top of page
Regina Torre

Handelinge: Hoofstuk 1-3

Updated: Sep 29, 2023



7 September 2023


HANDELINGE 1:1 AFR53

“Die eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het”


Die boek Handelinge is die logiese opvolg op die vier Evangelies, en dit is dus ook ons volgende vers vir vers Bybelstudie.


Die eerste verhaal verwys na die Evangelie van Lukas. Lukas, ‘n mediese dokter en ‘n nie-Jood of gentile, was die skrywer van Lukas sowel as Handelinge.


Die boeke Lukas en Handelinge was moontlik opgestel om as verhoordokumentasie te dien vir Paulus. Die Romeinse reg het die geskiedkundige agtergrond van 'n saak vereis voor appèl na die Keiser verwys kon word. So 'n onderneming was duur en Theofilus was moontlik Paulus se borg.


Lukas se doel met die boek Lukas was om alles wat Jesus gedoen en geleer het weer te gee, tot op die dag wat Jesus opgeneem is.


“tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;”   HANDELINGE 1:2 AFR53


Lukas leer ons dat Jesus na Sy dood Homself lewend aan Sy dissipels getoon het. Hier sien ons ook dat Jesus veertig dae op aarde was na Sy opstanding tot Hy opgevaar het na die hemel.


“aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.”   HANDELINGE 1:3 AFR53


Jesus het toe Hy nog saam met die disippels was, vir hulle beveel om in Jerusalem te wag vir krag uit die hoogte.


“En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.”   LUKAS 24:49 AFR53


In Handelinge bevestig Lukas wat hy geskryf het, dat die disippels in Jerusalem moet bly om te wag op die belofte van die Vader.


“En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.”   HANDELINGE 1:4 AFR53


 

8 September 2023


HANDELINGE 1:5 AFR53

“Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.”


Nie lank na hierdie dae nie - 10 dae om presies te wees. Wie gaan ‘met die Heilige Gees gedoop’ word? Die Apostels, 120 van hulle? Die doop is vir die liggaam van Christus op Pinkster. Dit is hierdie doop van die Heilige Gees wat 'n gelowige in die liggaam van gelowiges plaas, waarna ons soms verwys as die kerk.


Johannes het 'n Geesdoop deur die Here Jesus voorspel. Die grootheid van Christus is gesien in die feit dat Johannes mense met homself geïdentifiseer het deur die waterdoop. Jesus sou Sy volgelinge by Homself aansluit deur die Heilige Gees.


Jesus het dieselfde profesie van Geesdoop uitgespreek as wat Johannes gedoen het.


“Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”   MATTHÉÜS 3:11 AFR53


“Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.”   MARKUS 1:8 AFR53


“En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.”   HANDELINGE 11:16 AFR53


Daar is baie beloftes in die Ou Testament van die Koninkryk, so dit was 'n wettige vraag vir hulle om te vra of Jesus in hierdie tyd die koninkryk vir Israel gaan oprig. Dit is duidelik dat hulle nie Jesus se planne geken het nie, en ook nie toegerus was vir wat kom nie.


“Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?”   HANDELINGE 1:6 AFR53


Jesus self het van die koms van 'n aardse, letterlike koninkryk geleer.


“En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.”   MATTHÉÜS 19:28 AFR53


“En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. En Ek beskik vir julle 'n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.”   LUKAS 22:28-30 AFR53


Jesus se antwoord op die vraag is dat dit nie vir hulle beskore is om die tye of geleenthede te weet wat die Vader bepaal nie. Markus het aangeteken dat niemand, nie die engele of die Seun weet van daardie dag en uur nie, net die Vader.


“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;”   HANDELINGE 1:7 AFR53


“Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.”   MARKUS 13:32 AFR53


 

9 September 2023


HANDELINGE 1:8 AFR53

“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”   

  

Jesus se laaste woorde aan die dissipels was ook Sy laaste opdrag aan hulle.

1. Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en

2. Julle sal My getuies wees in Jerusalem, die hele Judea en Samaria tot aan die uiteindes van die wêreld.


Nadat Jesus met Sy apostels gepraat het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. Dit is belangrik, want dit is hoe Jesus terugkom!


“En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.”   HANDELINGE 1:9 AFR53


Die woord ‘dissipel’ verwys na 'n leerder of volgeling. Die woord ‘apostel’ beteken - een wat uitgestuur is. Terwyl Jesus op aarde was, is sy twaalf volgelinge, dissipels genoem. Nadat Jesus Sy dissipels uitgestuur het om Sy getuies te wees, is na hulle verwys as die apostels.


Terwyl hulle stip na die hemel kyk en Jesus voor hul oë verdwyn, praat twee manne in wit klere met hulle. Die manne se trooswoorde sê: Jesus gaan net so terug kom uit die hemel, soos Hy opgeneem is in die hemel.


“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”   HANDELINGE 1:10-11 AFR53


Johannes in Openbaring bevestig die twee engele se woorde dat Jesus met die wolke sal terugkom, soos Hy gegaan het.


“Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”   OPENBARING 1:7 AFR53


Sagaria in die Ou Testament profeteer dat Jesus se terugkoms op die Olyfberg sal wees. Dieselfde plek waar Hy opgevaar het.


“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot 'n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.”   SAGARÍA 14:4 AFR53


Die apostels het toe omgedraai en van die Olyfberg weggestap, terug na Jerusalem en in die bovertrek waar hul gewoond was om bymekaar te kom, vertoef.


