top of page
  • Regina Torre

Israel: Wat was, wat is, en wat kom! Josef en Jesus

Updated: Jan 28, 2023


28 Mei 2021


Josef en Jesus – Inleiding


Ek het verlede week iemand op die tv hoor sê dat die Ou Testament oudmodies is en dat dit nie meer op ons van toepassing is nie. Dít is vandag die vyand se indoktrinasie om ons weg te kry van die Ou Testament en in die lang duur van die Bybel as geheel.


Hoe het die Bybel ontstaan? Die Bybel is ‘n samestelling van die boeke wat deur God geinspireerd is, die Woorde van God of mooier in Engels gestel – God breathed!


Die 66 boeke wat ons die Bybel noem, vorm ‘n geïntegreerde boodskap. Wat dit so indrukwekkend maak, is die feit dat die boeke deur 40 verskillende mense oor ‘n tydperk van 1500 jaar, en op 3 verskillende kontinente nl: Asiȅ, Afrika & Europa neergeskryf is ! Elke woord, elke pleknaam, en elke detail is doelbewus daar geplaas om ‘n geheelbeeld te vorm.

Paulus leer ons so mooi met die volgende vers.


“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,” II TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53


St Augustine (13/11/354 – 28/8/430) het die Ou en Nuwe Testamente as volg beskryf. Die Nuwe Testament is in die Ou Testament versteek, en die Ou Testament word in die Nuwe Testament openbaar.


Josef se verhaal is ‘n skadubeeld van Jesus se verhaal, en dit is presies hoe ons na die gedeelte gaan kyk, met Josef in die Ou Testament en Jesus in die Nuwe Testament, en so gaan ons bewys dat die hele Bybel vandag nog van toepassing is.

 

29 Mei 2021


Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns. Jesus was God se geliefde seun.


“En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom ‘n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ‘n lang rok met moue gemaak.” GÉNESIS 37:3 AFR53


“Daar was ook ‘n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” MATTEUS 3:17 AFR83


Josef se broers het hom gehaat oor sy droom om oor hulle te regeer. Jesus se medeburgers het Hom gehaat omdat Hy as Koning oor hulle sou regeer.


“Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde.” GÉNESIS 37:8 AFR53


“Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.” LUKAS 19:14 AFR53


Josef is verwerp deur sy broers en Jesus is verwerp deur Sy eie mense.


“Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.” GÉNESIS 37:4 AFR53


“Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.” JOHANNES 1:11 AFR53

 

30 Mei 2021


Josef het gedroom dat sy vader, moeder en broers voor hom sou neerbuig. Profesië vertel dat die hele Israel gered sal word en voor Jesus sal buig.

“………Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?” GÉNESIS 37:10b AFR53


“en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;” ROMEINE 11:26 AFR53


Josef word na sy broers gestuur om te verneem na hul welstand. God het Sy Seun Jesus gestuur om elkeen wat in Hom glo te red.

“Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.” GÉNESIS 37:14 AFR53


“Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.” GALÁSIËRS 4:4-5 AFR53


Josef se broers beplan agteraf om hom dood te maak. Die owerpriesters, skrifgeleerdes en ouderlinge het saam raad gehou om Jesus om die lewe te bring.

“En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.” GÉNESIS 37:18 AFR53


“Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk bymekaar in die paleis van die hoëpriester wat Kájafas genoem word, en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring.” MATTHÉÜS 26:3-4 AFR53

 

31 Mei 2021


Ruben wil Josef red deur sy broers te paai. Pilatus probeer om Jesus los te laat deur die Jode te paai.

“Ruben het hulle hoor praat en omdat hy vir Josef wou red, het Ruben gesê: “Nee, ons moet hom nie doodmaak nie. Moenie moord pleeg nie. Gooi hom liewer in hierdie put hier in die veld. Moenie sy lewe neem nie.” Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur.” GENESIS 37:21-22 AFR83


“Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.” JOHANNES 19:12 AFR53


Ruben probeer Josef van ‘n gewisse dood te red. Pilatus probeer om Jesus se dood te stop.

“Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word. Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie.” GÉNESIS 37:20-21 AFR53


“Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.” JOHANNES 19:4 AFR53


Josef se broers het hom in ‘n leë put gegooi. Jesus is in ‘n leë graf begrawe.

