top of page
  • Regina Torre

Openbaring: Hoofstuk 1

Updated: Jan 30, 2023


Die eiland Patmos

1 Januarie 2020


Inleiding


Ek glo die volgende:

  1. Die Bybel is die ware Woord van God.

  2. Die Bybel is ‘n aaneenlopende verhaal wat begin in Genesis en eindig in Openbaring.

  3. Wanneer ‘n konsep nie in Openbaring verduidelik word nie, sal ons noodgedwonge moet teruggaan na die vorige boeke in die Ou en Nuwe Testamente.

  4. Ek glo in ‘n letterlike interpretasie van die Woord van God, want die Bybel ‘means what it says, and says what it means!’

Reëls vir interpretasie van die boek Openbaring:

  1. Lees die woorde soos dit daar staan, moet nie ‘n ander betekenis soek om te spekuleer oor wat die skrywer bedoel het nie.

  2. Kyk na die werklike betekenis van woorde tensy die Skrif dit duidelik vir ons anders stel.

  3. Simbole word meestal in die Skrif self verduidelik. Soms in dieselfde hoofstuk, soms terugwerkend in dieselfde boek, of soms sal ons elders in die Bybel vir die betekenis gaan soek, maar ons maak nie ons eie betekenis op nie.

  4. Daar sal tye wees wat ons nie weet wat ‘n woord of begrip beteken nie, dan sal ek dit so stel.

Tensy anders vermeld gebruik ek die AFR53 vertaling van die Bybel, maar ons gaan beslis na ander vertalings en ook die Engelse vertalings kyk om begrippe duideliker te maak.

Lewer asb kommentaar en vra vrae van toepassing op die dag se vers. Ek sal poog om te antwoord waar ek kan.

 

2 Januarie 2020


OPENBARING 1:1 AFR53

“Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,”


Die Openbaring – enkelvoud, een openbaring of bekendmaking. Grieks, apokalupsis


Wie se openbaring – Jesus Christus se openbaring wat God aan Hom gegee het.


Diensknegte – Griekse woord is ‘doulos’ = ‘n Lewenslange, vrywillige slaaf vir ‘n goeie meester. As Christene is ons vrywillige slawe van Jesus Christus ons goeie Meester.


Te kenne gegee – ‘n Ongeseëlde openbaring wat die hoorder moet verstaan. Nie geseël soos Daniel se profesieë nie.


Te laat sien (afr 83) – Johannes het die gebeure gesien, soos ‘n fliek wat voor hom afspeel.

Gou moet gebeur – beteken hier dat wanneer die profesie begin dan gaan als wat moet gebeur vinnig op mekaar volg.


Engel – Die engel is die tussenganger of boodskapper tussen Jesus en Johannes.

 

3 Januarie 2020


OPENBARING 1:2 AFR53

“wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.”


Johannes kyk terug en getuig oor wat hy gesien het. Dit wat Johannes gesien het, het hy in die brief Openbaring geskryf.

 

4 Januarie 2020


OPENBARING 1:3 AFR53

“Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”


Salig beteken geseënd! Lees, hoor & bewaar: Openbaring is die enigste boek in die Bybel wat sê dat as jy die drie goed doen met betrekking tot dié brief, dan sal jy geseën word!

 

5 Januarie 2020


OPENBARING 1:4 AFR53

“Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,”


Johannes – geen titel of vêrdere beskrywing om hom voor te stel nie. Hy was wel bekend onder die gemeentes in Asië.


Sewe gemeentes – sewe is die volmaaktheids getal in die Bybel. Die sewe gemeentes is dus ‘n voorstelling van al die gemeentes wat in Jesus glo. Soos ons in hoofstuk 2 & 3 gaan sien ook al die gemeentes van Johannes se tyd tot en met die eindtye.


Genade en vrede – dit was die algemene Griekse groet.


Van Hom wat is, wat was en wat kom – God wat van die begin daar was, vandag nog by ons is, en tot in ewigheid by ons sal wees.


Sewe Geeste – 100% van die Heilige Gees. Ons sal in hoofstuk 4 sien hoekom dit 100% is.

 

6 Januarie 2020


OPENBARING 1:5 AFR53

“en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed”


Jesus Christus – die tweede van die drie-enige Godheid.


die getroue getuie – Jesus was God se perfekte ambassadeur op aarde


eersgeborene uit die dode – Jesus is die eerste van al die Christene wat uit die dood opgestaan het, om nie weer te sterf nie. Die eerste vrugte van die wat opstaan uit die dood. Paulus verduidelik mooi:


“Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.” I KORINTHIËRS 15:20 AFR53


God het vir Moses in Levitikus 23, sewe feeste gegee wat tot vandag deur die Joodse volk gevier word. Jesus se opstanding word deur die derde fees uitgebeeld wat die Fees van Eerste Vrugte genoem word en ‘n Ou Testament profesie is van Jesus se opstanding.

“Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.” LEVÍTIKUS 23:10 AFR53


Aan Hom wat ons liefgehad het – “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” JOHANNES 3:16 AFR53


Ons sondes gewas het in Sy bloed – Jesus se kruisiging waar Hy met Sy bloed vir elkeen van ons sondes betaal het.

 

7 Januarie 2020


OPENBARING 1:6 AFR53

“en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.”


Omdat Jesus se bloed ons skoon gewas het van ons sondes, sal ons konings en priesters wees in die ewigheid.


“Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,” I PETRUS 2:9 AFR53


Aan God kom toe al die heerlikheid en die krag tot in ewigheid, Amen – dieselfde as die einde van die Onse Vader gebed.

 

8 Januarie 2020


OPENBARING 1:7 AFR53

“Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”


Hierdie vers verwys na Jesus se tweede koms en nie die wegraping nie. Jesus gaan kom soos wat Hy gegaan het, met die wolke soos ons in Handelinge herinner word.


“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” HANDELINGE 1:10-11 AFR53


Die Ou Testament profete het ook die profesie gesien en neergeskryf.


“Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.” DANIËL 7:13 AFR53


“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.” SAGARÍA 12:10 AFR53

 

9 Januarie 2020


OPENBARING 1:8 AFR53

“Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.”


Alfa en Omega is die eerste en laaste letters van die Griekse alfabet, en dui aan die begin en die einde soos die vers uitbeeld.


Die drie-enige God was daar van die begin en sal tot in ewigheid nog steeds daar wees. Ons lees in Johannes van God en Jesus (die Woord) wat van die begin daar was en ons lees in Genesis 1:2 van die Gees van God wat oor die waters gesweef het.


“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God.” JOHANNES 1:1-2 AFR53


“In die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.” GÉNESIS 1:1-2 AFR53

 

10 Januarie 2020


OPENBARING 1:9 AFR53


“Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.”


Johannes was verban na die eiland van Patmos van ongeveer 86AD tot 96AD. Hy was die jongste van al die dissipels en was moontlik 80 jaar oud toe hy die Openbaring gekry en neergeskryf het.


Johannes was welbekend onder die gemeentes en daarom spreek hy homself aan as julle broeder.


Die volgelinge van Jesus was almal vervolg onder keiser Domitianus, so met die brief lig hy net uit dat hy soos sy broeders ook in verdrukking is ter wille van die getuienis van Jesus Christus.

 

11 Januarie 2020


OPENBARING 1:10 AFR53

“Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin,”


In die Griekse vertaling is die woorde ‘dag van die Here’ ‘n byvoeglike naamwoord of ‘n beskrywende woord. So anders gestel was Johannes in die Gees op ‘n Goddelike dag.


Johannes was dus ernstig besig met die dinge van God toe hy ‘n groot stem, wat klink soos ‘n basuin of ‘n trompet, agter hom hoor.

 

12 Januarie 2020


OPENBARING 1:11 AFR53

“wat sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.”


Die stem agter Johannes sê hy moet neerskryf wat hy sien en dan die boek stuur na sewe gemeentes in Asië wat ons vandag ken as Turkeie. Let op dat hy moet skryf wat hy sien en nie wat hy hoor nie. Die sewe gemeentes is: 1. Efese, 2. Smirna, 3. Pergamus, 4. Thiatire, 5. Sardis, 6. Filadelfia en 7. Laodecea.

 

13 Januarie 2020


OPENBARING 1:12 AFR53

“Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,”


Nou vir die eerste keer draai Johannes om, om te sien wie met hom praat en die eerste wat hy sien toe hy omdraai is sewe goue kandelaars. Die kandelaars word nie omskryf nie maar wanneer die Bybel van kandelaars praat word daar verwys na die menorah 🕎 . Die menorah is ‘n goue kandelaar met sewe lampe en was die enigste lig in die tempel van God. Johannes sien sewe van die kandelaars toe hy omdraai. Die betekenis van die kandelaars sal wel later in die hoofstuk uitgelig word.


In 2 Kronieke lees ons hoe Salomo die kandelaars reggemaak het vir sy tempel. In Salomo se tempel was daar elf van die kandelaars, waar daar net een kandelaar was in Moses se tabernakel.