“Daarop draai hulle om na Jerusalem van die berg af wat genoem word Olyfberg, wat naby Jerusalem is, 'n sabbatsreis ver. En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas, Filippus en Thomas, Bartholoméüs en Matthéüs, Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.”   HANDELINGE 1:12-13 AFR53


 

10 September 2023


HANDELINGE 1:14 AFR53

“Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers.”

  

Almal wat daar saam was het eendragtig volhard in gebed en smeking. Die apostels, ‘n aantal vroue, ook Maria die moeder van Jesus, en Jesus se broers.


Petrus neem die leiding van die skare van omtrent honderd en twintig en begin met hulle praat.


“En in dié dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan — die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd-en-twintig — en gesê:”   HANDELINGE 1:15 AFR53


Petrus wys die groep daarop dat Dawid deur sy Psalms geprofeteer het oor Judas, en dat die profesie vervul is.


“Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;”   HANDELINGE 1:16 AFR53


Dawid se profesie in Psalms rakende Judas.


“Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand. As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word. Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.”   PSALMS 109:6-8 AFR53


Judas was deur Jesus self gekies as een van die twaalf. Lot van die bediening - hierdie is Ou Testament ‘taal’ wat sinspeel op die stuk grond (sy lot) wat hy gekoop het.


“want hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.”   HANDELINGE 1:17 AFR53


“Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel! En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.”   JOHANNES 6:70-71 AFR53


Judas wou nie die 30 sikkels silwer meer in sy besit he nie, en gooi dit toe in die tempel in. Die priesters wou dit ook nie gebruik nie want soos Judas gesê het, dit is bloedgeld. Die grond wat die priesters met die geld gekoop het is daarom bloedgrond genoem, en ook omdat Judas homself daar opgehang het.


“Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort; en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeldáma genoem is, dit is Bloedgrond.”   HANDELINGE 1:18-19 AFR53


Petrus redeneer dat iemand in Judas se plek as apostel gekies moet word, sodat hulle weer voltallig (twaalf) kan wees. Twaalf trone om die twaalf stamme te oordeel.


“Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.”   HANDELINGE 1:20 AFR53


“En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.”   MATTHÉÜS 19:28 AFR53


 

11 September 2023


HANDELINGE 1:21 AFR53

“Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in- en uitgegaan het,”


Petrus sê dat die persoon wat in Judas se plek gekies word, iemand moet wees wat die hele tydperk van Jesus se bediening, saam met hulle daar was.


Die persoon moet saam met hulle rondgegaan het vandat Johannes die Doper mense gedoop het, tot en met Jesus se hemelvaart, want hy moet ook ‘n ooggetuie wees.


“van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is — van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.”   HANDELINGE 1:22 AFR53


Twee persone, Justus en Matthias, het die kortlys gehaal.


“En hulle het twee voorgestel: Josef wat genoem is Bársabas, met die bynaam van Justus, en Matthías.”   HANDELINGE 1:23 AFR53


Die apostels het toe gedoen wat elkeen moet doen voor ‘n groot besluit. Hulle het gebid en vir God gevra wie Sy keuse is.


“En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het”   HANDELINGE 1:24 AFR53


Dit was ‘n gewoonte in die Bybel tyd om die lot te werp om ‘n antwoord van God te kry.


“In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here.”   SPREUKE 16:33 AFR53


Die apostels se gebed is dat wanneer hulle die lot werp, God die regte persoon moet aanwys.


“om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.”   HANDELINGE 1:25 AFR53


Die lot het toe op Matthias geval, en hy as is die twaalfde apostel in die plek van Judas gekies.


“Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.”   HANDELINGE 1:26 AFR53


Sommiges beweer dat hulle ‘n fout gemaak net en eerder vir Paulus moes kies, maar op die stadium was Paulus nog nie in die prentjie nie, en hy was ook nie saam met hulle van Johannes die Doper se tyd nie. Paulus self het gesê dat hy nie een van die twaalf moes wees nie.


“Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels; en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.”   I KORINTHIËRS 15:7-8 AFR53


 

12 September 2023


HANDELINGE 2:1 AFR53

“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.”


God het vir Moses in Levitikus 23, sewe feeste gegee wat elke jaar gehou moet word.


Hierdie is God se feeste en wat tot eer van God gevier moet word. Die feeste word opgedeel in drie groepe.


Drie feeste word in die lente gehou, een fees ongeveer twee maande later, en die laaste drie feeste word in die herfs gehou.


Nou moet onthou word dat wanneer ons praat van lente en herfs moet ons noordelike halfrond dink en in Israel wees, want dit is uit hierdie oogpont wat die feeste gegee is.


Verder moet ons ook onthou dat die feeste elkeen ‘n profesie uitbeeld vir gebeure wat in die toekoms moet plaasvind.


Die eerste vier feeste, die lente feeste se profesië het reeds tot vervulling gekom.


Die laaste drie feeste, die herfs feeste wag vir die eindtye om tot vervulling te kom.


Wat ons wel seker van kan wees is dat soos die eerste vier feeste presies soos uitgebeeld tot vervulling gekom het, so sal die laaste drie feeste ook tot op die fynste detail tot vervulling kom.


Ons het oor die Paasfees naweek die volgende feeste gevier.


