top of page
  • Regina Torre

Die tempel van God – Herodus se tempel: Geskiedenis & Konstruksie

Updated: Feb 3, 2023

12 Mei 2019: In die laaste jare van Salomo gee die profeet Ahia vir ‘n man met die naam Jerobeam ‘n profesie dat hy koning gaan word van tien van die twaalf stamme van Israel. Die koninkryk sou bekend staan as die Noordelike koninkryk, Israel.


“Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ’n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld. Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die Here, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel —”

I KONINGS 11:29-32 AFR53



13 Mei 2019: Na Salomo se dood word sy seun koning van Israel – vir ‘n rukkie…. Die profesie van die profeet Ahia word vervul toe daar twis kom onder die stamme en hul verdeel. Rehabeam, Salomo se seun, is toe net koning van die Suidelike koninkryk, Juda wat bestaan uit die stamme Juda en Benjamin.


“En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.”

I KONINGS 11:42-43 AFR53


“Maar oor die kinders van Israel wat in die stede van Juda gewoon het, oor hulle was Rehábeam koning.”

I KONINGS 12:17 AFR53



14 Mei 2019: Koning Jerobeam van die Noordelike koninkryk Israel, bou vir sy volk twee goue kalwerbeelde (afgode) wat hulle moet aanbid in plaas daarvan om na die tempel in Jerusalem te gaan om God te aanbid. Hy is bang as die volk na die tempel gaan wat in die Suidelike koninkryk Juda is, hul nie sal terugkom nie. So het die koning en die konings na hom die volk tot sonde verlei.


“as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die Here in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda. Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem — hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het! En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel. En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan. Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie. En Jeróbeam het ’n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.”

I KONINGS 12:27-32 AFR53



15 Mei 2019. Die Noordelike koninkryk Israel regeer van 931 BC tot 722 BC. In al die tyd het die mense hul rug op God gekeer en as straf is hulle in twee sarsies deur Assirië aangeval en as krygsgevangenes wegvoer.


“Maar hulle het ontrou gehandel teen die God van hulle vaders, en die gode van die volke van die land wat God voor hulle uit verdelg het, agternagehoereer. Daarom het die God van Israel die gees van Pul, die koning van Assirië, naamlik die gees van Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, aangewakker, wat hulle, die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, in ballingskap weggevoer en hulle gebring het na Halag en Habor en Hara en die rivier van Gosan tot vandag toe.”

I KRONIEKE 5:25-26 AFR53


“Maar die koning van Assirië het by Hoséa ’n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind. En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samaría en dit drie jaar lank beleër. In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.”

II KONINGS 17:4-6 AFR53



16 Mei 2019: Die profeet Jeremia het in die eerste jaar van Nebukadnesar se heerskappy met die volk in die Suidelike koninkryk Juda gepraat – hy profeteer en waarsku nou al 23 jaar lank vir die volk om na God terug te keer, maar hulle is hardnekkig en luister nie.


“Die woord wat tot Jeremia gekom het aangaande die hele volk van Juda, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda — dit was die eerste jaar van Nebukadnésar, die koning van Babel — waarmee die profeet Jeremia die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem toegespreek en gesê het: Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag — nou drie-en-twintig jaar lank — het die woord van die Here tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.”

JEREMIA 25:1-3 AFR53


“Ook het die Here al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat — maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie — met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die Here aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu; en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie. Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die Here — om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.”

JEREMIA 25:4-7 AFR53



17 Mei 2019: Juda regeer van 931 BC tot 586 BC, en anders as Israel het hulle slegte en goeie konings gehad. Maar, die goeie was yl gesaai en dis nou Juda se beurt om gestraf te word. Jeremia profeteer dat hulle vir 70 jaar in Babilon in ballingskap sal wees.

“Daarom, so sê die Here van die leërskare: Omdat julle na my woorde nie geluister het nie, laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die Here, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak ’n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope. En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp. En hierdie hele land sal ’n puinhoop, ’n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.”

