top of page
  • Regina Torre

Israel: Wat was, wat is, en wat kom! Konings, goed en sleg.

Updated: Jan 28, 2023


15 September 2021


I SAMUEL 8:7 AFR53

“Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.”


Die kinders van Israel het nadat die Rigters oor hulle regeer het, ‘n koning gesoek soos al die heiden nasies rondom hulle ‘n koning het. Hulle het vergeet dat God hul Koning is, en hulle wou met alle mag ‘n aardse koning he wat oor hulle regeer.


Die eerste drie konings was Saul, Dawid en Salomo en elkeen van hulle het oor ‘n Verenigde Israel regeer. Ek gaan nie hierdie konings bespreek nie want ons ken hul stories. Ek gaan eerder kyk na die konings na Salomo wat meestal onbekend is.


Die eerste twee persone wat belangrik is, is Salomo se seun Rehabeam en ‘n bekwame arbeider met die naam Jerobeam. Die profete speel ook ‘n belangrike rol, want hulle profeteer vir die konings wat met hul en die volk gaan gebeur. Dit was selde ‘n lekker werk!


Die profeet Ahia kry vir Jerobeam op die pad terwyl hy oppad is uit Jerusalem en hy gee vir hom ‘n baie belangrike profesie.


“Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ‘n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.” I KONINGS 11:29 AFR53


Ahia gryp Jerobeam se mantel en skeur dit in twaalf – om elk van die twaalf stamme van Israel voor te stel. Tien stukke is vir Jerobeam want hy gaan regeer oor tien stamme.


“en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die Here, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;” I KONINGS 11:31 AFR53


Salomo probeer om Jerobeam dood te maak, maar hy vlug na Egipte!


“En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.” I KONINGS 11:40 AFR53


 

16 September 2021


I KONINGS 11:43 AFR53


“Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.”


Rehabeam, die enigste seun van Salomo wat in die Bybel genoem word, is ongetwyfeld deur sy pa aangestel om hom as koning op te volg en Sigem was ‘n geskikte plek vir die kroning van die volgende koning van Israel.


“En Rehábeam het na Sigem gegaan, want die hele Israel het na Sigem gekom om hom koning te maak.” I KONINGS 12:1 AFR53


Jerobeam keer terug van Egipte noudat dit veilig is vir hom, en gaan saam met die hele vergadering van Israel om met koning Rehabeam te onderhandel om die volk beter te hanteer as wat Salomo gedoen het.


“U vader het ons juk hard gemaak, maak u dan nou die harde diens van u vader en sy swaar juk wat hy ons opgelê het, ligter; dan sal ons u dien.” I KONINGS 12:4 AFR53


Koning Rehabeam vra vir drie dae grasie en praat met sy jong raadgewers wat vir hom sê om die volk nog erger te hanteer en harder te laat werk. Daar is geen verligting in sig nie.


Die hele Israel draai toe hul rug op Rehabeam, almal behalwe die stam van Juda, net soos die profeet Ahia geprofeteer het.


“Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Ísai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan. Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.” I KONINGS 12:16-17 AFR53


En so verdeel die twaalf stamme in twee koninkryke, met koning Jerobeam in die noorde met tien stamme, en koning Rehabeam in die suide met twee stamme (Juda en Benjamin)


“Sodra die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.” I KONINGS 12:20 AFR53


“En toe Rehábeam in Jerusalem kom, het hy die hele huis van Juda en die stam van Benjamin,……..” I KONINGS 12:21a AFR53


God beveel Juda en Benjamin om nie oorlog te voer teen Israel (die noorde) nie, want dit is die wil van God! Hulle het geluister en teruggetrek na hul tente.


“So spreek die Here: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die Here en weer teruggetrek volgens die woord van die Here.” I KONINGS 12:24 AFR53


 

17 September 2021


Die konings van die noorde!


I KONINGS 12:26-27 AFR53 – Jerobeam (22 jaar)

“En Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer: as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die Here in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.”


So jammer dat Jerobeam nie God se belofte aan hom kon onthou nie. Al wat hy nou aan kan dink is dat hy die volk moet weghou van Jerusalem en van die tempel, want hy is bang hulle bly daar en gaan terug na koning Rehabeam. As hy eerder net God se stem kon onthou, sou hy weet dat as hy God se insettinge en gebooie sou volg, dan sou God Israel aan hom gee.


“En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou ‘n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.” I KONINGS 11:38 AFR53


Maar, Jerobeam verkies om alles te doen wat verkeerd is in die oë van die Here:

In plaas daarvan dat Jerobeam na God geluister het, het hy weggedwaal van God en die volk in die proses ook teen God gedraai.


‘n Vêrdere profesie wat vêr in die toekoms gaan gebeur word hier gegee en is as gevolg van Jerobeam wat sy rug op God gedraai het. Die volk gaan uit hul land verban word!


“En die Here sal Israel slaan, soos ‘n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die Here geterg het.” I KONINGS 14:15 AFR53


Jerobeam was koning vir twee en twintig jaar, en toe hy sterf het sy seun Nadab koning geword.


“En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.” I KONINGS 14:20 AFR53


 

18 September 2021


I KONINGS 12:33 AFR53

“En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ‘n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.”


Jerobeam begin sy eie godsdiens om sy volgelinge in die noorde te hou en hy maak plaasvervangers vir dit wat heilig is vir die Joodse volk.

  1. Hy maak twee goue kalwers wat hy in Bet-el en Dan oprig sodat die volk hulle moet aanbid. Dit moet dien as plaasvervanger van die Verbondsark.

  2. Hy bou twee tempels op die hoogtes en stel priesters aan wat nie uit die stam van Levi kom nie.

  3. Hy skep ook ‘n nuwe fees vir die volk op die vyftiende dag van die agtste maand.

God het vir Moses in Levitikus 23, sewe feeste gegee wat elke jaar gehou moet word. Ons het reeds na die eerste vier van hierdie feeste gekyk – Paasfees, Ongesuurde Brode, Opstanding en Pinkster. Die laaste drie feeste is die herfs feeste en gebeur in die sewende maand.


Fees van trompette: “Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ‘n rusdag wees, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, ‘n heilige vierdag. LEVÍTIKUS 23:24 AFR53


Versoenings fees: Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die Here ‘n vuuroffer bring. LEVÍTIKUS 23:27 AFR53


Hutte fees: Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here.” LEVÍTIKUS 23:34 AFR53


Die fees wat Jerobeam dus uit sy eie hart versin het op die vyftiende dag van die agtste maand, is nie een van God se feeste nie, en dus geskep om die kinders van Israel weg te lei van God.


‘Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en gewandel in die weg van Jeróbeam.’


Hierdie woorde gaan ons nog heelwat sien, want die konings hierna volg Jerobeam se voorbeeld.


Hulle sondig teen God, hulle lei die volk in verkeerde weë weg van God, en hulle aanbid hul vals gode wat Jerobeam vir hulle geskep het.


 

19 September 2021


I KONINGS 15:25 AFR53 – Nadab (2 jaar)

“En Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.”


Jerobeam se seun Nadab is Israel se volgende koning en hy is net so ‘n slegte koning soos sy pa.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.” I KONINGS 15:26 AFR53


‘n Profesie wat teen Jerobeam uitgespreek is het bepaal dat die hele huis van Jerobeam uitgeroei sou word omdat hy meer kwaad gedoen het as sy voorgangers.


“maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het — kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ‘n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.” I KONINGS 14:9-10 AFR53


Nadab regeer slegs vir twee jaar en word toe doodgemaak deur Baesa. Baesa is die volgende koning en om sy koningskap te beskerm maak hy die hele huis van Jerobeam dood, en vervul so Ahia se profesie.


“En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet —” I KONINGS 15:29 AFR53


 

20 September 2021


I KONINGS 15:33 AFR53 – Baesa (24 jaar)

“In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank.”


Baesa is die volgende koning en syne was die derde langste regering van die Israelitiese konings.


Die feit dat daar nie veel oor hierdie koning geskryf is nie, dui daarop dat sy regering relatief onbeduidend was.


Maar, hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here met dieselfde sondes wat Jerobeam gepleeg het.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.” I KONINGS 15:34 AFR53

God praat met koning Baesa deur die profeet Jehu.