Op Paasfees is Jesus gekruisig, op die fees van Ongesuurde Brode is Jesus begrawe, en op die fees van Eerste Vrugte het Jesus opgestaan.


In die boek Handelinge gaan ons sien wat plaasgevind het op die eerste Pinkster fees (4de fees vlg Levitikus) na Jesus se hemelvaart.


“Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring — sewe volle weke moet dit wees;”.  LEVÍTIKUS 23:15 AFR53


Die sabbat is ‘n Saterdag. So die dag na die sabbat is Sondag. Die dag wat die are as beweegoffer gebring is, is wat ons as Jesus se opstanding ken. So van Jesus se opstanding moet ons sewe volle weke tel.


“tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die Here bring.”   LEVÍTIKUS 23:16 AFR53


Wat word hierdie fees genoem, en waar kom die naam vandaan.


In Hebreeus word hierdie fees Shavuot genoem, want Shavuot beteken weke. Sewe weke moet getel word, so in Engels het dit Feast of Weeks geword.


7 x 7 weke is 49 dae + die dag daarna is vyftig dae. So in Grieks het hul toe die naam Pentacost gegee omdat dit vyftig beteken. In Afrikaans is die woord Pinkster opgemaak, en nou weet ons waar dit vandaan kom.


 

13 September 2023


LEVÍTIKUS 23:17 AFR53

“Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die Here.”


Elke gesin moet twee brode bring wat met ongeveer drie kilogram koringmeel gemaak is. Die brode moet met suurdeeg gemaak word.


Ons weet al teen die tyd dat suurdeeg in die Bybel ‘n prentjie is van sonde.


Om te bepaal wat die brode met die suurdeeg voorstel is dit goed om eers te kyk wat die brode nie voorstel nie.


Waar in die vorige feeste is brood geëet?


Dit was met die fees van ongesuurde brode. Die ongesuurde brode, wat sonder suurdeeg gebak is, is ‘n voorstelling Jesus.


So, die brode wat met suurdeeg gebak word, kan nie vir Jesus voorstel nie. Ook nie die Heilige Gees nie, want dieselfde reëls geld.


Jesus en die Heilige Gees is sonder sonde.


Die brode stel twee groepe mense voor, mense met sonde.


Die twee groepe mense in Jesus se tyd was die ‘Jews’ en die ‘Gentiles’


Die Jode en die heidene wat as twee verskillende groepe, Christene geword word het.


Tien dae tevore, net voor Jesus opgevaar het na die hemel, het Hy vir Sy apostels gesê dat hulle moet wag in Jerusalem, want hulle sal krag ontvang as die Gees oor hulle kom.


Pinkster is die dag wat die Heilige Gees oor die Apostels uitgestort is, en hulle die krag van bo ontvang het, en in verskillende tale met die omstaanders gepraat het.


Jode wat van oor die hele wêreld gekom het om hierdie verpligte fees by te woon het in hul land se taal die Woord van God gehoor.


Die hele wêreld van daardie tyd was Noord Afrika, Europa & Asië.


Drie van die sewe feeste was verpligte feeste wat die die Joodse mans bo 20 elke jaar moes bywoon. Shavuot of Pinkster was een van die verpligte feeste.


Die aantal mense wat die dag gedoop is, en by die getal van die gelowiges bygevoeg is, was omtrent drie duisend mense.


Ons opdrag om die Woord van God uit te dra geld vandag nog vir ons, tot en met die eindtye!


 

14 September 2023


HANDELINGE 2:2 AFR53

“En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.”


Die Fees van Weke het die koms van die kerk geprofeteer, en die begin van die kerk het plaasgevind op dieselfde dag dat hulle hierdie fees gevier het!


En skielik het daar 'n geluid uit die hemel gekom soos die van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het - 'n magtige wind.


Die Hebreeuse woord ‘ruach’ beteken wind, asem of gees. Die ooreenstemmende Griekse woord is pneuma. Albei woorde word algemeen gebruik in gedeeltes wat na die Heilige Gees verwys. Die woord se eerste gebruik in die Bybel verskyn in Genesis.


“En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.”   GÉNESIS 1:2 AFR53


In Genesis 6:17 word ruach met ‘asem van die lewe’ vertaal. Genesis 8:1 gebruik ruach om die ‘wind’ te beskryf wat God oor die aarde gestuur het om die vloedwater terug te trek. Altesaam kom die woord ruach byna 400 keer in die Ou Testament voor.


Dikwels, wanneer die Ou Testament oor die Gees van die Here of die Gees van God praat, is die woord vir ‘Gees’, Ruach. Die gebruik van ruach as ‘gees’ wanneer dit nie met God verbind word nie, verwys gewoonlik na die menslike gees. Dit kan die werklike gees van 'n mens beteken of 'n mens se bui, emosionele toestand of algemene geaardheid. Ruach as asem of wind kan 'n verwysing na letterlike asem of wind wees, of dit kan 'n figuurlike betekenis aanneem soos in die idioom - 'n blote asem.


God se Ruach is die bron van lewe. Die Ruach van God is die Een wat lewe gee aan die hele skepping. Ons kan sê dat God se Ruach elke ander (nie-goddelike) ruach wat bestaan, geskep het. Alle lewende wesens het die asem van die lewe te danke aan die Skeppende Gees van God.