JEREMIA 25:8-11 AFR53

18 Mei 2019: Nebukadneser oorwin die Suidelike koninkryk en die Israeliete word in drie verskillende sarsies na Babilon verban. Daniel en sy vriende is deel van die eerste ballinge wat in 605 BC weggevoer is en Ezekiel is deel van die tweede sarsie ballinge wat in 597 BC weggevoer is.


Die tempel is totaal in ‘n brand verwoes met die derde plunder sessie in 586 BC op die 10de dag van die vyfde maand.


“En in die vyfde maand, op die tiende van die maand — dit was die negentiende jaar van koning Nebukadrésar, die koning van Babel — het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, wat voor die koning van Babel gestaan het, in Jerusalem gekom; en hy het die huis van die Here en die paleis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem en elke groot huis met vuur verbrand. En die hele leër van die Chaldeërs wat by die owerste van die lyfwag was, het al die mure van Jerusalem rondom omgegooi.”

JEREMIA 52:12-14 AFR53



19 Mei 2019: Die goud, koper en silwer skatte en toebehore van die tempel is deur Nebukadneser se magte opgebreek en weggedra.


“En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die Here, soos die Here gespreek het.”

II KONINGS 24:13 AFR53


“Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die Here was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die Here was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer. Ook het hulle weggeneem die potte en skoppe en messe en rookpanne en al die kopergereedskap waarmee die diens verrig is. En die owerste van die lyfwag het weggeneem die vuurpanne en die komme — wat van pure goud en van pure silwer was — die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die Here gemaak het — die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie. Die hoogte van een pilaar was agttien el, en ‘n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk.”

II KONINGS 25:13-17 AFR53



20 Mei 2019: Daniel was van ongeveer agttien jarige ouderdom tot en met sy dood op ongeveer 88 jarige ouderdom in diens van die konings wat oor Babilon regeer het. Hy lees op ‘n gevorderde ouderdom in die jaar van koning Darius se regering, die profeet Jeremia se profesie wat bepaal dat hul net sewentig jaar in ballingskap sal wees, en hy besef dat die sewentig jaar amper verby is.


“In die eerste jaar van Daríus, die seun van Ahasvéros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs, in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.”

DANIËL 9:1-3 AFR53



21 Mei 2019: Die laaste koning onder wie Daniel dien is koning Kores, die Persiese koning. Dit word algemeen aanvaar dat Daniel vir koning Kores die profesie van Jesaja gewys het waar God vir Kores op die naam noem en sê dat hy die Israeliete gaan toestemming gee om die tempel te herbou. Die profesie was 150 jaar oud toe Daniel dit vir die koning voorgelees het. Kores in engels is Cyrus – koning Kores se weergawe van sy storie is op ‘n silinder geskryf wat in die Britse museum besigtig kan word.

“En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.” DANIËL 1:21 AFR53


“wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.”

JESAJA 44:28 AFR53


“So sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie: Ek self sal voor jou uitgaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here is wat jou by jou naam roep, die God van Israel; ter wille van Jakob, my kneg, en Israel, my uitverkorene, het Ek jou by jou naam geroep; Ek het jou ‘n erenaam gegee, hoewel jy My nie geken het nie. Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,”

JESAJA 45:1-5 AFR53



22 May 2019: Koning Kores gee vir die Isaeliete opdrag om hul tempel te herbou, 70 jaar na hul ballingskap begin het, soos deur die profeet Jeremia geprofeteer.


“En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here uit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.”

ESRA 1:1-3 AFR53


23 Mei 2019: Koning Kores sê dat al die Israeliete na Jerusalem kan optrek om ‘n huis vir die God van Israel te bou. Die Israelite het in drie sarsies terug getrek vanaf Babilon na Jerusalem.

“Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.”

