top of page
  • Regina Torre

Jesaja - Hoofstuk 52 tot 57

Updated: Jun 2, 2023


10 Mei 2023


JESAJA 52:1 AFR53

“Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.”

Ons sien hier die Nuwe Jerusalem en die vraag is hoe kom Israel tot op hierdie punt uit? Ons ken die antwoord...Jesus Christus! Wanneer Jesus vir ‘n tweede keer terugkom, oorwin Hy Israel se vyande en dan volg die Millenium of die duisenjarige vrederyk met Satan wat vir die duisend jaar toegesluit word.


Na die duisend jaar van vrede word Satan vir ‘n wyle vrygelaat om vir ‘n laaste keer die nasies te verlei en sy mense bymekaar te maak om Jerusalem te probeer vernietig.


“En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.” OPENBARING 20:7-8 AFR53


Satan en sy magte omsingel dan vir oulaas die geliefde stad, net om God se vuur uit die hemel tegemoet te loop en totaal verslind te word. Finaal word Satan in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die vals profeet is en waar die drie dag en nag gepynig sal word - tot in alle ewigheid.


“En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.” OPENBARING 20:9-10 AFR53


Johannes sien ‘n groot wit troon met Jesus wat daarop sit. Jesus is deur Sy Vader aangestel om die oordeel uit te voer.


“Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,”JOHANNES 5:22 AFR53


“En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.” HANDELINGE 10:42 AFR53


Die groot wit troon moet nie verwar word met die Regterstoel van Christus nie.


“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.” II KORINTHIËRS 5:10 AFR53


Gelowiges word beoordeel na die Wegraping, gedurende die sewe jaar Verdrukking en voor die Millenium. Elke gelowige sal belonings ontvang volgens wat hy of sy tydens sy aardse lewe gedoen het, of dit goed was of kwaad.


“Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” ROMEINE 8:1 AFR53


En dan sien Johannes die nuwe Jerusalem, die heilige stad, wat vir ewig sal bly staan.


“En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.” OPENBARING 21:1-2 AFR53


 

11 Mei 2023


JESAJA 52:2 AFR53

“Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!”


Jerusalem hoef nie meer in die stof te sit en rou nie. Nee, staan op uit die stof en sit op jou troon.

Julle is nie meer gevangenis nie, maak los die kettings om jou nek en juig!


Die volk het gekla dat God hulle verkoop het in die hande van hulle vyande.


“U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.”   PSALMS 44:13 AFR53


‘Nie so nie,’ is die antwoord. Daar was geen werklike verkoop nie, net ’n tydelike oordrag, en daarom kan God hulle loskoop soos Hy wil.


“Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.”   JESAJA 52:3 AFR53


Twee simbole wat ons hier kan koppel aan mekaar is silwer (geldstukke) en bloed (verlossing). Die ‘verlossingsmunt’ was altyd silwer, en silwer is ‘n prentjie van bloed.


Nie met geld verlos nie, maar met bloed!  In die eerste hoofstukke van Genesis word Adam en Eva ‘n belangrike les geleer. God het hul blaar klere met diervelle vervang. Deur onskuldige bloed, (die dood van die dier) was hul sondes bedek. Profeties wys hierdie prentjie na Jesus aan die kruis.


“En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.”   GÉNESIS 3:21 AFR53


God herinner Sy volk weereens dat hulle Egipte toe getrek het om die droogte te oorkom, en het toe as vreemdelinge daar vertoef.


“Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.”   JESAJA 52:4 AFR53


Met tyd het ‘n nuwe Farao regeer wat Josef nie geken het nie. ‘n Farao wat nie van Egiptiese afkoms was nie maar ‘n Assiriër wat die volk nie wou vrylaat nie want hulle kon nie sonder hul arbeid klaarkom nie.


“En namate die tyd van die belofte wat God aan Abraham met 'n eed beloof het, nader kom, het die volk toegeneem en vermeerder in Egipte, totdat daar 'n ander koning opgestaan het wat nie vir Josef geken het nie.”   HANDELINGE 7:17-18 AFR53


God kyk en sien hoe al die nasies Sy volk verdruk het, en erger as dit sien God hoe Sy Naam gelaster word. God sê dat Sy volk, Sy Naam, op die dag van hul finale redding, sal leer ken.


“Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die Here; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster. Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!”   JESAJA 52:5-6 AFR53


 

12 Mei 2023


JESAJA 52:7 AFR53

“Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!”


Hierdie gedeelte word deur Paulus toegepas op diegene wat die evangelie verkondig.


“En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!”   ROMEINE 10:15 AFR53


Die goeie boodskap is Hebreeus vir evangelie. Hoe lieflik is die voete van Hom wat die evangelie bring, van Hom wat vrede en verlossing aankondig en wat aan Sion sê: Jou God is Koning!


Ons weet dit is Jesus, maar hoekom die melding van voete? Wel, onthou dat Jesus se wederkoms geassosieer word met Sy voete op die Olyfberg.


“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.”   SAGARÍA 14:4 AFR53


Wagte het gewoonlik op die stadsmuur wag gestaan om te sien wanneer vriend of vyand die stad sou nader. Die wagte waarvan hier gepraat word sien Jesus wat terugkeer na Sion of Jerusalem.

Kan die wagte eerder engele wees?


“Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die Here terugkeer na Sion.”   JESAJA 52:8 AFR53


Juig en jubel want die Here het Jerusalem verlos. Hierdie is die vreugde met Jesus se wederkoms.


“Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die Here het sy volk getroos, Jerusalem verlos. JESAJA 52:9 AFR53


Om die arm te ontbloot is ‘n metafoor wat geneem is van krygers wat die arm ontbloot het vir ‘n geveg. Jesus kom nie terug as ‘n lam soos met Sy eerste koms nie, wanneer Hy weer terug kom is Hy ‘n vegtende leeu wat al Sy vyande gaan oorwin.


Die Here het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.”   JESAJA 52:10 AFR53


Met Jesus se wederkoms word die volk Israel geroep om uit te gaan, uit hul skuilplek en uit onder hulle verdrukking. Met die aanbreek van die Millenium gaan hulle die nuwe Jerusalem binne en hulle gaan die Here dien in die nuwe Millenium tempel.


“Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die Here! Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.”   JESAJA 52:11-12 AFR53


Israel sal nooit weer haastig hoef te vlug nie, want die Here pas hul uitgang en hul ingang op.


“Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.”   PSALMS 121:8 AFR53


 

13 Mei 2023


JESAJA 52:13 AFR53

“Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.”


Hierdie gedeelte, tot aan die einde van Jesaja 53, fokus op die Dienaar van die Here.


Die Etiopiër in die Nuwe Testament boek Handelinge vra vir Filippus ‘n vraag oor Jesaja 52:13 tot 53:12.


“En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?”   HANDELINGE 8:34 AFR53


Van wie praat die profeet Jesaja hier, van homself of van 'n ander man?


Hierdie vraag word vandag nog gevra, en die antwoord is uiters belangrik. In die boek Jesaja word baie mense op die een of ander manier dienaars of knegte van die Here genoem.


Dit sluit Jesaja self in - “Daarop het die Here gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,” JESAJA 20:3 AFR53,


en Eljakim - “En in dié dag sal Ek my kneg Éljakim, die seun van Hilkía, roep;”  JESAJA 22:20 AFR53,


en Dawid - “En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil.”   JESAJA 37:35 AFR53,


en Israel - “Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend,”   JESAJA 41:8 AFR53.


Maar, daar is geen twyfel dat hierdie woord ook as 'n spesifieke titel vir die Messias gebruik word.


Die woord Kneg word in vers 13 en verder met ‘n hoofletter gespel en dit is korrek, want die konteks toon dat dit 'n duidelike verwysing na Jesus is.


Vers 13 vertel dat die Messias verhoog sal word en voorspoedig sal wees, alhoewel dit aanvanklik voorkom asof Hy misluk het.


Want, in die volgende vers word vertel dat die Messias se voorkoms so misvormd was dat Sy gestalte nie meer was soos die van ‘n mens nie.


“Soos baie hulle oor U verstom het — so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van 'n mensekind nie —”   JESAJA 52:14 AFR53


Die gevolg van die brutaliteite wat hier in die boek Matteus beskryf word.


“Toe het hulle in sy aangesig gespuug en Hom met die vuis geslaan, en ander het Hom met stokke geslaan en gesê: Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit wat U geslaan het?”   MATTHÉÜS 26:67-68 AFR53


“Toe trek hulle sy klere uit en werp 'n rooi mantel om Hom; en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof.”   MATTHÉÜS 27:28-30 AFR53


 

14 Mei 2023


JESAJA 52:15 AFR53

“so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.”


“Hy sal baie volke en hulle konings rein maak, en konings sal sprakeloos voor hom wees. En hulle sal hoor wat hulle voorheen nog nooit gehoor het nie.”   JESAJA 52:15 NLV


Die 53 vertaling sê ‘nasies laat opspring’ waar die engelse en die NLV vertalings sê ‘rein maak’. Ek gaan met die ‘rein maak’ vertaling wat beteken, reinig van sonde. In die Ou Testament is die volk se sondes, een keer per jaar deur die hoofpriester bedek, deur op die ‘dag van versoening’ die bloed van ‘n bok op die versoendeksel van die ark te sprinkel. Die ark en die versoendeksel was in die tempel in die Allerheiligste vertrek.


“Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.”   LEVÍTIKUS 16:15 AFR53


Want dit wat hulle nie vertel is nie - die verborgenheid van die Evangelie so lank verswyg, sal hulle sien en hoor.


“maar soos geskrywe is: Hulle aan wie niks van Hom vertel is nie, sal dit sien; en hulle wat nie gehoor het nie, sal dit verstaan.”   ROMEINE 15:21 AFR53


“Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,”   ROMEINE 16:25 AFR53


‘n Goeie voorbeeld is waar Filippus deur die Gees aangesê word om die hofdienaar van Etihopië te help verstaan wat hy in die boek Jesaja lees.


“Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.”   HANDELINGE 8:29-31 AFR53


Die hofdienaar was besig om die gedeelte te lees waarmee ons nou besig is.


“En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.”   HANDELINGE 8:32-33 AFR53


Die hofdienaar, ‘n ‘gentile’ het die goeie boodskap van Jesus se verlossing gehoor, en hy het geglo dat Jesus Christus die Seun van God is. Filippus het hom gedoop, en die taak wat die Gees aan hom opgedra het, is daar en dan uitgevoer. Filippus is toe deur die Gees weggevoer.