“Ek het jou uit die stof uit opgetel en jou as heerser oor my volk Israel aangestel, maar jy het die pad van Jerobeam geloop: jy het my volk Israel laat sondig sodat hulle My met hulle sondes uitgetart het.” 1 KONINGS 16:2 AFR83


Basea se uiteinde was dat hy en sy nageslag net soos Jerobeam uitgewis sou word.

“daarom sal Ek Baésa en sy huis skoon wegvee, en Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat.” I KONINGS 16:3 AFR53


Koning Basea is dood en in Tirsa begrawe en sy seun Ela word koning in sy plek.


 

21 September 2021


I KONINGS 16:8 AFR53 – Ela (2jaar)

“In die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Baésa, oor Israel koning geword in Tirsa, twee jaar lank.”


Ela, die seun van Baesa word koning na sy pa dood is, en hy heers vir twee jaar.


Die kort geskiedenis van die konings word hier herhaal. God bepaal dat Baesa en sy nageslag uitgewis moet word soos met Jerobeam gebeur het, want hy ook het die volk teen God laat sondig.


Ela word deur Simri, een van sy dienaars, doodgemaak.


“Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het ‘n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was, het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek koning geword.” I KONINGS 16:9-10 AFR53


Alles het gebeur soos deur die profeet Jehu gespreek is, die hele huis van Baesa is doodgemaak.


“So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet Jehu, vanweë al die sondes van Baésa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om die Here, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.” I KONINGS 16:12-13 AFR53


 

22 September 2021


I KONINGS 16:15 AFR53 – Simri (7 dae), Tibni (6 jaar) en Simri (12 jaar)

“In die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe Gíbbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het.”


Simri het slegs vir 7 dae as koning geheers.


“En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het ‘n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele Israel Omri, die leërowerste, koning gemaak oor Israel, dieselfde dag in die laer.” I KONINGS 16:16 AFR53


Omri trek met die hele leër terug Tirsa toe, en Simri steek die koning se huis aan die brand en sterf in die brand.


“Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,”. I KONINGS 16:18 AFR53


Die dood van Simri het die koninkryk nie outomaties in Omri se hande geplaas nie. Die helfte van die bevolking, insluitend die weermag, het by hom aangesluit, maar die ander helfte het Tibni verkies. Gedurende hierdie tyd het burgeroorlog Israel verwoes en gedreig om die Noordelike Koninkryk in twee te verdeel. Tibni se krag kan gesien word deurdat hy Omri ses jaar lank suksesvol kon weerstaan.


“Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg. Maar die volk wat Omri gevolg het, was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword.” I KONINGS 16:21-22 AFR53


Na Tibni se dood regeer Omri vir twaalf jaar oor Israel.


“In die een-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning.” I KONINGS 16:23 AFR53


Natuurlik doen Omri wat verleerd is in die oë van die Here en regeer in dieselfde weë as Jerobeam. Hy het ook meer kwaad gedoen as sy voorgangers.


“En Omri het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe; en sy seun Agab het in sy plek koning geword.” I KONINGS 16:28 AFR53


 

23 September 2021


I KONINGS 16:29 AFR53 – Agab (22 jaar)

“En Agab, die seun van Omri, het oor Israel koning geword in die agt-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda; en Agab, die seun van Omri, het in Samaría oor Israel twee-en-twintig jaar geregeer.”


Agab, Omri se seun, word die volgende koning, maar hy het meer as al sy voorgangers kwaad gedoen in die oë van die Here.


Die feit dat hy Jerobeam se sondes herhaal het was die minste van sy eie sondes wat hy gepleeg het. Agab het om als te kroon met die dogter (Isebel) van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, getrou. Hulle het Baäl gedien en voor hom neergebuig. Agab het selfs ‘n huis vir Baäl in Samaria gebou.


“en vir Baäl ‘n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.” I KONINGS 16:32 AFR53


Agab was die koning toe die profeet Elia die Baäl aanbidders van Israel gekonfronteer het.


“En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.” I KONINGS 18:21 AFR53


Elia daag toe die volk uit om hulle god Baäl en die Here God teen mekaar op te weeg.


“Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie. Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die Here aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.” I KONINGS 18:23-24 AFR53


Natuurlik kon die Baäls niks uitrig nie. Elia gooi ‘n oormaat water oor sy altaar uit om dit so onmoontlik te maak om vlam te vat. Hy bid toe tot die God van Abraham en Isak en Jakob en vra vir God om die vuur aan te steek, wat God toe sonder aarsel doen.


“Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die Here, Hy is God, die Here, Hy is God!” I KONINGS 18:38-39 AFR53


 

24 September 2021


I KONINGS 21:1 AFR53

“En ná hierdie dinge het dít gebeur: Nabot, ‘n Jisreëliet, het in Jísreël ‘n wingerd gehad, wat langs die paleis van Agab, die koning van Samaría, was.”


Agab wil graag Nabot se wingerd vir homself he, want dit is gerieflik langs sy paleis geleë, maar Nabot wil nie sy erfdeel aan die koning verkoop nie.


“Toe kom Agab in sy huis, verbitterd en toornig oor die woord wat Nabot, die Jisreëliet, met hom gespreek het, naamlik: Ek mag nie die erfdeel van my vaders aan u gee nie. En hy het op sy bed gaan lê en sy gesig omgedraai en geen brood geëet nie.” I KONINGS 21:4 AFR53


Agab se vrou Isebel wil weet hoekom hy so mismoedig is, en nadat hy haar vertel sê sy vir hom dat hy as koning kan doen wat hy wil, en sy sal sorg dat hy die grond kry. Sy beveel toe dat ‘n vasdag afgekondig word en Nabot word skuldig bevind deur ‘n gekullery.


“En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep ‘n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk; en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe.” I KONINGS 21:9-10 AFR53


Nabot word gestenig, en Agab kry die grond wat hy so graag wou he.


God praat met Elia en sê vir hom om die volgende aan Agab oor te dra.


“Maak jou klaar, gaan Agab, die koning van Israel, wat in Samaría is, tegemoet; kyk, hy is in die wingerd van Nabot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem. En jy moet met hom spreek en sê: So sê die Here: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die Here: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.” I KONINGS 21:18-19 AFR53


Vêrder sê Elia vir hom dat hy en sy nageslag uitgeroei gaan word net soos met Jerobeam en Baesa gedoen was.


“Daarop sê Agab vir Elía: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here! Kyk, Ek gaan onheil bring oor jou en jou skoon wegvee; en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. En Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía; weens die geterg waarmee jy My geterg het, en dat jy Israel laat sondig het.” I KONINGS 21:20-22 AFR53


Agab skeur toe sy klere en trek rouklere aan, en God spreek toe weer met Elia.


“Het jy gesien dat Agab hom voor my aangesig verneder het? Omdat hy hom voor my aangesig verneder het, sal Ek die onheil in sy dae nie bring nie; in die dae van sy seun sal Ek die onheil oor sy huis bring.” I KONINGS 21:29 AFR53


Agab is later tydens ‘n oorlog met die Arameërs met ‘n pyl getref en is dood.


“En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei.” I KONINGS 22:35 AFR53


 

25 September 2021


I KONINGS 22:52 AFR53 – Ahasia (2 jaar)

“Ahásia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die sewentiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.”


Agab se seun Ahasia volg hom op as koning en hy doen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here — hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het. En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en die Here, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het.” I KONINGS 22:53-54 AFR53


Ahasia val deur die tralievenster van sy kamer en word siek. Hy stuur toe boodskappers na Baäl-Sebub, die god van Ekron, om te hoor of hy van sy siekte gaan herstel.


Privaat opmerking: Nou weet ek waar die popgroep Queen hul woorde kry vir ‘n vers in hul lied Bohemian Rapsody, waar Freddy sing – ‘Beelzebub has a devil put aside for me, for me, for me’. Ek weet ook nou hoekom ek die gedeelte nooit kon saamsing nie – ons moet inderdaad oppas waarna ons luister!