Moses stel hierdie waarheid uitdruklik -   “Moses het vir die Here gesê: “Here, God wat asem gee aan alles wat leef, wys asseblief tog ’n nuwe persoon aan vir die gemeenskap.”   NUMERI 27:15-16 NLV


Ook Job het hierdie waarheid  verstaan - “want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —”.  JOB 27:3 AFR53


God het die frase Ruach Yahweh gebruik in Sy belofte dat die Messias deur die Heilige Gees bekragtig sal word:


“en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.”   JESAJA 11:2 AFR53


Hierdie profesie is in Jesus vervul. Tydens Sy doop in die Jordaanrivier het Johannes die Gees van God soos 'n duif op Hom sien neerdaal.


“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom.”   MATTHÉÜS 3:16 AFR53


 

15 September 2023


HANDELINGE 2:3 AFR53

“Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.”


Verskeie kere in die Ou Testament het God Homself in die vorm van vlamme vertoon.


Aan Abram toe Hy met ‘n vurige fakkel ‘n verbond met hom gesluit het.


“En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. Op dié dag het die Here met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:”   GÉNESIS 15:17-18 AFR53


Aan Moses in die brandende doringbos.


“Daarop verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die Here sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.”   EXODUS 3:2-6 AFR53


Aan die volk Israel in ‘n vuurkolom wat snags voor hul uitgetrek het.


“En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.”   EXODUS 13:21-22 AFR53


Op die berg Sinia toe God neergedaal het in vuur om met die volk te praat.


“Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.”   EXODUS 19:17-18 AFR53


In die tabernakel, elke nag op die volk se togte na die beloofde land.


“Want die wolk van die Here was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.”   EXODUS 40:38 AFR53


Johannes die Doper het geprofeteer dat Hy wat na hom kom sal doop met die Heilige Gees en met vuur.


“Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”   MATTHÉÜS 3:11 AFR53


“antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.”   LUKAS 3:16 AFR53


 

16 September 2023


HANDELINGE 2:4 AFR53

“En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.”


Die uitstorting van die Heilige Gees op die mensdom was die inhuldiging van die Nuwe Verbond wat deur Jesus se bloed bekragtig is.


“Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.”   LUKAS 22:20 AFR53


Volgens die bepalings van die Nuwe Verbond word die Heilige Gees aan elke gelowige gegee.


“in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,”.  EFÉSIËRS 1:13 AFR53


Sedert Pinkster, het die Heilige Gees elke gelowige in Christus gedoop op die oomblik van verlossing, soos Hy kom om permanent in God se kinders te woon.


“Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.”   I KORINTHIËRS 12:13 AFR53


Voor Sy arrestasie het Jesus belowe om Sy dissipels die Heilige Gees te stuur.


“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.”   JOHANNES 14:16-17 AFR53


Die Gees ‘woon by julle en sal in julle wees’, het Jesus gesê. Dit was 'n profesie van die inwoning van die Gees, nog 'n kenmerk van die kerktydperk.


Daar is drie ‘uitstortings’ van die Heilige Gees, aan drie verskillende mensegroepe op drie verskillende tye. Die eerste was vir Jode in Jerusalem (Handelinge 2). Die tweede was vir 'n groep gelowige Samaritane (Handelinge 8). Die derde was vir 'n groep gelowige heidene (Hand 10).


Dit is betekenisvol dat Petrus by al drie uitstortings teenwoordig was. Drie keer het God die Heilige Gees gestuur met aantoonbare tekens, terwyl die Groot Opdrag vervul is. Dieselfde Heilige Gees wat op dieselfde manier oor Jode, Samaritane en heidene kom in die teenwoordigheid van dieselfde apostel het die vroeë kerk verenig gehou.


Daar was nie 'n Joodse kerk, 'n Samaritaanse kerk en 'n Romeinse kerk nie - daar was een kerk, met een Here, een geloof, een doop. Net soos met die Fees van Weke waar twee brode met suurdeeg na die Priester gebring moes word.


“Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.”EFÉSIËRS 4:4-6 AFR53


 

17 September 2023


HANDELINGE 2:5 AFR53

“En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.”


Elke nasie onder die hemel was verteenwoordig in Jerusalem. Ons moet onthou dat dit die Fees van Weke was, en dat dit een van die drie verpligte feeste was vir die Joodse mans om by te woon.


Die menigte hoor op die Pinksterdag die geluid van ‘n geweldige rukwind, en dit laat almal saamstroom. Hulle is verwonderd, want elkeen hoor hoe daar in sy eie taal gepraat word.


“En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;”   HANDELINGE 2:6 AFR53


Ons moet opmerk dat dit presies in ooreenstemming is met wat Paulus beskryf het as die effek van die gawe van tale. Dit was ’n teken vir die wat nie geglo het nie, wat hulle met verwondering vervul het, maar die werk van oortuiging en bekering is oorgelaat vir die gawe van profesie.


“Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.”   I KORINTHIËRS 14:22 AFR53


Hoe is dit moontlik dat die Galileërs wat daar praat elkeen aanspreek in hul eie taal?


“en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?”   HANDELINGE 2:7-8 AFR53


Sestien nasies word hier vermeld en elkeen van die nasies se tale is die dag verteenwoordig.


“Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, Frígië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.”   HANDELINGE 2:9-11 AFR53


Maar, jy kry altyd die wat nie glo nie, al gebeur dit voor hul oë. So in plaas van om te sien dat ‘n wonderwerk plaasvind, moet hulle vol soetwyn wees. Dis makliker verklaarbaar.


“Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.”   HANDELINGE 2:13 AFR53


Petrus staan want hy lewer ‘n boodskap. Hy is nie nou in die hoedanigheid van ‘n leermeester nie, want dan sou hy sit om sy omstaanders te leer.


Hy praat met ‘n Joodse gehoor, die Joodse manne en die inwoners van Jerusalem. Petrus vertel vir almal dat dit nou eers 9:00 die oggend is, so die mense is beslis nie dronk nie.


“Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.”   HANDELINGE 2:14-15 AFR53


 

18 September 2023


HANDELINGE 2:16 AFR53

“Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:”


Petrus haal Joël 2:28-32 aan. Hy kies 'n vers wat die belofte van die Heilige Gees die beste beskryf. In die Hebreeuse Bybel is hierdie gedeelte 'n hoofstuk op sy eie. Dit begin met die belofte van die Heilige Gees en eindig met eindtyd profesieë.


“En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.”   HANDELINGE 2:17-18 AFR53


“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.”   JOËL 2:28-29 AFR53


Petrus praat van hierdie gebeurtenis wat hulle so pas aanskou het as dit wat deur Joël geprofeteer is. Hy impliseer nie dat die totale profesie op hierdie dag vervul is nie, maar dat die profesie in Joël dít insluit, wat hulle so pas sien gebeur het.


Dit dui ook aan dat hierdie verskynsels verwag kan word gedurende die hele ‘kerk tydperk’, met die klimaks in die kosmiese gebeure wat in Joël se profesie verwag word.


Die kosmiese gebeure het tot op datum nog nie plaasgevind nie, en wag nog om in ons toekoms te gebeur.


“En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.”   HANDELINGE 2:19-20 AFR53


“En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.”   JOËL 2:30-31 AFR53


Elkeen, beteken almal, Jood en heiden. Almal vanaf die uitstorting van die Heilige Gees tot en met die tyd wanneer Jesus weer terugkom. Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word!


“En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”   HANDELINGE 2:21 AFR53


“En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.”   JOËL 2:32 AFR53


 

19 September 2023


HANDELINGE 2:22 AFR53

“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet —”


Jesus die Nasarener! Die mense het presies geweet van wie hier gepraat word, met hierdie aanspreek vorm. Hulle het ook geweet Hy was ‘n profeet deur God aangewys, en hulle het geweet Hy het wonders gedoen.


Filippus het Jesus eerste aangewys op die benaming.


“Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.”   JOHANNES 1:46 AFR53


‘n Man met ‘n onreine gees het dit uitgeskreeu!


“en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!”   MARKUS 1:24 AFR53


Jesus het ‘n klein opskudding veroorsaak met Sy inttog in Jerusalem!


“En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa.”   MATTHÉÜS 21:11 AFR53


Pilatus met Jesus se kruis opskrif het ‘Jesus, die Nasarener’ bevestig.


“En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.”   JOHANNES 19:19 AFR53


Die engel by Jesus se graf het Hom as Jesus die Nasarener aangespreek.


“En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.”   MARKUS 16:6 AFR53


Die twee Emmausgangers kan nie verstaan dat die ‘Man’ wat saam met hulle loop niks weet van Jesus die Naserener nie.


“En Hy sê vir hulle: Watter dinge? En hulle antwoord Hom: Die dinge aangaande Jesus, die Nasaréner, wat 'n profeet was, kragtig in werk en woord voor God en die hele volk;”.  LUKAS 24:19 AFR53


 

20 September 2023


HANDELINGE 2:23 AFR53

“Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;”


Hom - Jesus - wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is. Terwyl God Jesus nie letterlik doodgemaak het nie, het God toegelaat dat Hy deur die hande van die Jode en Romeine gedood word. Petrus beklemtoon God se soewereine kennis toe Hy mense toegelaat het om Sy Seun wreed en onwettig te vermoor.


Alhoewel God nie die mense verhinder het om Jesus fisies dood te maak nie, het Hy ook nie toegelaat dat die dood die laaste sê het nie.


“Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.”   HANDELINGE 2:24 AFR53


Jesus se dood en opstanding was deel van God se volmaakte plan om almal wat in Hom glo, vir ewig te verlos. Jesus se offerdood aan die kruis bied redding vir almal wat op Hom vertrou.


“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”   II KORINTHIËRS 5:21 AFR53


Petrus haal nou aan uit Dawid se Psalms. Dawid het voortdurend die teenwoordigheid van God in sy lewe beleef, in goeie en in slegte tye. Met God aan sy regterhand het hy beskut en veilig gevoel.


“Ek stel die Here altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.  Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;”   PSALMS 16:8-9 AFR53


“Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.”   HANDELINGE 2:25-26 AFR53


Dawid is verseker dat God nie sy siel aan die doderyk sal oorgegee nie. Dan profeteer Dawid van God se gunsgenoot, Jesus wat nie verderwing sal sien nie, m.a.w. hy sal nie tot stof terugkeer nie.


“want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.”   PSALMS 16:10 AFR53


“Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.”   HANDELINGE 2:27 AFR53


Die laaste vers wys Dawid se eie geloof en hoop, maar is ook ‘n profesie van Jesus se opstanding.


“U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.”   PSALMS 16:11 AFR53


“U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.”   HANDELINGE 2:28 AFR53


 

21 September 2023


HANDELINGE 2:29 AFR53

“Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.”