“En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders? En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.”   HANDELINGE 8:34-39 AFR53


 

15 Mei 2023


JESAJA 53:1 AFR53

“Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die Here geopenbaar?”

Jesaja 53 is ‘n baie goeie voorbeeld van die ou kerkvader Augustine se aanhaling: ‘Die Nuwe Testament is verberg in die Ou Testament; die Ou Testament word in die Nuwe Testament geopenbaar’.


Hierdie hoofstuk profeteer Jesus se dood in sulke detail dat sekere Bybelkritici beweer dat daar geen moontlikheid is dat Jesaja hierdie neergeskryf het eeue voor dit gebeur het nie. Ons het reeds in die dagstuk van 16 Maart 2023 die kritici verkeerd bewys - https://www.reginatorre.com/post/jesaja-hoofstuk-40-tot-42.


Die volgende om op te let is dat hoofstuk 53 beide 'n nabye vervulling en 'n langtermyn vervulling beskryf. Die nabye vervulling (verse 1-10) is Jesus se kruisiging en dood, en die langtermyn vervulling (verse 11-12) is aan die einde van die Verdrukking wanneer die Joodse nasie vir Jesus as hul Messias erken en Hom as Verlosser en Saligmaker aanvaar.


Wie het ons verslag geglo? - Die verslag van die profete, van Johannes die Doper, en Jesus se eie verslag van Homself. Die Jode het nie Jesus se prediking ontvang nie, en om hierdie rede is Jesus nie aan hulle geopenbaar as die beloofde Messias nie.


“En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?” JOHANNES 12:37-38 AFR53


“Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.” JOHANNES 1:11 AFR53


Aan wie word die arm van die Here geopenbaar? Die ‘arm van die Here’ wys na God se ‘wonderwerke’ of waar Hy die volk uit onmoontlike situasies gehelp het. Die beste voorbeeld van ‘die arm van die Here’ en ‘n voorbeeld waaraan die volk keer op keer herinner word, is die uittog uit Egipte. God gee Sy volk vier beloftes waaraan hulle geslag vir geslag moet vashou.


- Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei,

- Ek sal julle red uit jul slawerny,

- Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en

- Ek sal julle as My volk aanneem.


“Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die Here, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die Here julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.” EXODUS 6:5-6 AFR53


God se volk het egter selde onthou dat God aan hulle kant was en hulle beskerm het met Sy uitgestrekte arm, en daarom is hul oë toegemaak tot die volheid van die heidene gaan plaasvind. Met ander woorde, wanneer die laaste heiden Jesus as Verlosser aanvaar, dan sal die hele Israel gered word.


“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;” ROMEINE 11:25-26 AFR53


 

16 Mei 2023


JESAJA 53:2 AFR53

“Hy tog het soos 'n loot voor sy aangesig opgespruit en soos 'n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.”


Jesaja beskryf nou Jesus in Sy menslike gestalte wat soos ‘n loot opgroei voor die aangesig van God. Die wortel verwys na die stamboom van Jesus wat uit die stam van Isai voortspruit.


“Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Ísai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra;”   JESAJA 11:1 AFR53


Dit sou meer ‘glamorous’ geklink het, meer koninklik, indien die gedeelte spesifiek sou verwys na koning Dawid in plaas van sy vader Isai as die wortel waarvan Jesus afstam. Maar dit is nie hoe God werk nie, soos ons sien uit die volgende gedeelte van die vers.


Jesaja beskryf die Dienaar as iemand wat nie skoonheid of prag gehad het nie, so niks besonders om na te kyk nie. Sy voorkoms was nie van iemand wat die koppe sou laat draai nie. Jesaja beskryf ‘n gewone persoon met geen merkwaardige gelaatstrekke, ‘n persoon waarvan mense nie  sou hou nie.


“Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.”   JESAJA 53:3 AFR53


Jesus was in Sy tyd om verskeie redes verag. Om mee te begin, was Hy van Galilea, 'n gebied van Israel wat dikwels nie gerespekteer word nie - “Ander het gesê: Hy is die Christus. En ander het gesê: Kom die Christus dan uit Galiléa?”   JOHANNES 7:41 AFR53


en van die dorp Nasaret, waaroor Israeliete sou vra: - “En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.”   JOHANNES 1:47 AFR53


Jesus was verag deur die Fariseërs en die Sadduseërs. Hulle het selfs probeer om Jesus verskeie kere dood te maak of te arresteer tydens Sy aardse bediening - “Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word, en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.”   MATTHÉÜS 26:3-4 AFR53


Soos Johannes gesê het: - “Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.”   JOHANNES 1:10-11 AFR53


Hy was verag en ons het Hom nie geag nie - die ons verwys na die Jode veral, maar dan ook die heidene en elke persoon toe en nou wat Jesus verag - “en hulle vleg 'n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en 'n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle spuug op Hom en neem die riet en slaan Hom op sy hoof. En nadat hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die mantel uit en trek Hom sy klere aan en lei Hom weg om gekruisig te word.”   MATTHÉÜS 27:29-31 AFR53


Baie mense verwerp vandag steeds Jesus as hulle Verlosser en wys Sy aanbod van die ewige lewe van die hand - “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”   JOHANNES 3:16 AFR53


 

17 Mei 2023


JESAJA 53:4 AFR53

“Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.”


