top of page
  • Regina Torre

Die tempel van God – Ek is ‘n tempel van God.

Updated: Feb 2, 2023

17 Junie 2019:

Die tabernakel deur Moses gebou, was gebou volgens die spesifieke instruksies wat Moses van God ontvang het.


“Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien — die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van alles wat daarby behoort — so moet julle dit maak.”

EXODUS 25:8-9 AFR53



18 Junie 2019:

Die eerste tempel deur Salomo gebou, was gebou volgens die spesifieke instruksies wat Dawid van God ontvang het.


“Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die Here wat oor my was.”

I KRONIEKE 28:19 AFR53








19 Junie 2019:

Die tabernakel en tempel was gemaak volgens die planne van die hemelse tempel. So ook is ek en jy ‘n tempel van God volgens die planne van die hemelse tempel.


“hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.”

HEBREËRS 8:5 AFR53


“Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

I KORINTHIËRS 6:19-20 AFR53





20 Junie 2010:

Die tempel se enigste ingang was aan die oostekant geleë en was dan ook die enigste ingang vir die priesters en die Israeliete om by die tempel in te gaan. Vir die priesters om hul take in die voorhof en binnehof uit te voer en vir die res van die volk om hul offers na die brandofferaltaar te bring.


“En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el — sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.”

EXODUS 27:13-16 AFR53


21 Junie 2019:

Die enigste pad na God is deur Jesus – net een ingang!


“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

JOHANNES 14:6 AFR53


“Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,”

I TIMÓTHEÜS 2:3-6 AFR53


“Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie. En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.”

I JOHANNES 5:10-12 AFR53


22 Junie 2019:

Toepassing – Elkeen van ons staan op ‘n stadium in ons lewens voor ‘n Ewigheids keuse. Hoe kies jy? Vir God of teen God !


“Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.”

MATTHÉÜS 7:13-14 AFR53






23 Junie 2019:

Die brons brandofferaltaar is die eerste item wat jy gesien het wanneer jy deur die voorhof in die tempel area ingestap het. ‘n Vierkantige konstruksie van 2,5 meter in lengte en breedte en 1,5 meter hoog, gemaak van akasiahout en oorgetrek met koper.


“Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte. En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.”

EXODUS 27:1-6 AFR53


24 Junie 2019:

Die brandofferaltaar – die vuur op die altaar was geen gewone vuur. God self het met die eerste brandoffer die vuur op die altaar aangesteek, en die priesters opdrag gegee dat die vuur nooit moet doodgaan nie.


“En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek. Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.”

LEVÍTIKUS 6:12-13 AFR53


“Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die Here het aan die hele volk verskyn — vuur het van die aangesig van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.”

LEVÍTIKUS 9:23-24 AFR53


25 Junie 2019:

Die offerhandes, hetsy vrywillig of verpligtend, is deur individue gedoen vir elkeen se eie sondes. ‘n Dier sonder gebrek is na die priester gebring, hande is op die dier gelê, en dan geslag. Die bloed is op die brons brandofferaltaar gesmeer op verskillende maniere en dele van die dier is dan op die vuur geoffer. Die persoon stap daar weg met die wete dat sy sonde vir nou vergewe is.

“As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die Here kan vind. En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen. Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die Here slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is. Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel. En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê. Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is. Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.” LEVÍTIKUS 1:3-9 AFR53


26 Junie 2019:

Jesus het aan die kruis gesterf om as ‘n geslagte lam ons sondes weg te neem. Dus, die brons brandofferaltaar is die plek waar God met ons sondes werk – die onskuldige lam wat geslag was 2000 jaar gelede om eens en vir altyd my en jou sondes te vergewe.


“En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,”

JOHANNES 19:17 AFR53


“omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,”

I PETRUS 1:18-20 AFR53


“Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.”

HEBREËRS 10:1-2 AFR53


“maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;”

HEBREËRS 10:12-15 AFR53


27 Junie 2019:

Toepassing: Gee jou liggaam as ‘n lewendige, heilige en aanneemlike offer aan Hom wat jou Vader in die hemel is.

“Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer — dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

ROMEINE 12:1-2 AFR53


28 Junie 2019:

Die brons waskom is tussen die brons brandofferaltaar en die ingang na die tempel. Dis hier waar die priesters hulself gewas het elke keer voor ‘n volgende taak uitgevoer is.


