betlehem. Die een was naby Nasaret in die Noorde van die land en die ander een naby Jerusalem in Juda. Betlehem naby Jerusalem is vroeër Efrata genoem. Jesus is in daardie dorp gebore, net soos die profesie voorspel het.

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom”

MATTHÉÜS 2:1 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 52/92

Maria moet haar Baba, Jesus noem

“En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.”

LUKAS 1:31 AFR53

Vervulling

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.”

MATTHÉÜS 1:18 AFR53

“En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,”

LUKAS 3:23 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 51/92

Die engele kondig Jesus se geboorte aan

“En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.”

LUKAS 2:8-12 AFR53

Vervulling

“En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.”

LUKAS 2:15-17 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 50/92

Bileam spreek ‘n profesie uit oor ‘n ster wat moet verskyn uit Jakob.

“Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ’n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.”

NÚMERI 24:17 AFR53

Vervulling

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.”

MATTHÉÜS 2:1-2 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 49/92

Konings sal vir Hom geskenke bring en voor Hom buig

“Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring. Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.”

PSALMS 72:10-11 AFR53

Vervulling

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.

en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.

En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.”

MATTHÉÜS 2:1-2, 8, 11 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 48/92

‘n Engel verskyn aan Josef en sê vir Hom dat hy Maria nie moet los nie

“En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

MATTHÉÜS 1:19-21 AFR53

Vervulling

“En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.”

MATTHÉÜS 1:22-25 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 47/92

Jesus se geboorte aangekondig

“En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret, na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, ……….

LUKAS 1:26-31 AFR53

Vervulling

“En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.”

LUKAS 2:4-5 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 46/92

Sagaria en Elisabet sal ‘n seun kry wat hulle Johannes moet noem

“DAAR was in die dae van Herodes, koning van Judéa, ’n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel. En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.

Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.

Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.

Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd. En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring. En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”

LUKAS 1:5-7, 11, 13, 18-20 AFR53

Vervulling

“En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar. En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly. En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader. Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.”

LUKAS 1:57-60 AFR53

 Bybel profesie no 45/92

‘n Boodskapper sal Jesus voorafgaan

“Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.”

MALEÁGI 3:1 AFR53

Vervulling

“Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet! Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak. Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.”

MATTHÉÜS 11:9-11 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 44/92

God sal ‘n profeet soos Moses stuur

“Toe het die Here vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.”

DEUTERONÓMIUM 18:17-19 AFR53

Vervulling

“Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.”

JOHANNES 6:14 AFR53

“Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.”

HANDELINGE 3:21-23 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 43/92

Jesus se koms sal wees voor die Romeine Jerusalem vernietig

“En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ’n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ’n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.”

DANIËL 9:26 AFR53

Vervulling

Geskiedenis leer ons dat Jerusalem en die tempel in 70 AD verwoes is. Jesus is gebore na die 2de tempel gebou is en is dood in ongeveer 33 AD voor die 2de tempel verwoes is.

Vervulde Bybel profesie no 42/92

Jesus se koms sal wees nadat die tempel herbou is

“Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.”

DANIËL 9:25 AFR53

Vervulling

Hierdie is van die moeilike verse in Daniel, maar die gedeelte sê vir ons dat Jesus se koms sal wees nadat die tempel herbou is. Dit is nou die tempel wat in Esra se tyd herbou is toe koning Kores die Israeliete toestemming gegee het om hul tempel te herbou. Kom ons kyk net weer na die gedeelte in die boek Esra.

“En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here uit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.”

ESRA 1:1-3 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 41/92

Jesus is ‘n afstammeling van koning Dawid.

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid ’n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.”

JEREMIA 23:5 AFR53

Vervulling

Jesus kom van die stam van Dawid.

“die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid, die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,”

LUKAS 3:31-32 AFR53

Die stamboom in Lukas wys vir ons dat Jesus ‘n afstammeling was van Abraham en Dawid deur sy moeder, Maria.

Vervulde Bybel profesie no 40/92

Jesus is ‘n afstammeling van Isai

“Maar daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Ísai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.”

JESAJA 11:1-2 AFR53

Vervulling

Wie is Isai? Isai is die vader van koning Dawid.