Jesaja verduidelik vir ons, nie hoe die Messias ons skuld en God se toorn op Hom geneem het nie, maar hoe die Messias ons pyn en ons hartseer Sy eie gemaak het. Die prentjie wat hier geskilder word, is die Messias wat ons pyn en hartseer op Sy rug dra sodat ons dit nie hoef te doen nie.


Jesaja gaan verder en sê dat ons die Messias beskou het as iemand wat deur God geslaan en gepynig is. Kyk ons terug in die geskiedenis sien ons dat Jesus wel deur God geslaan en gepynig is, maar die probleem is nie om hierdie dinge te sien nie, maar om slegs hierdie dinge te sien. Die mense het die lydende Jesus gesien, maar nie die redes daarvoor verstaan nie.


In vers 5 verduidelik Jesaja hoekom die Messias deur God geslaan en gepynig is. Dit was vir ons – vir ons oortredinge … vir ons ongeregtighede … vir ons sondes. Dit was in ons plek dat die Messias gely het.


“Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”   JESAJA 53:5 AFR53


Ter wille van ons oortredinge deurboor - letterlik deurboor met die doringkroon op Sy hoof, en die spykers in sy hande en voete aan die kruis, en die swaard in Sy sy.


“En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp”.  JOHANNES 19:2 AFR53


“waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.”   JOHANNES 19:18 AFR53


“Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.”   JOHANNES 19:34 AFR53


Deur Sy wonde is ons genees. Die Engels stel dit beter - by His stripes we were healed. Watter tipe wond is ‘n ‘stripe’. Dit is die sweephoue wat Jesus moes verduur wat strepe op Sy rug veroorsaak het.


Kom ons kyk nou weer na Jesaja se woorde – deur Sy wonde is ons genees. Jesaja sê hier dat Jesus se gebreekte liggaam, vir ons gebreekte liggame genesing bring! So wanneer jy tydens nagmaal jou brood eet, eet jy Jesus se genesing.


In Matteus 26:26 lees ons die volgende: – En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.


Jesus sit Homself hier IN die sakrament. Jesus se liggaam is die brood wat gebreek word, en wat die disippels moet eet.


Jesus se kruis het nie noodwendig fisiese genesing vir die mensdom gebring nie, maar eerder genesing van ons sondes.


“wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.”   I PETRUS 2:24 AFR53


 

18 Mei 2023


JESAJA 53:6 AFR53

“Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”


Jesaja beskryf ons behoefte aan die Messias se versoeningswerk. Skape is dom, eiesinnige diere, en ons, soos hulle, het afgedwaal. Ons het weggedraai - weg van God, elkeen, op sy eie weg.


Ons sien die vennootskap tussen die Vader en die Seun in die werk aan die kruis. God het elkeen van ons ongeregtighede, van ons sondes, op Jesus laat neerkom.


“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”   II KORINTHIËRS 5:21 AFR53


Ons het geen manier om eers te dink wat dit moet beteken nie...


Ons kan net berou he en ons sondes voor die Vader bely.


Die belydenis van berouvolle Israel -


“o Here, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging. Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.”   PSALMS 119:174-176 AFR53


en van ‘n berouvolle mensdom -


“Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.”   I PETRUS 2:25 AFR53


was ook die gedagtegang van die Dienaar -


“En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.”   MATTHÉÜS 9:36 AFR53


“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”   JOHANNES 10:11 AFR53


 

19 Mei 2023


JESAJA 53:7 AFR53

“Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.”


Ten spyte van die pyn en lyding van die Messias, het Hy nooit ... Sy mond oopgemaak om Homself te verdedig nie. Hy was stil voor sy aanklaers, en het nooit gepraat om Homself te verdedig nie, net om God te verheerlik.


“Daarop staan die hoëpriester op en sê vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?


Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.”   MATTHÉÜS 26:62-64 AFR53


Dit was deur die wet vereis om onder eed te reageer… Daar is diegene wat ontken dat Jesus beweer het dat Hy God is: hulle het nie hul Bybel gelees nie. Dit was hoekom hulle Jesus tereggestel het...


“En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie? En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.”   MATTHÉÜS 27:12-14 AFR53


“En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring. En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring. Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.”   MARKUS 15:3-5 AFR53


“En hy (Herodus) het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.”   LUKAS 23:9 AFR53


“En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.”   JOHANNES 19:8-9 AFR53


Ook die gedeelte wat die hofdienaar van Etihopië gelees het, vertel van Jesus wat nie Sy mond oopgemaak het nie.


“En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem.”   HANDELINGE 8:32-33 AFR53


 

20 Mei 2023


JESAJA 53:8 AFR53

“Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote — wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.”


Pilatus vra vir die volk om te kies watter gevangene vrygelaat moet word - Barabbas of Jesus, en die volk kies om Barrabas vry te laat.


“En in daardie tyd het hulle 'n berugte gevangene gehad met die naam van Barábbas. Nadat hulle dan byeengekom het, sê Pilatus vir hulle: Wie wil julle hê moet ek vir julle loslaat: Barábbas, of Jesus wat genoem word Christus?”   MATTHÉÜS 27:16-17 AFR53


‘Kruisig hom’ het die skare geskreeu!


“Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word! En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!”   MATTHÉÜS 27:22-23 AFR53


Die skuldige en die onskuldige het plekke geruil. Ons is in Barabbas se skoene...