God laat Hom nie terg nie! Elia loop Ahasia se boodskappers tegemoet en gee vir hulle die volgende boodskap van God. Gaan julle omdat daargeen God in Israel is nie, vir Baäl-Sebub raad vra? Sê vir Ahasia dat hy nie van sy bed gaan opstaan nie, maar hy gaan sekerlik sterwe.


Die boodskappers draai terug en gee vir Ahasia die boodskap, en hy wil weet hoe lyk die man wat die slegte boodskap gegee het.


“En hulle antwoord hom: ‘n Man met ‘n harige mantel en omgord met ‘n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!” II KONINGS 1:8 AFR53


Ahasia stuur ‘n owerste oor vyftig en sy vyftig man om Elia te roep, maar Elia laat vuur uit die hemel kom om hulle dood te maak. Dieselfde gebeur met die tweede vyftig, maar met die derde span van vyftig buig die owerste voor Elia en smeek hom om hom en sy manne te spaar.


“Toe sê die Engel van die Here vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan en met hom gespreek: So sê die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg — is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? — daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.” II KONINGS 1:15-16 AFR53


Ahasia het toe gesterwe volgens die woord van die Here.


 

26 September 2021


II KONINGS 2:3 AFR53

“Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat die Here vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.”


Ons kyk vandag na die einde van die profeet Elia se lewe. Elia gaan met ‘n storm in die hemel opgeneem word, en Elisa gaan dan in sy plek die profeet van Israel wees.


“En toe die Here Elía in ‘n storm na die hemel sou opneem, het Elía met Elísa uit Gilgal uitgegaan.” II KONINGS 2:1 AFR53


Elisa en die ander profete het blykbaar almal geweet dit is tyd vir Elia om te gaan, en dit het hom hartseer gemaak. Profete het aan die einde van hul lewens ‘n seën van God uitgespreek oor hul opvolgers, en Elisa wou nie uitmis op die seëning nie, en daarom het hy naby Elia gebly.


Elia en Elisa maak reg om deur die Jordaan rivier te loop terwyl vyftig van die profete-seuns hul dophou vanaf ‘n afstand. Elia doen ‘n laaste wonder met die water van die Jordaan wat verdeel en opdroog sodat hulle twee kan deurloop.


“Toe neem Elía sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.” II KONINGS 2:8 AFR53


Elia vra vir Elisa wat hy begeer van hom voordat hy weggaan.


“En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom.” II KONINGS 2:9 AFR53


Elia sê dit is ‘n harde saak wat Elisa begeer en dit sal of sal nie gebeur. Hierdie is nie vir Elia om te gee nie, maar slegs God wat dit kan gee. Elia word toe weggeneem met ‘n wa van vuur wat in die storm na die hemel opvaar!


“En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.” II KONINGS 2:11 AFR53


Elisa neem Elia se mantel, slaan op die water, en die water skei weer vir hom om deur te loop.


“en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die Here, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.” II KONINGS 2:14 AFR53


 

27 September 2021


II KONINGS 3:1 AFR53 – Joram (12 jaar)

“En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.”


Ahasia het geen kinders gehad om hom op te volg nie, daarom dat sy broer Joram die volgende koning is. Ahasia en Joram is die kinders van Agab en Isebel.


Joram was nie so ‘n slegte koning soos sy pa nie want hy het die klippilaar van Baäl verwyder,

MAAR hy het nog steeds die sondes van Jerobeam aangekleef, en so gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het. Maar hy het die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.” II KONINGS 3:2-3 AFR53


God se woorde aan Elia dat die hele huis van Agab uitgeroei gaan word in die dae van sy seun, is die verhaal waarna ons nou gaan kyk. Elisa beveel een van sy profete om die nuwe koning, die een wat Joram gaan opvolg, te gaan salf. Hou in berekening dat die profete en die mense nie van mekaar gehou het nie. Die profete was God se spreekbuis en die mense het eerder hul goue kalwers aanbid wat Jerobeam vir hulle gemaak het. Die profeet moes sy opdrag uitvoer en dan onmiddelik terug hardloop huis toe.


“As jy daar kom, kyk dan waar Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, is; en gaan in en laat hom opstaan onder sy broers uit en bring hom in ‘n binnekamer; neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die Here: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.” II KONINGS 9:2-3 AFR53


Die profeet doen soos hy gesê is en het ook ‘n verdere boodskap dat Jehu vir Joram moet doodmaak.


“En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die Here op Isébel kan wreek; en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering. Want Ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat, en soos die huis van Baésa, die seun van Ahía. En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug.” II KONINGS 9:7-10 AFR53


Jehu span ‘n boog en skiet Joram tussen sy arms en hy sak dood neer.


“Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het. Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die Here oor hom hierdie uitspraak gegee het:” II KONINGS 9:24-25 AFR53


 

28 September 2021


II KONINGS 10:29 AFR53 – Jehu (28 jaar)

“Maar die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het — daar het Jehu nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was.”


Jehu het na God geluister waar hy op die oorlog veld moes handel, want hy het Agab se sewentig seuns laat doodmaak om so Agab se nageslag totaal uit te roei en hy het ook al die Baäl profete doodgemaak.


Maar, hy het nie afgewyk om die goue kalwers van Jerobeam in Bet-El en Dan te aanbid nie. God sien egter die goed wat hy gedoen het raak, en laat toe dat Jehu se seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.


God is steeds in beheer al voel dit nie so nie. Israel wou hul eie konings he, en God laat dus toe dat hulle kry waarvoor hul vra, goed of sleg!


“Toe sê die Here vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë — volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het — sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.” II KONINGS 10:30 AFR53


Omdat Jehu nie met sy hele hart in die wet van die Here God gewandel het nie, het God hul grondgebied kleiner begin maak. Vyande het van hul grond in besit begin neem.


“In dié dae het die Here Israel begin inkort, en Hásael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan: van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land Gílead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete, van Ároër af wat aan die Arnonrivier lê, Gílead sowel as Basan.” II KONINGS 10:32-33 AFR53


Jehu sterf en sy seun Joahas word in sy plek koning. Jehu het Israel vir agt en twintig jaar regeer.


“En Jehu het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría, en sy seun Jóahas het in sy plek koning geword. En die dae wat Jehu oor Israel in Samaría geregeer het, was agt-en-twintig jaar.” II KONINGS 10:35-36 AFR53


 

29 September 2021


II KONINGS 13:1 AFR53 – Joahas (17 jaar)

“In die drie-en-twintigste jaar van Joas, die seun van Ahásia, die koning van Juda, het Jóahas, die seun van Jehu, koning geword oor Israel in Samaría — sewentien jaar lank.”


Jehu se seun Joahas is die volgende koning van Israel en sy hoofstad is Samaria. Hy was koning vir sewentien jaar lank en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Nog steeds loop hulle in die voetspore van Jerobeam en aanbid die goue kalwers.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.” II KONINGS 13:2 AFR53


As straf het God hulle oorgegee in die mag van die Aramieërs.


“Daarom het die toorn van die Here teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.” II KONINGS 13:3 AFR53


Joahas het tog die aangesig van die Here aangeroep en om vergifnis gevra, en God het gehelp, maar die volk het nie van hul verkeerde weë weggedraai nie.


“(Die Here het aan Israel ‘n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister. Nogtans het hulle nie afgewyk van die sondes van die huis van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel, en selfs die heilige boomstam het in Samaría bly staan.)” II KONINGS 13:5-6 AFR53


God het toe Joahas se weermag so uitgeroei dat slegs ‘n klein hoeveelheid manskappe oorgebly het.


“Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tienduisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.” II KONINGS 13:7 AFR53


Koning Joahas sterf en word in Samaria begrawe.


“En Jóahas het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe, en sy seun Joas het in sy plek koning geword.” II KONINGS 13:9 AFR53


 

30 September 2021


II KONINGS 13:10 AFR53 – Joas (16 jaar)

“In die sewen-en-dertigste jaar van Joas, die koning van Juda, het Joas, die seun van Jóahas, koning geword oor Israel in Samaría — sestien jaar lank.”


Die tweede geslag van koning Jehu is sy kleinseun Joas wat vir sestien jaar koning was oor Israel.