“en Ísai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría,”

MATTHÉÜS 1:6 AFR53

Die stamboom in Mattheus wys vir ons dat Jesus ‘n afstammeling was van Abraham en Dawid deur sy aardse vader, Josef.

Vervulde Bybel profesie no 39/92

Jesus is gebore uit die stam van Juda

“Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.”

GÉNESIS 49:10 AFR53

Vervulling

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers; en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,”

MATTHÉÜS 1:1-3 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 38/92

Jesus is ‘n afstammeling van Jakob

“En hy het gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.”

GÉNESIS 28:12-14 AFR53

Vervulling

Hier het ons weereens bevestiging dat die seëninge van Abraham sal vloei deur sy seun Isak en daarna deur sy kleinseun Jakob.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, ………..

MATTHÉÜS 1:1-2 AFR5

Jakob, wie se naam later na Israel verander is, het die vader geword van die patriarge van die 12 stamme van Israel. Jakob het ongeveer 4 000 jaar gelede geleef, wat ongeveer 2000 jaar voor Jesus se tyd is

Vervulde Bybel profesie no 37/92

Jesus is ‘n afstammeling van Isak

“En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. En die Here het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.”

GÉNESIS 26:1-5 AFR53

Vervulling

Abraham het meer as een kind gehad, maar die verse vertel vir ons dat die seëninge vir die nageslag van Abraham deur sy seun Isak sal vloei, wat weer eens vir Jesus insluit.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, ………….

MATTHÉÜS 1:1-2 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 36/92

Jesus is ‘n afstammeling van Abraham

“EN die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”

GÉNESIS 12:1-3 AFR53

Vervulling

‘n Profeties belofte word hier vir Abraham en sy nageslagte gegee. Met tyd word meer detail deurgegee, en ons kom tot die besef dat Jesus se geboorte deel is van die seëning.

“DIE geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:”

MATTHÉÜS 1:1 AFR53

Selfs Paulus bevestig dat Jesus van Abraham afstam.

“Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.”

GALÁSIËRS 3:16 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 35/92

Haar saad – die eerste profesie oor die maagdelike geboorte.

“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.”

GÉNESIS 3:15 AFR53

Vervulling

“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet,”

GALÁSIËRS 4:4 AFR53

“Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel —”

HEBREËRS 2:14 AFR53

“Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.”

LUKAS 1:34-35 AFR53

Profesieë vervul oor die heidense koninkryke

Vervulde Bybel profesie no 34/92

Die vierde koninkryk volgens Daniel se droom.

“sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei.”

DANIËL 2:33 AFR53

Die vierde koninkryk is die bene van yster.

Vervulling

“en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis.”

DANIËL 2:40 AFR53

Geskiedenis leer ons dat die vierde koninkryk die Romeinse Ryk was. Die Romeinse Ryk is nie deur enige ander ryk oorwin nie, hulle het net mettertyd tot ‘n val gekom.

Die res van Daniel se drome is als toekoms gerig en sal later hanteer word.

Vervulde Bybel profesie no 33/92

Tussen derde en vierde koninkryk – Daniel se tweede droom

“En die bok het uitermate magtig geword; maar toe hy sterk was, het die groot horing afgebreek, en vier aansienlike horings het in sy plek uitgekom na die vier windstreke van die hemel.”

DANIËL 8:8 AFR53

Vervulling

“En dat dit gebreek is en vier in sy plek ontstaan het — vier koninkryke sal uit sy volk ontstaan, maar nie met sy krag nie. DANIËL 8:22 AFR53

Alexander se vier generaals het na sy dood by hom oorgeneem en die Griekse koninkryk in vier gedeel.

Vervulde Bybel profesie no 32/92

Die derde koninkryk – Daniel se tweede droom

“Terwyl ek daarop ag gee, kom daar ’n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het ’n aansienlike horing tussen sy oë gehad. En hy het na die ram met die twee horings aangekom wat ek voor die rivier sien staan het, en hom in die woede van sy krag stormgeloop. En ek het hom gesien hoe hy tot by die ram kom en op hom verbitterd word en die ram stoot en sy twee horings verbreek; en daar was geen krag in die ram om voor hom stand te hou nie, sodat hy hom teen die grond gegooi en hom vertrap het, en daar was niemand wat die ram uit sy mag gered het nie.”