“En die Here het met Moses gespreek en gesê: Jy moet ook 'n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin, dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was. As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die Here aan die brand te steek. Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.”

EXODUS 30:17-21 AFR53


29 Junie 2019:

In die Bybel word die Woord van God vele kere vergelyk met water, want die Woord is die middel wat ons skoon was van ons sondes. Soos die stof van ons voete afgewas moet word nadat ons op ‘n grondpad geloop het, so moet die wêreld se invloed van ons afgewas word wanneer ons die Bybel lees.

“Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.”

PSALMS 51:4 AFR53


“laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.” HEBREËRS 10:22 AFR53


“Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.” I JOHANNES 5:7-8 AFR53


30 Junie 2019: Die waskom was net toeganklik vir die priesters wat diens doen in die tempel. So is die Woord van God net verstaanbaar vir God se kinders wat duidelikheid kry oor wat hul lees met die hulp van die Heilige Gees.


“Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.”

I KORINTHIËRS 2:12-14 AFR53


1 Julie 2019:

Die koperwaskom is gemaak van die spieëls van die vroue. As die priesters nie hul refleksie in die water gesien het nie, dan het hul dit wel in die refleksie van die waskom gesien. Wanneer ons die Woord van God (water) so gereeld lees soos wat die priesters hulself in die water moes was, dan sien ons ons sondige self raak.


“Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.”

EXODUS 38:8 AFR53


“Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.”

JAKOBUS 1:23-24 AFR53




2 Julie 2019:

Toepassing: Om ons sondige self in die koperwaskom te sien het ‘n tweevoudige gevolg.

1. Ons gaan van die waskom na die brandofferaltaar om ons sondes te bely.

2. Ons gaan van die waskom na die Heilige Plek om ‘n verhouding met Jesus te bou.

Dus, elke keer as jy jou Bybel lees (was by die waskom) is die gevolg of beleidenis van sondes (by die brandofferaltaar), of die bou van ‘n verhouding met Jesus ( by die drie items in die Heilige Plek nl: die tafel van toonbrode, die kandelaar en die wierookaltaar)


“Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

JAKOBUS 4:7-10 AFR83


“As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.”

KOLOSSENSE 3:1-3 AFR53


3 Julie 2019:

Die tempel ingang – Ons gaan nou deur die pers, purperrooi en bloedrooi poort beweeg na die voorhof van die tempel, ook genoem die Heilige Plek. Dit is hier waar ons die tafel van toonbrode, die kandelaar en die reukaltaar sal vind.


“en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.”

EXODUS 27:16 AFR53




4 Julie 2019:

Die tafel van toonbrode was gemaak van doringhout en was 1m lank x 1/2m breed x 3/4m hoog. Die hele tafel was daarna oorgetrek met goud. Ons is nou in die Heilige kamer of die binnehof van die tempel en als hier is weereens ‘n prentjie van Jesus. Die hout van die tafel is simbolies van Jesus as mens en die goud is simbolies van Jesus as koning.

“Jy moet 'n tafel van doringhout maak. Sy lengte moet een meter wees, sy breedte 'n half meter en sy hoogte 'n driekwart meter. Trek dit oor met suiwer goud en sit 'n goue lys rondom vas. Jy moet 'n band, sewe sentimeter breed, rondom die tafel sit en daarrondom 'n goue lys vassit. Jy moet vier goue ringe vir die tafel maak en dit aan die vier hoeke vassit, regoor die vier pote. Die ringe moet naby die band vas kom sodat die draaghoute deur hulle gesteek kan word om die tafel mee te dra. Maak die draaghoute waarmee die tafel gedra moet word, van doringhout en trek hulle oor met goud.”

EKSODUS 25:23-28 AFR83


5 Julie 2019:

Op die tafel is brood en wyn vertoon in en op goue eetgerei in die teenwoordigheid van God. Ons het hier in die tabernakel ‘n prentjie van Jesus in die uitbeelding van die nagmaal tafel. Die brood ‘n prentjie van Jesus se liggaam gebreek vir ons genesing en die wyn ‘n prentjie van Jesus se bloed vergiet as betaling van ons sondes.