Dit is op die stadium maklik om deurmekaar te raak met die twee Joas’e wat in die vers nou koning word. Let op dat die een koning is van Juda, die suidelike koninkryk, en die ander een is koning van Israel, die noordelike koninkryk.


Koning Joas van Israel het soos al die konings voor hom gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en nie afgewyk van Jerobeam se sondes nie.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.” II KONINGS 13:11 AFR53


Daar word niks verder van die koning geskryf nie, behalwe dat hy dood is, en sy seun Jerobeam II hom opvolg.


“En Joas het ontslaap met sy vaders, en Jeróbeam het op sy troon gaan sit; en Joas is begrawe in Samaría by die konings van Israel.” II KONINGS 13:13 AFR53


 

1 Oktober 2021


II KONINGS 14:23 AFR53 – Jerobeam II (41 jaar)

“In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword — een-en-veertig jaar lank.”


Die derde geslag van koning Jehu is Jerobeam die tweede wat nou koning word van Israel, en hy regeer vir een en veertig jaar. Die koning doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here deur Jerobeam die eerste se kalwers te aanbid.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.” II KONINGS 14:24 AFR53


Die Here laat egter toe dat hy al die grondgebied wat die vorige konings verloor het, weer terug wen vir Israel. Die profeet wat hier met die koning praat is die einste Jona wat deur die walvis ingesluk is.


“Hý het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die Here, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.” II KONINGS 14:25 AFR53


Die Here het Israel gehelp want Hy het gesien dat Israel bitter swaar gekry het, en dit was nog nie tyd om Israel uit te delg nie.


“Want die Here het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie. En die Here het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.” II KONINGS 14:26-27 AFR53


Koning Jerobeam sterf en sy seun Sagaria volg hom op.


“En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagaría het in sy plek koning geword.” II KONINGS 14:29 AFR53


 

2 Oktober 2021


II KONINGS 15:8 AFR53 – Sagaria (6 maande), Sallum (< 1 maand)

“In die agt-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría — ses maande lank.”


Sagaria is Israel se volgende koning, en hy doen soos al die vorige konings wat verkeerd is in die oë van die Here, en sy koningskap duur net vir ses maande. Hy word doodgemaak deur Sallum, die seun van Jabes.


“En Sallum, die seun van Jabes, het ‘n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.” II KONINGS 15:10 AFR53


Ons weet Jehu se nageslag sal net tot in die vierde geslag regeer, en hier bevestig die volgende vers dit ook.


“Dit was die woord van die Here wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.” II KONINGS 15:12 AFR53

Sallum was koning vir minder as ‘n maand toe Menahem hom doodmaak en in sy plek koning word.


“Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.” II KONINGS 15:14 AFR53


 

3 Oktober 2021


II KONINGS 15:17 AFR53 – Menahem (10 jaar)

“In die negen-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría — tien jaar lank.”


Menahem was koning vir tien jaar, en het ook gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.” II KONINGS 15:18 AFR53


Assirië begin om nou ‘n rol te speel in Israel se politiek. Koning Menahem betaal aan die koning van Assirië ’n duisend talente silwer om hom te help om aan bewind te bly. Die Afr83 vertaling gee vir ons verstaanbare afmetings – die silwer weeg vier en dertig ton.


“Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.” II KONINGS 15:19 AFR53


En waar het Menahem die geld vandaan gekry om die koning van Assirië te betaal? Van sy onderdane natuurlik! Vyftig sikkels silwer van elke man met vermoë – dit is vyf honderd en sewentig gram silwer per man. Die prys om te betaal om jou vyand weg te hou!


“En Menáhem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.” II KONINGS 15:20 AFR53


Menahem sterf en sy seun Pekahia word in sy plek koning.


“En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pekáhia het in sy plek koning geword.” II KONINGS 15:22 AFR53


 

4 Oktober 2021


II KONINGS 15:23 AFR53 – Pekahia (2 jaar)

“In die vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Pekáhia, die seun van Menáhem, koning oor Israel geword in Samaría — twee jaar lank.”


Pekahia word koning vir twee jaar en doen ook wat verleerd is in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.” II KONINGS 15:24 AFR53


Peka smee ‘n sameswering teen Pekahia, en maak hom in Samaria in sy koningshuis dood.


“En Peka, die seun van Remália, sy adjudant, het ‘n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.” II KONINGS 15:25 AFR53


 

5 Oktober 2021


II KONINGS 15:27 AFR53 – Peka (20 jaar)

“In die twee-en-vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remália, koning geword oor Israel in Samaría — twintig jaar lank.”


Ons kan die versie nou al resiteer so baie lees ons dit. Koning Peka het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en nie afgewyk van Jerobeam se sondes nie.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.” II KONINGS 15:28 AFR53


Peka se twintigjarige regering beteken dat hy in Gilead begin regeer het op dieselfde tydstip dat Menahem die troon in Samaria opneem. Peka het anders as Menahem en Pekahia, nie omkoopgeld aan die koning van Assirië oorbetaal nie, daarom dat groot dele van die koningkryk van Israel deur Assirië ingeval en beset is. Die inwoners van die dorpe is in ballingskap weggevoer na Assirië.


“In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.” II KONINGS 15:29 AFR53


Hosea, seun van Ela, smee ‘n sameswering teen Peka, maak hom dood en word die laaste koning van die Noordelike koninkryk.


“En Hoséa, die seun van Ela, het ‘n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussía.” II KONINGS 15:30 AFR53


 

6 Oktober 2021


II KONINGS 17:1 AFR53 – Hosea ( 9 jaar)

“In die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword — nege jaar lank.”


Hosea (nie die profeet nie), die seun van Ela, is die laaste koning van Israel en hy regeer vir nege jaar. Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, maar nie soos die konings voor hom nie. Hier het ons vir die eerste keer iemand wat minder as die vorige konings sondig. Hy het heel moontlik nie vir Baäl en die goue kalwers aanbid nie, want hy volg nie in Jerobeam se voetspore nie.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.” II KONINGS 17:2 AFR53


Hosea betaal aan die koning van Assirië belasting sodat sy koninkryk veilig kan wees van aanvalle, maar hy sluit agteraf ‘n kontrak met die koning van Egipte en versuim om die koning van Assirië te betaal. Hierdie aksie het negatiewe nagevolge want hy word gevange geneem en in die tronk toegesluit.


“Maar die koning van Assirië het by Hoséa ‘n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.” II KONINGS 17:4 AFR53


Die koning van Assirië trek op deur die hele land en Samaria en beleër die land vir drie jaar. Samaria word in Hosea se negende jaar ingeneem en die hele Israel word in ballingskap weggevoer na Assirië, en hiermee kom die Noordelike koninkryk tot ‘n einde.


“In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.” II KONINGS 17:6 AFR53


 

7 Oktober 2021


II KONINGS 17:16 AFR53

“En hulle het al die gebooie van die Here hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, ‘n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.


En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg.”


Die Noordelike koninkryk kom tot ‘n val omdat hulle die volgende lys van sondes gepleeg het:

  1. God se gebooie verlaat,

  2. twee gegote beelde in die vorm van kalwers gemaak om te dien,

  3. Asjera beelde of heilige boomstamme gemaak,

  4. die sterre en planete aanbid,

  5. Baäl aanbid,

  6. hulle kinders as offers laat verbrand,

  7. waarsêery en towery beoefen,

  8. hulself verkoop om kwaad te doen in die oë van die Here, en

  9. het God tot woede geterg!

Dit is ook nie asof God se volk nie gewaarsku is nie, vêr terug in Moses se tyd.


“Omdat jy die Here jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie, sal jy jou vyand wat die Here teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ‘n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.” DEUTERONÓMIUM 28:47-48 AFR53


Samaria was tydens die konings se heerskappy een van Israel se twee hoofstede. Die koning van Assirië stuur nou sy mense om in Samaria en die omliigende dorpe te kom woon, en die hele Noordelike koninkryk word nou bekend as Samaria.


“En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.” II KONINGS 17:24 AFR53


Ons kan nou met gesag praat as ons sê dat die Noordelike koninkryk van Israel nie een goeie koning opgelewer het nie, hulle was almal sleg en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.


 

8 Oktober 2021


Die konings van die suide!