...Toe sê Pilatus vir die owerpriesters en die volk: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.


“En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.”   LUKAS 23:22 AFR53


“En toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder 'n oproer kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en gesê: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!”   MATTHÉÜS 27:24 AFR53


Jesus is afgesny uit die land van die lewendes, Hy sterf op ‘n kruis in Golgota vir elkeen van ons sondes. Hier is Jesus se ‘sewe kruiswoorde’!


1. “En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.”   LUKAS 23:34 AFR53


2. “En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.”   LUKAS 23:43 AFR53


3. “En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is u seun! Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.”   JOHANNES 19:26-27 AFR53


4. “en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?”   MATTHÉÜS 27:46 AFR53


5. “Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was — sodat die Skrif vervul sou word — het Jesus gesê: Ek het dors!”   JOHANNES 19:28 AFR53


6. “En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.”   JOHANNES 19:30 AFR53


7. “En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.”   LUKAS 23:46 AFR53


 

21 Mei 2023


JESAJA 53:9 AFR53

“En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.”


Jesus het aan die kruis gesterf in die geselskap van goddeloses.


“En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word. En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.”   LUKAS 23:32-33 AFR53


‘En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee‘ - dit was die bedoeling om Jesus verder te verneder deur Hom saam met die goddeloses in 'n gemeenskaplike graf te gooi.


Ten spyte van die voorneme van ander om Jesus saam met die goddeloses te begrawe, het God toegelaat dat Hy by die rykes begrawe word.


“En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.”   JOHANNES 19:38 AFR53


“En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.”   MATTHÉÜS 27:59-60 AFR53


Dit was die plan van die begin af, Jesus se bloed vir ons sondes, en geprofeteer deur Jesaja honderde jare voor dit gebeur het. Daarom dat dit die Vader behaag om Sy Seun te vebrysel. Swaar op ons ore, veral nadat ons gelees het hoe bitter erg Jesus se lyding was. Sekerlik moet ons begin waardeer wat vir ons gedoen is.


“Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees.”   JESAJA 53:10 AFR53


Jesus se siel aangebied as skuldoffer nie vir Sy sondes nie, want Jesus was sonder sonde, MAAR vir elkeen van ons sondes. Paulus verduidelik die proses.


“Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien. En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.”   HEBREËRS 9:13-15 AFR53


Jesaja profeteer dan Jesus se opstanding - Hy sal Sy nakroos of nageslag sien, en Sy dae sal verleng word wat beteken Hy sal nog lank lewe. Die 83 vertaling verduidelik in maklike Afrikaans.


“Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik.”   JESAJA 53:10 AFR83


 

22 Mei 2023


JESAJA 53:11 AFR53

“Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.”


Jesus sal die vrug van Sy bitter lyding sien, en dit sal vir Hom goed wees. Soveel goed sal kom van Sy smarte, soveel geluk, en soveel sal gered word, dat die voordeel hiervan sal dien as ruim vergoeding vir alles wat Hy moes verduur.


Deur volkome vertroud te wees met Jesus en Sy verlossingsplan sal baie gered word.

  

“sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,”   FILIPPENSE 3:10 AFR53


Dit is slegs deur kennis van die Messias, deur 'n kennismaking met Sy karakter, leerstellings, lyding, dood en opstanding, dat enige persoon geregverdig kan word.


“En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”   JOHANNES 17:3 AFR53


Uiteindelik is Jesus oorwinnaar oor die dood en ontvang Hy Sy beloning en verdeel dit met die sterkes, hulle wat Hy verlos het.


“Daarom sal Ek Hom 'n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.”   JESAJA 53:12 AFR53


Die verlossingswerk van Jesus is huidiglik nog ‘n werk in proses, en sal in die toekoms tot vervulling kom wanneer Israel aan die einde van die Verdrukking vir Jesus aanvaar as Verlosser en Saligmaker.


“Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.”   SAGARÍA 12:9-10 AFR53


 

23 Mei 2023


JESAJA 54:1 AFR53

“Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die Here.”


Israel word uitgebeeld as ‘n onvrugbare vrou, en sy word opdrag gegee om te sing en te jubel want God sal haar seën met ‘n oorvloed van kinders.


Die tent waarin hierdie vrou tans woon moet vergroot word, want dit is nie meer voldoende om al die kinders te huisves wat God vir haar sal gee nie. God se volk sal in elke rigting uitbrei.


“Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in. Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.”   JESAJA 54:2-3 AFR53


God beskryf Sy volk as 'n vrou wat met haar man versoen word. Israel in haar rebellie word vergelyk met 'n vrou wat geskei is weens haar ontrouheid, maar nou is sy versoen en weer in ‘n verbondsverhouding met haar man wat niemand anders as God self is nie.


“Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die Here jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.”   JESAJA 54:4-6 AFR53


God het Sy volk vir ‘n oomblik verlaat, maar Hy is duidelik nie klaar met Israel nie. Met groot ontferming sal God Sy volk vergader en met ewige goedertierenheid ontferm God Hom oor Sy volk.


“Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die Here, jou Verlosser.”   JESAJA 54:7-8 AFR53


Paulus beaam dat God lank nie klaar is met Sy volk nie.


