top of page
  • Regina Torre

Israel: Wat was, wat is en wat kom! Geskiedenis vooruit vertel….

Updated: Jan 26, 2023


17 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 1 – Verstrooiing


Oor en oor word die Israeliete gewaarsku dat as hul nie na God luister nie, Hy hul sal verstrooi oor die uiteindes van die aarde. Die verstrooiing staan ook bekend as die diaspora en begin as volg:

  1. 722 BC – Die Assiriërs oorwin die Noordelike Koninkryk en die Israeliete word regoor die Midde-ooste verstrooi.

  2. 597 BC – Nebukadneser oorwin die Suidelike Koninkryk en die Israeliete word na Babilon verban.

  3. 538 BC – Koning Kores gee vir die Israeliete toestemming om terug te keer na Jerusalem, maar ‘n groot gros besluit om in Babilon te bly.

  4. 70 AD – Die tempel in Jerusalem word verwoes en Jerusalem word deur die Romeine beset. Die Jode vlug van Jerusalem na al die lande in wêreld.

“En die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.” DEUTERONÓMIUM 28:64 AFR53


“My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.” HOSÉA 9:17 AFR53


“En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.” LUKAS 21:24 AFR5

 

18 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 2 – Vervolging


Die ballinge van Israel sal vervolg word en voorbeelde van Joodse vervolging sluit in:

  1. 18 Julie 1290 – ‘n Edik word in Engeland afgevaardig om die Jode uit Engeland uit te dryf.

  2. 31 Julie 1942: – ‘n Edik word in Spanje afgevaardig om die Jode uit Spanje uit te dryf.

  3. 1933 – 1945 – Die Nazi konsentrasiekampe in Duitsland tydens die tweede wêreld oorlog.

“En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die Here jou sal wegvoer.”   DEUTERONÓMIUM 28:37 AFR53


“En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die Here sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel. En jou lewe sal voor jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.”    DEUTERONÓMIUM 28:65-66 AFR53



 

19 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 3 – Verwoesting


Na die diaspora, m.a.w. terwyl die Joodse volk nie in die land is nie, sal God die land in ‘n wildernis verander en die stede sal puinhope word. Mark Twain skryf in een van sy boeke nadat hy Israel in 1867 besoek het, dat Israel ‘n verlate land is met geen plantegroei of mense nie!

“En Ek sal die land ‘n wildernis en ‘n woesteny maak, en aan sy trotse mag sal ‘n einde kom; en die berge van Israel sal woes wees sonder dat iemand daar oorgaan.” ESÉGIËL 33:28 AFR53


“En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die Here daarin laat uitbreek het — ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die Here in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het — en al die nasies sal sê: Waarom het die Here so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?”   DEUTERONÓMIUM 29:22-24 AFR53


“En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal ‘n afsku van julle hê. En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie. Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan. En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.”  LEVÍTIKUS 26:30-33 AFR53

 

20 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 4 – Bewaring


Maar, God belowe ook genadiglik dat Hy Sy volk sal bewaar tydens hul omswerwinge. Die Israeliete is die enigste antieke volk wat nog steeds bestaan.


“'n BEDEVAARTSLIED. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.” PSALMS 121:1-4 AFR53


“Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.”  JESAJA 49:15-16 AFR53



“Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.”   JEREMIA 30:11 AFR53

 

21 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 5 – Terugkeer


God belowe om Sy volk weer terug te bring na Israel, en wel vanuit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het.


Die ‘Jewish Virtual Library’ se statistieke toon duidelik die groei van die Joodse populasie van Mei 1948 tot September 2021.

  1. Mei 1948: 806,000

  2. Mei 2021: 9,391,000


Aliyah – die spesifike woord wat gebruik word om die terugkeer na Israel uit te druk.


“En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.” ESÉGIËL 20:34 AFR53


“kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.”     JEREMIA 32:37-41 AFR53

 

22 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 6 – Ordelike Terugkeer


Die Jode sal terugkeer na hul land Israel – en wel in ‘n spesifieke volgorde. In die laaste eeu alleen het miljoene Jode begin terugkeer na Israel en wel in die volgorde soos Jesaja geprofeteer het.