ESRA 1:3 AFR53



24 Mei 2019: Die mense wat nie wou trek nie, is deur Koning Kores beveel om by te dra tot die bou van die tempel met silwer, goud, vee en vrywillige gawes.


“En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef — hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.

Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete — elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die Here wat in Jerusalem is, te bou.


En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.”

ESRA 1:4-6 AFR53



25 Mei 2019: Koning Kores gee al die tempel voorwerpe wat Nebukadnesar gevat het terug vir die Israeliete om in die nuwe tempel te gebruik. Die skatmeester het ‘n totaal van 5,400 goue en silwer voorwerpe aan die Israeliete oorhandig.

“En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die Here uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het. En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan Sésbassar, die vors van Juda, voorgetel. En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, negen-en-twintig messe; dertig goue bekers; verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe. Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.”

ESRA 1:7-11 AFR53



26 Mei 2019: Die volk kom soos een man bymekaar in Jerusalem om in die sewende maand die altaar van God te bou sodat hulle brandoffers kan offer soos in die wet van Moses opgeskryf is. Die altaar is opgerig op dieselfde plek wat die vorige brandofferaltaar van Salomo se tempel was.


“En toe die sewende maand aankom en die kinders van Israel in die stede was, het die volk soos een man in Jerusalem byeengekom. En Jésua, die seun van Jósadak, met sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van Seáltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos geskrywe staan in die wet van Moses, die man van God. En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die Here, brandoffers smôrens en saans.”

ESRA 3:1-3 AFR53



27 Mei 2019: Die eerste offer op die nuwe altaar was die van die huttefees. Die huttefees is die laaste van die sewe feeste wat God vir Moses gegee het en wat die Jode nou nog jaarliks vier. Die fees duur agt dae en begin altyd op die vyftiende dag van die sewende maand. Die 1ste en 8ste dae is ‘n heilige dae waar geen werk gedoen word nie, en op elkeen van die agt dae word vuuroffers aan God gebring.


“En hulle het die huttefees gehou soos geskrywe staan, en brandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was; en daarna die voortdurende brandoffer en dié van die nuwemane en van al die geheiligde feestye van die Here en van elkeen wat aan die Here ‘n vrywillige gawe gebring het. Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die Here te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die Here nog nie gelê was nie.”

ESRA 3:4-6 AFR53


“En die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here. Op die eerste dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Sewe dae lank moet julle aan die Here ‘n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die Here ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.”

LEVÍTIKUS 23:33-36 AFR53



28 Mei 2019: Die bouwerk van die tempel begin in die tweede maand van die tweede jaar nadat die Israeliete teruggetrek het na Jerusalem. Die priesters en Leviete het met simbale God geloof en geprys toe die fondament van die tempel gelê is.

“En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, ‘n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die Here. En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man, om toesig te hou oor die wat die werk gedoen het aan die huis van God, met die seuns van Hénadad, hulle seuns en hulle broers, die Leviete. Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die Here lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die Here te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.”

ESRA 3:8-10 AFR53



29 Mei 2019: Daar was gemengde gevoelens met die lê van die fondamente. Die oues wat Salomo se tempel kon onthou was in trane en het hardop gehuil. Vir die jonges was dit ‘n dag van vreugde, en hulle het hul stemme in blydskap verhef.


“Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.


En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.”

ESRA 3:12-13 AFR53







30 Mei 2019: Die volk ondervind groot opposisie van hul bure om die tempel te bou, in so ‘n mate dat die bouwerk gestaak word vir ongeveer 18 jaar. Koning Darius kry koning Kores se skrifrol waar beveel word dat die tempel herbou moet word en dat die onkoste deur die huis van die koning betaal moet word. Koning Darius beveel opnuut dat die bouwerk van die tempel moet voortgaan.


“Toe het die werk aan die huis van God wat in Jerusalem is, opgehou; en dit is gestaak tot op die tweede jaar van die regering van Daríus, die koning van Persië.”