“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.”   ROMEINE 11:25-27 AFR53


Die Christelike Kerk van vandag het NIE die Jode en die nasie Israel vervang en hul rol as God se verbondsvolk oorgeneem NIE.


 

24 Mei 2023


JESAJA 54:9 AFR53

“Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.”


God rig ‘n verbond met Noag dat: nooit weer sal alle vlees deur die waters van ‘n vloed uitgeroei word nie. Die teken van die verbond sien ons vandag nog elke keer wanneer dit reën - die reënboog!


“En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie. En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte: my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.”   GÉNESIS 9:11-13 AFR53


Net soos God se verbond met Noag, so is Sy verbond met Sy volk dat Sy liefde vir hulle nooit sal verdwyn nie. God se toorn en dreigemente sal verdwyn - hierdie is ‘n toekomstige belofte nadat God se volk Sy Seun Jesus as Verlosser aangeneem het aan die einde van die Verdrukking. Die belofte van God aan Sy volk staan net so vas soos die reënboog belofte wat ons sien elke keer as dit reën. Berge mag wyk en heuwels wankel (wat wel gedurende die Vedrukking gaan gebeur) maar God se vredeverbond met Sy volk sal nie wankel nie.


“Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer.” JESAJA 54:10 AFR53


Aan die einde van die boek Openbaring lees ons van die tyd na die Millenium wanneer die heilige stad, die nuwe Jerusalem, uit die hemel neerdaal na die nuwe aarde.


“En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.”   OPENBARING 21:2 AFR53


Dit is presies waarvan Jesaja hier praat. Stene van ‘n stad wat gelê word in sierklei, fondamente van saffiere, torings van robyne, poorte van smarag en die stadsmuur van edelgesteentes.


“Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere; en jou borswerings maak Ek van robyne en jou poorte van karbonkels en jou hele ringmuur van edelgesteentes.”   JESAJA 54:11-12 AFR53


Johannes beskryf in die boek Openbaring die stad op soortgelyke manier.


“En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; die vyfde sardoniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.”   OPENBARING 21:18-21 AFR53


 

25 Mei 2023


JESAJA 54:13 AFR53

“En al jou kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.”


Die laaste paar verse neem ons terug na die Millenium tydperk waar al ons kinders onder goddelike onderrig en leiding sal wees.


“En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.”   JEREMIA 31:34 AFR53


Jerusalem sal nie soos vandag se stede gegrond wees in korrupsie en geweld nie maar in God se geregtigheid. Die stad se inwoners sal nooit weer verdruk word en sal nooit weer in vrees hoef te lewe nie.


“Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.”   JESAJA 54:14 AFR53


En as iemand aangeval word, is dit nie van God nie, en die persoon sal gestraf word.


“As hulle ook die aanval begin — dit is nie uit My nie; wie jou aanval, sal oor jou val.”   JESAJA 54:15 AFR53


God verklaar dat Hy in beheer was en is en sal wees, en Hy het elkeen geskape. Ook diegene wat wapens maak om oorlog mee te voer. Ook die Verderwer of Satan om te verniel.


“Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en 'n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.”   JESAJA 54:16 AFR53


Die Verderwer of Satan kan net verniel dit wat God hom toelaat om te doen.


“Daarop sê die Here aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die Here.”   JOB 1:12 AFR53


Geregtigheid sal heers en niemand sal bang wees vir verdrukking of verskrikking nie, want God sal vir hulle sorg.


“Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.”   JESAJA 54:17 AFR53


 

26 Mei 2023


JESAJA 55:1 AFR53

“o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!”


Hierdie hoofstuk rig 'n uitnodiging aan Israel om die Lydende Dienaar te ontvang. Die oop uitnodiging gebruik drie drankies om die ontvangs van hierdie geestelike lewe voor te stel. Water is vir verversing, wyn vir genot en melk vir voeding. Net dié wat dors is, sal na die waters kom. As ons nie dors is na wat die Here vir ons kan gee nie, dan sal ons nooit na Sy waters kom nie.


Jesus het moontlik hierdie vers van Jesaja in gedagte gehad toe Hy die mense tydens die huttefees toegespreek het.


“En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!”   JOHANNES 7:37 AFR53


Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, en waarom werk julle vir dit wat jul nie kan versadig nie?


“Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.”   JESAJA 55:2 AFR53


Dit wat Jesus bied is slegs uit genade, soos ons kan sien met Jesus se eie woorde.


“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.”   MATTHÉÜS 11:28-30 AFR53


Diegene wat op hierdie oproep reageer, sal deelneem aan die verbondsbeloftes wat God aan Dawid gemaak het.


“Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid.”   JESAJA 55:3 AFR53


Wat is God se verbond met Dawid?

God sluit ‘n onvoorwaardelik verbond tussen Hom en Dawid. God belowe aan Dawid en Israel dat die Messias (Jesus Christus) uit die geslag van Dawid en die stam van Juda sou kom en ‘n koninkryk sal vestig wat vir ewig sal bestaan. God se verbond met Dawid is onvoorwaardelik omdat God geen voorwaardes van gehoorsaamheid vir die vervulling daarvan stel nie. Die sekerheid van die beloftes wat gemaak is, berus uitsluitlik op God se getrouheid en is glad nie afhanklik van Dawid of Israel se gehoorsaamheid nie.


