top of page
  • Regina Torre

Fees van 1ste Vrugte – Kerk Diens 1/4/18

Updated: Jan 31, 2023

Hy het opgestaan – en julle antwoord – Hy het waarlik opgestaan!


Ons vier vandag ‘n fees en die rede vir die fees is Jesus Christus, ons Verlosser wat die dood oorwin het. Jesus wat op die 3de dag opgestaan het uit die dood, opgevaar het na die hemel, en wat tans sit aan die regterhand van God.


Die fees wat ons vandag vier het sy oorsprong in die Ou Testament, en wel in die boek Levitikus. Met ‘hindsight’ kan ons terugkyk en sien dat ‘n profesie 3500 jaar gelede uitgespreek is toe God vir Moses die 7 feeste gegee het. Die 1ste 3 profesie / feeste, met Jesus as die hoofkarakter, het 2000 jaar gelede tot vervulling gekom met Jesus se kruisiging, dood en opstanding.


Levitikus 23: 4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.


Anders gestel se die vers: Hierdie feeste is kleedrepetisies vir toekomstige gebeurtenisse wat op spesifieke tye gehou moet word.


Ek gaan vir julle wys hoe die NT in die OT weggesteek is, en hoe die OT in die NT geopenbaar word.


Die fees wat ons vandag vier se regte naam is Fees van Eerste Vrugte, en is vir die eerste keer gevier toe Joshua die volk deur die Jordaan rivier in die Beloofde land ingelei het.


Ek gaan vanoggend vir julle antwoorde op die volgende vrae gee..

  1. Wat beteken Eerste Vrugte,

  2. Hoe weet ek dat die fees die eerste keer in Joshua se tyd gevier is,

  3. Hoe het die priesters die fees in die tempel uitgevoer, en

  4. Hoe pas Jesus se opstanding in met al die inligting.

Wat beteken Eerste Vrugte.

Twee mans bring ‘n offer aan God. Die een offer kom van die vrugte van die aarde, die ander offer kom van die eersgebore van sy kudde. God aanvaar die een offer, en verwerp die ander een, hoekom? Ons lees in Genesis 4 dat Abel ‘n veeboer en Kain ‘n saaiboer was.


Genesis 4:3  Na verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die land ‘n offer aan die Here gebring. 4 Abel het dit ook gedoen, van die eersteling uit sy kudde, van hulle vet. Die Here het vir Abel en sy offer aangeneem,   5    maar nie vir Kain en sy offer nie.


Ons lees hier dat Abel die eersteling uit sy kudde geoffer het, maar die gedeelte se nie dat Kain die eersteling van sy vrugte geoffer het nie. Kain het met verloop van tyd sy opbrengs geoffer. Kain het dus op sy voorwaardes met verloop van tyd, van die vrugte van sy oes bymekaar gemaak om te offer.


God het Abel se offer aanvaar want dit was die eersteling van sy kudde, Kain se offer is verwerp want dit was nie van die eersteling van sy oes nie.


Om die eerste van enige iets vir God te gee, vereis dat jy moet GLO. As jou skaap haar eerste lam vir jou gee, het jy geen waarborg dat sy enige verder lammers vir jou gaan gee nie. Abel het sy eerste lam vir God geoffer in geloof dat hy nog lammers sou kry, terwyl Kain seker gemaak het hy het genoeg vir homself geoes voor hy vir God iets geoffer het.


Baie van ons hanteer God dieselfde as Kain wanneer ons besluit om ons offerhandes vir Hom te gee. Ons maak seker ons het genoeg vir ons eie behoeftes, en gee dan vir God as daar oorbly. So ‘n offer kan nie aanvaar word nie, want dit is nie van ons eerste vrugte nie.

Abraham moes sy eerste seun aan God offer. Hy het nie gewag vir nog kinders om gebore te word voordat hy vir Isak gaan offer het nie.


Hebreers 11: 17-18   Omdat Abraham geglo het, het hy, toe hy op die proef gestel is, Isak as offer afgestaan. Ja, hy wat die belofte ontvang het en aan wie gese is: ‘Uit Isak sal jou nageslag gebore word,’ het gereed gestaan om sy enigste seun te offer.   19   Hy was oortuig dat God by magte is om uit die dood op te wek, waaruit Abraham vir isak ook, om dit so te stel, terug ontvang het.


God het dieselfde vir ons gedoen – Hy het Sy eerste in die vorm van Sy Seun gegee.