DANIËL 8:5-7 AFR53

Vervulling

“En die harige bok is die koning van Griekeland; en die groot horing wat tussen sy oë was, dit is die eerste koning.”

DANIËL 8:21 AFR53

Die Bybel bevestig weereens wat die geskidenis ons geleer het, die derde koninkryk was die Griekse Ryk en wel onderleiding van Alexander die Grote.

Alexander het op die ouderdm 26 die Persiese Ryk oorwin, en toe hy 30 jaar oud was het sy koninkryk gestrek van die Middelandse See tot by die Hindu-Kush bergreeks (‘n 800 km bergreeks in Afganistan en Pakistan)

Vervulde Bybel profesie no 31/92

Die derde koninkryk – Daniel se eerste droom

“U, o koning, het ’n gesig gehad — kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,”

DANIËL 2:31-32 AFR53

Die derde koninkryk is die buik en lendene van koper.

Vervulling

“En ná u sal daar ’n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ’n ander, ’n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers;”

DANIËL 2:39 AFR53

Geskiedenis leer ons dat die derde koninkryk die van Alexander die Grote was – die Griekse koninkryk

Vervulde Bybel profesie no 30/92

Die tweede koninkryk is die Mede en die Perse – Daniel se tweede droom

“In die derde jaar van die regering van koning Bélsasar het aan my, Daniël, ’n gesig verskyn ná dié een wat die vorige keer aan my verskyn het. Ek het naamlik in die gesig gesien — terwyl ek kyk, was ek in die vesting Susan wat in die provinsie Elam lê; en ek het in die gesig gesien dat ek my aan die Ulairivier bevind het. En ek het my oë opgeslaan en gesien, en kyk, daar staan ’n ram voor die rivier; en hy het twee horings gehad, en die twee horings was hoog, ook was die een hoër as die ander, en die hoogste het laaste uitgekom. Ek het die ram sien stoot na die weste en na die noorde en na die suide, en al die diere kon voor hom nie standhou nie, en daar was niemand wat uit sy mag gered het nie; maar hy het gedoen net wat hy wou, en het magtig geword.”

DANIËL 8:1-4 AFR53

Vervulling

“Die ram wat jy gesien het met die twee horings, is die konings van die Meders en die Perse.”

DANIËL 8:20 AFR53

Hier vertel die Bybel self vir ons die uitleg van die profesie wat ook deur die geskiedenis bevestig is. Die hoër horing was die Persiese Ryk wat weer die Mediërs verower het.

Daniel se eerste droom was in 556 BC, en sy tweede droom in 554 BC. Die Mede en die Perse het Babelonië eers in 539 BC oorgeneem. Ons sien dus hier dat Daniel voorkennis gehad het oor die val van Babylon en wie die volgende heersers gaan wees.

Die hoofstukke van Daniel is nie in kronologiese volgorde nie. Die gebeure van hierdie hoostuk 8 gebeur voor hoofstuk 5 se skrif aan die muur.

Vervulde Bybel profesie no 29/92

Die tweede koninkryk is die Mede en die Perse – Daniel se eerste droom

“U, o koning, het ’n gesig gehad — kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,”

DANIËL 2:31-32 AFR53

Die tweede koninkryk is die bors en die arms van silwer.

Vervulling

“En ná u sal daar ’n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; ……..

DANIËL 2:39 a AFR53

Geskiedenis leer ons dat die tweede koninkryk die van die Mede en Perse was. Xerxes was die laaste Persiese koning wat geheers het en wel in Ester se tyd.

Vervulde Bybel profesie no 28/92

Die val van die Babeloniese Ryk

In Daniel 8 lees ons van Nebukadneser se kleinseun koning Belsasar en die wilde partytjie wat hy gehou het en selfs die bekers van die Israelitiese tempel gebruik het om mee wyn te drink.

“Koning Bélsasar het ’n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink. By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.”

DANIËL 5:1-2 AFR53

‘n Hand skryf ‘n boodskap teen die muur en die koning skrik groot. Hy kry vir Daniel om die ‘skrif aan die muur’ te kom uitlê.

“Op dieselfde oomblik het daar vingers van ’n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het. Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan.”

