top of page

PAASFEES 2020!

Paasfees 2020: 10 April tot 13 April

Sederfees 2018 – deel 1

Sederfees 2018 – deel 2

Scroll asb. ondertoe om vandag se inskrywing te sien !

10 April 2020

Paasfees – die dag waar Christene herdenk dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het. Dit is ook die dag wat die Joodse volk onthou hoe God die Israeliete uit Egipteland uit die slawehuis uitgelei het. Wat het die twee herdenkings in gemeen?

Die Joodse Pasga is ‘n kleedrepetisie vir Jesus se kruisiging – ‘n Ou Testament profesie wat van Moses se tyd, elke jaar in ‘n fees uitgebeeld word en tot vervulling gekom het in die Nuwe Testament toe Jesus gekruisig is.

Die God van Israel gee in Levitikus 23 vir ons profesië wat Sy volk elke jaar herdenk deur sewe feeste te vier. Die feeste word elke jaar op ‘n bepaalde tyd gehou en is ‘n kleedrepetisie vir toekomstige gebeurtenisse.

Paasfees (fees 1) is altyd op die 14de dag van Nisan, wat begin teen sononder. Die volgende dag ook teen sononder is dan die Fees van Ongesuurde brode (fees 2) wat sewe dae lank is.

Ek het in 2018 in die Gold Coast, Australia ‘n Sederfees gehou, nie om van ons Jode te maak nie, maar om die ooreenkomste tussen dié fees en Jesus se kruisiging te beleef.

Ek het vooraf ‘n opname gemaak in 2 dele. Click op die ‘link’ hierbo om na die twee opnames te luister.

 

11 April 2020

Fees van Ongesuurde Brode.

JOHANNES 6:35 AFR53

“En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.”

JESAJA 53:5 AFR53

“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”


Die Fees van Ongesuurde brode is 7 dae lank en is ‘n aparte fees van Paasfees. Die fees het ‘n voorbereidingsdag wat op 14 Nisan begin, want saam met Paasfees moet daar ongesuurde brode geëet word. Die Fees van Ongesuurde brode begin op 15 Nisan en eindig op 21 Nisan en altwee dae is heilige samekomste. Op die dae mag geen werk gedoen word nie. Dis nie noodwendig ‘n sabbat dag of Saterdag nie, maar moet as ‘n sabbat dag geheilig word.

Suurdeeg is ‘n voorstelling van sonde. Hoekom? ‘n Klein bietjie suurdeeg laat n hele baksel deeg reis. Die brood wat geëet word, die brood gebak sonder suurdeeg, stel Jesus se liggaam voor, sonder sonde. Interessant om te weet dat Betlehem beteken ‘huis van brood’. Jesus, die brood van die lewe, is gebore in die huis van brood.

Hoe lyk die Joodse ongesuurde brode. Die brood is oortrek met strepe en gate. Die strepe stel voor die houe wat Jesus verduur het, en die gate die spykers wat in Sy hande en voete deurboor is, en die doringkroon op Sy hoof. Die brode word op ‘n draadrak gebak, vandaar die strepe, en daar word gate in die deeg gedruk sodat dit glad nie moet reis nie.

 

12 April 2020

Sondag – Nagmaal

MATTHÉÜS 26:26 AFR53

“En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.”

MATTHÉÜS 26:27-28 AFR53

“Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”

Die brood – Ons het gister geleer dat suurdeeg ‘n prentjie is van sonde. Matza brood of ongesuurde brood is dus ‘n prentjie van Jesus – brood sonder sonde.

Matza is oortrek met strepe & gate en ons lees in Jesaja 53 – deur Sy wonde is ons genees. Die Engels stel dit beter. By His stripes we were healed.

Jesaja sê hier dat Jesus se gebreekte liggaam, vir ons gebreekte liggame genesing bring!

So wanneer jy met nagmaal jou brood eet, eet jy Jesus se genesing.

In Matteus 26: 26 lees ons die volgende.

En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

Jesus sit Homself hier IN die sakrament. Jesus se liggaam is die brood wat gebreek word,

Neem nou jul brood, eet dit, want dit is Jesus se liggaam wat vir jou gebreek is.