ESRA 4:24 AFR53


“Toe het koning Daríus bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre. En in Agméta, in die vesting wat in die provinsie Medië lê, is ‘n skrifrol gevind, en só was daarin geskrywe: Oorkonde. In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem — dié huis moet gebou word as ‘n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees; met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word. En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit. Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsegaïete wes van die Eufraat — julle moet daar nou ver van af bly. Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.”

ESRA 6:1-7 AFR53



31 Mei 2019: 70 Jaar nadat die eerste tempel op 12 Aug 586 BC (10de dag van 5de maand) verwoes is, word die tweede tempel ingewy op die derde dag van Adar in die jaar 515 BC (Adar is die twaalfde maand). Offerhandes is op die dag gebring – 100 bulle, 200 rammme, 400 lammers en 12 bokke as sondoffer vir elk van die 12 stamme van Israel.


“En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Daríus. En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, tweehonderd ramme, vierhonderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.

En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.”

ESRA 6:15-18 AFR53



1 Junie 2019: Die volgende maand, op die veertiende van die eerste maand, vier die volk Paasfees en die Fees van Ongesuurde Brode in hul nuwe tempel – die eerste en tweede feeste wat God vir Moses gegee het.


“En die ballinge het die pasga gehou op die veertiende van die eerste maand. Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig — hulle almal was rein — en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself. En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die Here, die God van Israel, te soek. Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die Here het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.”

ESRA 6:19-22 AFR53



2 Junie 2019: In 445 BC hoor die profeet Nehemia wat nog in Babilon woon en die koning se skinker is dat dit sleg gaan met sy mense in Jerusalem. Die muur van Jerusalem lê stukkend en die poorte van die stad is met vuur verbrand. Nehemia bid tot God en vra vergifnis vir sy en die volk se sondes.

“En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand. En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel.


Laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig. Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie. Dink tog aan die woord wat U aan Moses, u kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi; maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen — al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon. Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand. Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.”

NEHEMÍA 1:3-4, 6-11 AFR53



3 Junie 2019: Die muur van Jerusalem is gebou om die tempel te beskerm, en in slegs 52 dae is die werk voltooi ! Die nasies rondom was bevrees en neerslagtig, want selfs hulle het die hand van God in die werke gesien.


“En die muur is voltooi op die vyf-en-twintigste van Elul, in twee-en-vyftig dae.


En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.”

NEHEMÍA 6:15-16 AFR53





4 Junie 2019: Daar is twee x 400 stil jare in die Bybel waar ons nie die geskiedenis en gebeure van die tydperk vertel word nie.


Die eerste is in Genesis waar God vir Abram sê dat sy nageslag 400 jaar vreemdelinge in ‘n land sal wees wat nie aan hulle behoort nie. Na die 400 jaar dink God weer aan die volk en verlos hul uit hul slawerny.


Die tweede 400 stil jare is die tydperk tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament. Die laaste skrif van die Ou Testament was Maleagi in ongeveer 420 BC tot by Johannes die Doper in die Nuwe Testament. Die tempel geskiedenis van hier af vir die tweede tempel word nie in die Bybel gegee nie, en daarom sal ons van hier af na bronne buite die Bybel kyk.


“Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.”

GÉNESIS 15:13 AFR53


“En die Here sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.”

EXODUS 3:7-8 AFR53



5 Junie 2019: In 169 BC word die tempel deur Antiogus IV Epifanes geplunder. Hy plunder die tempel meubels (goue kandelaar, lampstaander, tafel vir die vertoonbrode ens) en vat ook al die goud en silwer wat hy sy hande kan oplê.


Die geskiedenis word in die apokriewe boek van 1 Makkabieërs weergegee.


