top of page

Kersfees 2020

Updated: Jan 28, 2023


1 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 61:1-2 AFR53

“Die Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ’n jaar van die welbehae van die Here en ’n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;”


Vervulling: Jesus se bediening is deur die profeet Jesaja gesien.

Jesus lees in die Sinagoge dié gedeelte uit Jesaja om vir die luisteraars te vertel wat Sy bediening gaan behels en vervul so die woorde van Jesaja. Hy maak egter die boek toe net voor die laaste sin wat sê: en ’n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; – hierdie gedeelte is onvervuld en wag vir Jesus se tweede koms wat ons volgende jaar hanteer wanneer ons weer voortgaan met ons studie van Openbaring.

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.” LUKAS 4:16-20 AFR53

 

2 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: GÉNESIS 3:15 AFR53

“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.”


Vervulling: Haar saad – die eerste profesie oor die maagdelike geboorte.

“Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.” LUKAS 1:34-35 AFR53

“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet,” GALÁSIËRS 4:4 AFR53

 

3 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: GÉNESIS 12:1-3 AFR53

“En die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”


Vervulling: Jesus is ‘n afstammeling van Abraham

‘n Profetiese belofte word hier vir Abraham en sy nageslagte gegee. Met tyd word meer detail deurgegee, en ons kom tot die besef dat Jesus se geboorte deel is van die seëning.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:” MATTHÉÜS 1:1 AFR53

Selfs Paulus bevestig dat Jesus van Abraham afstam.

“Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.” GALÁSIËRS 3:16 AFR53

 

4 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: GÉNESIS 26:1-5 AFR53

“En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. En die Here het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.”


Vervulling: Jesus is ‘n afstammeling van Isak.

Abraham het meer as een seun gehad, maar die vers vertel vir ons dat die seëninge vir die nageslag van Abraham deur sy seun Isak sal vloei, wat weereens vir Jesus insluit.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, …………. MATTHÉÜS 1:1-2 AFR53

 

5 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: GÉNESIS 28:12-14 AFR53

“En hy het gedroom — daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.”


Vervulling: Jesus is ‘n afstammeling van Jakob

Hier het ons weereens bevestiging dat die seëninge van Abraham sal vloei deur sy seun Isak en daarna deur sy kleinseun Jakob.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, ……….. MATTHÉÜS 1:1-2 AFR5

Jakob, wie se naam later na Israel verander is, het die vader geword van die patriarge van die twaalf stamme van Israel. Jakob het ongeveer 4 000 jaar gelede geleef, wat ongeveer 2000 jaar voor Jesus se geboorte is.

 

6 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: GÉNESIS 49:10 AFR53

“Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.”


Vervulling: Jesus is gebore uit die stam van Juda.

“Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers; en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,” MATTHÉÜS 1:1-3 AFR53

 

7 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 11:1-2 AFR53

“Maar daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Ísai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.”


Vervulling: Jesus is ‘n afstammeling van Isai.

Wie is Isai? Isai is die vader van koning Dawid.

“en Ísai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría,” MATTHÉÜS 1:6 AFR53

Die stamboom in Mattheus wys vir ons dat Jesus ‘n afstammeling is van Abraham en Dawid deur sy aardse vader, Josef.

 

8 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JEREMIA 23:5 AFR53

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek vir Dawid ’n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.”


Vervulling: Jesus is ‘n afstammeling van koning Dawid.

“die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid, die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van Salmon, die seun van Nagson,” LUKAS 3:31-32 AFR53

Die stamboom in Lukas wys vir ons dat Jesus ‘n afstammeling was van Abraham en Dawid deur sy moeder, Maria.

 

9 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: DANIËL 9:25 AFR53

“Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ’n Gesalfde, ’n Vors, is sewe sewetalle; en twee-en-sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.”


Vervulling: Jesus se eerste koms sal wees nadat die tempel herbou is.

Hierdie gedeelte sê vir ons dat Jesus se koms sal wees nadat die tempel herbou is. Dit is nou die tempel wat in Esra se tyd gebou is toe koning Kores die Israeliete toestemming gegee het om hul tempel te herbou. Kom ons kyk net weer na die gedeelte in die boek Esra.

“En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here uit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my opgedra om vir Hom ’n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.” ESRA 1:1-3 AFR53

 

10 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: DANIËL 9:26 AFR53

“En ná die twee-en-sestig sewetalle sal ’n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ’n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ’n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.”


Vervulling: Jesus se eerste koms sal wees voor die Romeine die tweede tempel en Jerusalem vernietig.

Geskiedenis leer ons dat Jerusalem en die tempel in 70 AD verwoes is. Jesus is gebore na die 2de tempel gebou is en is dood in ongeveer 33 AD voor die 2de tempel verwoes is.

 

11 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: DEUTERONÓMIUM 18:17-19 AFR53

“Toe het die Here vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.”


Vervulling: God sal ‘n profeet soos Moses stuur.

“Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.” JOHANNES 6:14 AFR53

“Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.” HANDELINGE 3:21-23 AFR53

 

12 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: MALEÁGI 3:1 AFR53

“Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare.”


Vervulling: ‘n Boodskapper sal Jesus voorafgaan.

“Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet! Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak. Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.” MATTHÉÜS 11:9-11 AFR53

 

13 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: LUKAS 1:11-13 AFR53

Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan. En toe Sagaria hom sien, was hy ontsteld, en vrees het hom oorval. Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem.