  1. Oos – 1930 tot 1940 (vanaf Sirië, Irak en Jordanië)

  2. Wes – Wes Europa na die 2de wêreld oorlog

  3. Noord – Rusland vanaf 1988

  4. Suid – Operasie Solomon was ‘n Israeliese militêre operasie wat op 24 en 25 Mei 1991, 14 325 Joodse Etihopiërs na Israel gevlieg het. Die vliegtuie se sitplekke is uitgehaal om meer passasiers te akkommodeer en een van die laaste vlugte het 1,122 passasiers ingepas.

“Dit moet die verlostes van die Here sê, wat Hy uit die nood verlos het en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.” PSALMS 107:2-3 AFR53

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,”   JESAJA 43:5-6 AFR53








 

23 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 7 – Israel word vir ’n tweede keer ‘n nasie


Sedert 721 v.C. het ongeveer 14 verskillende groepe Israel beset. David Ben-Gurion verklaar op 14 Mei 1948 om 16:00 die middag, die nuwe staat Israel se onafhanklikheid van Britse mandaat, en hy is toe ook Israel se eerste Eerste Minister.


Harry Truman, die Amerikaanse President van daardie tyd, het toe hy nog klein was, by sy moeder wat ‘n Sondagskool juffrou was, geleer dat as hy eendag in ‘n posisie is om Israel te help, dat hy dit moet doen. Die VSA, onderleiding van president Harry Truman, was die eerste land wat Israel as ‘n staat erken het. Rusland het drie dae later gevolg.

“Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.”   JESAJA 66:8 AFR53


“En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.”  JESAJA 11:11-12 AFR53

 

24 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 8 – Israel sal ‘n vereenigde nasie wees.


Israel het in 926 v.C. in twee koninkryke verdeel, naamlik die Noordelike en Suidelike koninkryke, en amper twee duisend jaar later verenig hul weer.

“en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.”  

 ESÉGIËL 37:21-22 AFR53




 

25 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel:  Vervulde profesie 9 – Terugkeer van die Sikkel as geldeenheid sodat tempel offergawes in hierdie geldeenheid gemaak kan word.


Die sikkel het sy oorsprong in die Bybelse tyd en hier is ‘n kort geskiedenis vanaf 1948.

  1. 14 Mei 1948 tot 1952 – Die Palesteinse Pond word deur die Britse Pond onderskryf.

  2. Junie 1952 tot 23 Feb 1980 – Die Palesteinse Pond word vervang deur die Israeliese Pond.

  3. Februarie 1980 tot 31 Desember 1985 – Die Ou Sikkel in gebruik.

  4. Van 1 Januarie 1986 tot nou – Die huidige geldeenheid van Israel is die Nuwe Israeliese Sikkel

“En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle ‘n mine wees.” ESÉGIËL 45:12 AFR53

“Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.”  ESÉGIËL 45:16 AFR53



 

26 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 10 – Israel sal die broodmandjie van die wêreld word.


Israel wat eens droog en bar was, het met tegnologiese en biologiese deurbrake die landskap verander van woestyn na vrugbare grond wat vandag vrugte en blomme na die hele wêreld uitvoer.


Kyk hier na ‘n video van ‘before’ en ‘after’ fotos van Israel wat verwoes was en nou die land van melk en heuning is – https://youtu.be/EertXz0DccM


“In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.”   JESAJA 27:6 AFR53


“Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby. Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.” ESÉGIËL 36:8-11 AFR53

 

27 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 11 – Israel se weermag sal kragtig en sterk wees.


Vanaf Israel se onafhanklikwording in 1948 is hul al vele kere aangeval deur magte groter en sterker as hulle, en elke keer was hul die oorwinnaar!

“In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos ‘n pan met vuur onder ‘n hoop hout en soos ‘n brandende fakkel onder gerwe — hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.” SAGARÍA 12:6 AFR53


“So sê die Here Here: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.


En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is.”   ESÉGIËL 28:25-26 AFR

 

28 November 2021


Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 12 – Hebreeus word weer die nasionale taal van Israel.

Die Jode het as gevolg van die verspreiding oor die wêreld of die diaspora, die gebruik van die Hebreeuse taal verloor. Slegs skrifgeleerdes het nog Hebreeus as leertaal gebruik. Vêrder het die taal ook vermeng met die tale van die lande waar die Jode gewoon het om so die suiwerheid daarvan te verloor.

Zephania Elineazer Ben Yahoda het dit sy lewenstaak gemaak om die Hebreeuse taal te suiwer en om ‘n groter woordeskat van die basis woorde op te bou.