Nadat Antiogus Egipte verslaan het, het hy in die honderd-drie-en-veertigste jaar teruggekeer. Hy het opgegaan na Israel, na Jerusalem, met ‘n swaar gewapende leërmag. Hy het vol hoogmoed in die heiligdom ingegaan. Hy het die goue altaar gevat, die lampstaander en al sy bybehore, die tafel vir die vertoonbrode, die drankofferbekers, die offerbakke, die goue wierookhouers, die Voorhangsel, die krone en die goue versiering wat voor die tempel was –dit alles het hy gestroop. Hy het boonop die silwer en die goud en die kosbare voorwerpe gevat, en die verborge skatte wat hy gevind het, geneem. Nadat hy al hierdie goed gevat het, het hy teruggekeer na sy eie land. Hy het ‘n bloedbad aangerig, en hy het uiters hoogmoedige dinge kwytgeraak.

1 Makkabeërs 1:20-24



6 Junie 2019: Op 6 Desember 167 BC (145 ste jaar, 15 Kislef) het Antiogus IV Epifanes ‘n gruwel van verwoesting op die altaar gebou (offer ‘n vark aan sy god Zeus in die tempel) en al die Israeliete wat nie saam met hom aanbid het nie, doodgemaak.

Op die vyftiende dag van Kislef, in die honderd-vyf-en-veertigste jaar, het hy ‘n gruwel van verwoesting op die altaar gebou, en in die omringende stede van Juda het hulle altare opgerig. Hulle het wierook gebrand voor die deure van huise en in die strate. Die boekrolle van die Wet wat hulle gevind het, het hulle opgeskeur en verbrand. Waar ‘n boekrol van die verbond by iemand gekry is, of as iemand die Wet goedgekeur het, is so iemand op bevel van die koning doodgemaak. Hulle het met alle geweld teen Israel bly optree, teen diegene wat maand ná maand in die stede gevind is. Op die vyf-en-twintigste dag van die maand, terwyl hulle geoffer het op die altaar wat bo-op die brandofferaltaar geplaas was, het hulle die vroue wat hulle kinders laat besny het, volgens opdrag doodgemaak, en hulle het die ongebore babas om die nekke van die vroue gehang. Hulle het ook die vroue se huishoudings en die mense wat die besnydenis uitgevoer het, doodgemaak. Maar baie mense in Israel was standvastig en vasbeslote om nie onrein dinge te eet nie. En hulle het verkies om eerder te sterf, sodat hulle nie deur voedsel verontreinig sou word nie; en hulle het nie die heilige verbond ontheilig nie, en het gesterf. So was daar ‘n baie groot woede oor Israel.

1 Makkabeërs 1:54-64



7 Junie 2019: Die ‘Maccabean Revolt’ was ‘n Joodse opstand teen hulle Griekse / Siriese onderdrukkers in Israel, 167-160 BC, asook ‘n verwerping van Mede-Jode wat die heidense aanbidding aanvaar het. Mattatias Makkabees, ‘n Joodse priester, en sy sewe seuns het die opstand begin en saam met Joodse navolgers geurilla tipe oorlog gevoer en die tempel terug gewen.


Maar Mattatias het geantwoord en in ‘n luide stem gesê: “Al luister al die heidennasies wat in die koning se ryksgebied is, na hom, sodat elkeen die godsdiens van sy vaders verlaat en die koning se gebooie verkies, sal ek en my seuns en my broers optree volgens die verbond van ons vaders. Mag God dit verhoed dat ons die Wet en die voorskrifte agterweë laat! Ons sal nie na die woorde van die koning luister en sodoende regs of links van ons godsdiens afwyk nie.”

1 Makkabeërs 2:19-22


Judas en sy broers het gesê: “Kyk, ons vyande is verpletter. Kom ons gaan op om die heiligdom te reinig en in te wy.” Die hele leërafdeling het bymekaargekom en na die berg Sion opgegaan. Hulle het gesien dat die heiligdom verlate was, met die altaar ontheilig en die deure afgebrand, en dat die binnehowe digbegroei was met plante soos in ‘n bos of op een van die berge, en ook dat die priesters se kwartiere afgebreek was. Hulle het hulle klere geskeur, baie gerou en as op hulleself gestrooi.