Sy enigste seun vir wie Hy baie lief was, het Hy vir ons gegee toe ons nog sondaars was. God het Jesus aan ons gegee in geloof dat ons ons lewens vir Hom sou gee. Die geskenk van Sy Seun Jesus het gekom voor ons die seening van Sy verlossing ontvang het.


Ons moet ons eerste vrugte op dieselfde wyse gee. Voor jy die seening van God sien, moet jy jou eerste vrugte in geloof gee. Deur jou eerste vrugte vir God te gee, se jy dat jy God eerste in jou lewe plaas, en dat jy God glo om vir die res te sorg.


Die fees van Eerste Vrugte is die eerste keer in Joshua se tyd gevier

God het ‘n verbond gesluit het met Abraham, Isak en Jakob en aan Sy volk ‘n groot nageslag en grondgebied belowe. Nadat die Israeliete uit Egipte uit hul slawerny gered is, was hul ongehoorsaam, en God het hulle gestraf deurdat die Israeliete vir 40 jaar in die woestyn geswerf het.


Nou is die 40 jaar verby en dit is tyd vir die nuwe geslag Israeliete om die Beloofde land van melk en heuning in te neem.


God het die Fees van Eerste Vrugte ingestel sodat sy volk die vrugbare land wat Hy aan hulle gegee het op ‘n spesifieke dag kon waardeer.


Levitiekus 23:   9     “En die Here het met Moses gespreek en gesê:   10  Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. 11  En hy moet die gerf voor die aangesig van die Here beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.


God praat met Joshua en bemoedig hom. Hierdie is ‘n pragtige stuk wat enige een van ons kan boekmerk vir dae wanneer ons ook bemoediging nodig het.


Josua 1:  2  “My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.   3           Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.  


God gee niks verniet weg nie, Hy soek ons samewerking. Jou voet moet eers trap, dan gee God. So ons moet eers doen, dan werk God saam met ons. Om stil te sit en te wag vir iets om te gebeur werk nie!


4        Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees. 5          Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.”  

God los ons nooit nie, Hy is altyd by ons.


6          “Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.” 7          “Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.     8      Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. Het Ek jou nie beveel nie:     9       Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”

God benadruk hier met herhaling dat hy by Joshua sal wees.


Josua se eerste taak is om die nuwe land te verken en hy stuur twee verkenners uit na Jerigo. Hulle bly by ‘n prostituut, Ragab, wat hulle wegsteek toe die koning hulle laat soek.


Toe die gevaar verby is praat sy met hulle.


Josua 2:    9  “Ek weet dat die Here die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe; 10       want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.     11       Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die Here julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.     12            Sweer dan nou tog vir my by die Here dat, terwyl ek aan julle ’n guns bewys het, julle ook aan my familie ’n guns sal bewys; en gee my ’n betroubare teken 13       dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.”

Hulle kom ooreen om haar te help en sy laat hulle toe met ‘n lyn afsak uit die venster van haar huis wat op die muur van Jerigo gebou is. Hulle gee vir haar die volgende instruksies.


Josua 2:  18            “kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.   19   Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ’n hand teen hom is.”


Laat hierdie julle nie terug dink aan die bloed wat op die deurkosyne gesmeer moes word nie. Wanneer die doodsengel oor die huise beweeg en die bloed sien, sal die inwoners van die huis beskerm wees. Selfde hier, wanneer Jerigo tot ‘n val kom, sal die inwoners van die huis waar die rooi lyn is beskerm wees. ‘Bedek deur die bloed van Jesus’


Josua en die volk kom voor die Jordaan rivier en moet deurtrek om na die Beloofde land te gaan. Hy roep die volk byeen en praat met hulle.


Josua 3:  10           “Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ’n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:   11            Kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in. 12        Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam; 13            en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die Here, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.”


Dit het net so gebeur, die water aan die een kant het soos ‘n muur opgedam en hulle het op droeë grond deurgeloop. Net soos hul voorvaders met Moses deur die Rooisee geloop het.

Toe hul deur die rivier is word al die jong mans besny, want in die woestyn het hulle dit nie gedoen nie, en daarna hou hulle hul eerste pasga.


Josua 5:    10           “Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo. 11          En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag. 12   En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.”


God verskyn toe aan Josua soos wat Hy aan Moses verskyn het. Joshua word ook beveel om sy skoene uit te trek omdat hy op Heilige grond staan. En hier kry Joshua die instruksies om Jerigo te verslaan,


Josua 6:  2  “Toe het die Here vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand. 3           Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.   4   En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas; 5        en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.”