DANIËL 5:5-6 AFR53

Vervulling

Daniel is nie gelukkig met die koning en sy leefstyl nie, en vertel hom eers hoe ‘n goeie koning sy oupa was in teenstelling met hoe slegte mens Belsasar is. Hy gee toe die die uitleg van die skrif aan die muur.

“Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan ’n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak. Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee. En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder.

En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín. Dit is die uitleg van die woord: Mené — God het u koningskap getel en daar ’n einde aan gemaak; tekél — u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind; perés — u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee. Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ’n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers. In dieselfde nag is Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood.”

DANIËL 5:17-19, 25-30 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 27/92

Die eerste koninkryk is die van koning Nebukadneser of te wel die Babeloniërs

Daniel vertel eers vir koning Nebukadneser waar hy sy inligting kry!

“Daniël het in teenwoordigheid van die koning geantwoord en gesê: Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie. Maar daar is ’n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:”

DANIËL 2:27-28 AFR53

…. en nou begin hy die droom vertel !

“U, o koning, het ’n gesig gehad — kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper,”

DANIËL 2:31-32 AFR53

Vervulling van die hoof van goud

“U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag en die sterkte en die eer verleen het, en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het — ú is die hoof van goud.”

DANIËL 2:37-38 AFR53

Daniel vertel hier vir koning Nebukadneser dat sy koninkryk die kop van goud is.

Vervulde Bybel profesie no 26/92

Daniel en sy vriende bid en vra God se hulp

Ons ken almal stukkies van Daniel se verhaal. Hy is die persoon deur God gekies om Nebukadneser se droom te vertel en uit te lê.

“Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie.”

DANIËL 2:16-18 AFR53

Vervulling

“Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak.”

DANIËL 2:20-23 AFR53

Ons gaan nou vêrder sien dat God vir Daniel die koninkryke van die tye tot en met die eindtyd gaan gee.

Vervulde Bybel profesie no 25/92

Nineve word deur God gebruik en gestraf

Nineve was die hoofstad van die Assiriese koninkryk. Ons het vroeër gesien dat Assirië die noordelike koninkryk van die Israeliete oorwin het in 722 BC, en die Israeliete in ballingskap weggevoer het. God gebruik die heidense nasie om Sy volk in ballingskap weg te voer as straf omdat hul keer op keer hul rug op God gedraai het!

“In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.”

II KONINGS 17:6 AFR53

Maar, God het ook gesê dat Nineve tot ‘n val sou kom…….

“GODSPRAAK oor Ninevé. Die boek van die gesig van Nahum, die Élkosiet. ’n Jaloerse God en ’n wreker is die Here, ’n wreker is die Here, en vol grimmigheid; ’n wreker is die Here vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.”

NAHUM 1:1-2 AFR53

“Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die Here beraam het, wat verderflike planne gemaak het. So sê die Here: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan.

NAHUM 1:11-12 AFR53

Vervulling

Nineve is volgens die geskiedenis in 612 BC aangeval en verwoes deur die Mede en die Babeloniërs. Die stad het tot stof vergaan en is nooit weer herbou nie. Niemand kon bepaal waar Nineve die dorp geleë was tot in 1875 toe argeoloë die stad herontdek het. Die Assiriese koninkryk is na Nineve se val in 626 BC deur die Babeloniërs oorgeneem.

Vervulde Bybel profesie no 24/92

Jona waarsku die mense van Nineve. Hierdie is ‘n profesie met ‘n voorwaarde – as julle bekeer, dan sal julle gered word!

Na sy drie dae en drie nagte in die walvis se binneste, besluit Jona dat dit beter is vir hom om God se opdrag uit te voer.

“En die woord van die Here het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê. Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die Here. En Ninevé was ’n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet. En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.”

JONA 3:1-4 AFR53

Vervulling

God ontferm hom selfs oor heiden nasies wanneer hulle hulself bekeer. Nineve is gered en het eers volgens die geskiedenis 150 jaar later tot ‘n val gekom.

“En die manne van Ninevé het God geglo en ’n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; maar mens en dier moet ’n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef. Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.”

JONA 3:5-10 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 23/92

Jona sê dat hulle hom oorboord moet gooi, en dan sal die storm stop

“Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.”

