top of page
  • Regina Torre

Hemelvaart

Updated: Jan 31, 2023

Ons begin vandag deur te kyk wat ons glo, en wat beter manier as om ons

Geloofsbeleidenis saam hardop op te sê


  • Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.

  • En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;

  • wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;

  • wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.

  • Ek glo in die Heilige Gees.

  • Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe

Waar in die Bybel lees ons van Jesus se hemelvaart.


Handelinge 1: 1 Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het   2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;   3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.  4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie. 6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?    7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;    8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.    9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.   10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,   11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.     12 Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, ‘n sabbatsreis ver.


Hoekom word die dissipels nou apostels genoem.

Die dissipels was Jesus se studente. Na Jesus se hemelvaart het die dissipels verander van studente na leermeesters of ambassadeurs, vandaar die naamsverandering.

Hom lewend vertoon het


Jesus kon onmiddelik opgevaar het na die hemel, maar Hy het 40 dae op aarde deurgebring voor Hy opgevaar het en aan ‘n klomp mense verskyn. Dit was nodig as een van die bewyse dat Hy wel uit die dood opgestaan het.


Handelinge 13:   31 En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom

opgegaan het van Galiléa na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.


Matteus 28:    9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.


Matteus 28:   16 En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. 18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.    19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.     20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


Markus 16: 10 Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom gewees het, terwyl hulle treur en ween.  11 En toe hulle hoor dat Hy lewe en deur haar gesien is, het hulle dit nie geglo nie.  12 En hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle loop, op pad in die veld. 13 Hulle het ook gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.    14 Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.


Lukas 24:    5 En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies?   6 Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan.


1 Korintiers 15:    4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; 5 en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.   6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.  7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;   8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.


Terwyl Jesus gedurende die veertig dae aan hulle verskyn het:


Die getal 40 verskyn dikwels in die Bybel, maar dit lyk asof God hierdie nommer gekies het om tye van moeilikheid en swaarkry te help beklemtoon. Kom ons kyk na sulke voorbeelde.


Genesis 7:    11 In die ses honderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;   12 en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.   13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.


Handelinge 7:   29 En Moses het op hierdie woord gevlug en ‘n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.  30 En toe veertig jaar verby was, het ‘n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van ‘n doringbos.


Deuteronomium 8:  1 Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met ‘n eed beloof het.  2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.  3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.   4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet het nou veertig jaar lank nie geswel nie.    5 Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig,


Deuteronomium 9:     9 Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly—brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie—

18 Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank—brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie—vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg.


Deuteronomium 25:    2 as dan die skuldige slae verdien, moet die regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ‘n aantal slae laat slaan ooreenkomstig sy skuld;  3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie, dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë veragtelik gemaak word nie.


Numeri 13:    25 En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.  26 En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.


Jona 3:   4 En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.


Matteus 4:      1 Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.  2 En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.   3 En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. 4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader.


Lukas 24:    48 En julle is getuies van hierdie dinge.  49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.  50 En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën.   51 En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.  52 En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap.    53 En hulle was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.


Die belofte


Matteus 10:   19 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;  20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.


Lukas 11:   13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?     14 En Hy het ‘n duiwel uitgedryf, en dié was stom. En toe die duiwel uitgaan, het die stom man gepraat; en die skare het hulle verwonder.


Johannes 7:  38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.


Johannes 14:    16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:    17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.


Handelinge 2:     32 Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.  33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom

Krag in grieks is ‘dynames’ , uitgespreek doo-nam-is: Letterlike of figuurlike krag; wonderbaarlike krag (gewoonlik deur ‘n fisiese wonderwerk)


Markus 5:    30 En dadelik toe Jesus in Homself die krag gewaarword wat van Hom uitgegaan het, draai Hy Hom om onder die skare en sê: Wie het my klere aangeraak?


Matteus 25:   15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.


Markus 6:    2 En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?


Met die wolke

Jesus kom terug soos wat wat hy gegaan het. Hy is opgeneem en ‘n wolk het hom voor hul oë weggeneem. Hy kom weer terug met die wolke en elke oog sal Hom sien.


Handelinge 1:    9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.


Openbaring 1:   7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!


Wat moet ons nou doen.

Jesus het vir Sy dissipels ‘n opdrag gegee voor hy opgevaar het na die hemel.


Matteus 28:  16 En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.  18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.     19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.


Markus 16:  14 Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.   17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,  18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.   19 Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.  20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.


Lukas 24:    44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.  45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.  46 En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,  47 en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.  48 En julle is getuies van hierdie dinge.  49 En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.


Die opdrag vir ons is om Sy krag te ontvang en die Woord van God uit te dra na die nasies ….

10 views0 comments

Recent Posts

See All

7de Fees – Fees van Tabernakels / Sukkot

Hierdie fees is die sewende en laaste van die feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Sukkot word gevier vyf dae na Yom Kippur op Tishri 15 en begin sononder hierdie jaar op 23 September 2

6de Fees: Fees van Versoening / Yom Kippur –

Die fees het vanaand 18/9/18 net na sononder begin. Die tweede van die Herfs Feeste (en die sesde fees in totaal) is Yom Kippur en word 10 dae na die Fees van Trompette op Tishri 10 gehou. (sononder 1

Die Herfs Feeste: Inleiding & Fees van Trompette

Ons is besig met ‘n studie van die 7 feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Tot dusver het ons die lente feeste bestudeer en ons gaan nou na die herfs feeste kyk. Die profesië van die len

  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page