Vervulling: Sagaria en Elisabet sal ‘n seun kry wat hulle Johannes moet noem.

“En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ’n seun gebaar. En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly. En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader. Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.” LUKAS 1:57-60 AFR53

 

14 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: LUKAS 1:26-31 AFR53

“En in die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na ’n stad in Galiléa met die naam van Násaret, na ’n maagd wat verloof was aan ’n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria. En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, ……….


Vervulling: Jesus se geboorte aangekondig.

“En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.” LUKAS 2:4-5 AFR53

 

15 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: MATTHÉÜS 1:19-21 AFR53

“En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”


Vervulling: ’n Engel verskyn aan Josef en sê vir Hom dat hy Maria nie moet los nie.

“En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.” MATTHÉÜS 1:22-25 AFR53

 

16 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: PSALMS 72:10-11 AFR53

“Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring. Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.”


Vervulling: Konings sal vir Hom geskenke bring en voor Hom buig.

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.

en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys.

En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.” MATTHÉÜS 2:1-2, 8, 11 AFR53

 

17 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: NÚMERI 24:17 AFR53

“Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ’n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.”


Vervulling: Bileam spreek ‘n profesie uit oor ‘n ster wat moet verskyn uit Jakob.

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.” MATTHÉÜS 2:1-2 AFR53

 

18 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: LUKAS 2:8-12 AFR53

“En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal ’n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.”


Vervulling: Die engele kondig Jesus se geboorte aan.

“En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.” LUKAS 2:15-17 AFR53

 

19 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 9:1-2 AFR53

“Die volk wat in duisternis wandel, het ’n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ’n lig geskyn. U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.”


Vervulling: Jesus, ‘n lig wat skyn in die duisternis.

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” JOHANNES 1:4-5 AFR53

“’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.” LUKAS 2:32 AFR53

 

20 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: LUKAS 1:31 AFR53

“En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.”


Vervulling: Maria moet haar Baba, Jesus noem.

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.” MATTHÉÜS 1:18 AFR53

“En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,” LUKAS 3:23 AFR53

 

21 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: MIGA 5:1-2 AFR53

“En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. Daarom sal Hy hulle prysgee tot op die tyd dat ’n barende gebaar het. Dan sal die oorblyfsel van sy broers saam met die kinders van Israel terugkeer.”


Vervulling: Jesus is gebore in die dorp Betlehem Efrata.

Tydens Jesus se geboorte was daar twee dorpe in Israel met die naam Betlehem. Die een was naby Nasaret in die Noorde van die land en die ander een naby Jerusalem in Juda. Betlehem naby Jerusalem is vroeër Efrata genoem. Jesus is in daardie dorp gebore, net soos die profesie voorspel het.

“En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom”. MATTHÉÜS 2:1 AFR53

 

23 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 7:13-14 AFR53

“Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie? Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.”


Vervulling: Jesus se ma sou ‘n maagd wees by Sy geboorte.

“Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;” MATTHÉÜS 1:18-20 AFR53

 

24 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 59:20 AFR53

“Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die Here.”


Vervulling: Jesus, die beloofde Verlosser.

“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.” GALÁSIËRS 4:4-5 AFR53

“terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” TITUS 2:13-14 AFR53

 

25 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 9:5 AFR53

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —”

Slegs die eerste gedeelte (groen) van die vers is reeds vervul, die tweede gedeelte (rooi) moet nog vervul word by Jesus se tweede koms.


Vervulling: ‘n Kind vir ons gebore.

“dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.” LUKAS 2:11 AFR53

Geseënde Kersfees!

 

26 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JEREMIA 31:15 AFR53

“So sê die Here: ’n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.”


Vervulling: Kindermoord om Jesus dood te maak.

“Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het. Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: ’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.” MATTHÉÜS 2:16-18 AFR53

 

27 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: HOSÉA 11:1 AFR53

“Toe Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.”


Vervulling: Jesus vertrek uit Egipte na Israel.

“En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak. Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” MATTHÉÜS 2:13-15 AFR53

“En ná die dood van Herodes het daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef in Egipte verskyn en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het. En hy het opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en in die land van Israel gekom.” MATTHÉÜS 2:19-21 AFR53

 

28 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: PSALMS 118:22-23 AFR53

“Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword. Dit het van die Here gekom; dit is wonderbaar in ons oë.”


Vervulling: Die steen wat die bouers verwerp het.

“Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?” MATTHÉÜS 21:42 AFR53

 

29 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 55:4-5 AFR53

“Kyk, Ek het hom tot ’n getuie van die volke gemaak, tot ’n vors en ’n gebieder van die nasies. Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.”


Vervulling: Roep hulle wat nie Sy volk is nie.

“ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! — daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.” ROMEINE 9:24-26 AFR53

“Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword; en: ’n Steen van aanstoot en ’n rots van struikeling —” I PETRUS 2:7 AFR53

 

30 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: JESAJA 29:18 AFR53

“En in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.”


Vervulling: Dowes sal hoor en blindes sal sien.

“En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat.” MARKUS 7:37 AFR53

 

31 Desember 2020 – Vervulde Bybelprofesië oor Jesus!


PROFESIE: PSALMS 45:7-8 AFR53

“U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer. U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.”


Vervulling: Jesus gesalf deur God.

“En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer; U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;” HEBREËRS 1:6-9 AFR53

7 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page