I KONINGS 14:21 AFR53 – Rehabeam (17 jaar), Abia (3 jaar)

“En Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.”


Rehabeam is Salomo se seun en ook die eerste koning van die suidelike koninkryk Juda. Hy het uit Jerusalem vir sewentien jaar oor Juda regeer. Moet nie vir een oomblik dink dat die konings van die suidelike koninkryk almal goed was nie. Ons sien sommer in die volgende vers dat Juda onder die koningskap van Rehabeam gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here.


“En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het. En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom. En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.” I KONINGS 14:22-24 AFR53


Rehabeam het ontslaap en word begrawe in die stad van Dawid. Sy seun Abia word in sy plek koning, regeer vir drie jaar oor Juda en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.” I KONINGS 14:31 AFR53


“En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die Here sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.” I KONINGS 15:3 AFR53


Abia sterf en word ook begrawe in die stad van Dawid.


“En Abía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek koning geword.” I KONINGS 15:8 AFR53


 

9 Oktober 2021


I KONINGS 15:9-10 AFR53 – Asa (41 jaar)

“In die twintigste jaar dan van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asa koning van Juda geword. En hy het een-en-veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, ‘n dogter van Abísalom.”


Asa is die derde koning van Juda, hy regeer vir een en veertig jaar, en hy is die eerste koning wat goed doen in die oë van die Here!


“En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid:” I KONINGS 15:11 AFR53


Asa het die skandseuns wat Rehobeam en Abia toegelaat het uit die land laat wegtrek.


Skandseuns in die engelse vertaling is ‘sodomites’ wat homoseksuele of manlike

tempelprostitute beteken en hulle doen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“hy het die skandseuns uit die land laat wegtrek en al die drekgode verwyder wat sy vaders gemaak het.” I KONINGS 15:12 AFR53


Asa veg die hele tyd met Baesa die koning van Israel. Baesa bou die stad van Rama om so mense te keer wat oor die grens wil trek, noord of suid.


“En Baésa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.” I KONINGS 15:17 AFR53


Asa wil van Baesa ontslae raak en gee vir die koning van Aram silwer en goud om sy verbond met Baesa te breek sodat Baesa kan wegtrek van die grens tussen Juda en Israel – the enemy of my enemy is my friend!


“Daar is ‘n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur ‘n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek, weg van my af.” I KONINGS 15:19 AFR53


Asa het toe die boumateriaal wat Baesa agtergelaat het geneem en dit gebruik om sy eie stede Geba en Mispa wat naby die grens van Israel is te versterk.


Koning Asa ontslaap en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Jósafat het in sy plek koning geword.” I KONINGS 15:24 AFR53


 

10 Oktober 2021


I KONINGS 22:41 AFR53 – Josafat (25 jaar)

“En Jósafat, die seun van Asa, het koning geword oor Juda in die vierde jaar van Agab, die koning van Israel.”


Josafat, die seun van Asa, was vyf en dertig jaar oud toe hy koning word, en hy regeer vir vyf en twintig jaar. Josafat het soos sy vader gedoen wat goed is in die oë van die Here.


“En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel — daarvan het hy nie afgewyk nie — deur te doen wat reg was in die oë van die Here. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.” I KONINGS 22:43-44 AFR53


Wat is die hoogtes en heilige boomstamme waarvan ons gedurig lees?


Die Israeliete, wat vir gedurig van God af weggedraai het, het Molog aanbid en hoogtes vir Baäl gebou. Hoogtes was verhoogde stukke grond wat vir afgodsaanbidding gebruik was, veral onder die Moabiete.


Hierdie heiligdomme bevat dikwels ‘n altaar en ‘n heilige voorwerp, soos ‘n klippilaar of houtpaal in verskillende vorms wat geïdentifiseer is met die voorwerp van aanbidding (diere, sterrebeelde, godinne en vrugbaarheidsgode).


In die boek 2 Kronieke lees ons dat Josafat die hoogtes en die heilige boomstamme verwyder het, maar in die vers hierbo het ons gelees dat dit nie verwyder was nie. Kan wees dat hy dit wel verwyder het toe hy koning geword het, maar dat die volk dit weer opgerig het, en Josafat het die hoogtes toe daar gelos.


“Daarom het die Here die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het. En sy hart het moedig geword in die weë van die Here, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.” II KRONIEKE 17:5-6 AFR53


Josafat ontslaap en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.” I KONINGS 22:51 AFR53


 

11 Oktober 2021


II KONINGS 8:16 AFR53 – Jehoram (8 jaar)

“En in die vyfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Jósafat koning was van Juda, het Jehóram, die seun van Jósafat, die koning van Juda, koning geword.”


Josafat stel sy seun Jehoram aan as mede-koning in die jaar toe hy met Agab in Ramot in Gilead gaan veg het. Hy was twee en dertig toe hy koning word en het vir agt jaar regeer.


Jehoram (ook in sommige vertalings Joram van Juda) trou met Atalia wat een van Agab (wat koning was van die noordelike koninkryk Israel) se dogters is. Hy doen wat verkeerd is in die oë van die Here, want hy begin wandel in die weg van die konings van Israel, sy vrou se familie.


“En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.” II KONINGS 8:18 AFR53


Alhoewel Jehoram ongoddelik opgetree het, wou God hom nie vernietig nie, ter wille van die belofte wat Hy aan Dawid gemaak het nie.


“Maar die Here wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd ‘n lamp vir sy seuns sou gee.” II KONINGS 8:19 AFR53

Natan die profeet het aan koning Dawid gesê dat hy nie die tempel mag bou nie want hy het bloed op sy hande, maar Dawid se koningskap sal bevestig word deur sy nakomelinge.


“As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig.


En jou huis en jou koningskap sal bestendig wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.” II SAMUEL 7:12, 16 AFR53


Jehoram ontslaap en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.” II KONINGS 8:24 AFR53


 

12 Oktober 2021


II KONINGS 8:25 AFR53 – Ahasia (1 jaar)

“In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.”


Ahasia die seun van Jeroham was twee en twintig toe hy koning word, en hy regeer vir slegs een jaar. Hy volg Agab na en doen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.” II KONINGS 8:27 AFR53


Ahasia veg saam met Agab se seun Joram van die noordelike koninkryk teen Hasael, die koning van Aram.


“En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.” II KONINGS 8:28 AFR53


Ahasia gaan kuier by Joram in Jisreël om hom te ondersteun want hy is besig om te genees van sy oorlogswonde. Hulle ry Jehu tegemoed wie se opdrag dit is om Joram dood te maak.


“Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa — hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet.” II KONINGS 9:21 AFR53


Toe Ahasia sien dat Joram gedood is, vlug hy, maar hy word ook deur Jehu doodgemaak.


“Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.” II KONINGS 9:27 AFR53


Ahasia sterf en word begrawe in die stad van Dawid.


“En sy dienaars het hom na Jerusalem vervoer en hom in sy graf by sy vaders begrawe in die stad van Dawid.” II KONINGS 9:28 AFR53


 

13 Oktober 2021


II KONINGS 11:1 AFR53 – Atalia (6 jaar)

“Toe Atália, die moeder van Ahásia, sien dat haar seun dood was, het sy haar klaargemaak en die hele koninklike geslag omgebring.”


Atalia was Ahasia se moeder, die dogter van Agab en Isebel, en was getroud met Jehoram (ook genoem Joram soos die vers hieronder), die koning van Juda. Atalia regeer nou oor Juda en was woedend toe sy hoor dat haar seun Ahasia dood is, so erg dat sy die hele koninklike geslag uitgewis het. Almal, behalwe Ahasia se jongste seun Joas wat deur Ahasia se suster weggesteek is. Die seun is vir ses jaar weggesteek terwyl Atalia oor Juda regeer het.


“Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.” II KONINGS 11:2 AFR53


Toe Atalia die sewende jaar van haar regering begin, het die hoëpriester Jojada die owerstes oor honderd, en die hardlopers of die koninklike lyfwagte, vergader. Hierdie was almal lojaliste wat die koningin nie ondersteun het nie. Hy het vir hulle die klein Joas gewys, toe sewe jaar oud, om hulle te verseker dat daar inderdaad ‘n lewende wettige troonopvolger was.


“Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die Here laat kom en met hulle ‘n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die Here, en vir hulle die koning se seun gewys.” II KONINGS 11:4 AFR53


Die wagte het gehelp om die regering van Atalia om vêr te werp, en die hoëpriester salf die jong seun Joas en hulle maak hom koning. Almal klap hande en sê mag die koning lewe!


“Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!” II KONINGS 11:12 AFR53


Atalia hoor die geklap en die stem van die volk, en sien die nuwe koning wat staan op die verhoog van die huis die Here. Sy besef sy is uitoorlê en skree verraad, verraad! Sy is toe buite die tempel doodgemaak.


“Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die Here gekom; en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur Atália haar klere en roep uit: Verraad, verraad!” II KONINGS 11:13-14 AFR53


 

14 Oktober 2021


II KONINGS 12:1 AFR53 – Joas (40 jaar)

“In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was Sibja, van Berséba.”


Joas word op slegs sewejarige ouderdom die volgende koning, en hy regeer vir veertig jaar.

Joas doen wat reg is in die oë van die Here maar ook net terwyl die priester Jojada lewe.


“En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die Here, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.” II KONINGS 12:2 AFR53


Joas het goed regeer behalwe dat hy nie die hoogtes verwyder het nie, soos sy voorgangers en die wat na hom regeer het. Om een of ander rede het hulle nie gedink dit is belangrik nie, al was dit in die boeke van die Wet verbied. Die volk het God gedien vanaf die hoogtes wat eintlik heidense heuwels is.


“Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.” II KONINGS 12:3 AFR53


“Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie. Maar op die plek wat die Here in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.” DEUTERONÓMIUM 12:13-14 AFR53


Joas was die eerste koning wat gepoog het om Salomo se tempel te herstel. Die eertse probeerslag was nie suksesvol nie, maar die tweede probeerslag het goed gewerk.


“Toe neem die priester Jójada ‘n kis en boor ‘n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as ‘n mens in die huis van die Here inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die Here ingebring is, daarin gegooi.

En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die Here gevind is.

En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die Here aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die Here gewerk het, en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die Here te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.” II KONINGS 12:9-12 AFR53


Jojoda die hoë priester sterf op die hoë ouderdom van een honderd en dertig jaar. Na die hoëpreister se dood leen die koning sy ore uit aan die verkeerde mense en hulle begin om weg te beweeg van God.


“Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister, en hulle het die huis van die Here, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar ‘n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.” II KRONIEKE 24:17-18 AFR53


Koning Joas word doodgemaak na ‘n sameswering teen hom gesmee is, en hy word begrawe in die stad van Dawid.


“En sy dienaars het opgestaan en ‘n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe — Jósabad, die seun van Símeat, en Jósabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Amásia het in sy plek koning geword.” II KONINGS 12:20-21 AFR53


 

15 Oktober 2021


II KONINGS 14:1 AFR53 – Amasia (29 jaar)

“In die tweede jaar van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, het Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.”


Amasia, die seun van Joas van Juda, word koning en hy regeer vir nege en twintig jaar. Hy doen wat reg is in die oë van die Here, maar hou die hoogtes soos sy voorvaders.


Die Joodse taal het nie verskillende woorde vir vader en oupa en oupagrootjie ens. nie, hulle gebruik net een woord, vader. Daarom dat Dawid in die vers as sy vader aangespreek word.


“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.” II KONINGS 14:3-4 AFR53


Amasia veg met die Edomiete en verslaan hulle. Hy verower hul dorp Sela en gee vir die dorp ‘n nuwe naam – Jokteël. Die naam van die dorp is in later jare weer verander en wel na Petra, die dorp wat in Openbaring se tyd vir die Jode ‘n toevlugsoord gaan wees.


“Hý het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tienduisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jókteël genoem, tot vandag toe.” II KONINGS 14:7 AFR53


‘n Sameswering word teen Amasia gesmee en hy word in Lagis doodgemaak.


“En hulle het ‘n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.” II KONINGS 14:19 AFR53


Na sy dood is sy liggaam na Jerusalem gebring waar hy saam met sy vaders in die stad van Dawid begrawe is.


“En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.” II KONINGS 14:20 AFR53


 

16 Oktober 2021


II KONINGS 15:1 AFR53 – Asarja (52 jaar)

“In die sewen-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.”


Amasia se seun Asarja (ook genoem Ussia) word op sestienjarige ouderdom die volgende koning en regeer vir twee en vyftig jaar. Hy doen wat reg is in die oë van die Here, maar net soos sy pa breek hy ook nie die hoogtes waar die volk vir God aanbid af nie.


Volgends die Kronieke boeke het Asarja (Ussia) ’n groot leër gehad en baie oorloë gewen. Dit het hom ‘n grootheidswaan gegee en gemaak dat hy teen God begin optree het. Hy het by die tempel ingegaan en die priester se werk gedoen deur die offerrook te laat opgaan van die reukaltaar. God het ‘n duidelike skeiding van pligte, en die tempel werk mag net deur die priesters uitgevoer word.


“Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen die Here sy God; want hy het in die tempel van die Here gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.” II KRONIEKE 26:16 AFR53


Die priester Asarja (die priester se naam was dieselfde as die koning, seker hoekom hulle die koning ook Ussia genoem het) en tagtig ander priester het saam met hom gegaan en vir die koning gesê dat hy die tempel moet verlaat want hy doen verkeerd. Die koning wat met die wierookpan in sy hand staan is woedend vir die priester, en slaan net daar met melaatsheid uit.


“Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die Here langs die reukaltaar.” II KRONIEKE 26:19 AFR53


Die koning was besmet met melaatsheid tot sy dood, en het in afsondering gewoon. Sy seun, Jotam, het saam met hom regeer tot en met sy dood.


“En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in ‘n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van die Here uitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.” II KRONIEKE 26:21 AFR53


Asarja sterf en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.” II KONINGS 15:7 AFR53


 

17 Oktober 2021


II KONINGS 15:32 AFR53 – Jotam (16 jaar)

“In die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.”


Jotam word op die ouderdom van vyf en twintig die koning van Juda, en hy regeer vir sestien jaar. Net soos sy pa en al die konings voor hom skaf hy ook nie die hoogtes af nie, maar vêrder doen hy wat reg is in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen. Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan;…….” II KONINGS 15:34-35a AFR53


Ons word in die boek Konings net vertel van die tempel se noordelike poort wat Jotam herstel het.


“dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die Here gebou het.” II KONINGS 15:35b AFR53


In die boek Kronieke lees ons vêrder dat hy nie net die tempelpoort nie, maar ook baie ander bouwerk projekte aangepak het.


“Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.” II KRONIEKE 27:4 AFR53


Die Ammoniete wat aan Jotam se vader belasting betaal het, het nou versuim om dit te doen.


“Ook die Ammoniete het aan Ussía belasting betaal; en sy roem is verbrei tot by die ingang na Egipte, want hy was uitermate magtig.” II KRONIEKE 26:8 AFR53


Jotam voer toe oorlog teen die Ammoniete en oorwin hulle, en die belasting is toe weer vir die volgende drie jaar wel betaal.


“Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.” II KRONIEKE 27:5 AFR53


Jotam het magtig geword, want hy het sy pad reg gehou voor die Here sy God.


“En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die Here sy God.” II KRONIEKE 27:6 AFR53


Jotam sterf en word begrawe by sy vaders in die stad van Dawid.


“En Jotam het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.” II KRONIEKE 27:9 AFR53


 

18 Oktober 2021


II KONINGS 16:1 AFR53 – Agas (16jaar)

“In die sewentiende jaar van Peka, die seun van Remália, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.”


Jotam se seun Agas is die volgende koning van Juda. Hy regeer vir sestien jaar en doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Net toe ons dink dit gaan goed Jerusalem!


“Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die Here sy God soos sy vader Dawid nie.” II KONINGS 16:2 AFR53


Agas wandel eerder in die weg van die konings van Israel. Hy het een van sy seuns deur die vuur laat gaan, m.a.w. hy het die seun lewendig vir Baäl geoffer, en dan het hy elke ander heiden offer waaraan jy kan dink gedoen.


“Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het. Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.” II KONINGS 16:3-4 AFR53


Koning Agas reis na die koning van Assirië wat in Damaskus woon, en hy sien daar hulle altaar wat hom erg beindruk. Soveel so dat hy ‘n tekening en ‘n afbeelding daarvan vir sy priester Uria stuur sodat hy vir hom ook so ‘n altaar kan bou.


“Toe trek koning Agas Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Uría ‘n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan.” II KONINGS 16:10 AFR53


Ons sien hier hoe die priesters ook afvallig geraak het want Uria skroom nie om vir die koning sy altaar te bou nie.


“En die priester Uría het die altaar gebou — geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester Uría gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus.” II KONINGS 16:11 AFR53


Terug in Jerusalem gee die koning opdrag om die koperaltaar wat in die voorhof van die tempel is weg te skuif en plek te maak vir sy nuwe altaar.


“Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die Here was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die Here uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.” II KONINGS 16:14 AFR53


Die slegte koning Agas sterf en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Hiskía het in sy plek koning geword.” II KONINGS 16:20 AFR53


 

19 Oktober 2021


II KONINGS 18:1 AFR53 – Hiskia (29 jaar)

“En in die derde jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel, het Hiskía, die seun van Agas, die koning van Juda, koning geword.”


Hiskia, die seun van Agas, is die volgende koning van Juda en hy regeer vir nege en twintig jaar. Hy doen wat goed is in die oë van die Here net soos sy vader Dawid.


“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid gedoen het. Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op dié dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehústan genoem.” II KONINGS 18:3-4 AFR53


Die tempel in Jerusalem, wie se deure deur Hiskia se eie vader vasgespyker is, is skoongemaak en heropen en die Levitiese priesterskap is heringestel.


“Hý het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die Here oopgemaak en dit herstel, en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein”. II KRONIEKE 29:3-4 AFR53


Die Pasga is ook heringestel as ‘n nasionale vakansiedag. Onder Hiskia se hervormings het herlewing na Juda gekom.


“En die koning en sy owerstes en die hele vergadering het in Jerusalem besluit om die pasga in die tweede maand te hou, want hulle kon dit op sy tyd nie hou nie, omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig en die volk in Jerusalem nie saamgekom het nie. En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering.” II KRONIEKE 30:2-4 AFR53


Omdat koning Hiskia God eerste gestel het in alles wat hy gedoen het, het God hom voorspoedig gemaak.


“Ja, hy het die Here aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die Here Moses beveel het. En die Here was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.” II KONINGS 18:6-7 AFR53


Die Assiriërs dreig om Juda te beset, en Hiskia stuur ‘n boodskap aan die profeet Jesaja vir hulp, want hulle voel oorweldig. Die Here het deur middel van Jesaja die koning verseker dat Assirië nooit in Jerusalem sou inkom nie. God sorg vir Hiskia en die volk en stuur Sy engel om te kom veg.


“En Ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My en my kneg Dawid. En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd-vyf-en-tagtigduisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak — was dit almal dooie liggame! En Sánherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninevé gebly.” II KONINGS 19:34-36 AFR53


Later word Hiskia baie siek. Jesaja het vir hom gesê om dinge reg te stel en om voor te berei om te sterf. Maar Hiskia het gebid en God gesmeek om barmhartig te wees en om te dink aan al die goeie dinge wat hy gedoen het – Hiskia se lewe word met vyftien jaar verleng.


“Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die Here, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die Here. En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.” II KONINGS 20:5-6 AFR53


Koning Hiskia sterf en word begrawe in die stad van Dawid.


“En Hiskía het ontslaap met sy vaders, en sy seun Manasse het in sy plek koning geword.”II KONINGS 20:21 AFR53


 

20 Oktober 2021


II KONINGS 21:1 AFR53 – Manasse (55 jaar)


“Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.”


Manasse is die volgende koning, en hy regeer vir vyf en vyftig jaar. Hy doen wat verkeerd is in die oë van die Here en bou weer die hoogtes wat sy vader Hiskia afgebreek.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het. En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en ‘n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;” II KONINGS 21:2-3 AFR53


Hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel en dit in die twee voorhowe van die tempel geplaas.


“ook het hy altare gebou in die huis van die Here, waarvan die Here gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die Here;” II KONINGS 21:4-5 AFR53


Die slegte koning het ook een van sy seuns lewendig vir Baäl geoffer, en homself opgehou met goëlery, waarseêrs, toordery en die oproep van geeste.


“ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here om Hom te terg.” II KONINGS 21:6 AFR53


Om alles te kroon het hy ‘n gesnede beeld van Asjera gemaak en in die tempel gesit.


“Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.” II KONINGS 21:7 AFR53


Manasse het gemaak dat Juda meer kwaad gedoen het as die heiden nasies wat die Here in hul hande gegee het.


“Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdelg het.” II KONINGS 21:9 AFR53

Elke aksie het ‘n reaksie! God laat nie met Hom speel nie, en Sy volk gaan wel gestraf word vir die gruwelikhede wat hul gedoen het.


“daarom, so sê die Here, die God van Israel: Kyk, Ek sal ‘n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit. En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos ‘n mens ‘n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo. En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande ‘n buit en ‘n plundering sal word;” II KONINGS 21:12-14 AFR53


Manasse sterf, maar word nie in die stad van Dawid begrawe nie. Hy word sommer in sy eie tuin begrawe.


“En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.” II KONINGS 21:18 AFR53


 

21 Oktober 2021


II KONINGS 21:19 AFR53 – Amon (2 jaar)

“Amon was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, ‘n dogter van Harus, uit Jotba.”


Amon is die volgende koning en regeer slegs vir twee jaar. Hy doen net soos sy vader wat verkeerd is in die oë van die Here.


“En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.” II KONINGS 21:21 AFR53


Hy het die Here verlaat, en nie in die weg van die Here gewandel nie.


“En hy het die Here, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die Here gewandel nie.” II KONINGS 21:22 AFR53


Van die dienaars van Amon smee ‘n sameswering teen hom en maak hom dood en ook die samesweerders is toe doodgemaak.


“En die dienaars van Amon het ‘n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring. Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.” II KONINGS 21:23-24 AFR53


Amon word saam met sy pa Manasse in die tuin van sy huis begrawe, ook hy het nie ‘n plek in die stad van Dawid nie.


“En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.” II KONINGS 21:26 AFR53


 

22 Oktober 2021


II KONINGS 22:1 AFR53 – Josia (31 jaar)

“Josia was agt jaar oud toe hy koning geword het, en het een-en-dertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jedída, ‘n dogter van Adája, uit Boskat.”


Josia is die volgende koning van Juda en hy regeer vir een en dertig jaar. Josia doen wat goed is in die oë van die Here, en wandel in die weg van sy vader Dawid.


“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.” II KONINGS 22:2 AFR53


Josia was een van Juda se beste konings. Vrede, voorspoed en hervorming kenmerk sy heerskappy en tydens sy bewind het die wêreldmag se leierskap oorgegaan van Assirië na Babilon. Nineve, die hoofstad van Assirië, is in 612 v.C. vernietig, en die Assiriese Ryk het in 609 v.C. geval.


Koning Josia het soos Hiskia geld ingesamel en die tempel tot sy vorige glorie herstel. Al die heidense beelde en gruwels is uit die tempel verwyder. In die proses om die tempel skoon te maak is ‘n boek gevind wat die sekretaris of skrywer aan die koning voorgelees het. Die koning was bedroef toe hy die woorde van die boek hoor en het gevra dat hulle die priester moet raadpleeg om by die Here te hoor wat beteken die woorde van die boek. Die profetes Hulda dra God se woord as volg oor.


“so spreek die Here: Kyk, Ek bring ‘n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het; omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My met al hul handewerk te terg; daarom sal my grimmigheid ontvlam teen hierdie plek en nie uitgeblus word nie. Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die Here te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die Here, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het — omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die Here verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle ‘n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek die Here. Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.” II KONINGS 22:16-20 AFR53


Koning Josia het toe na die huis van die Here gegaan en die hele volk en die priesters en profete bymekaar gekry en al die woorde van die verbondsboek vir hulle voorgelees.