“En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig. Hý sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid. Ék sal vir hom 'n vader wees, en hý sal vir My 'n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie. Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.”   I KRONIEKE 17:11-14 AFR53


 

27 Mei 2023


JESAJA 55:4 AFR53

“Kyk, Ek het hom tot 'n getuie van die volke gemaak, tot 'n vors en 'n gebieder van die nasies.”


God het Dawid ‘n getuie, ‘n leier en ‘n bevelvoerder van die nasies gemaak. Nasies wat hy nie ken nie sal hy roep en vreemde nasies sal na Dawid toe hardloop. Die nasies is die nie-Jode van die Millenium koninkryk.  As vernaamste nasie op aarde ontvang Israel strome nie-Jode wat na die tempel kom.


“Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die Here jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.”   JESAJA 55:5 AFR53


Soek die Here voor dit te laat is. Bekeer jou, draai na die Here en Hy sal medelye hê. Hier het ons weer die evangelieboodskap.


“Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.”   JESAJA 55:6-7 AFR53


God dink nie soos ons dink nie. Ons beland in groot moeilikheid wanneer ons verwag dat God moet dink soos ons.

God tree ook nie op soos ons doen nie. Hy doen dinge op Sy manier, en Sy weë is meer as dikwels nie ons weë nie.

Hoe ver dan is die afstand tussen God se gedagtes en ons s'n? Hoe ver is die afstand tussen Sy weë en ons s'n? Die afstand is so groot soos die hemel hoër is as die aarde.


“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”   JESAJA 55:8-9 AFR53


Johannes leer ons dat Jesus die Woord is - “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.”   JOHANNES 1:1 AFR53


Dit wil voorkom asof die konteks van hierdie gedeelte is dat die Seun self uitgaan en nie terugkeer sonder om die Vader se doel met betrekking tot Israel te bereik nie. En natuurlik geld dieselfde beginsel vir God se woord - wat God verkondig sal gebeur.


“Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.”   JESAJA 55:10-11 AFR53


En die bewys van God se Woord wat vrugte dra sal gesien word in Israel wat weer op nuwe maniere sal blom.


“Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap. Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die Here wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.”   JESAJA 55:12-13 AFR53


 

28 Mei 2023


JESAJA 56:1 AFR53

“So sê die Here: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.”


Omdat God se verlossing aan die kom is, roep die profeet die volk op om reg te laat geskied in die gemeenskap en self reg te doen. Regdoen word hier uitgespel as die onderhouding van die sabbat vir almal,


“Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.”   JESAJA 56:2 AFR53


vir die nie-Jode en vir die ontmandes, die eerste keer dat ons dit in Jesaja aantref. Jesaja wys hoe ander mense ingesluit word in die gemeenskap van die gelowiges.


“En laat die uitlander wat hom by die Here aangesluit het, nie spreek en sê: Die Here sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie. Want so sê die Here aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:”   JESAJA 56:3-4 AFR53


Ontmandes was altyd uitgesluit van die tempelgemeenskap, maar nou sê Jesaja selfs hulle sal in God se huis toegelaat word.


“Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure 'n gedenkteken en 'n naam gee wat beter is as seuns en dogters; 'n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.”   JESAJA 56:5 AFR53


Wat was die voorskrifte van die wet aangaande ontmandes. (Ontmandes van die Bybel was gewoonlik gekastreerde mans, of mans wat weens ‘n gebrek so was van geboorte. Dit was veral algemeen om mans te kastreer wat die koninklike harem versorg het.)


“Hy wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die Here nie kom nie.”   DEUTERONÓMIUM 23:1 AFR53


Teenoor die voorskrifte van die wet word hulle dus nou ingesluit in die verbond. In die Nuwe Testament word die Etiopiese hofdienaar (ook ‘n ontmande) dus sonder enige probleem ingesluit in die gemeenskap van die gelowiges.


“En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.”   HANDELINGE 8:36-38 AFR53


 

29 Mei 2023


JESAJA 56:6 AFR53

“En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur sy knegte te wees — elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,”


Nie-Jode is baie keer uitgesluit van die volk en die tempelgemeenskap weens die gevaar van afgodsdiens, alhoewel mense soos Rut en Ragab wel weens hulle verbintenis tot God toegelaat is in die volk. 


“En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.”   NEHEMÍA 9:2 AFR53


Maar, nou word al die uitlanders volledig toegelaat.


Dit is treffend hoe die tempel – met al die nie-Israeliete en al die ontmandes daar – tot ‘n huis van gebed vir al die volke uitgeroep word, wat vreugde aan hulle sal verskaf.


“hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal 'n huis van gebed genoem word vir al die volke. Die Here Here wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.”   JESAJA 56:7-8 AFR53


Salomo het in sy gebed met die inwyding van die tempel, van die uitlanders gepraat wat in die tempel sal bid. Gebed was die primere funksie van die tempel.


“Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit 'n ver land ter wille van u Naam kom — want hulle sal hoor van u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm — as hy kom en bid na hierdie huis toe,”   I KONINGS 8:41-42 AFR53


Toe Jesus by die tempel ingegaan en gesien het hoe die tempel in ‘n mark verander is waar handel gedryf word, het Hy woedend almal uitgejaag en gesê: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word!