“en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.” GÉNESIS 37:24 AFR53


“En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in ‘n graf wat in ‘n rots uitgekap was. En hy het ‘n steen teen die opening van die graf gerol.” MARKUS 15:46 AFR53

 

1 Junie 2021


Josef se broers stroop hom van sy klere. Die soldate stroop Jesus van Sy klere.

“En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het,” GÉNESIS 37:23 AFR53


“Toe trek hulle sy klere uit en werp ‘n rooi mantel om Hom;” MATTHÉÜS 27:28 AFR53


Josef se broers gaan sit om te eet nadat hulle hom in die put gegooi het. Die soldate het gaan sit om Jesus te bewaak nadat hulle hom gekruisig het.

“Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ‘n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom — hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom — op pad om dit na Egipte af te bring.” GÉNESIS 37:25 AFR53


“En hulle het gaan sit en Hom daar bewaak.” MATTHÉÜS 27:36 AFR53


Josef se broers het hom verraai en verkoop vir silwer muntstukke. Judas Iskariot het Jesus verraai en verkoop vir silwer muntstukke.

“En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.” GÉNESIS 37:28 AFR53


“en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.” MATTHÉÜS 26:15 AFR53

 

2 Junie 2021


Josef se broers het sy rok geneem en in bloed gedoop. Jesus was bekleed in ‘n kleed wat in bloed gedoop is.

“Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ‘n bok en steek die rok in die bloed,” GÉNESIS 37:31 AFR53


“En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.” OPENBARING 19:13 AFR53


Josef se broers het gejok oor sy dood, want hy was nie dood nie! Die soldate is betaal om te jok oor Jesus se dood, want Hy was nie dood nie.

“en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!” GÉNESIS 37:32-33 AFR53


“en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was. En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is. Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.” MATTHÉÜS 28:13-15 AFR53

 

3 Junie 2021


Potifar se huishouding was aan Josef oorgegee. Die Vader het alles aan Jesus oorgegee.

“Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.” GÉNESIS 39:8 AFR53


“Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.” LUKAS 10:22 AFR53


Josef se klere is van sy lyf af geruk. Die soldate het Jesus se klere en onderkleed geneem.

“Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.” GÉNESIS 39:12 AFR53


“En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat ‘n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe.” JOHANNES 19:23 AFR53

 

4 Junie 2021


Josef is valslik beskuldig. Jesus is valslik beskuldig.

“roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ‘n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;” GÉNESIS 39:14 AFR53


“Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;” LUKAS 23:14 AFR53


Josef het homself nie teen die aanklagtes verdedig nie. Jesus het homself nie teen die aanklagtes verdedig nie.

“en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.” GÉNESIS 39:20 AFR53


“En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie? En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het.” MATTHÉÜS 27:12-14 AFR53

 

5 Junie 2021


Josef se guns by God en die owerstes van Egipte het toegeneem. Jesus se guns by God en die mense het toegeneem.

“Maar die Here was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.” GÉNESIS 39:21 AFR53


“En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.” LUKAS 2:52 AFR53


Josef was in die tronk saam met twee misdadigers. Jesus was gekruisig saam met twee misdadigers.

“sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers. En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.” GÉNESIS 40:2-3 AFR53


“En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons. Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” LUKAS 23:39-43 AFR53

 

6 Junie 2021


Josef gee vir die twee misdadigers in sy sel hul drome se uiteg. Die skinker lewe en die bakker sterf. Die twee misdadigers saam met Jesus sterf albei, maar een sal lewe saam met Jesus in die Paradys, die ander sterf vir ewig.

“Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef — jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef — hy sal jou aan ‘n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.” GÉNESIS 40:13, 19 AFR53


“En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” LUKAS 23:43 AFR53


Josef vertel dat die skinker binne drie dae in sy pos herstel sal word. Jesus vertel dat Hy moet dood gaan, maar sal na drie dae opgewek word.

“Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef — jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.” GÉNESIS 40:13 AFR53


“Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.” MATTHÉÜS 16:21 AFR53

 

7 Junie 2021


Josef vra die skinker om hom te onthou as hy in sy pos herstel is. Jesus vra Sy disippels om Hom te onthou elke keer as hul die beker na ete neem.

“Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ‘n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;” GÉNESIS 40:14 AFR53


“Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.” LUKAS 22:20 AFR53


Josef lê twee drome uit: een met brood en een met wyn. Met Jesus se laaste maal breek Hy die brood en neem Hy die beker, altwee in herinnering aan Hom.

“Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ‘n wingerdstok voor my, ……

…..Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ‘n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in mý droom — toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,” GÉNESIS 40:9, 16 AFR53


“Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.” LUKAS 22:19-20 AFR53

 

8 Junie 2021


Josef was geklee in die regte klere en voor Farao gebring. Ons word met Jesus beklee die oomblik wat ons in Sy Naam gedoop word.

“Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.” GÉNESIS 41:14 AFR53


“want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.” GALÁSIËRS 3:27 AFR53


Josef beklemtoon dat nie hy nie maar slegs God die drome kan uitlê. Jesus verwys altyd na die Vader om die eer te ontvang.

“Toe sê Farao vir Josef: Ek het ‘n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ‘n droom net hoef te hoor om dit uit te lê. En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao ‘n gunstige antwoord gee.” GÉNESIS 41:15-16 AFR53


“Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” MATTHÉÜS 5:16 AFR53

 

9 Junie 2021


Josef word bevorder van die put na die troon. Jesus word ‘bevorder’ van die graf na die troon.

“En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.” GÉNESIS 41:39-40 AFR53


“En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.” OPENBARING 5:1 AFR53

Josef was dertig jaar oud toe hy sy werk begin het. Jesus was dertig jaar oud toe Hy met Sy bediening begin het.


“En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.” GÉNESIS 41:46 AFR53

“En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,” LUKAS 3:23 AFR53

 

10 Junie 2021


Josef se eersgeborene is Manasse wat beteken – veroorsaak om te vergeet! Ons word in

sonde ontvang en gebore, maar Jesus vergeet ons sondes so vêr as wat die ooste verwyder is van die weste.

“En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.” GÉNESIS 41:51 AFR53


“So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.” PSALMS 103:12 AFR53


“Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.” HEBREËRS 8:12 AFR53


Josef se tweede seun is Efraim wat beteken – om vrugbaar te wees. Ons wat in Jesus glo moet ons geloof versterk en vrugbaar wees.

“En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.” GÉNESIS 41:52 AFR53


“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” JOHANNES 15:5 AFR53


“Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.” GALÁSIËRS 5:22 AFR53

 

11 Junie 2021


Egipte was fisies die wêreld se enigste bron van brood. Jesus is geestelik die wêreld se enigste bron van brood.

“En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.” GÉNESIS 41:57 AFR53


“En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.” JOHANNES 6:35 AFR53


Jakob stuur sy seuns om in Egipte koring te koop sodat hul kan lewe en nie sterwe nie. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word.

“Toe Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar? En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie.” GÉNESIS 42:1-2 AFR53


“Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.” ROMEINE 10:13 AFR53

 

12 Junie 2021


Josef se broers buig voor hom neer soos hy in sy drome gesien het. Die hele Israel sal gered word en hulle sal voor Jesus neerbuig soos die profete gesien het.

“En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.” GÉNESIS 42:6 AFR53


“en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;” ROMEINE 11:26 AFR53


Josef se broers het hom nie herken nie. Jesus se eie mense het hom nie herken nie.

“En Josef het sy broers herken, maar húlle het hom nie herken nie.” GÉNESIS 42:8 AFR53


“Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.” JOHANNES 1:11 AFR53

 

13 Junie 2021


Juda staan borg vir sy klein boetie Benjamin. Jesus word borg vir die Nuwe Verbond of die Nuwe Testament.

“Daarop sê Juda aan sy vader Israel: Stuur die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en nie sterwe nie — ons en ook u en ons kinders nie. Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.” GÉNESIS 43:8-9 AFR53


“maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek — in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.” HEBREËRS 7:21-22 AFR53


Die broers het getalm om terug te gaan na Josef. Israel talm om terug te keer na die ware Messias, Jesus.

“Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was ons nou al twee maal terug.” GÉNESIS 43:10 AFR53


“en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;” ROMEINE 11:26 AFR53

 

14 Junie 2021


Josef was geskenke aangebied van speserye en mirre. Jesus was geskenke aangebied van goud, wierook en mirre.