“En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van die Here gesluit om die Here te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.” II KONINGS 23:3 AFR53


Josia verwyder toe alles wat verband hou met die aanbidding van valse gode wat sy voorouers in Juda en Jerusalem opgerig het. Hy het elke klippilaar, hoogte en altaar verbrand en die as daarvan ook weggegooi. Hy het selfs die heiden priesters almal laat verbrand en hul as ook weggegooi. Hy het behoorlik huis skoongemaak.


Hy het die volk versamel en hulle het Pasga gehou soos beskryf is in die verbondsboek.


“Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou pasga vir die Here julle God soos geskrywe is in hierdie verbondsboek. Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie;” II KONINGS 23:21-22 AFR53


Maar, die Here hou by Sy Woord, en bepaal dat Jerusalem wel nog tot ‘n val gaan kom net soos Israel geval het, dit is onafwendbaar.


“En die Here het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.” II KONINGS 23:27 AFR53


Koning Josia is doodgemaak deur die koning van Egipte by Megiddo. Sy dienaars het hom na Jerusalem teruggebring en hom daar begrawe.


“In sy dae het Farao Nego, die koning van Egipte, teen die koning van Assirië opgetrek na die Eufraatrivier; en koning Josía het hom tegemoetgetrek, maar dié het hom gedood by Megíddo net toe hy hom sien. En sy dienaars het hom dood vervoer van Megíddo af en hom in Jerusalem gebring en hom in sy graf begrawe; en die volk van die land het Jóahas, die seun van Josía, geneem en hom gesalf en hom in die plek van sy vader koning gemaak.” II KONINGS 23:29-30 AFR53


 

23 Oktober 2021


II KONINGS 23:31 AFR53 – Joahas (3 maande) en Jojakim (11 jaar)

“Drie en twintig jaar was Jóahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, die dogter van Jeremia, uit Libna.”


Josia het vier seuns gehad en Joahas was die middelste seun en is deur die mense gekies om Josia op te volg. Hy was 23 jaar oud toe hy koning word, maar hy regeer slegs vir drie maande en in die kort rukkie doen hy wat verkeerd is in die oë van die Here.


“En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos sy vaders gedoen het.” II KONINGS 23:32 AFR53


Toe Farao Nego vir Josia in Megiddo verslaan het, het Juda onder Egiptiese beheer geval en dit is duidelik dat Farao Nego nie vir Joahas as koning materiaal gesien het nie. Hy neem hom gevange en stuur hom na Egipte waar Joahas uiteindelik sterf.


“Maar Farao Nego het hom in Ribla, in die land Hamat, gevange gehou, dat hy in Jerusalem nie sou regeer nie, en die land ‘n boete opgelê van honderd talente silwer en ‘n talent goud.” II KONINGS 23:33 AFR53


Farao Nego maak nou vir Josia se ander seun Eljakim koning en verander sy naam na Jojakim. Die feit dat Nego die konings aanstel en hul naam kan verander, wys dat hy in beheer van Juda is. Joahas word na Egipte geneem en hy sterf daar.


“En Farao Nego het Éljakim, die seun van Josía, koning gemaak in die plek van sy vader Josía en sy naam verander in Jójakim, maar Jóahas saamgeneem. So het hy dan in Egipte gekom en daar gesterwe.” II KONINGS 23:34 AFR53


Farao eis betaling van Jojakim, en hy weer belas die volk om die betalings te kan maak.

“En die silwer en die goud het Jójakim aan Farao gelewer; maar hy het die grond gewaardeer om die geld volgens die bevel van Farao te lewer; volgens wat elkeen geskat is, het hy die silwer en die goud van die bevolking van die land ingevorder om aan Farao Nego te lewer.” II KONINGS 23:35 AFR53


Jojakim het elf jaar lank regeer en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“Vyf-en-twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Sebúdda, ‘n dogter van Pedája, uit Ruma. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos sy vaders gedoen het.” II KONINGS 23:36-37 AFR53


Nebukadneser verower Egipte en in 605 v.C. val hy Juda in en die eerste van drie groepe mense word in ballingskap na Babilon geneem. Daniel en sy vriende is deel van die eerste groep en ons lees in die boek Daniel van die gevangeneskap.


“In die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër. En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met ‘n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.


En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.” DANIËL 1:1-2, 6 AFR53


Jojakim sterf en sy seun word in sy plek koning.


“En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.” II KONINGS 24:6 AFR53


 

24 Oktober 2021


II KONINGS 24:8 AFR53 – Jojagin (3 maande en 10 dae) en Sedekia (11 jaar)

“Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ‘n dogter van Élnatan, van Jerusalem.”


Jojagin is Juda se volgende koning, hy regeer vir drie maande en tien dae en hy doen wat verkeerd is in die oë van die Here.


“Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here.” II KRONIEKE 36:9 AFR53


Koning Nebukadneser neem Jojagin gevange en laat bring hom na Babel saam met die kosbare voorwerpe van die tempel. Nebukadneser maak vir Sedekia die volgende en die laaste koning van Juda.


“By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die Here, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.” II KRONIEKE 36:10 AFR53


Die tweede groep mense wat uit Israel na Babilon verban word is al die mense behalwe die armes van die land. Al die owerstes, die mense met vermoë, tien duisend ballinge, die smede en die slotmakers.


“En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.” II KONINGS 24:14 AFR53


Die profeet Esegiël was ook deel van die tweede groep ballinge.


“Op die vyfde van die maand — dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin — het die woord van die Here uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die Here was daar op hom.” ESÉGIËL 1:2-3 AFR53


 

25 Oktober 2021


II KONINGS 25:2-3 AFR53

“En die stad het in beleëring geraak tot die elfde jaar van koning Sedekía. Op die negende van die vierde maand, toe die hongersnood sterk was in die stad en die mense van die land geen brood gehad het nie,”


Op 16 Julie 586 v.C. breek die Babiloniërs uiteindelik deur Jerusalem se muur. Hierdie was gedurende die vierde maand van Sedekia se elfde regering jaar. Sedekia vlug, maar die leër van die Chaldeërs jaag hom agterna en neem hom gevange in die vlaktes van Jerigo.


“Maar die leër van die Chaldeërs het die koning agternagejaag en hom in die vlaktes van Jérigo ingehaal, en sy hele leër is van hom af verstrooi. Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Babel, na Ribla toe, en hulle het vonnis oor hom uitgespreek.” II KONINGS 25:5-6 AFR53


Sedekia se seuns word voor hom vermoor om te verseker dat geen troonopvolgers lewend is nie, en daarna word Sedekia se oë uitgesny. Hulle bind hom in koperkettings vas en hy word ook na Babel verban.


“En hulle het die seuns van Sedekía voor sy oë geslag. En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings gebind en hom na Babel gebring.” II KONINGS 25:7 AFR53


Nebukadneser en sy hele leër brand die tempel en al die huise in Jerusalem, en hulle plunder die tempel van dit wat nog oorgebly het.


“En hy het die huis van die Here en die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand. En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het die mure van Jerusalem rondom omgegooi.” II KONINGS 25:9-10 AFR53


Die tempel en Jerusalem is verwoes en die derde groep mense (die wat nog daar was, behalwe ‘n paar boere) word in ballingskap na Babilon weggeneem, en so kom die suidelike koninkryk tot ‘n val.


“En die res van die volk wat in die stad oorgebly het, en die oorlopers wat na die koning van Babel oorgeloop het — die oorblyfsel van die menigte het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer. Maar uit die armes van die land het die owerste van die lyfwag sommige laat agterbly as wynboere en as landbouers.” II KONINGS 25:11-12 AFR53


 

26 Oktober 2021


EXODUS 20:1-2 AFR53

“Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.”


Ek sluit die konings se verhaal af met die Tien Gebooie om te hersien wat die basiese wette was wat die konings so gesukkel het om te hou. Hulle het sommer met die eerste twee gebooie begin struikel.


1. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.


2. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.


3. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.


4. Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.


5. Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.


6. Jy mag nie doodslaan nie.


7. Jy mag nie egbreek nie.


8. Jy mag nie steel nie.


9. Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.


10. Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.” EXODUS 20:3-17 AFR53


 

78 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page