top of page
  • Regina Torre

The Rapture / Die Wegraping

Updated: Feb 1, 2023

Jesus het sy dissipels uitdruklik geleer dat Hy die aarde sou verlaat En dat Hy weer sou terugkom.


Johannes / John 14:1-3

1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Die mense van daardie tyd wat Jesus gevolg het, het dus GEWEET dat Jesus sou terugkom, wanneer was net die vraag.

Die dissipels het Jesus weer vrae gevra net voor Sy hemelvaart.


Handelinge / Acts 1

6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?

7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;

8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

Die vraag oor wanneer Jesus terugkom is maklik geantwoord in:


Mattheus 24:36

6 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.


Tog het die mense van daardie tyd gedink Jesus sou in hul leeftyd terugkom. Selfs Paulus het die volgende geskryf.

Filippense / Philippians 4

4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 5 Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.


Die jong Christine in die kerk van Thessalonika was besorg oor wat gebeur met Christine wat doodgaan, en hulle het gewonder of hulle Jesus se 2de Koms gemis het.

Paulus het vêrder vir hul gerus gestel.


1 Tessalonisense 4

13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Kom die woord Wegraping of Rapture in die Bybel voor


Afrikaans                  Weggevoer

Engels                       Caught up

Grieks                        Harpazo

Latyn (Vulgate)        Rapturo

Betekenis – To seize or to snatch, soos wanneer jy ‘n kind voor ‘n aankomende motor wegruk


Rapture word ook in die volgende gevalle gebruik en na verwys Paulus in Arabië


2 Kor/Cor 12: 2-4

2 Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. 3 En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— 4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

 

Joodse rabbi’s het baie van hulself in die 3de persoon gepraat, Paulus doen hier dieselfde.

Hier volg 'n lys van die persone in Bybel wat waggeraap is.


Henog / Enoch

Genesis 5:24

En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.

Hebrew 11:5

Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

Elia / Elijah

2 Konings 2:11

En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.

Jesus

Acts 1:9

9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

Markus 16:19

Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Rev 12:5

En sy het ’n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ’n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Die Kerk / Body of Christ 

1 Thess 4:17

Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

Johannes / John

Rev 4:1

NÁ hierdie dinge het ek gesien — kyk, ’n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ’n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

 Die Heilige Gees

Aan die begin van die kerk moes Jesus weggaan, voor die Heilige Gees kon kom

Johannes/ John 16:7

7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

Handelinge/Acts 1

4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

Met die beëindiging van die kerk, kom Jesus terug en die Heilige Gees gaan weg

Tydlyn van gebeure 2 Thessalonicense 2

 

Die afvalligheid

3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.


Die Heilge Gees verwyder

6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.

7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;

8 a en dan sal die ongeregtige geopenbaar word,

 

Die man van sonde word geopenbaar

 9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

 

Jesus se 2de Koms

8b en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak


Vergelyk die Wegraping en Jesus se 2de koms

Wegraping 2de Koms

Alle gelowiges word weggeraap Geen wegraping

Die weggeraptes gaan hemel toe Die weggeraaptes kom terug aarde toe

Die aarde word nie veroordeel nie Die aarde word veroordeel

Kan enige tyd gebeur Daar is nog goed wat moet gebeur,

ingesluit die Wegraping

Slegs gelowiges Alle mense word geraak

Voor die toorn van God Afsluiting van toorn van God

Jesus kom VIR Sy mense Jesus kom SAAM met Sy mense

Hy kom in die lug Hy kom terug aarde toe

Hy eis Sy bruid Hy kom saam met Sy bruid

Net gelowiges sal Hom sien ALMAL sal Hom sien

Die Tribulation begin Die Millenium begin

Feit! Jesus is na Sy opstanding net deur gelowiges waargeneem

– Met die wegraping, sal net gelowiges Hom sien!

Die Joodse huwelik – as ‘n patroon van Jesus se terugkeer

Die formele verlowing / verbond


Betaling van die koopprys

1 Korinthiers 6:

19 Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.


Drink van ‘n beker wyn as simbool van hul verlowing / verbond

1 Korinthiers 11:25

Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

Afgesonder van mekaar

1 Korinthiers 6:11

En dit was sommige van julle (Sondiges); maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.


