top of page
  • Regina Torre

Die tempel van God – Moses se tabernakel

Updated: Feb 3, 2023

4 Feb 2019: Die tempel van God – Inleiding


“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,” II TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53


Paulus leer ons hier dat die hele Bybel, dus die Ou en Nuwe Testamente, nuttig is om van te leer.


Wyle Chuck Missler het daarvan gehou om Saint Augustine aan te haal met: Die NT is in die OT versteek, en die OT word in die NT geopenbaar.


Ons gaan in hierdie Bybelstudie leer van die tempel van God en ek gaan julle op ‘n reis neem wat in Exodus begin en regdeur gaan tot by Openbaring.


Die struktuur van die Bybelstudie

  • Die geskiedenis wat die bou van elke tempel voorafgaan

  • Konstruksie van die tempel en die tempel voorwerpe





Moses se Tabernakel – Geskiedenis wat die Tabernakel voorafgaan.


5 Feb 2019:  God dink aan die verbond wat Hy met die Israeliete opgerig het en besluit dis tyd om hulle uit hul slawerny te verlos.


“Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink.”

EXODUS 6:3-4 AFR53


“Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die Here, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ’n God wees. En julle sal erken dat Ek die Here julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.”

EXODUS 6:5-6 AFR53


Die volgende 4 beloftes in verse 5 en 6 word aan die Israeliete gegee.

  1. Ek sal julle uitlei uit Egipte uit

  2. Ek sal julle red uit jul slawerny

  3. Ek sal julle verlos met ‘n uitgestrekte arm

  4. Ek sal julle as My volk aanneem


6 Feb 2019: God gee vir Moses en Aäron spesifieke opdragte voor die tiende plaag


“En die Here het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê: Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.


Julle moet ’n lam hê sonder gebrek, ’n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.


Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ’n Pasga van die Here is dit. Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here.”

EXODUS 12:1-2, 5-8, 10-12 AFR53


7 Feb 2019: Die dood van die eersgeborenes en die volk Israel se uittog uit Egipte


“En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die Here Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. En middernag het die Here al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere. Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ’n groot gejammer in Egipte, want daar was geen huis waar geen dooie in was nie. Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die Here soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.


Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers. En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; en die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe. En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.”

EXODUS 12:28-32, 34-37 AFR53


8 Feb 2019: God is besig om Sy volk baie sigbaar te beskerm.


“En die Here het voor hulle uitgetrek, bedags in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in ’n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek. Die wolkkolom het nie bedags en die vuurkolom nie snags voor die volk gewyk nie.”

EXODUS 13:21-22 AFR53








9 Feb 2019: Moses steek sy hand oor die see uit en die waters skei na links en na regs.


“En die Engel van God wat voor die leër van Israel uitgetrek het, het daar weggegaan en agter hulle aangetrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie. Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die Here het deur ’n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.”

EXODUS 14:19-22 AFR53


10 Feb 2019: Presies ‘n maand later is die Israeliete in die woestyn. Hulle is honger en kla bly Moses en verlang al klaar terug na die vleispotte van Egipte – die land van slawerny wat hulle sleg behandel het….. God help weereens en voorsien in hul behoeftes.


“Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland. En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer. En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die Here gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe. Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie. En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.”

EXODUS 16:1-5 AFR53


11 Feb 2019: 45 Dae na die uittog arriveer die Israeliete by die berg in die woestyn Sinai. Alhoewel die dae hier gegee nie baie duidelik is nie, bepaal Joodse tradisie dat die Tien Gebooie wat hier gaan volg gegee is 50 dae na die uittog uit Egipte. Dus, die eerste Sukkot, Pentacost of Pinkster kon hier plaasgevind het.


“In die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom — hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan. Maar Moses het opgeklim na God toe, en die Here het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig: Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.”

EXODUS 19:1-6 AFR53


“En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en ’n swaar wolk op die berg en die geluid van ’n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die Here in ’n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.”