JONA 1:11-12 AFR53

Vervulling

“Toe roep hulle tot die Here en sê: Ag, Here, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, Here, het gedoen na u welbehae. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid. Toe het die manne die Here gevrees met ’n groot vrees en ’n slagoffer aan die Here gebring en geloftes gedoen.”

JONA 1:14-16 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 22/92

Jonah moet die stad Nineve waarsku, maar hy word eers gestraf.

Ons ken almal Jona se storie. God sê vir Jona dat Hy Nineve se sondes sien en dat hy die stad moet waarsku om hul te bekeer van hul verkeerde weë of die stad gaan verwoes word. Ons weet ook dat Jona nie geluister het nie, probeer het om weg te hardloop, en dat hy almal se lewens op die boot in gevaar gestel het.

“En die woord van die Here het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.”

JONA 1:1-2 AFR53

Vervulling

Die matrose op die skip maak Jona wakker waar hy slaap en vra hom wat hy verkeerd gedoen het om die ramp van ‘n storm oor hulle te bring.

“En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy? En hy antwoord hulle: Ek is ’n Hebreër, en ek vrees die Here, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het. Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die Here af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.”

JONA 1:8-10 AFR53

PROFESIEË VERVUL IN ISRAEL

Vervulde Bybel profesie no 21/92

Israel sal die broodmandjie van die wêreld word.

“In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.”

JESAJA 27:6 AFR53

“Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby. Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.”

ESÉGIËL 36:8-11 AFR53

Vervulling

Israel wat eens droog en bar was, het met tegnologiese en biologiese deurbrake die landskap verander van woestyn na vrugbare grond wat vandag vrugte en blomme na die hele wêreld uitvoer.

Vervulde Bybel profesie no 20/92

Hebreeus word weer die nasionale taal van Israel.

“Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.”

SEFÁNJA 3:9 AFR53

“For then will I turn to the people a pure language, that they may all call upon the name of the Lord, to serve him with one consent.”

Zephaniah 3:9 KJV

Vervulling

Die Jode het as gevolg van die verspreiding oor die wêreld of die diaspora, die gebruik van die Hebreeuse taal verloor. Slegs skrifgeleerdes het nog Hebreeus as leertaal gebruik. Vêrder het die taal ook vermeng met die tale van die lande waar die Jode gewoon het om so die suiwerheid van die Hebreeuse taal te verloor.

Zephania Elineazer Ben Yahoda het dit sy lewenstaak gemaak om die Hebreeuse taal te suiwer en om ‘n groter woordeskat van die basis woorde op te bou. Hebreeus is vandag die gom wat die Jode wat verskillende tale praat bymekaar hou, en Hebreeus het in 1982 die offisiële taal van Israel geword.

Vervulde Bybel profesie no 19/92

Die Israeliete sal hul belasting in Sikkels betaal – die oorspronklike geldeenheid.

“En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle ’n mine wees. Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook die sesde van ’n efa van ’n homer gars.”

ESÉGIËL 45:12-13 AFR53

Vervulling

Die oorsprong van die woord sikkel kom van die Bybelse tyd toe die geldeenheid gebruik is. Vanaf 14 Mei 1948 tot en met 1952 was die geldeenheid die Palesteinse Pond wat deur die Britse Pond onderskryf is. Die Palesteinse Pond is vervang deur die Israeliese Pond van Junie 1952 tot 23 Februarie 1980, en die Ou Sikkel was in gebruik van Februarie 1980 tot 31 Desember 1985. Die huidige geldeenheid van Israel het op 1 Januarie 1986 verander na die Nuwe Israeliese Sikkel.

Vervulde Bybel profesie 18/92

Israel sal n vereenigde nasie wees

“en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.”

ESÉGIËL 37:21-22 AFR53

Vervulling

Israel het in 926 BC in twee koninkryke verdeel, en amper twee duisend jare later verenig hul weer.

Vervulde Bybel profesie 17/92

Die Israeliete sal weer vir ’n tweede keer ‘n nasie word

“En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.”

JESAJA 11:11-12 AFR53

“Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.”