“En Salomo het al die voorwerpe gemaak wat in die huis van God was: die goue altaar en die tafels waar die toonbrode op moes lê, en die kandelaars met hulle lampe om volgens voorskrif voor die binneste vertrek te brand, van fyn goud,” II KRONIEKE 4:19-20 AFR53

 

14 Januarie 2020


OPENBARING 1:13 AFR53

“en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.”


Een soos die Seun van die mens – dit is ‘n verwysing na Jesus.


Kleed aan wat tot op voete hang


“wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed, wat die hemel uitspan soos ‘n tentdoek;” PSALMS 104:2 AFR53


“het ek my oë opgeslaan, en daar sien ek ‘n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas.” DANIËL 10:5 AFR53


gegord om die bors met ‘n goue gordel


“En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.” JESAJA 11:5 AFR53

 

15 Januarie 2020


OPENBARING 1:14 AFR53

“Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,”


“Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;” DANIËL 7:9 AFR53


“En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur …………..” DANIËL 10:6 AFR53

 

16 Januarie 2020


OPENBARING 1:15 AFR53

“en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.”


“………………en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van ‘n menigte.” DANIËL 10:6 AFR53

 

17 Januarie 2020


OPENBARING 1:16 AFR53

“En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.”


Sewe sterre in God se regterhand – ons sal aan die einde van die hoofstuk sien wat die beteken.


Skerp tweesnydende swaard uit Sy mond – die Woord van God!


“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” HEBREËRS 4:12 AFR53


“En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God —” EFÉSIËRS 6:17 AFR53


Aangesig soos son wat skyn


“En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring. En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.” MATTHÉÜS 17:1-2 AFR53

 

18 Januarie 2020


OPENBARING 1:17 AFR53

“En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste”


Johannes se optrede om soos ‘n dooie neer te val voor die aangesig van God is dieselfde as ander persone in die Bybel wat soortgelyke ondervindings gehad het.


God praat met Joshua – “En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?” JOSUA 5:13-14 AFR53


God praat met Daniel – “Toe kom hy by my staanplek; en toe hy kom, het ek geskrik en op my aangesig geval. En hy het vir my gesê: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde. En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig” DANIËL 8:17-18 AFR53


Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste – Jesus sê vir Johannes dat hy nie bang moet wees nie en beskryf Homself aan Johannes sodat hy weet dat dit Jesus is.

 

19 Januaries 2020


OPENBARING 1:18 AFR53

“en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.”


Jesus bevestig wat Johannes weet. Dat Hy uit die dood opgestaan het en leef tot in ewigheid, en dat Hy die mag oor die dood en die doderyk het. Als om vir Johannes wat hom boeglam geskrik het gerus te stel en te bevestig dat Jesus met hom praat.

 

20 Januarie 2020


OPENBARING 1:19 AFR53

“Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;”

Revelation 1:19 KJV

“Write the things which thou hast seen, and the things which are, and the things which shall be hereafter;”


Weereens moet Johannes skryf wat hy sien, nie wat hy hoor nie!


Die vers gee vir ons die tydlyn wat in drie dele opgedeel is.


Deel 1. Die dinge wat jy gesien het / thou hast seen

– Als wat Johannes in Hoofstuk 1 tot en met hier gesien het.


Deel 2. Die wat is / things which are

– Hoofstuk 2 en 3

– Hierdie is die sewe briewe aan die sewe kerke.

– Tot vandag toe is ons nog steeds in die tydperk.


Deel 3. Sowel as die wat gaan gebeur / things which shall be hereafter

– wat gaan gebeur ná ‘dit wat is’

– Hoofstuk 4 begin met ‘na hierdie dinge’ – dit wat volg na die kerke!


“Na hierdie dinge het ek gesien ………… OPENBARING 4:1 AFR53

“After these things I looked, ………. Revelation 4:1 NKJV

 

21 Januarie 2020


OPENBARING 1:20 AFR53

“die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.”


Hier word ons nou vertel wat die sewe sterre (van vers 16) en die sewe goue kandelaars (van vers 12) beteken.


Die sewe goue kandelaars – dit is die sewe gemeentes: 1. Efese, 2. Smirna, 3. Pergamus, 4. Thiatire, 5. Sardis, 6. Filadelfia en 7. Laodecea.


Die sewe sterre – die engele van die sewe gemeentes.


Wie is die engele?


In die konteks beteken die woord – ‘n boodskapper, gesant, een wat gestuur word, ‘n engel, ‘n boodskapper van God.


“En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?” HEBREËRS 1:13-14 AFR53

 

22 Januarie 2020

Die sewes van hoofstuk 1

79 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page