EXODUS 19:16-18 AFR53


12 Feb 2109:  God gee vir Moses en die volk Israel die Tien Gebooie vanaf die berg Sinai


“Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:


Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.


Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.


Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.


Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.


Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.


Jy mag nie doodslaan nie.


Jy mag nie egbreek pleeg nie.


Jy mag nie steel nie.


Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.


Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.”

EXODUS 20:1-17 AFR53


13 Feb 2019:   Die volk is erg skrikkerig vir God en sê vir Moses dat hy eerder met hul moet praat – die volk sê ook dat hulle alles wat God gespreek het sal doen!


“En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly . En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. So het die volk dan op ’n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.”

EXODUS 20:18-21 AFR53


“Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af. En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie. Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen. En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ’n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel. En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die Here geslag. En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi. En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen en daarna luister. Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.

EXODUS 24:1-8 AFR53


14 Feb 2019: Moses is vir 40 dae en 40 nagte op die berg om die kliptafels met die wet daarop te ontvang.

Toe sê die Here vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig. Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan. Toe Moses die berg opklim, het ’n wolk die berg oordek. En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ’n verterende vuur op die top van die berg. En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.”

EXODUS 24:1-8, 12-18 AFR53


15 Feb 2019…….. en net na hulle vir Moses gesê het – Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen en daarna luister – verval die Israeliete terug in afgod aanbidding


“Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.”

EXODUS 32:1 AFR53


“En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ’n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die Here. En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.”

EXODUS 32:2-6 AFR53


16 Feb 2019: God weet wat gebeur en Hy sê vir Moses om na sy volk om te sien.  Moses gooi die kliptafels neer!


“Toe sê die Here vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.”

EXODUS 32:7 AFR53


“En Moses het omgedraai en van die berg afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe. En die tafels was die werk van God. Die skrif was ook die skrif van God, in die tafels gegraveer. En toe Josua die stem van die volk hoor hoe hulle juig, sê hy aan Moses: Daar is oorlogsgeraas in die laer. Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang. En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel. En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.”

EXODUS 32:15-20 AFR53


Aäron sê dis nie hy nie dis hulle……..


En Moses het vir Aäron gesê: Wat het hierdie volk jou gedoen, dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het? Toe antwoord Aäron: Laat die toorn van my heer nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur sleg is. Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode wat voor ons uit trek, want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het, laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.”

EXODUS 32:21-24 AFR53


17 Feb 2019: Wie is vir die Here!


“Toe Moses sien dat die volk bandeloos was — want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle teëstanders — het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die Here is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel. En hy het vir hulle gesê: So spreek die Here, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak. En die seuns van Levi het gehandel volgens die woord van Moses, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man geval. Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die Here — want elkeen is teen sy seun en teen sy broer — sodat Hy vandag ’n seën oor julle kan gee.”

EXODUS 32:25-29 AFR53


18 Feb 2019: Moses rig ‘n tent van ontmoeting buite die laer op om so met God te praat.

“En Moses het elke keer ’n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die Here wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ’n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.”

EXODUS 33:7-11 AFR53


19 Feb 2019:  Moses klim vir ‘n tweede keer op die berg om weer die tien gebooie en die instruksies vir die bou van die tempel te ontvang.


“Toe het die Here aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het. En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg. Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.”

EXODUS 34:1-3 AFR53



Konstruksie van Moses se tabernakel en die tabernakel voorwerpe


20 Feb 2019:  God gee vir Moses opdrag om ‘n tabernakel te bou sodat Hy in hul midde kan woon. Moses moes die tempel bou volgens die spesifieke instruksies wat God vir hom gegee het.


“Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.”

EXODUS 25:8-9 AFR53


“En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My ’n volk wees.”

LEVÍTIKUS 26:11-12 AFR53


Tabernakel in Hebreeus is Mishkan en beteken woonplek. Die tabernakel is opgerig op die eerste dag van die eerste maand (Nisan), in jaar twee in die woestyn.