JESAJA 66:8 AFR53

Vervulling

Sedert 721 BC het ongeveer 14 verskillende groepe Israel beset. David Ben-Gurion verklaar op 14 Mei 1948 om 16:00 die middag, die nuwe staat Israel se onafhanklikheid van Britse mandaat, en hy is toe ook Israel se eerste Eerste Minister.

Harry Truman, die Amerikaanse President van daardie tyd, het toe hy nog klein was by sy moeder, ‘n Sondagskool juffrou, geleer dat as hy eendag in ‘n posisie is om Israel te help, dat hy dit moet doen. Die VSA, onderleiding van president Harry Truman was die eerste land wat Israel as ‘n staat erken het. Rusland het drie dae later gevolg.

Vervulde Bybel profesie no 16/92

Die Jode sal terugkeer na hul land Israel – en wel in ‘n spesifieke volgorde

“MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,”

JESAJA 43:1-6 AFR53

Vervulling

Nadat die tempel in Jerusalem in 70 AD vernietig was, het die Joodse volk uit Jerusalem en Israel gevlug en is verstrooi oor die lande van die wêreld. In die laaste eeu alleen het miljoene Jode egter begin terugkeer na Israel en wel in die volgorde soos hierbo genoem.

– Oos:  1930 tot 1940 (van Sirië, Irak en Jordanië)

– Wes:  Wes Europa na die 2de wêreld oorlog

– Noord:  Rusland van 1988

– Suid:  1,122 Joodse Etihopieërs is op een vlug tydens Operasie Solomon na Israel gevlieg

Vervulde Bybel profesie no 15/92

Die herinsameling van volk Israel

“kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.”

JEREMIA 32:37-41 AFR53

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,”

JESAJA 43:5-6 AFR53

Vervulling

Die populasie van Israel – volgens die Jewish Virtual Library het die populasie net gegroei soos ons kan sien van die getalle hieronder.

– Sept 2018: 8,907,000

– Mei 1948: 806,000

Vervulde Bybel profesie no 14/92

Vervolging van die ballinge van Israel

“En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die Here jou sal wegvoer.”

DEUTERONÓMIUM 28:37 AFR53

“En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die Here sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel. En jou lewe sal voor jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.”

DEUTERONÓMIUM 28:65-66 AFR53

Vervulling

Voorbeelde van Joodse vervolging

– 18 Julie 1290: ‘n edik word in Engeland afgevaardig om die Jode uit Engeland uit te dryf.

– 31 Maart 1942: ‘n edik word in Spanje afgevaardig om die Jode uit Spanje uit te dryf.

– Die Nazi konsentrasiekampe in Duitsland tydens die 2de wêreld oorlog.

Vervulde Bybel profesie no 13/92

Die verwoesting van die land Israel

“En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die Here daarin laat uitbreek het — ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die Here in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het — en al die nasies sal sê: Waarom het die Here so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?”

DEUTERONÓMIUM 29:22-24 AFR53

“En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal ’n afsku van julle hê. En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie. Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.”

LEVÍTIKUS 26:30-32 AFR53

“En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.”

LEVÍTIKUS 26:33 AFR53

Vervulling

Ek plaas hier ‘n uittreksel uit ‘n boek wat deur Mark Twain geskryf is nadat hy Israel in 1867 besoek het om te wys hoe leeg en bar Israel was.

Mark Twain visited Israel in 1867, and published his impressions in Innocents Abroad.  He described a desolate country – devoid of both vegetation and human population:

“….. A desolate country whose soil is rich enough, but is given over wholly to weeds… a silent mournful expanse…. a desolation…. we never saw a human being on the whole route…. hardly a tree or shrub anywhere. Even the olive tree and the cactus, those fast friends of a worthless soil, had almost deserted the country.”

Vervulde Bybel profesie no 12/92

Die verstrooiing van die Israeliete oor al die lande van die wêreld.

“En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.”

LEVÍTIKUS 26:33 AFR53

“Die Here sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien. En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die Here jou sal wegvoer.”

DEUTERONÓMIUM 28:36-37 AFR53

“En die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.”

DEUTERONÓMIUM 28:64 AFR53

“My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.”

HOSÉA 9:17 AFR53

“En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”

LUKAS 21:24 AFR53

Vervulling

Oor en oor word die Israeliete gewaarsku dat as hul nie na God luister nie, Hy hul sal verstrooi oor die uiteindes van die aarde.