“En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi. En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.”   MATTHÉÜS 21:12-13 AFR53


Alle leiers moet kennis neem van dié gedeelte! Let op dat Jesaja leiers (herders) oproep om:

1) te waak oor hul volgelinge, 2) insig te bekom oor die beste pad vorentoe, en 3) nie op eie voordeel ingestel te wees nie.


“Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos! Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer. En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam. Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!”   JESAJA 56:9-12 AFR53


 

30 Mei 2023


JESAJA 57:1 AFR53

“Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid.”


Jesaja gee hier ‘n helder uitspraak oor hoekom slegte goed met goeie mense gebeur. Kort en kragtig sê Jesaja - regverdiges sterf deur die boosheid van die wêreld.


Dit is nie hulle eie skuld nie, en dit is nie vanweë die Here nie. En die hoop waarmee hulle sterf word net so kort en kragtig uitgespel - dié wat die reguit pad loop, kom waar daar vrede is, hulle rus in die graf. 


“Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde — hy wat sy reguit pad loop.”   JESAJA 57:2 AFR53


Dit laat ons dink aan Jesus se saligspreking in Mattheus.


“Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”   MATTHÉÜS 5:10 AFR53


Nou word die probleme van goddelose rebelle en wellustige afgodsdienaars uitgespel. Jesaja praat van Israel as ‘n nageslag van 'n owerspelige geskiedenis. Owerspel = bedrog met hul verbond met God.


“Maar julle, kom hierheen, kinders van 'n towerheks, geslag van 'n owerspeler en van haar wat hoereer!”   JESAJA 57:3 AFR53


Die goddelose steek hul tong uit vir God.


“Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, 'n leuenagtige geslag nie,”   JESAJA 57:4 AFR53


Hulle aanbidding van valse gode is soos 'n ontstoke passie, en dit het ingesluit om hul kinders aan afgode te offer. Letterlik hul kinders vir die afgod Molek geslag, soos mens diere sou slag.


“wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?”   JESAJA 57:5 AFR53


Jesaja beskryf hul aanbidding by vals tempels en altare. God se ontroue volk gee drankoffers en spysoffers aan vals gode in plaas van om hul offers aan God te gee.


“By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê? Jy het jou bed op 'n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring.”JESAJA 57:6-7 AFR53


 

31 Mei 2023


JESAJA 57:8 AFR53

“En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.”


In Deuteronomium sê God vir Israel om Sy naam en Sy woord op elke deurpos te skryf. Hier sien ons 'n totale verdraaiing van God se woord - hulle het hul heidense gode eerder agter hul deure en pale geskryf.


“Hoor, Israel, die Here onse God is 'n enige Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Ook moet jy dit as 'n teken bind op jou hand, en dit moet as 'n voorhoofsband tussen jou oë wees. En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.”   DEUTERONÓMIUM 6:4-9 AFR53


Jesaja gebruik dan verwysings na prostitusie en rondslaap om hul valse aanbidding te beskryf, wat waarskynlik wel prostitusie behels het.


Die koning waarnatoe getrek word is Molog die afgod van die Ammoniete, en gevolglik is die boodskappers wat gestuur is reguit na die doderyk gestuur.


“En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe. Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie.”   JESAJA 57:9-10 AFR53


Gedurende die tyd wat hulle aan God ongehoorsaam was, het Hy stilgebly en hulle het alle vrees vir God verloor. 'n Akkurate beskrywing van Israel vandag? Soos ons die laaste dae en Verdrukking nader?


“Maar vir wie was jy bedug en bevrees? — want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?”   JESAJA 57:11 AFR53


God sal Sy volk se skynheiligheid bekend maak en hul gode sal hulle nie kan help nie.


“Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.”   JESAJA 57:12 AFR53


Israel se gode sal deur die wind weggewaai word en hulle nie kan help nie. Slegs die wat op God vertrou sal Sy land erf en dit in besit neem.


“As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op, 'n luggie neem hulle weg. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en my heilige bergland in besit neem.”   JESAJA 57:13 AFR53


 

1 Junie 2023


JESAJA 57:14 AFR53

“En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.”


Johannes die Doper het voor Jesus se eerste koms gekom om te begin om die struikelblok te verwyder.


“En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.”   LUKAS 1:17 AFR53


Elia self sal terugkeer in die dae voor Jesus se wederkoms om Johannes die Doper se werk voort te sit.


“Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.”   MALEÁGI 4:5-6 AFR53


Jesus sê dat Hy in die hoogte woon by dié wat berouvol van hart is, maar Hy gaan nie vir ewig met mense stry nie.


“Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes. Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het.”   JESAJA 57:15-16 AFR53


Omdat God kwaad was vir Sy ongehoorsame volk het Hy Israel gestraf deur hul tempel te vernietig, wat veroorsaak het dat hulle sedert 70 n.C. in ballingskap leef. So bly hulle gedurende hierdie tyd wat God Sy rug op hulle gedraai het. Maar, God sal Sy volk genees, vir die wat treur sal daar uitkoms wees. God sal Sy volk instaat stel om Hom weer te loof.


“Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg. Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges. Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here; en Ek sal hulle genees.”   JESAJA 57:17-19 AFR53


Maar, die goddelose is soos ‘n ontstuimige see want hulle kan nie tot rus kom nie. Daar is geen vrede vir die goddelose nie.


“Maar die goddelose is soos 'n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op. Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!”   JESAJA 57:20-21 AFR53


 

150 views1 comment

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page