Broeders is ‘n aanspreekvorm van respek. Petrus praat vrylik met sy gehoor oor hulle aartsvader Dawid en verduidelik die Psalm wat hy aangehaal het.


Hy verduidelik dat hierdie Psalm nie op Dawid van toepassing kan wees nie, maar op die Messias wat kom. Dawid het gesterf, hy is begrawe en almal weet waar sy graf is.


God het vir Dawid met ‘n eed gesweer dat die Messias uit sy nageslag verwek sou word om op die troon van die ewige Koninkryk te sit.


“Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,”.  HANDELINGE 2:30 AFR53


In die graf vergaan of verdorwe jou liggaam terug na stof, en omdat niemand ooit voorgegee het dat Dawid uit die dood opgestaan het nie, moet dit op die Messias van toepassing wees.


“het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is.”   HANDELINGE 2:31-32 AFR53


Die regterhand onder die Joodse volk is dikwels gebruik om krag aan te dui. Die uitdrukking hier beteken nie dat Jesus verhewe was tot die regterhand van God nie, dit beteken dat Jesus deur God se krag uit die dood opgewek is.


Jesus het toe Hy nog op aarde was, vir die dissipels belowe dat wanneer Hy na Sy Vader gaan, Hy ‘n Helper vir hulle sal stuur - die Heilige Gees. Petrus sê vir sy gehoor dat dit wat hulle gesien en gehoor het, die uitstorting van die beloofde Heilige Gees is.


“Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.”   HANDELINGE 2:33 AFR53


Petrus bevestig dat Dawid nie opgevaar het na die hemel nie. Jesus het opgevaar na die hemel, en sit aan die regterhand van God. Jesus het Sy vyande oorwin en hulle is nou ‘n voetbank vir Sy voete.


“Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.”   HANDELINGE 2:34-35 AFR53


Petrus sluit sy Pinksterdag toespraak af deur te bevestig dat God vir Jesus, Here en Christus gemaak het.


“Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”   HANDELINGE 2:36 AFR53


 

22 September 2023


HANDELINGE 2:37 AFR53

“Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?”


Die omstaanders is diep getref deur Petrus se woorde en vra nou ‘n belangrike vraag: Wat moet ons doen?


Petrus se maklike antwoord is: Bekeer julle, word gedoop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en dan sal julle die gawe van die Heilige Gees ontvang.


“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.”   HANDELINGE 2:38 AFR53


Ons het in hierdie kort vers die samevatting van die Christelike leer tussen mens en God. Bekering en geloof aan die kant van die mens; vergifnis van sondes, of regverdiging, en die gawe van die Heilige Gees, of heiligmaking, aan die kant van God. En beide word uitgedruk in die sakrament van die doop, wat die daad van die mens aan die belofte van God verbind. Want die sakrament druk die mens se geloof en bekering aan die een kant uit, en God se vergifnis en gawe aan die ander kant.


Bekering was in Handelinge herhaaldelik deel van die apostels se boodskap.


“Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,”   HANDELINGE 3:19 AFR53


“Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.”   HANDELINGE 5:31 AFR53


“Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.”   HANDELINGE 8:22 AFR53


“En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.”   HANDELINGE 11:18 AFR53


“nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.”   HANDELINGE 13:24 AFR53


“God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,”   HANDELINGE 17:30 AFR53


“Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.”   HANDELINGE 19:4 AFR53


“terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.”   HANDELINGE 20:21 AFR53


“maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.”   HANDELINGE 26:20 AFR53


 

23 September 2023


HANDELINGE 2:39 AFR53

“Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”


Hier in Petrus se eie woorde erken hy dat die belofte nie net vir Israel is nie, alhoewel dit hom 'n rukkie gaan neem voordat hy sal besef dat hy veronderstel is om ook na die heidene te gaan - almal wat daar ver is.


Die verkeerde geslag hier is die mense wat Jesus verloën en gekruisig het - hulle is vinnig oppad na hul eie vernietiging. Kom uit onder die groep en word deel van die groep wat Jesus volg.


“En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.”   HANDELINGE 2:40 AFR53


Die Liggaam van Christus groei dag 1 van 120 tot 3 000 met een preek!


“Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.”   HANDELINGE 2:41 AFR53


Eksodus 32 vertel van Moses wat op die berg was en die tien gebooie ontvang het, met Josua aan die voet van die berg wat vir hom gewag het. Intussen is die res van Israel ongeduldig en twyfel of Moses ooit sou terugkeer.


“Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.”   EXODUS 32:1 AFR53


Nogal merkwaardig dat die volk wat die tien plae aanskou het, uit Egipteland verlos is en deur die Rooi See getrek het, nou nuwe gode soek om te aanbid.


Nog meer verbasend was hoe maklik Aaron saamgewerk het om die goue kalf te maak.


Toe het die volk offers aan die goue kalf gebring en verklaar dat dit die god is wat hulle uit Egipte verlos het, en hulself bederf met partytjies en allerhande losbandigheid.


Lang storie kort, in vers 28... en daar het van die volk daardie dag omtrent drieduisend man geval.


“En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval.”   EXODUS 32:28 AFR53


‘Fast forward’ na Pinksterdag en ons sien die kontras tussen die wet en die Gees. Terwyl 3000 gesterf het by die gee van die wet, sien ons nou 3000 wat gered word deur die Heilige Gees te ontvang.


