top of page
  • Regina Torre

Hoe seker is ons!

Jes 46: 9-11

9       Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie.

10     Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek. / Declaring the end from the beginning, and from ancient times the things that are not yet done, saying, My council shall stand, and I will do all my pleasure.

Ezek 12:25

Ek, die Here, sê wat Ek sê, en dit gebeur en word nie meer uitgestel nie. In julle tyd, weerbarstige volk, sê Ek dit, en Ek sal dit doen,” sê die Here my God.

Ps 40:7

Daarom het ek gesê: “Hier het ek (Dawid) gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.

Openbaring 19:10

Toe het ek voor sy voete op my knieë neergeval om hom te aanbid. “Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is ‘n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het, en dit is die Gees wat die profesie gegee het.”

Luke 24:27

Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.

Luke 24:44

Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.”

John 5:46

As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe.

Johannes 13:19

Ek sê dit nou al vir julle voordat dit gebeur, sodat wanneer dit gebeur, julle kan glo dat Ek is wat Ek is.

Johannes 16:13

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig.

  1. The NT is in the OT concealed, The OT is in the NT revealed

Hy was uit Dawid se familielyn gebore

Ps 89:

4       U het gesê: “Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, Ek het ‘n eed gesweer vir my dienaar Dawid:

5       Ek sal vir jou ‘n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou.” Sela

Ps 132:11;

Die Here het ‘n eed teenoor Dawid afgelê, en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word.

Isa 9:

5       Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

6       Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Isa 11:1

‘n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

Hy sal uit ‘n maagd gebore word

Isa 7:14

Daarom sal die HERE self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.

Hy sal in Betlehem gebore word

Micah 5:1

EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Hy sal in Egipte woon

Hos 11:1

TOE Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

Sy koms sal aangekonding word

Isa 40:3-5;

’n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ’n grootpad vir onse God!

Mal 3:1;

KYK, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

Sy bediening sal een van genesing wees

Isa 53:4

Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

Hy sal mense leer deur gelykenisse

Ps 78:2

Ek wil my mond open met ’n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom

Matt 13:35

sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

Sy intog in Jerusalem sal triomvantlik wees.

Ps 118:26

Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.

Matt 21:9

En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

Hy sal verraai word deur ‘n vriend vir 30 stukke silwer

Ps 41:10

Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

Johannes 13:18

Ek spreek nie van julle almal nie — Ek weet wie Ek uitverkies het — maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig.

Hy sal asyn en gal gegee word

Ps 69:21

En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

Matt 27:34

en vir Hom asyn, met gal gemeng, gegee om te drink; en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie.

Sy klere sal uitgeloot word

Ps 22:19

Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

Matt 27:35

En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp, sodat vervul sou word wat deur die profeet gespreek is: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad die lot gewerp.

Nie een been sal gegreek word nie

Ps 34:21

Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.

Johannes 19:36

Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.

Sy sterwens woorde voorspel

Ps 22:2

My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

Sal deur ‘n ryk man begrawe word

Isa 53:9

En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ’n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.

Daar is baie ander, die word aangehaal in die NT

Jesus Genealogy – David Jeremiah

There were many qualifications to be met by anyone claiming to be the Jewish Messiah. He would have been

  1. born in Bethlehem (Micah 5:2),

  2. born of a virgin (Isaiah 7:14), and

  3. be from the tribe of Judah (Genesis 49:10).

  4. would have to be a descendant of King David of Israel (Jeremiah 33:17).

To establish Jesus’ connection to the house of David (as well as the tribe of Judah), Matthew set down a genealogy of Jesus in his gospel account.

Matthew, a Jew, wrote his gospel for a Jewish audience to prove that Jesus was the Jewish Messiah.

  1. He began his genealogy with Abraham, the father of the Jewish race,

  2. traced it through David,

  3. then followed it down to Jesus’ legal father, Joseph (Matthew 1:2, 6, 16).

This is in contrast to Luke, a Gentile, who wrote to show that salvation through Christ was for all people, not just for the Jews. Accordingly, he traced Jesus’ ancestry all the way back to Adam, the father of the human race (Luke 3:37).

Though Jesus was not conceived by the union of Joseph with Mary, it was important for Matthew’s Jewish readers to know Jesus was a true “Son of David”—a title for Jesus used 10 times by Matthew as opposed to three times by Mark and four times by Luke (John doesn’t use the title at all).

Matthew breaks with Jewish tradition in genealogies by including the names of women—five in all:

  1. Tamar (verse 3—deceived her father-in-law, Judah, into impregnating her),

  2. Rahab (verse 5—a Canaanite prostitute),

  3. Ruth (verse 5—a godly Moabite woman),

  4. Bathsheba (verse 6—David committed adultery with her), and

  5. Mary (verse 16—the godly mother of Jesus).

Matthew’s inclusion of these women lends emphasis to the redemptive mission of Christ and God’s recognition of the value of women in the kingdom of God.

The Scarlet Thread

Gen 3:15

Die saad van die vrou – die mensdom

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt.

Gen 22:18

Abraham – Die Joodse Nasie

dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.

Gen 49:10

Jakob – Die 12 stamme van Israel

Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

2 Sam 7:12-16; (God aan Dawid toe hy die tempel wou bou)

Dawid – die familie

12     Wanneer jy te sterwe kom en jy by jou voorvaders rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom ‘n bestendige koningskap gee.

13     Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koningskap vir altyd laat voortbestaan.

14     Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees. As hy ontrou is, sal Ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty.

15     Maar my trou sal Ek nie aan hom onttrek soos Ek dit aan Saul onttrek het om vir jou plek te maak nie.

16     Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon sal altyd voortbestaan.”


Die aanval van Satan op Jesus se bloedlyn

Genesis 6

Korrupsie van Adam se bloedlyn

1          Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, 2          sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.

Gen 12

Abraham se saad

1          En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2          En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. 3          En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Gen 50

Hongersnood

18       En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. 19       Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? 20       Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.

Ex 1

Vernietiging van manlike bloedlyn

8          Toe staan daar ‘n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. 9          Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons. 10       Kom, laat ons ‘n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.

15       En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue—die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua—gespreek 16       en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ‘n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ‘n seun is, maak hom dood; maar is dit ‘n dogter, laat haar lewe.

Ex14

Farao se besluite

23       Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek—al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters—die see in. 24       En in die môrewaak het die HERE, in die vuur— en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring. 25       En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars. 26       Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters. 27       En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.

Ester 3

Haman probeer Jode uitwis

8          Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie. 9          As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tien duisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg. 10       Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode. 11       En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë.

15 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page