“Maak vir die tafel skottels, panne, kanne en komme, alles van suiwer goud. Gebruik dit om die drankoffer mee uit te giet. Sit offerbrood op die tafel. Dit moet altyd daar voor My in my teenwoordigheid wees.” EKSODUS 25:29-30 AFR83


“En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.” MATTHÉÜS 26:26-27 AFR53


"die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.” I KORINTHIËRS 10:16-17 AFR53


“Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” I KORINTHIËRS 11:23-26 AFR53


6 Julie 2019:

Die brode is gebak van fyn koringmeel wat uit die velde van Betlehem gekom het. Betlehem die dorp waar Jesus gebore is beteken huis van brood. Twaalf brode is elke week op die sabbatdag (Saterdag) in twee stapels op die goue tafel neergesit. Elke brood is van 3kg meel gemaak wat ongeveer 6 brode in ons terme is. Die brood was heel week in die tempel waar dit vars gebly het, en die ‘ou’ brood is elke Saterdag vir die priesters gegee om die volgende week te eet.

“Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here. Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood. Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus. Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.””

LEVITIKUS 24:5-9 AFR83


7 Julie 2019:

Toepassing 1 – Die letterlike toepassing is brood as kos om te eet. In Genesis lees ons dat Adam in die sweet van sy aangesig brood sal eet, hy moes dus werk daarvoor. Die Israeliete het manna gekry uit die hemel in hul 40 jaar se omswerwinge in die woestyn. Ongesuurde brode moet geëet word tydens die meeste van die Joodse feeste en wanneer ons die ‘Onse Vader’ bid vra ons – gee ons vandag ons daaglikse brood!

“In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”

GÉNESIS 3:19 AFR53


“Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie. En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.”

EXODUS 16:4-5 AFR53


“Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek — maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;”

EXODUS 23:15 AFR53


“gee ons vandag ons daaglikse brood;”

MATTHÉÜS 6:11 AFR53


8 Julie 2019:

Toepassing 2 – Die figuurlike toepassing is brood as kos vir jou siel. Jesus word deur Satan versoek nadat Hy 40 dae in die woestyn gevas het met die woorde: as U die Seun van God is, verander die klippe in brood. Jesus antwoord: jy kan nie van brood alleen lewe nie, maar wel van elke woord van God - dus, die Skrif of jou Bybel.


Die brood in die tempel was die week se kos vir die priesters, so moet die Woord van God jou week se kos wees om jou siel te voed:

- om ‘n verhouding met Jesus te bou

- om jou arsenaal vol amunisie te maak vir wanneer die vyand (Satan) jou aanval

- om te troos in tye van nood

- om ............ vul self aan, die lys is lank!

“En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” – MATTHÉÜS 4:3-4 AFR53


“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.” – JOHANNES 6:47-51 AFR53


9 Julie 2019:

Reg oorkant die tafel van toonbrode aan die suidekant van die Heilige Plek is die kandelaar of menorah, gemaak van suiwer goud. Die kandelaar met sewe arms se lampe was oliehouers in die vorm van oop amandelblomme. Die lamp is gemaak volgens die planne wat God vir Moses op die berg gegee het.

“Maak ook 'n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.


Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant.


En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.”

EXODUS 25:31-32, 37, 40 AFR53



10 Julie 2019:

Die kandelaar was die enigste bron van lig in die Heilige Plek. Die lig is ‘n duidelike prentjie van Jesus wat die lig van die wêreld is.


“En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

JOHANNES 8:12 AFR53


“So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.”

JOHANNES 9:5 AFR53







11 Julie 2019:

Suiwer uitgestampte olyfolie was die bron van die lig en moes gedurigdeur brand. Die olie is ‘n prentjie van die Heilige Gees. So werk die Heilige Gees in elkeen van ons om ons lig in die wêreld te laat skyn sodat God verheerlik kan word.


“En jý moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê. In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die Here. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.”

EXODUS 27:20-21 AFR53


“Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”

MATTHÉÜS 5:14-16 AFR53


12 Julie 2019:

Die woord van God is vir ons ‘n lamp vir ons voete en ‘n lig vir ons pad.


"U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.”

PSALMS 119:105 AFR53


13 Julie 2019:

Toepassing – Die kandelaar in die tempel wys vir ons die kragtige samewerking van die Drie-enige God. Jesus is die lig / die Woord van God wat ons gedurig moet lees, soos die lamp wat nooit geblus mag word nie. Die Heilige Gees is die olie wat die lig laat skyn, dus die Woord vir ons verstaanbaar maak, en God word verheerlik!


“En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.”