Die volk het gedoen soos hulle beveel is, vir 6 dae het hulle elke dag in stilte 1 maal om die stad geloop. Op die 7de dag het hul,1 keer, 2 keer, 3, 4, 5, 6 en 7 keer omgetrek.


Ek gaan nou op die ramshoring blaas en na ek geblaas het moet ons almal skree soos die Israeliete beveel is.


BLAAS op die ramshoring & almal skree.


… die mure van Jerigo val inmekaar, en die Israeliete klim elkeen voor hom oor die muur en val die stad binne. Almal in die stad is doodgemaak, mans, vrouens, kinders, beeste, skape & esels. Net Ragab en haar familie wat saam met haar in haar huis was is gespaar.


Die stad Jerigo was totaal en al verwoes tydens hierdie inval, en God het die Israeliete beveel om niks van die stad vir hulself te neem nie. Die goud, silwer en koper wat versamel is, is als vir die huis van die Here gegee, en die stad is nooit herbou nie.


Al die buit het aan God behoort want dit was die eerste stad van die beloofde land wat verower is.


Dit was die eerste vrugte van die beloofde land.


Hoe die Fees van Eerste Vrugte in die tempel gevier

Die eersteling gerf van die oes moet voor die priester gebring word – die eersteling gerf verteenwoordig die hele oes.


Watter oes word hiervan gepraat. Gort of barley is die graan wat hierdie tyd van die jaar in Israel die eerste ryp is om geoes te word.


Gedurende die fees van ongesuurde brode, aan die einde van die Sabbat, word ‘n paar mense afgevaardig om net na sononder in verskillende gort velde in te gaan met ‘n sekel en ‘n monster (sample) van elke oes in te bring.


Die verskillende sample’s word saam in ‘n gerf gebind en na die voorhof van die tempel gebring.


Die volgende oggend vroeg word wierook op die gerf gesprinkel en dan waai die priester die gerf in al vier windrigtings in ‘n beweegoffer voor die Here.


‘n Deel van die gerf word hierna op die vuur van die altaar gegooi. Die rook wat dan van die altaar opgaan is ‘n lieflike geur vir God en wanneer die beweegoffer aanvaar is, word die res van die oes geag aanvaar te wees voor God.


Nou kan die mense die gort van die veld afhaal en dit eet. Voor die offer aanvaar is, mag niks van die oes geëet word nie. Nou verstaan ons hoekom verlede jaar se gort gebêre word om hierdie jaar se ongesuurde brode te maak vir paasfees en fees van ongesuurde brode.


Die gerf verteenwoordig die oes.


Die gerf is hier ‘n prentjie van Jesus en die oes ‘n prentjie van ons, al die Christene as ‘n groep.


Hoe is Jesus die hoofkarakter van die fees van Eerste Vrugte.

Kom ons kyk nou wat met Jesus gebeur het op die eerste dag van die week, nl. Sondag. Onthou Sondag begin die vorige aand (Saterdag aand) na sononder.


Die 2 Maria’s besoek Jesus se graf vroeg die Sondag oggend, net toe dit begin lig word.


Hulle kon nie vroeer na die graf toe gaan nie, want op die Sabbat mag geen werk gedoen word nie.


Mattheüs 28:  1      “EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.    2     En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. 3       En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.  4          En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.    5     Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6            Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; 7         en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.”

Lukas 24: 1 “EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.    2     En hulle het die steen van die graf afgerol gevind. 3  En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.  4       En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.    5       En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? 6           Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:     7          Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.”


Vroeg die oggend toe die rook opgaan van die beweegoffer wat op die van die altaar gegooi word, het die vrouens ontdek dat Jesus reeds opgestaan het uit die dood.


Die twee engele sê vir die vroue dat Jesus nie daar is nie, maar Hy het opgestaan!


Wat ‘n kragtige getuienis. Jesus, wat die oes verteenwoordig van die wat gaan opstaan, het eerste opgestaan. Paulus verduidelik die beginsel vir ons mooi!


1 Korinthiërs 15:  20        “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.   21      Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens.   22   Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;     23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.”


As Jesus die Eersteling of Eerste Vrugte is van die Christene wat reeds dood is, dan impliseer dit dat daar ‘n 2de, 3de, 4de ens. mense is wat moet opstaan uit die dode.