“En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die tabernakel opgerig.”

EXODUS 40:17 AFR53


Ons gaan nou kyk hoe Moses die tabernakel wat gebou is, stuk vir stuk opgeslaan het, en met elke gedeelte sal ek meer inligting weergee oor elke gedeelte van die tabernakel.



21 Feb 2019:  Die rame van die tabernakel is van doringhout gemaak. Elke raam is 5 meter lank en ‘n 3/4 meter breed. Elke raam word met 2 tappe in ‘n voetstuk geplaas om die raam regop te hou.


“En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.”

EXODUS 40:18 AFR53








Afmetings


“Jy moet rame van doringhout maak vir die tabernakel om dit regop te hou. Elke raam moet vyf meter lank en ‘n driekwart meter breed wees. Daar moet twee tappe vir elke raam wees om die rame aanmekaar te kan voeg. So moet jy al die rame vir die tabernakel maak.”

EKSODUS 26:15-17 AFR83


22 Feb 2019.  Die tabernakel se raamwerk is in die vorm van ‘n reghoek. Die lang kante wys noord en suid en elke kant het 20 rame. Die agterkant van die tabernakel is wes en het 6 rame. Die tabernakel het net een ingang en die wys oos.

“Maak twintig rame vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die


“Maak twintig rame vir die raamwerk aan die suidekant, die regterkant van die tabernakel. Verder moet jy veertig silwervoetstukke maak om onder die twintig rame te sit, twee voetstukke onder elke raam by sy twee tappe. “Vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, moet daar ook twintig rame wees. Vir hulle moet daar ook veertig silwervoetstukke wees, twee voetstukke onder elke

EKSODUS 26:18-21 AFR83



“Jy moet ses rame maak vir die agterkant, die westekant van die tabernakel. Jy moet ook nog twee rame maak vir die hoeke aan die agterkant van die tabernakel. Hierdie rame moet van onder tot bo, tot by die boonste ring, versterk word. Hulle is die hoekrame. Daar moet dus ag rame wees met hulle sestien voetstukke, twee voetstukke vir elke raam.”

EKSODUS 26:22-25 AFR83


23 Feb 2019:   Die rame aan elke kant van die tabernakel word met dwarslatte aan mekaar verbind. Vyf dwarslatte vir noord, suid en wes. Die boonste en onderste twee dwarslatte word deur ringe gedruk wat aan die hout vas is. Die middelste dwarslat kan jy nie sien nie, die word in die middel van die rame deurgedruk. Al die rame en dwarslatte is met goud oorgetrek.


Jy moet dwarslatte van doringhout maak, vyf vir die rame van die een kant van die tabernakel en vyf vir dié van die ander kant, en ook nog vyf dwarslatte vir die agterkant, die westekant van die tabernakel. Die middelste dwarslat moet in die middel van die rame dwarsdeur loop van die een kant af tot by die ander kant.”

EKSODUS 26:26-28 AFR83


“Trek die rame met goud oor en maak vir hulle goue ringe om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte moet ook met goud oorgetrek word. Jy moet die tabernakel oprig presies volgens die plan wat op die berg vir jou gewys is.”

EKSODUS 26:29-30 AFR83


24 Feb 2019:  Die geborduurde gordyne vir die ingang en die Voorhangsel van die Allerheiligste plek

“Jy moet ‘n voorhangsel maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Jy moet gerubs daarop laat uitborduur.”

EKSODUS 26:31 AFR83


“Hang dit aan vier doringhoutstyle wat met goud oorgetrek is en wat op vier silwervoetstukke staan. Daar moet goue kramme aan die style wees

EKSODUS 26:32 AFR83


“Jy moet vir die ingang van die tent ‘n afskorting maak van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. Dit moet borduurwerk wees. Maak vir die afskorting vyf doringhoutstyle en trek dit oor met goud. Jy moet goue kramme maak vir die style en vyf bronsvoetstukke daarvoor giet.”