Die verstrooiing staan ook bekend as die diaspora en begin as volg:

– 722 BC toe die Assiriërs die noordelike koninkryk oorwin het en die Israeliete regoor die Midde-ooste versprei is.

– 597 BC toe Nebukadneser die suidelike koninkryk oorwin het en die Israeliete na Babilon geneem is.

– 538 BC gee koning Kores vir die Israeliete toestemming om terug te keer na Jerusalem, maar ‘n groot gros besluit om in Babilon te bly.

– 70 AD word die tempel in Jerusalem verwoes en later word Jerusalem deur die Romeine beset. Die Jode vlug van Jerusalem na al die lande in wêreld.

Vervulde Bybel profesie no 11/92

Jerusalem en die tempel gaan vernietig word – NT

“En toe sommige oor die tempel praat, dat dit met mooi klippe en gewyde geskenke versierd was, sê Hy: Hierdie dinge wat julle sien — daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.”

LUKAS 21:5-6 AFR53

Vervulling

Jesus profeteer hier van die tempel wat in 70 AD verwoes is.

Vervulde Bybel profesie no 10/92

Jerusalem en die tempel gaan vernietig word – OT

“Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ’n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die Here en sê: Is die Here nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie! Daarom sal Sion om julle ontwil soos ’n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.

MIGA 3:11-12 AFR53

Vervulling

Miga leef ongeveer ‘n eeu voor Jeremia en profeteer hier dat die tempel en Jerusalem vernietig sal word. Hy praat hier van die tempel wat in 70 AD deur die Romeine verwoes is.

Vervulde Bybel profesie no 9/92

Koning Kores van die Mede en Perse gee vir die Israeliete toestemming om hul tempel te bou

“Wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.”

‭‭JESAJA‬ ‭44:28‬ ‭AFR53‬‬

Vervulling

Die profesie is 150 jaar voor die gebeurtenis uitgespreek en koning Kores is by sy naam genoem.

Die profesie is in Esra se tyd vervul.

“En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here uit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.”

ESRA 1:1-3 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 8/92

Juda (die suidelike koninkryk) sal hul ballingskap van 70 jaar oorleef

“Toe het die woord van die Here tot my gekom en gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het; en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie. En Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken, dat Ek die Here is; en hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.”

JEREMIA 24:4-7 AFR53

Vervulling

“Want so sê die Here: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring. Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.”

JEREMIA 29:10-13 AFR53

Vevulde Bybel profesie no 7/92

Juda (die suidelike koninkryk) sal vir sewentig jaar in ballingskap wees.

“En hierdie hele land sal ’n puinhoop, ’n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien. En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die Here, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak. En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het — alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies.”

JEREMIA 25:11-13 AFR53

“Want so sê die Here: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.”

JEREMIA 29:10 AFR53

Vervulling

Daniel het die skrifte van die profeet Jeremia gelees en besef dat hul ballingskap sewentig jaar was, en dat die sewentig jaar amper verby is.

“in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.”

DANIËL 9:2-3 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 6/92

Die suidelike koninkryk word verower

“Toe sê Jesaja vir Hiskía: Hoor die woord van die Here van die leërskare: Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die Here. En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.”

JESAJA 39:5-7 AFR53

Vervulling

Hierdie profesie het tot vervulling gekom in Daniel se tyd toe hy en sy drie vriende deel was van die eerste groep ballinge wat weggevoer is na Babilon om as dienaars in Nebukadneser se paleis te dien.

“In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.”

DANIËL 1:1 AFR53

“Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring: jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.”

DANIËL 1:3-4 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 5/92

Die noordelike koninkryk word verower

“omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê: Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak. So sê die Here Here: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie. Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;”

JESAJA 7:5-8 AFR53

Ter verduideliking. Aram is ‘n ander naam vir die Assiriërs en Efraim is ‘n ander naam vir die noordelike koninkryk, Israel. Die twee wou optrek teen Juda, die suidelike koninkryk, en God het gesê dat dit nie sal gebeur nie. Die vers eindig met Efraim wat verbreek sal word, sodat dit nie meer ‘n volk is nie.

Vervulling

Koning Hosea was die laaste koning van die noordelike koninkryk.

