top of page

Kersfees 2021!

Updated: Jan 28, 2023

15 Desember 2021


WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?


Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer?  Die antwoord op beide die vrae is nee; 

25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie en dit kom nie uit die heidendom nie.  

Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu n.C. die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: Jesus geboorte en nie Sy geboortedag nie!

Uit ou geskrifte is dit duidelik dat Kersfees nie in die vroeë kerk gevier is nie.  Dit het eers in 386 n.C. ’n vaste datum in die kerk geword, nadat keiser Konstantein die Christelike geloof gewettig het.

Die presiese datum van Jesus se geboorte maak regtig nie saak nie. Wat wel belangrik is, is die wondergebeure van die dag waarvan die teksvers melding maak. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het….” (Joh.3:16). 

Kersfees is die geleentheid vir getuienis van Jesus se geboorte wêreldwyd en daarom bly Christene dit vier. 

Ek gaan tot en met Kersfees elke dag kyk na ‘n profesie van Jesus se geboorte en die vervulling daarvan.

 

16 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Sagaria en Elisabet sal ‘n seun kry wat hulle Johannes moet noem.


Profesie

“Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, ’n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet. En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel. En hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd.” LUKAS 1:5-7 AFR53

“Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.” LUKAS 1:11 AFR53

“Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.” LUKAS 1:13 AFR53

“Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd. En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring. En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.” LUKAS 1:18-20 AFR53


Vervulling

“En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar. En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly. En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader. Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.” LUKAS 1:57-60 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Somerkersfees



 

17 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Jesus se geboorte word aangekondig aan die maagd Maria.


Profesie

“En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret, na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, ………. LUKAS 1:26-31 AFR53


Vervulling

“En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.” LUKAS 2:4-5 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Kom kinders, kom juig nou!



 

18 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: ‘n Engel verskyn aan Josef en sê vir Hom dat hy Maria nie moet verlaat nie.


Profesie

“En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.” MATTHÉÜS 1:19-21 AFR53


Vervulling

“En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.” MATTHÉÜS 1:22-25 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Kom alle getroues!



 

19 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Bileam spreek ‘n profesie uit oor ‘n stêr wat moet verskyn uit Jakob (Israel)

(Bileam was die profeet wie se donkie hom gestop het en met hom gepraat het toe hy Israel wou vervloek. Alhoewel hy ‘n bose profeet was, was hy nie ‘n false profeet nie.)


Profesie

“Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ’n stêr kom te voorskyn uit Jakob, en ’n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.” NÚMERI 24:17 AFR53


Vervulling

Weererns is net die eerste gedeelte van die profesie met Jesus se geboorte vervul.

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy stêr in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.” MATTHÉÜS 2:1-2 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Betlehem ster, o wonderlig




 

20 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Konings sal vir Hom geskenke bring en voor Hom buig.


Profesie

“Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring. Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.” PSALMS 72:10-11 AFR53


Vervulling

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. En hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.” MATTHÉÜS 2:1-2, 8, 11 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Al was ek nie daar nie!



 

21 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Jesus se ma sou ‘n maagd wees by Sy geboorte.


Profesie

“Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie? Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.” JESAJA 7:13-14 AFR53


Vervulling

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;” MATTHÉÜS 1:18-20 AFR53

Kersfees lied vir vandag: By Betlehem in winterkou!





 

22 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Die engele kondig Jesus se geboorte aan.


Profesie

“En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.” LUKAS 2:8-12 AFR53


Vervulling

“En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar:

Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.” LUKAS 2:15-17 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Herders op die ope velde



 

23 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Maria moet haar Baba, Jesus noem.


Profesie

“En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.” LUKAS 1:31 AFR53


Vervulling

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.” MATTHÉÜS 1:18 AFR53

“En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,” LUKAS 3:23 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Die heiland is gebore



 

24 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: Jesus is gebore in die dorp Betlehem Efrata.

Toe Jesus gebore is, was daar twee dorpe in Israel met die naam Betlehem. Die een was naby Nasaret in die Noorde van die land en die ander een naby Jerusalem in Juda. Betlehem naby Jerusalem is vroeër Efrata genoem. Jesus is in daardie Betlehem gebore, net soos die profesie voorspel het.


Profesie

“En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.” MIGA 5:1-2 AFR53


Vervulling

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, ………. MATTHÉÜS 2:1 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Juig o mensdom



 

25 Desember 2021


Profesieë van Jesus se geboorte: ‘n Kind vir ons gebore.

Slegs die eerste gedeelte van die vers hieronder is reeds vervul, die tweede gedeelte moet nog vervul word met Jesus se tweede koms.


Profesie

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee;

en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —” JESAJA 9:5 AFR53


Vervulling

“dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.” LUKAS 2:11 AFR53

Kersfees lied vir vandag: Stille Nag


Baie dankie aan almal wat hierdie jaar saam met my Bybelstudie gedoen het. Ek gaan ‘n wyle afvat en sien julle almal weer so middel Januarie 2022. Geseënde Kersfees 🎄

 

25 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page