Hebreeus is vandag die gom wat die Jode wat verskillende tale praat bymekaar hou, en Hebreeus word in 1982 die offisiële taal van Israel.


“Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.”   SEFÁNJA 3:9 AFR53



 

29 November 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 1


Dié tempel, waarin dié Antichris gaan ingaan, halfpad deur die Groot Verdrukking, en homself as god verklaar!

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou? Ek gaan poog om die vraag te antwoord deur te kyk na wat huidiglik in Israel gebeur en ek gaan vir julle wys wat ons nie op ons nuus en tv sien nie.


Die volk van Israel is terug in hul land, hulle is as ‘n volk herenig en huidiglik gereed om die tempel te bou soos ons in die volgende advertensies kan sien wat op hul TV wys.


Kyk gerus na die volgende advertensies wat deur ‘The Temple Institute’ gemaak is en op Israel TV wys.

Advertensie – ‘The children are ready’ https://youtu.be/B6C_zfpEwUI

Advertensie – ‘The people are ready’ https://youtu.be/0vRkEyF-DBY

 

30 November 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 2


Daar is hernude belangstelling onder die Jode om die Tempelberg in Jerusalem, waar die tempel gebou moet word, te besoek.


Streng toegangsreëls word op die Tempelberg toegepas. Joodse en Christen gebed word totaal verbied. Jode mag net op spesifieke tye die berg besoek. Moslems daarteen is welkom om ter enige tyd die berg te besoek en daar te bid. Christene en Jode mag net as besoekers die berg besoek maar mag nie sing, bid of enige gelowige uitinge gee nie.



 

1 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 3


Daar is twee organisasies in Jerusalem met die spesifieke einddoel om die derde tempel te bou.


a) Die Tempel Instituut is gestig in 1987 deur Rabbie Yisrael Ariel, ‘n valskermsoldaat van die Ses Dag oorlog van 1967 – https://templeinstitute.org


b) Temple Mount and Land of Israel Faithful Movement is gestig in 1967 deur Gershon Salomon ‘n offisier in die Israelse weermag wat glo hy het ‘n opdrag van God om die derde tempel te bou – http://templemountfaithful.org



 

2 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 4


Die argitekplanne vir die tempel is gereed!

Hier is ‘n kort video wat reeds in 2015 deur die Tempel Instituut gemaak is:



 

3 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 5


Volgens Numerie 19 word die as van ‘n rooi koei (red heifer) benodig vir die suiwerings rituele van die tempel.

“Dit is die wetsinsetting wat die Here beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou ‘n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.


Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.


En 'n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is 'n sondoffer.” NÚMERI 19:2, 5, 9 AFR53


Rooi koeie het na die laaste tempel in 70 AD verwoes is van die prentjie verdwyn en het onlangs eers weer hul verskyning in Israel gemaak.


Kyk na hierdie video vir ‘n kort verduideliking:

 

4 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 6


Die Joodse Raad, wat ook tot niet gegaan het na die verwoesting van die laaste tempel in 70 AD, is in 2004 weer herkies.


Die Raad staan nou bekend as die ontluikende Joodse Raad (nascent Sanhedrin) en hulle is gereed om die Derde Tempel te bou.

Die Joodse Raad bestaan uit 70 lede + die hoëpriester en ons lees vir die eerste keer van die groep mense in Numeri 11:16-17 toe God helpers vir Moses aangestel het. Die doel van die Joodse Raad is gelykstaande aan ‘n Hooggeregshof.


Die Joodse Raad was ook teenwoordig met Jesus se ondervraging voor Sy kruisiging.


“Toe sê die Here aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.”   NÚMERI 11:16-17 AFR53


“En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien. En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.”   MATTHÉÜS 26:58-60 AFR53

 

5 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 7


Die argitekplanne vir die Joodse Raad se ‘kantore’ in die tempel is gereed.


Hier is ‘n kort video met die planne:









 

6 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 8


Die ontluikende Joodse Raad het op 29 November 2018 ‘n verklaring aan 70 nasies uitgereik wat op Hanukkah tydens ‘n seremonie in Jerusalem op die laaste dag van die vakansiedag gelees was.


Die verklaring is bedoel as ‘n uitnodiging aan die nasies om aan die Tempel deel te neem en om seëninge te ontvang. Die seremonie het die inwyding van ‘n klipaltaar ingesluit wat gebou is vir gebruik in die Derde Tempel.