EKSODUS 26:36-37 AFR83


25 Feb 2019:  Die tabernakel word oorgetrek met vier verskillende oortreksels.


“En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die Here Moses beveel het.”

EXODUS 40:19 AFR53


Die eerste ootreksel


“En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad- linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.”

EXODUS 26:1 AFR53



Die tweede oortreksel


“Ook moet jy doeke van bokhaar maak as ’n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.”

EXODUS 26:7 AFR53


Die derde en vierde oortreksels


“Jy moet ook vir die tent ’n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en ’n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.”

EXODUS 26:14 AFR53


26 Feb 2019:  Die kliptafels met die tien gebooie word binne in die ark gebêre

“Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute

“Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit.”

EXODUS 40:20 AFR53





27 Feb 2019:   ‘n Kruik vol manna moet bewaar word vir die nageslagte, om te onthou hoe God Sy volk uit Egipte uitgelei het. Dit gaan saam met die ark voor die aangesig van God neergesit word.


“Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die Here beveel het: ’n Omer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het. Moses sê toe vir Aäron: Neem ’n kruik en gooi ’n omer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die Here neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.”

EXODUS 16:32-33 AFR53


28 Feb 2019:   Die Israeliete murmureer oor hul leierskap en God gee die volgende opdrag. Elkeen van die 12 stamme moet ‘n staf neem, sy naam daarop skryf en dan moet die twaalf stawwe in die tent van Getuienis geplaas word. Die volgende oggend is Aäron se staf vol bloeisels wat hom as stamhoof aanwys. Die staf moet ook nou in die ark voor God se aangesig geplaas word.

“Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawwe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof. En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teen oor My.


En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!


Daarop het die Here vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.”

NÚMERI 17:2-5, 8, 10


1 Maart 2019:  Die ark word in die tabernakel ingedra. Die voorhangsel (gordyn) het die tabernakel in twee gedeel. Die gedeelte waarin die ark gebêre was is slegs een keer per jaar deur die hoë priester besoek. Die dag staan bekend as die Dag van Versoening of Yom Kippur wat elke jaar op die 10de dag van die maand Tishri (Sept / Okt) gevier word. Hierdie is die middelste fees van die drie herfs feeste wat jaarliks deur die Joodse volk gevier word.

“Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die Here Moses beveel het.”

EXODUS 40:21 AFR53








2 Maart 2019:    Hoe word Yom Kippur elke jaar gevier? Die hoë priester bring ‘n offer eers vir homself en sy gesin met ‘n bul as brandoffer. Vir die volk het hy twee bokramme nodig waarooor die lot gewerp word. Die ram waarop die lot val word as sondoffer voorberei, en die ander ram word met die volk se sondes op hom die woestyn ingestuur.

“Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ’n jong bul as sondoffer en ’n ram as brandoffer. Hy moet ’n heilige linnerok aantrek en ’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en ’n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek. En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.”

LEVÍTIKUS 16:3-5 AFR53


Die eerste offer is vir die hoë priester homself en sy huis.


“Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.”

LEVÍTIKUS 16:6 AFR53


Die tweede offer is vir die volk Israel.


“Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die Here stel by die ingang van die tent van samekoms. En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die Here en een lot vir Asásel. Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die Here op gekom het en hom as sondoffer berei; maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die Here gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.”

LEVÍTIKUS 16:7-10 AFR53


3 Maart 2019:  Die tafel met die vertoonbrood word in die Tabernakel in die Heilige plek teen die noordekant neergesit.

“Hy het ook die tafel in die tent van samekoms neergesit, aan die kant van die tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel. En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die Here, soos die Here Moses beveel het.”