1 Makkabeërs 4:36-39



8 Junie 2019: Die Makkabeërs het die tempel gereinig en op die 25ste dag van Kislef (14 Desember 164 BC) ingewy met die nuwe tempel meubels wat hulle gemaak het. Die dag word vandag nog gevier as Hanukkah, of die fees van die tempelwyding soos ons kan sien in Johannes 10:22.


Hulle het die heiligdom gebou en die binnekant van die tempel en die binnehowe geheilig. Hulle het nuwe heilige bybehore gemaak en die lampstaander, die wierookaltaar en die tafel in die tempel ingedra. Hulle het wierook op die altaar gebrand en die lampe op die lampstaander aangesteek, en dit het in die tempel geskyn. Hulle het brode op die tafel geplaas en die gordyne opgehang. En hulle het al die take wat hulle onderneem het, voltooi. Op die vyf-en-twintigste dag van die negende maand, dit is die maand Kislef, van die honderd-agt-en-veertigste jaar, het hulle vroeg die oggend opgestaan, en in ooreenstemming met die Wet ‘n offerande geoffer op die nuwe brandofferaltaar wat hulle gebou het.

1 Makkabeërs 4:48-53


“En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter. En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.”

JOHANNES 10:22-23 AFR53



9 Junie 2019: Die tweede tempel wat ‘n taamlike beskeie gebou was, is in die tyd van Koning Herodes gerestoureer en totaal herbou in 20 – 19 BC.


Ten spyte van die Jode se vrees dat Herodus die tempel totaal wou vernietig, is dit egter herbou deur die priesters in een en ‘n half jaar en die buitenste hof in die volgende agt jaar. Hierdie is die tempel wat in gebruik was in Jesus se tyd




10 Junie 2019: 9 AD: Jesus is 12 jaar oud en gaan saam met Sy ouers Jerusalem toe vir Paasfees, en Hy bly daar vir drie ekstra dae om in die tempel na die Joodse geleerdes te luister en hulle uit te vra!

“En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan. En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan. En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie. Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ‘n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek. En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek. En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde. En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek. En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie. En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.”

LUKAS 2:41-51 AFR53



11 Junie 2019: 29 AD: Aan die begin van Jesus se bediening word Hy vesoek deur die duiwel wat Hom na die dak van die tempel neem.


“Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom:

As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe:

Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. Jesus sê vir hom:

Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.”

MATTHÉÜS 4:5-7 AFR53



12 Junie 2019: Maart 33 AD: Jesus word gekruisig, Hy sterf en die voorhangsel van die tempel skeur in twee. Na drie dae staan Jesus op uit die dood.

“Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.”

MATTHÉÜS 27:50-54 AFR53



13 Junie 2019: Die Romeine het die Tweede Tempel en Jerusalem in 70 AD verwoes as vergelding vir die voortdurende Joodse opstande. Die aanval op Jerusalem het begin 3 dae voor Paasfees op 14 April 70 AD, en is finaal geeindig op 30 Augustus 70 AD. Die tweede Tempel is op dieselfde dag verwoes as wat die eerste tempel vewoes is, nl: die Joodse kalender dag ‘negende dag van Av. (Av is gewoonlik Julie of Augustus.) Die dag is ‘n Joodse roudag en is die hartseerste dag op die Joodse kalender. Jesus het ‘n profesie uitgespreek oor die verwoesting van die tempel.


“En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.

En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge?

Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.”

MATTHÉÜS 24:1-2 AFR53



14 Junie 2019:     Die ‘Arch of Titus’ is vandag ‘n monument in Rome wat ‘n insetsel het van die menorah en van die ander tempel items wat gebuit is met die verwoesting van die tweede Tempel. Niemand weet waar enige van die tempel items opgeeindig het nie.

16 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page