Hebreërs 10:10

Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.


Die bruid en bruidegom is nog nie getroud nie, maar verbind aan mekaar met ‘n verbond

1 Korinthiers 11

25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.


Die bruidegom vertrek na sy vader se huis en berei ‘n nuwe kamer voor

Johannes / John 14:

2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


Die bruid berei haar voor en is gereed vir wanneer hy terugkom van sy doelbewuste afwesigheid

Die bruidegom se terugkeer

  1. Hy kan enige tyd terugkom, en die bruid moet gereed wees.

  2. Daar is geen voorvereistes vir sy terugkeer nie, behalwe dat die nuwe huis klaar moet wees.

  3. Die bruidegom se aankoms word voorafgegaan deur ‘n luid geroep (preceded by a shout).

1 Tessalonisense 4

16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.


Hy kom, is jy reg!


Mattheus 25 – 10 wyse en dwase maagde

1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

6 En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop!

12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.

13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.


Vlees en bloed kan nie die koninkryk van God beërwe nie

1 Kor 15

50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid (mystery) mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. Ons is verlos, maar kan nie soos ons is in die hemel ingaan nie, so daar moet ‘n verandering plaasvind

Die wat reeds dood is, moet uit die dood opgewek word

Die verander sal plaasvind met die wegraping??

Hoe het Jesus gelyk na Sy opstanding?

Weet nie, maar Hy kon deur mure loop.


Lukas 24

36 en terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

37 Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ‘n gees sien.

38 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op?

39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ‘n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.

 

1 John 3

2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.


2 Kor 5

1 Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. 2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

3 as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.


Jesus se gesprek met die dissipels rakende die eind tye

Mattheus 24

1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

– Die tempel wat in 40AD afgebreek sou word

3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

  1. Jesus gee nou lys van ‘non-signs’

  2. (Oorloë, hongersnood, pessiektes, aardbewings, Vals profete, ens)

  3. Slegs begin van smarte

  4. Vat hul terug na Daniel 9

Daniël se 70ste week


Daniel 9:24 Sewentig sewetalle (seventy weeks KJV) is oor jou volk en jou heilige stad bepaal,

  1. om die goddeloosheid te voleindig en

  2. om die maat van die sondes vol te maak en

  3. om die ongeregtigheid te versoen en

  4. om ewige geregtigheid aan te bring en

  5. om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

70 weeks = 70 weeks of years

= 70 jare x 7 = 490 jaar in exile

Daniel 9:25 Nou moet jy weet en verstaan:

  1. van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou

  2. Nehemia kry opdrag om Jerusalem te herbou op 14/3/-445 BC

  3. tot op ’n Gesalfde, ’n Vors,

  4. Jesus ry Jerusalem in op ‘n donkie op 6/4/32

is sewe sewetalle;                                          7 (x7)+

en twee-en-sestig sewetalle lank                62 (x7)

= 69 jare x 7 = 483 jare

sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

Daniel 9:26 En ná die twee-en-sestig sewetalle

  1. sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom;

  2. Jesus word gekruisig, vir ons sondes

  3. en die volk van ’n vors (the people of the prince KJV) wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes,

  4. Jerusalem in 70AD verwoes deur die Romeine

  5. maar sy einde sal met ’n oorstroming wees,

  6. en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

  7. Die tydperk waarin on nou leef

  8. ‘n interval

Daniel 9:27 En hy sal een week lank  (70th week of Daniel)

die hy is die Antichris, die prins van duisternis

1 week = 7 dae = Dae van Jare = 7 jaar

met baie ’n sterk verbond sluit,

Verbond met Jode wat hul Messias verwag, want hy gee toestemming vir hulle om hul tempel te herbou

en gedurende die helfte van die week

Helfte van 7 jaar = 3.5 jaar

sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou;

Hy (Satan) verbreek die verbond en die tempel dienste word gestaak

en op die vleuel van gruwels sal daar ’n verwoester wees,

(abomination of desolation – Matt 24:15)

Mattheus 24: 15

WANNEER julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet —


2 Thessalonisense 2

4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

en wel tot aan die einde;

en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Die toorn van God sal uitgestort word


Mattheus 24

37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. 41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. 42 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. 43 Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. 44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.

27 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page