EXODUS 40:22-23 AFR53








4 Maart 2019:   Twaalf plat brode (vertoonbrode) gemaak van fynmeel, word in twee stapels op die vertoontafel neergesit. Die twaalf brode het vars gebly vir ‘n hele week en het elk van die twaalf stamme van Israel verteenwoordig. Die brode is elke week op die Sabbat (Satedag) deur Aäron vervang en die ‘ou’ brode is deur Aäron en sy seuns geëet.


“Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van ’n efa moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die Here.”

LEVÍTIKUS 24:5-6 AFR53


“En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die Here. Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die Here regsit, van die kant van die kinders van Israel as ’n ewige insetting. En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in ’n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die Here — ’n ewige insetting.”

LEVÍTIKUS 24:7-9 AFR53


5 Maart 2019:  Die kandelaar of menorah is teenoor die tafel van toonbrode aan die suidekant van die heilige plek neergesit.

“Hy het ook die kandelaar in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel. En hy het die lampe opgesteek, voor die aangesig van die Here, soos die Here Moses beveel het.”

EXODUS 40:24-25 AFR53













6 Maart 2019:  Spesifieke instruksies is gegee vir die maak van die kandelaar. Die kandelaar is in een stuk gemaak van suiwer goud met ‘n stam en drie arms aan elke kant van die stam.

“Maak ook ’n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant. Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom — so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme: daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan — vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees — alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant. Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees. Van ’n talent suiwer goud moet hulle dit maak — al hierdie voorwerpe. En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.”

EXODUS 25:31-40 AFR53


7 Maart 2019:  Die sewe lampe van die kandelaar het ewigdurig gebrand met suiwer olyfolie en is soggens en saans nagesien deur Aäron en sy seuns.


“Beveel die Israeliete om vir jou besonder suiwer olyfolie vir die lampe te bring sodat die lig voortdurend kan brand. In die tent van ontmoeting, net buite die voorhangsel wat voor die getuienis hang, moet Aäron en sy seuns die lampe van die aand af tot die môre toe voor My laat brand. Dit is 'n voorskrif wat vir altyd geld vir die hele Israel.”

EKSODUS 27:20-21 AFR83



8 Maart 2019:   Die reukaltaar of goue altaar is van akasia hout gemaak en met goud oorgetrek. Die reukaltaar is die derde item wat saam met die kandelaar en vertoonbrode in die heilige plek staan.


“En hy het die goue altaar in die tent van samekoms neergesit, voor die voorhangsel, en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos die Here Moses beveel het. Hy het ook die bedekking van die ingang van die tabernakel opgehang.”

EXODUS 40:26-28 AFR53


“Jy moet ook ’n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak.

Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.”

EXODUS 30:1, 6 AFR53


9 Maart 2019:  Elke oggend en elke aand wanneer Aäron die lampe regmaak het hy die reukwerk van speserye aan die brand gesteek. Die speserye is aangesteek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here.


“En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek. En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ’n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here in julle geslagte.

Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.

En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die Here.”

EXODUS 30:7-10 AFR53


10 Maart 2019:  Spesiale instruksies is gegee vir die speserye wat gebruik is vir die reukwerk. Die instruksies moes spesifiek nagevolg word, en mag net in die tabernakel gebrand word. Niemand mag die resep vir eie gebruik gemaak het nie, die straf daarvoor was die dood.


“Verder het die Here vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum — speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, en maak daar reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig. En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees. En die reukwerk wat jy moet maak — na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die Here moet dit vir jou wees. Elkeen wat so iets maak om daaraan te ruik, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.”

EXODUS 30:34-38 AFR53


11 Maart 2019:  Die brandofferaltaar is by die ingang, aan die oostekant, van die tent van samekoms geplaas.


“En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die Here Moses beveel het.”