Die wyn – Jesus is ons bruidegom wat aarde toe gekom het met ‘n huweliks aanbod vir ons. Jesus sluit met ons, die kerk, ‘n kontrak, en die kontrak is die Nuwe Testament.

Daar is ook ‘n BAIE DUUR prys betaal vir die kontrak – Jesus is gekruisig.

Die beker wat ons drink met nagmaal herinner ons aan die prys wat Jesus betaal het vir ons, Sy bruid en dat die Nuwe Testament die kontrak is wat in die transaksie gesluit is.

Elke keer wanneer ons met nagmaal die beker kry om die wyn te drink kom ons voor ‘n keuse. Aanvaar ons die huweliksaanbod, ons wys ons dit weg.

Kom ons kyk na Jesus se woorde met Sy laaste Pasga. Matteus 26:28

– Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Weereens sit Jesus Homself in die sakrament – die wyn is Jesus se bloed wat gedrink word.

Drink nou jul wyn – dit is Jesus se bloed wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

 

13 April 2020

Hy het opgestaan, ja Hy het waarlik opgestaan!

Ek het in 2018 in die Gold Coast, Australia die Opstanding diens aangebied. Click op die ‘link’  hieronder om na die opname te luister.

MATTHÉÜS 28:6 AFR53

“Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;”http://www.reginatorre.com/wp-content/uploads/2018/04/Fees-Van-Eerste-Vrugte.m4a


Wat is die Fees van Eerste vrugte – die derde fees wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het en wat gevier word op dieselfde dag as wat ons die Opstanding van Jesus vier.

Die eersteling gerf van die gort (barley) oes moet voor die priester gebring word – die eersteling gerf verteenwoordig die hele oes.

Gedurende die Fees van Ongesuurde brode, aan die einde van die Sabbat, word ‘n paar mense afgevaardig om net na sononder in verskillende gort velde in te gaan met ‘n sekel en ‘n monster (sample) van elke oes in te bring. Die verskillende monsters word saam in ‘n gerf gebind en na die voorhof van die tempel gebring.

Die volgende oggend vroeg word wierook op die gerf gesprinkel en dan waai die priester die gerf in al vier windrigtings in ‘n beweegoffer voor die Here. ‘n Deel van die gerf word hierna op die vuur van die altaar gegooi. Wanneer die beweegoffer aanvaar is, word die res van die oes geag aanvaar te wees voor God. Nou kan die mense die gort van die veld afhaal en dit eet. Voor die offer nie aanvaar is nie, mag niks van die oes geëet word nie.

Die gerf wat die oes verteenwoordig, is ‘n voorstelling van Jesus (‘n gerf) wat al die Christene as ‘n groep (die oes) verteenwoordig.

Kom ons kyk nou wat met Jesus gebeur het. Die 2 Maria’s besoek Jesus se graf vroeg die oggend, net toe dit begin lig word. Vroeg die oggend toe die rook opgaan van die beweegoffer wat op die altaar gegooi is, het die vrouens ontdek dat Jesus reeds opgestaan het uit die dood.

Die twee engele sê vir die vroue dat Jesus nie daar is nie, maar Hy het opgestaan! Wat ‘n kragtige getuienis. Jesus, wat die oes verteenwoordig van die wat gaan opstaan, het eerste opgestaan. Paulus verduidelik die beginsel vir ons mooi :

I KORINTHIËRS 15:20-24 AFR53

“Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.”

As Jesus die eersteling is van die wat ontslaap het, dan impliseer dit dat daar ‘n 2de, 3de, 4de ens. mense is wat moet opstaan uit die dode. As ons in orde uit die dood opstaan, dan het elkeen van ons ‘n nommer. Jesus was die eerste vrug wat permanent opgestaan het, nommer 1. Nader na ons toe, jou grootouers se nommers is voor jou ouers, en jou ouers voor jou, ens….. ons gaan almal eendag permanent opstaan, ons sal dit sien in die Fees van Trompette of die Wegraping.

Die Fees van Eerste Vrugte is die laaste fees wat Jesus persoonlik tot vervulling bring.http://www.reginatorre.com/wp-content/uploads/2018/04/Fees-Van-Eerste-Vrugte.m4a

5 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page