“In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword — nege jaar lank.”

II KONINGS 17:1 AFR53

Koning Hosea moes belasting betaal aan die koning van Assirië, maar het in plaas daarvan met die koning van Egipte gekonkel en is uitgevang.

“Maar die koning van Assirië het by Hoséa ’n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.”

II KONINGS 17:4 AFR53

Die koning van Assirië het toe vir Israel verower en hul in ballingskap weggevoer.

“In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.”

II KONINGS 17:6 AFR53

Vervulde Bybel profesie no 4/92

Israel word verdeel in twee koninkryke

“Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ’n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld. Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die Here, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel — omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Astárte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.”

I KONINGS 11:29-33 AFR53

Vervulling

Die profesie word vervul in 1 Konings 12. Die volk rig ‘n versoek tot Rehabeam die seun van Salomo, om hul beter te hanteer as sy vader en hul sal onder hom as koning dien. Hy leen egter sy ore uit vir raad van sy maats en verwerp die volk se versoek. Die volk keer toe hul rug op hom en net daar verdeel die volk in twee. Tien stamme breek weg van Rehabeam en kies Jerobeam as hul koning. Dit word toe die noordelike koninkryk wat bekend staan as Israel, met Samaria as hoofstad.

Die suidelike koninkryk het bestaan uit die stam van Juda, en die stam van Benjamin.

Jerusalem en die tempel was deel van die suidelike koninkryk en die meeste mense was van die stam van Juda.

Vervulde Bybel profesie no 3/92

3/11/2018 – God herhaal Sy belofte aan Abraham se kleinseun, Jakob

“En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. Daarop kom hy by ’n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. En hy het gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.”

GÉNESIS 28:10-15 AFR53

Vervulling

Jakob slaap die aand met sy kop op ‘n klip en God verskyn in ‘n droom aan hom en bevestig die belofte wat Hy aan Abraham gemaak het.

1. God beloof dat die land waarop Jakob lê vir hom en sy nageslag beloof word

2. dat Jakob ‘n nageslag sal he wat sal wees soos die stof van die aarde

3. In jou en jou nageslagte sal al die geslagte van die aarde geseën sal word.

Jakob se naam verander na Israel, en ook so die land waarop hy geslaap het. Hy is die vader van die twaalf stamme van Israel en deur die Ou Testament geskiedenis verower die Israeliete gedeeltes van die beloofde land.

Die profesie is ook belangrik, want dit sê dat die beloftes aan Jakob en sy nageslagte, en nie aan Esau en sy nageslagte gemaak is nie.

Vervulde Bybel profesie no 2/92

2/11/2018 – God herhaal Sy belofte aan Abraham se seun Isak

“En die Here het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.”

GÉNESIS 26:2-5 AFR53

Vervulling

1. ‘n Groot nasie – die Joodse nasie is inderdaad vermeerder soos die sterre van die hemel

2. Jou nageslag al hierdie lande gee – vervul in die land Israel

3. In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word – soos Paulus verduidelik het, die wat gelowig is, is saam met Abraham geseën.

Die profesie is ook belangrik, want dit sê dat die beloftes aan Isak en sy nageslagte, en nie aan Ismael en sy nageslagte gemaak is nie.

Vervulde Bybel profesie no 1/92

1/11/2018 – God se belofte aan Abraham vir ‘n nageslag en land.

“EN die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”

GÉNESIS 12:1-3 AFR53

Vervulling

1. Na die land wat Ek jou sal wys – die vervulling is die land Israel.

2. Ek sal jou ‘n groot nasie maak – vervul in die nasie Israel wat begin het by Abraham wat kinderloos was.

3. … en jou seën en jou naam so groot maak – Abraham is persoonlik geseën deurdat God hom gekies het vir sy belangrike rol en regdeur sy lewe met hom was. Abraham is belangrik in die Ou en Nuwe Testament en ‘n prominente figuur in die Christelike, Joodse en Moslem gelowe.

4. Ek sal seën diegene wat jou seën – Seën is belowe vir diegene wat Abraham en sy nageslag seën, wat ons as nie-Jode inlsuit, soos Paulus hier verduidelik

“En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.”

GALÁSIËRS 3:8-9 AFR53

171 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page