Die dag wat die wet aan die volk gegee was, was jare later dieselfde dag wat die Heilige Gees uitgestort is - Pinkster!


 

24 September 2023


HANDELINGE 2:42 AFR53

“En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.”


Na daardie Pinksterdag waar die Heilige Gees op die gelowiges uitgestort is, het die kerk begin en gegroei. Hulle kennis van die waarheid het gegroei deur te volhard in die leer van die apostels. As ‘n gemeenskap het hulle saam brood gebreek (nagmaal soos ons dit ken) en gebid.


Die vrees waarvan hier gepraat word is eerder ‘n groot ontsag waarmee elkeen vervul is as gevolg van die baie wonders en tekens wat die apostels gedoen het.


“En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.”   HANDELINGE 2:43 AFR53


Die gelowiges het as ‘n gemeenskap bymekaar gewoon, en het daagliks gegroei.


Om alles gemeenskaplik te besit, was nie sosialisme of kommunisme nie, want dit was vrywillig gegee. Ook is die goedere nie eweredig tussen almal verdeel nie, maar is uitgedeel volgens wat elkeen nodig gehad het.


“En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.”   HANDELINGE 2:44-45 AFR53


Die nuwe Christene se geloof was 'n dag tot dag proses, nie 'n een keer 'n week roetine nie.


Daagliks ontmoet.


“En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,”   HANDELINGE 2:46 AFR53


Daagliks versorg.


“In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het, het daar teen die Hebreeussprekendes klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word.”   HANDELINGE 6:1 AFR83


Daagliks siele gewen.


“terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.”   HANDELINGE 2:47 AFR53


Daagliks die Skrifte ondersoek.


“En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”   HANDELINGE 17:11 AFR53


Daagliks toegeneem in getal.


“En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal.”   HANDELINGE 16:5 AFR53


 

25 September 2023


HANDELINGE 3:1 AFR53

“En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur.”


Dit lyk asof Petrus en Johannes in hierdie vroeë hoofstukke saamgewerk het. Dit is interessant om daarop te let dat hulle sewe keer in die boek Handelinge genoem word. Ook interessant is dat Johannes blykbaar ondergeskik is aan Petrus, dit is altyd ‘Petrus en Johannes’.


‘n Kreupel man word aangedra en by die tempelpoort neergesit om ‘n aalmoes te vra van almal wat tempel toe gaan.


“En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.”   HANDELINGE 3:2 AFR53


Petrus en Johannes het na die Pinksterdag nog steeds die tempel bygewoon. Al die gelowiges in Jerusalem was Israeliete, en hulle het voortgegaan om in die tempel te gaan bid. Die kreupel bedelaar wat hul teëkom vra met groot verwagting vir ‘n aalmoes.


“Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra. En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.”   HANDELINGE 3:3-5 AFR53


Petrus het egter iets heeltemal anders om aan te bied. Die eerste wonderwerk van die kerktydperk het op hierdie dag plaasgevind. Petrus sê vir die kreupel man dat hy nie silwer of goud het nie, maar dit wat hy het gaan hy vir hom gee.


Petrus roep uit: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Daar is geen bewys in die Skrif dat die kreupel man enige geloof in Jesus gehad het nie. Hy was opsoek na ‘n aalmoes, dis al, nie genesing nie. Petrus het die gesag van Jesus Christus bevestig en hom genees.


“Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!”   HANDELINGE 3:6 AFR53


Kan jy jouself indink in die kreupele se ‘skoene’. Petrus gryp sy hand en ruk hom op en vir die eerste keer in sy hele lewe kan hy staan. Die man wat kreupel gebore was.


“Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.”   HANDELINGE 3:7 AFR53


Oorweldigende emosies moes deur die man se hele lyf gegaan het. Hy spring op, staan, loop rond en spring en prys God en gaan saam met Petrus en Johannes in die tempel in.


“En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop en spring en God prys.”   HANDELINGE 3:8 AFR53


Die hele volk het gesien wat gebeur het, en hoe die kreupel man God loof en prys, en hulle was verstom en vervul met verwondering.


“En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys. En hulle het hom herken, dat dit hy was wat by die Skone Poort van die tempel gesit het om te bedel, en hulle is vervul met verwondering en verbasing oor wat met hom gebeur het. En toe die kreupel man wat genees was, aan Petrus en Johannes vashou, het die hele volk uitermate verbaas na hulle gehardloop in die pilaargang wat Salomo s'n genoem word.”   HANDELINGE 3:9-11 AFR53


 

26 September 2023


HANDELINGE 3:12 AFR53

“En toe Petrus dit sien, sê hy vir die volk: Israeliete, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons so aan asof ons deur ons eie krag of godsvrug bewerk het dat hy loop?”


Petrus berispe die volk omdat hulle hulself verwonder asof hy en Johannes deur hul eie krag die outeurs van die genesing was. Hulle moes van beter geweet het. Die Joodse volk was goed genoeg bekend met wonderwerke om te besef dat hierdie God se toedoen is.


In sy tweede toespraak praat Petrus steeds met die volk, die Israeliete, en hy verbind die huidige wonderwerk met alles wat God in die vroeë dae vir hul voorvaders gedoen het. Hy doen dit deur te verwys na die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders.