Die altaar is tans in die vorm van los klipblokke wat gereed is om na die Tempelberg vervoer te word wanneer die tyd reg is. Die altaar is ‘n vierkant met elke sy 2,74 meter lank en 1,5 meter hoog.


Die altaar het ook ‘n oprit vir die priesters om op te klim.

 

7 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 9


Die ontluikende Joodse Raad het tydens die Hannukkah seremonie in 2018 ‘n hoë priester aangestel om in die derde tempel diens te doen.


Rabbie Baruch Kahane, die nuutgekose hoë priester het in die foto hierby ‘n beweegoffer by die brandofferaltaar uitgevoer.


“Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van die Here van die leërskare.”     MALEÁGI 2:7 AFR53

 

8 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 10


Die Tempel Instituut het ‘n skool geopen om die Levitiese priesters op te lei om in die tempel diens te doen.

Kohanim is die hebreeuse woord vir Levitiese priester – afstammelinge van Aaron wat die eerste hoëpriester was.


Hier is ‘n kort video om te verduidelik.   https://youtu.be/EICu2C02sKk


 

9 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 11


‘n Kalender spesifiek ontwerp vir gebruik in die Derde Tempel is in Maart 2018 bekend gestel op die 1ste van die maand Nisan – die eerste maand op die Joodse kalender.


Die kalender staan bekend as die ‘Konings Kalender’ en is opgestel deur Reuven Prager. Die ‘Konings Kalender’ bevat al die aktiwiteite wat in die Eerste en Tweede Tempels plaasgevind het en wat weer uitgevoer sal word wanneer die Derde Tempel ingebruik geneem gaan word.


Dit sluit in die Bybelse feeste wat vandag waargeneem word, maar die kalender hou ook baie verrassings, vakansiedae en gebeure in wat net waargeneem word as ‘n tempel in Jerusalem staan.


“En die Here het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê: Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.”  EXODUS 12:1-2 AFR53

 

10 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 12


Leer hoe om die tempelbrode te bak.

Baie mense lees en bestudeer die maak van die brode van die Beit Hamikdash (Tempel), maar min het die geleentheid om dit te sien en selfs te proe.


Saidel se Artisan Baking Institute in die dorp Shomron in Israel, hou jaarlikse werkswinkels wat jou leer om die brode te bak.



Hierdie is Saidel se bydrae tot die toekomste tempel.


 

11 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 13


Die tempel musiek herleef met harpe en liere wat op bestelling van die Tempel Instituut deur Harrari Harps gemaak word.


 

12 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 14


Die meeste tempel items is reeds gereed vir die nuwe tempel. Die brandofferaltaar en die koperwaskom, die tempel items van die buitehof is reg vir gebruik.



















 

13 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 15


Die drie items vir die Heilige vertrek in die tempel is ook gereed. Die kandelaar (menorah), die reukofferaltaar en tafel van toonbrode.
























 

14 Desember 2021


Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 16


Waar is die Ark vir die Allerheiligste vertrek? Die Ark het verdwyn na die Babeloniese ballingskap wat in 606 BC begin het, en is nog steeds nie gevind nie.


Daar is ‘n paar teorieë oor waar die Ark kan wees.


1. Die amptelike posisie van konserwatiewe rabbies en die Tempel Instituut in Jerusalem is dat die Ark iewers op ‘n geheime plek onder die Tempelberg versteek is.


2. Jode van Etihopië glo dat hulle die Ark in hul stad Axum bewaar. Die legende vertel dat die seun van Salomo en die koningin van Skeba (Menelik I) die Ark moes bewaar in Etihopië omdat Salomo besef het dat sy koninkryk tot niet sou gaan na sy dood.


3. Vêrder word gespekuleer dat die Ark nie Etihopië toe is nie, maar nadat Salomo se koninkryk wel verdeel het, het sy seun koning Rehoboam koning van Juda, die Ark vir farao Shisak van Egipte gegee om te verseker dat hulle nie deur die Egitenare aangeval sou word nie.


4. 2 Makkabeers 2:4-7 vertel dat die profeet Jeremia die Ark en die Reukofferaltaar op ‘n geheime plek in die berg Nebo (die berg waar Moses vir God gesien het) versteek het, en dat dit slegs gevind sal word wanneer God so besluit.

 

98 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page