As ons in orde uit die dood opstaan, dan het elkeen van ons ‘n nommer. Jesus was die eerste vrug wat permanent opgestaan het, nommer 1. Nader na ons toe, jou grootouers se nommers is voor jou ouers, en jou ouers voor jou, ens….. ons gaan almal eendag permanent opstaan.


1 Thessalonicense 4:    14         “Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.     15          Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.     16       Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.   17        Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18       Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.”


Jesus was Sy Vader se Eerste Vrugte offer aan ons.


Sy enigste seun vir wie Hy baie lief was, het Hy vir ons gegee toe ons nog sondaars was. God het Jesus aan ons gegee in geloof dat ons ons lewens vir Hom sou gee. Die geskenk van Sy Seun Jesus het gekom voor ons die seening van Sy verlossing ontvang het.


Hoekom het die mense Jesus direk na Sy opstanding nie herken nie?

Die dissipels het nie verstaan wat Jesus vroeër vir hulle geleer het nie, en het nie gedink dat Hy fisies sou opstaan nie. So hulle het hom glad nie verwag nie.


Markus 9:32            “Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.”


Kom ons kyk aan wie Jesus verskyn het na Sy opstanding


Sondag oggend – Jesus verskyn aan Maria


Johannes 20: 11     “MAAR Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe 12         en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. 13     En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. 14       En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.

15       Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.   16         Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. 17         Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. 18   Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.”


Sondag middag – Jesus verskyn aan die Emmaüsgangers


Lukas 24: 13            “En twee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.   14          En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. 15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam. 16           Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie. 17            En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef? 18          En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?”


Sondag aand – Jesus verskyn aan die apostels


Lukas 24: 35            “Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het (die Emmausgangers) en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood. 36            En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!     37          Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ’n gees sien. 38    En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? 39        Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. 40        En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.   41 En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?     42   Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek. 43       En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.”


Ons weet nie hoekom niemand Jesus herken het nie, maar hier is moontlike oplossings.


Jesaja 50:  6           “Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.”


Ons lees hier dat hulle Jesus se baard uitgepluk het. Sonder Sy baard en met die wonde aan Sy gesig sou hulle Hom beslis nie herken het nie.


Nadat Jesus aan die mense verskyn het en Homself aan hulle bekend gestel het, het die woord van Sy opstanding vinnig versprei onder al die Christene.


Die eerste drie feeste wat ons na gekyk het is die lente feeste en Jesus vervul die feeste tot op die letter.


Op paasfees bedek Jesus ons met Sy bloed sodat ons nie God se wraak sal sien nie.


Hy word gekruisig op die presiese dag wat die onskuldige lam geslag word, op 14 Nisan. Hy sterf net voor die fees van ongesuurde brode, om op te staan op die fees van eerste vrugte.


Reg op tyd!


Die fees van eerste vrugte is die laaste fees wat Jesus persoonlik tot vervulling bring.


Ons volgende fees is die Fees van Weke of Pinkster en is 7 weke + 1 dag van vandag.


Ek sluit af met ‘n groet.


Hy het opgestaan – en julle antwoord – Hy het waarlik opgestaan!


Kom ons sluit ons oë, en ek bid Paulus se gebed aan die Efesiers vir julle


Ek bid dat God, die Vader van alle heerlikheid, vir julle die volgende sal gee:

  1. ‘n gees van wysheid en openbaring

  2. verligte geestesoë, sodat julle kan verstaan wat die hoop is wat sy roeping bied,

  3. dat julle die grootheid van Sy mag sal verstaan,

  4. en dat julle God se krag sal ervaar

  5. Die krag wat God uitgeoefen het toe Hy Jesus uit die dode opgewek het, en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemel

Amen

Ek gee jul nou ‘n geleentheid om jul eerste vrugte vir die kerk te gee.

16 views0 comments

Recent Posts

See All

7de Fees – Fees van Tabernakels / Sukkot

Hierdie fees is die sewende en laaste van die feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Sukkot word gevier vyf dae na Yom Kippur op Tishri 15 en begin sononder hierdie jaar op 23 September 2

6de Fees: Fees van Versoening / Yom Kippur –

Die fees het vanaand 18/9/18 net na sononder begin. Die tweede van die Herfs Feeste (en die sesde fees in totaal) is Yom Kippur en word 10 dae na die Fees van Trompette op Tishri 10 gehou. (sononder 1

Die Herfs Feeste: Inleiding & Fees van Trompette

Ons is besig met ‘n studie van die 7 feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Tot dusver het ons die lente feeste bestudeer en ons gaan nou na die herfs feeste kyk. Die profesië van die len

  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page