MATTHÉÜS 3:16-17 AFR53


“maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

JOHANNES 14:26 AFR53


“julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”

ROMEINE 8:9-11 AFR53


14 Julie 2019:

Die reukaltaar is die derde en finale item in die Heilige plek en is voor die voorhangsel van die tempel wat die Allerheiligste van die Heilige Plek skei. Die altaar is soos die tafel van toonbrode ook van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek.


“Jy moet ook 'n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak. 'n El moet sy lengte wees en 'n el sy breedte — vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor 'n goue krans rondom.


Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.”

EXODUS 30:1-3, 6 AFR53


15 Julie 2019:

Aäron se werk was om elke oggend en elke aand van elke dag wierook op die altaar te plaas en aan die brand te steek met die kole van die brandofferaltaar.


“En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek. En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here in julle geslagte.”

EXODUS 30:7-8 AFR53







16 Julie 2019:

Die rook en reuk van die wierook is ‘n prentjie van ons almal se gebede, wat opwaarts na God beweeg.

“En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, om dit met die gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.”

OPENBARING 8:3-4 AFR53




17 Julie 2019:

Toepassing – Gebed is ons gesprek en kommunikasie met God, en dit is hoe ons ons verhouding met God bou en versterk. Bid elke dag gedurig sodat jou gebede soos die rook en geur van die reukaltaar voor die aangesig van God beweeg.


“ ‘n Psalm van Dawid. Here, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep. Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer.”

PSALMS 141:1-2 AFR53





18 Julie 2019:

Die voorhangsel van die tempel was ‘n gordyn wat die Heilige plek van die Allerheiligste plek geskei het. Dit is hierdie gordyn wat geskeur het toe Jesus gekruisig is. Die geskeurde voorhangsel was net sigbaar vir die priesters wat daardie dag diens gedoen het. Ons lees in die boek Handelinge van die priesters wat later gelowig geword het.

“Daarop het Jesus weer met 'n groot stem geroep en die gees gegee. En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn. En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.”

MATTHÉÜS 27:50-54 AFR53


“En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ‘n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.”

HANDELINGE 6:7 AFR53


19 Julie 2019:

Die enigste item in die Allerheiligste Plek was die ark en die versoendeksel bo op die ark. Die ark is van akasiahout gemaak en binne en buite met goud oorgetrek. Die ark se ‘deksel’ genoem die versoendeksel was gemaak van suiwer goud met twee gerubs bo op. Die plek verteenwoordig die teenwoordigheid van God.

“Hulle moet dan 'n ark van akasiahout maak. Twee en 'n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees. En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan 'n goue krans maak rondom.

EXODUS 25:10-11 AFR53


“Maak ook ‘n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ‘n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente. En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.”

EXODUS 25:17-22 AFR53


20 Julie 2019: Die enigste persoon wat in die heiligdom van die tempel kon ingaan was die hoëpriester, en ook net een maal per jaar op die Dag van Versoening.

“en die Here het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.”

LEVÍTIKUS 16:2 AFR53








21 Julie 2019:

Die Ou Testament hoëpriester se werk was om op die Dag van Versoening of Jom Kippur die bloed van ‘n dier sonder gebrek op die versoendeksel te sprinkel om sodoende die sondes van die volk vir die jaar vorentoe te bedek.


“En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie — die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die Here rein word.”

LEVÍTIKUS 16:29-30 AFR53


“Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. ‘n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die Here ‘n vuuroffer bring.”

LEVÍTIKUS 23:27 AFR53


22 Julie 2019:  

Jesus het met Sy dood as Hoëpriester by die hemelse tabernakel ingegaan, met Sy eie bloed, om vir eens en vir altyd vir ons sondes te betaal.


“Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.”

HEBREËRS 9:11-14 AFR53


23 Julie 2019 – Opsomming!


“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

JOHANNES 14:6 AFR53


Jesus is die weg

  1. Tempel ingang – Ek kies Jesus as my verlosser

  2. Brandofferaltaar – Jesus het as lam sonder gebrek vir my sondes gesterf

  3. Koperwaskom – Ek was myself skoon van my sondes

Jesus is die waarheid

  1. Tafel van Toonbrode – Lees die Woord en bou ‘n verhouding met God

  2. Lampstaander – My lig skyn deur die Heilige Gees tot verheerliking van God

  3. Wierookaltaar – Bid sonder ophou

Jesus is die lewe

  1. Die Ark  – Ek kan direk met God praat, want Jesus het die pad voorberei.

19 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page