God het Sy Kind Jesus, wat julle verloën, verag en vermoor het, verheerlik. Dit was die krag van God wat die man herstel het, en deur hierdie krag na vore te bring, het God getoon dat Hy die werk van Sy Seun goedgekeur het.


“Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat.”   HANDELINGE 3:13 AFR53


'n Merkwaardige titel wat hier aan ons Here gegee word om die kontras tussen hom wat hulle verkies het en Hom wat hulle verwerp het uit te beeld. Barabbas was 'n moordenaar, een wat menselewe weggeneem het, die ander was die Vors en Outeur van die lewe, wat in die wêreld gekom het, nie om mense se lewens te vernietig nie, maar om hulle te red.


Petrus bevestig prontuit dat God vir Jesus uit die dood opgewek het, en dat hulle daarvan getuies is.


“En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat 'n moordenaar aan julle geskenk sou word, en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.”   HANDELINGE 3:14-15 AFR53


Deur die geloof in Jesus se Naam, het Sy Naam hierdie man genees. Ons het reeds gesien dat die kreupele ‘n aalmoes verwag het, hy het nie gedink in terme van ‘n wonderwerk nie. So die kreupele se geloof kan nie hier ter sprake wees nie.


Petrus het gesê: Goud en silwer het ek nie, maar wat ek het gee ek jou, in die Naam van Jesus Christus, die Naserener, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.


Petrus se geloof in die Naam van Jesus moes na die kreupele oorgedra het soos elektrisiteit toe hy sy hand gegryp het om hom op te trek. Die man was eers geestelik 'n gewillige ontvanger van daardie geloof, en was toe in 'n toestand wat hom waardig gemaak het om ook 'n ontvanger van die liggaamlike herstel te wees.


“En deur die geloof in sy Naam het sy Naam hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak, en die geloof wat deur Hom is, het hom hierdie volkome gesondheid gegee in die teenwoordigheid van julle almal.”   HANDELINGE 3:16 AFR53


 

27 September 2023


HANDELINGE 3:17 AFR53

“En nou, broeders, ek weet dat julle dit in onwetendheid gedoen het, net soos julle owerstes;”


Petrus sê dat die broeders aanspreeklik en verantwoordelik is vir Jesus se dood, maar dat dit in onkunde gedoen was. Onthou Jesus het gebid: ‘Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie...’.


Hy verskoon selfs hul onkunde deur te wys dat God op hierdie manier profesieë vervul het wat die Ou Testament profete uitgespreek het.


“maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.”   HANDELINGE 3:18 AFR53


Dan gee Petrus die oplossing vir hulle probleem. Kom tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes vergewe kan word!


“Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,”   HANDELINGE 3:19 AFR53


Dieselfde Messias wat vir hulle gesterf het, sal eendag vir hulle terugkeer. Intussen is Christus in die hemel tot die tyd van die herstel van alle dinge wat die Hebreeuse profete beskryf het.


“en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.”   HANDELINGE 3:20-21 AFR53


Die tyd van herstel van alle dinge word deur Jesaja beskryf:


“Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos 'n narsing; dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die Here, die sieraad van onse God.”   JESAJA 35:1-2 AFR53


“Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.”   JESAJA 35:5-6 AFR53


Die tyd van herstel van alle dinge word deur Paulus genoem.


“in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.”   ROMEINE 8:21-22 AFR53


Johannes het Jesus aangehaal wat gesê het: “Ek maak alles nuut!”


“En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.”   OPENBARING 21:5 AFR53


 

28 September 2023


HANDELINGE 3:22 AFR53

“Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.”


Petrus praat nog in die tempel en hy verwys na Jesus as die Profeet waarvan Moses gepraat het, en na wie hulle moes geluister het.


“'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.”   DEUTERONÓMIUM 18:18-19 AFR53


“En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.”   HANDELINGE 3:23 AFR53


Die koms van daardie profeet sou geassosieer word met die tyd wanneer God alles sal herstel.


“En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.”   HANDELINGE 3:24 AFR53


Samuel en ander het hierdie dae aangekondig—die tyd van die herstel van alle dinge.


“As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. Hý sal vir my Naam 'n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid.”   II SAMUEL 7:12-13 AFR53


Hierdie profesieë was nie vir die mense irrelevant nie. Dit was belangrik dat hulle verstaan ​​dat nie net sou die Messias kom nie, maar dat Hy reeds gekom het.


Petrus het sy gehoor daaraan herinner dat hulle die seuns van die profete was en deelgenote was aan die verbond wat God met Abraham gesluit het.


“En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.”     HANDELINGE 3:25 AFR53


Benewens beloftes van seën vir diegene wat van Abraham afstam, het daardie verbond seën vir al die families van die aarde deur Abraham se nageslag belowe. Maar die eerste beloftes van daardie verbond het seëninge vir die nageslag van Abraham ingesluit—wat Petrus se gehoor was.


“En die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”   GÉNESIS 12:1-3 AFR53


Petrus verduidelik dat dit eerstens vir hulle was dat God sy Kneg, die Messias, opgewek het en Hom gestuur het om die mense te seën deur hulle van hul boosheid af te keer. Tot die tyd van die herstel van alle dinge, wanneer God se verbondsbeloftes aan die nageslag van Abraham vervul sou word, is Jesus in die hemel. Die mense het nog tyd om hulle gedagtes oor Jesus te verander en Hom as hulle Messias te erken.


“God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.”   HANDELINGE 3:26 AFR53


 

88 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page