EXODUS 40:29 AFR53


"Jy moet ‘n altaar van doringhout maak, twee en ‘n half meter in die vierkant en een en ‘n half meter hoog. Jy moet horings maak aan sy vier hoeke en dit moet ‘n eenheid met die altaar vorm. Jy moet die altaar met brons oortrek. Maak potte om die as te verwyder, ook skoppe, komme, vurke en vuurpanne. Jy moet al hierdie toebehore van brons maak.

Jy moet ‘n bronstraliewerk om die altaar sit en ‘n bronsring aan elke boonste hoek van die traliewerk vassit. Sit die traliewerk onder die rand van die altaar vas, sodat dit halfpad teen die altaar afloop. Jy moet draaghoute van doringhout vir die altaar maak en dit met brons oortrek. Die draaghoute moet deur die ringe gesteek word. Die draaghoute moet weerskante van die altaar wees om dit te kan dra. Jy moet die altaar van plank maak, in die vorm van ‘n kas. Maak dit presies soos dit vir jou op die berg gewys is.”

EKSODUS 27:1-8 AFR83


12 Maart 2019:  Die volk bring hul offers aan God deur vee sonder gebrek as offers te bring. Die bloed van die offer bewerk versoening vir die siel, want die siel van die vlees is in die bloed.


“En die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die Here ’n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee — van beeste of van kleinvee. As sy offer ’n brandoffer is van beeste, moet dit ’n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die Here kan vind. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.”

LEVÍTIKUS 1:1-4 AFR53


“En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit. Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.”

LEVÍTIKUS 17:10-11 AFR53


13 Maart 2019:  Die bronswaskom is gemaak van die bronsspieëls wat die vrouens van Egipte saamgebring het, en is tussen die brandofferaltaar en die tent van ontmoeting geplaas. Aäron en sy seuns moes elke keer voor hul na die altaar of tent van samekoms gaan eers hul hande en voete was.

“Besaleël het 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk gemaak van bronsspieëls wat gekom het van die vroue wat by die deur van die tent van ontmoeting werk.”

EKSODUS 38:8 AFR83


“Jy moet ‘n bronswaskom met ‘n bronsvoetstuk maak om in te was. Sit dit tussen die tent van ontmoeting en die altaar neer en gooi water daarin. Aäron en sy seuns moet hulle hande en voete daarin was. Voordat hulle in die tent van ontmoeting ingaan, moet hulle hulle met die water was sodat hulle nie sterf nie. Voordat hulle na die altaar toe kom vir hulle diens om ‘n vuuroffer vir My, die Here, aan die brand te steek, moet hulle hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie. Dit is ‘n blywende voorskrif vir hulle en vir hulle nageslagte.””

EKSODUS 30:18-21 AFR83

14 Maart 2019:  Die voorhof word opgerig – die oop gedeelte tussen die ingang en die tabernakel waar die brandofferaltaar en die bronswaskom gestaan het. So is Moses se werk voltooi .

“Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi.”

EXODUS 40:33 AFR53







15 Maart 2019:  Die behangsels van die omheining moet vasgemaak word aan  akasia of dorinhout pilare met kopervoetstukke en die kramme en ringe van die pilare moet van silwer wees.

“Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke.”

EXODUS 27:9-12 AFR53






16 Maart 2019: Die oprigting van die voorhof aan die oostekant.


“En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el — sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke. Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper. Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.”

EXODUS 27:13-18 AFR53


17 Maart 2019:   Die wolkkolom het die tabernakel wat in die middel van die kamp opgerig is oordek, en met die heerlikheid van die Here gevul. Wanneer die wolk van die tabernakel oplig, dan weet die volk dis weer tyd om te trek, maar as die wolk nie opgetrek is nie, bly hul waar hul is.


“Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die Here het die tabernakel vervul, sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die Here die tabernakel vervul het.

EXODUS 40:34-37 AFR53



18 Maart 2019:  God is dag en nag baie sigbaar by Sy volk – bedags met die wolkkolom en snags met die vuurkolom.


Want die wolk van die Here was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.” EXODUS 40:38 AFR53


45 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page