“Toe het Israel, hulle vader, vir hulle gesê: As dit so is, doen dan dit: neem van die opbrings van die land in julle sakke en bring vir die man ‘n geskenk af — bietjie balsem en bietjie heuning, speserye en gom, neute en amandels;” GÉNESIS 43:11 AFR53


“En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.” MATTHÉÜS 2:11 AFR53


Josef het verlang om saam met sy broers eet. Jesus het sterk daarna verlang om saam met Sy dissipels die laaste maaltyd te eet.

“Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.” GÉNESIS 43:16 AFR53


“En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.” LUKAS 22:15 AFR53

 

15 Junie 2021


Josef sê vir sy bevreesde broers: Vrede vir julle! Jesus verskyn na Sy opstanding aan die dissipels en sê vir hulle: Vrede vir julle !

“Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle God en die God van julle vader het julle ‘n skat in jul sakke gegee. Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.” GÉNESIS 43:23 AFR53


“En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!” JOHANNES 20:26 AFR53


Josef se profesie oor sy broers wat voor hom buig is vervul. Die profesieë oor die mensdom wat voor Jesus gaan buig sal nog in die toekoms vervul word.

“En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar, ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.” GÉNESIS 43:28 AFR53


“Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,” FILIPPENSE 2:9-10 AFR53

 

16 Junie 2021


Josef kon homself nie langer bedwing nie, en het die proses kortgeknip. Ter wille van die uitverkorenes sal Jesus daardie dae verkort.

“Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.” GÉNESIS 45:1 AFR53


“En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.” MATTHÉÜS 24:22 AFR53


Ten einde laas maak Josef homself aan sy broers bekend. In die laaste tye sal Jesus Homself aan Israel bekend maak.

“En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? ………” GÉNESIS 45:3a AFR53


“omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,” I PETRUS 1:18-20 AFR53

 

17 Junie 2021


Josef se broers was verkrik toe hulle hom herken. Israel sal rouklaag wanneer hulle Jesus herken.

“Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.” GÉNESIS 45:3b AFR53


“Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.” SAGARÍA 12:10 AFR53


Josef sê vir sy broers: Kom na my toe!Jesus sê vir Sy volgelinge: Kom na my toe!

“Maar hy het vir hulle gesê: “Kom na my toe!” en toe hulle nader kom, sê hy: “Ek is julle broer Josef. Julle het my verkoop, en ek is Egipte toe gebring.” GENESIS 45:4 AFR83


“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” MATTHÉÜS 11:28 AFR53

 

18 Junie 2021


Josef is Egipte toe gestuur om lewens te red. Jesus is aarde toe gestuur om die wat verlore is te red.

“Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.” GÉNESIS 45:5 AFR53


“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.” LUKAS 19:10 AFR53


Israel het geglo dat Josef nog leef en uitgeroep: Dit is genoeg! Vir almal wat glo het Jesus aan die kruis uitgeroep: Dit is volbring!

“En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.” GÉNESIS 45:28 AFR53


“En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.” JOHANNES 19:30 AFR53

 

19 Junie 2021


EXODUS 1:5-9 AFR53

“En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was sewentig siele. Maar Josef was in Egipte. En Josef het gesterwe, en al sy broers en daardie hele geslag. Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle. Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons.”


Jakob se familie wat in Egipte ingegaan het was sewentig siele, en die sewentig siele was die basis van die nasie Israel.


Josef en sy broers het hul dae in Egipte uitgeleef en daar gesterf, maar die storie van die Israeliete sterf nie saam met Josef en sy broers nie, dit begin eerder by hulle.


Soos God aan Abraham, Isak en Jakob belowe het, was die kinders van Israel vrugbaar en het hulle baie geword. Die groepie van sewentig het vermeerder en buitengewoon magtig geword sodat die land van Egipte vol was van hulle.


‘n Nuwe koning wat niks van Josef geweet het nie, regeer nou oor Egipte, en hy hou nie daarvan dat die Israeliete meer en magtiger as hulle is nie.


Nou begin ‘n nuwe era vir die Israeliete wat die volgende hoofstuk se onderwerp is.

58 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page