top of page
  • Regina Torre

Die Tempel van God – 3de Tempel

Updated: Feb 3, 2023


24 Julie 2019: Ons het tot dusver geleer van Moses se tabernakel, Salomo se tempel of die 1ste tempel, en dan ook Herodus se tempel of die 2de tempel. In die volgende gedeelte gaan ons leer van die 3de tempel, en dié tempel moet nog gebou word. Dit beteken dat ons die profesieë in die Bybel gaan bestudeer om die hoe, wat en waar van die 3de tempel uit te pluis.

 

25 Julie 2019: Paulus praat met die gemeente in Tessalonisense om vir hulle te verduidelik dat hulle nie die Wegraping gemis het nie, want dit het nog nie gebeur nie.


“En nou, broers, wat betref die wederkoms van ons Here Jesus Christus en ons hereniging met Hom, het ek ‘n ernstige versoek aan julle:” 2 TESSALONISENSE 2:1 AFR83






 

26 Julie 2019: Paulus vertel ook vir die gemeente van Tessalonisense dat hulle nie van stryk gebring moet word as iemand vir hulle vertel dat ‘die dag van die Here’ al hier is nie. Die ‘dag van die Here’ verwys na die Groot Verdrukking wat gaan plaasvind na die Wegraping.


“Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word as iemand vir julle sou sê die dag van die Here is al hier nie – of dit nou vir julle gesê word in ‘n profetiese uitspraak of in ‘n preek of in ‘n brief wat sogenaamd van ons afkomstig sou wees.” 2 TESSALONISENSE 2:2 AFR83




 

27 Julie 2019: Die ‘dag van die Here’ of die Groot Verdrukking sal eers aanbreek na ‘n groot afvalligheid van die geloof plaasvind en wanneer die antichris sy verskyning maak.


“Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie.” 2 TESSALONISENSE 2:3 AFR83




 

28 Julie 2019: Die wettelose mens of die antichris gaan selfs in die tempel van God sit, en voorgee dat hy God is. Dit is hier waar ons leer dat daar weer ‘n tempel gaan wees, en dat die tempel tydens die tydperk van die Groot Verdrukking gaan wees.


“Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.” 2 TESSALONISENSE 2:4 AFR83





 

29 Julie 2019: In die Ou Testament ontvang Daniël ‘n besoek van die engel Gabriël om hom te onderrig, en wat bespreek was is alombekend as Daniel se sewentig-week profesie! Hierdie profesie het ‘n naby en vêr vervulling wat nou met elke vers bespreek gaan word.

“terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer. En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.”

DANIËL 9:21-23 AFR53



 

30 Julie 2019: Daniel 9:24 (a) – Sewentig sewetalle. Wat is ‘n sewetal? Die term word in Joodse tradisie vir dae of jare gebruik. In dié profesie word die sewetal as 7 jare gesien. As ons nou somme maak is sewentig sewetalle = 70 x 7 jare = 490 jaar. Dus, 490 jaar wat bepaal is vir die Joodse volk (Daniel se volk) en Jerusalem, die heilige stad.


“Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, …….. DANIËL 9:24a AFR53







 

31 Julie 2019: Daniel 9:25 (a) Die engel Gabriel gee nou vir Daniel tydmerkers sodat hy en ons kan verstaan wanneer die 490 jaar gaan begin, en wat daarna gaan volg.

Die typerk se beginpunt is wanneer koning Kores (Cyrus) ‘n bevel uitreik om Jerusalem te herstel en op te bou.

In 2 Kronieke 36:23 sê koning Kores van Persië dat die God van die hemel al die koninkryke van die aarde aan hom gegee het, en dat sy opdrag van God is om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem.


“So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee, en Hý het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag die Here sy God met hom wees, en laat hom optrek!” II KRONIEKE 36:23 AFR53


 

1 Augustus 2019: Daniel 9:25 (b) Jerusalem se herstel het begin in die boek Esra met die bou van die tempel, en is voltooi met die bou van die muur in die boek Nehemia. Die tempel se bou het lank gevat as gevolg van vele teenkanting en in tye van benoudheid, maar die muur is in 52 dae voltooi. Jerusalem se herstel het volgens Daniel se profesie sewe sewetalle geneem, dus 7 x 7 jare = 49 jaar.


 

2 Augustus 2019: Daniel 9:25 (c) Die tydperk vandat die muur voltooi is totdat Jesus Jerusalem inry op ‘n donkie om as ‘n Vors gesalf te word is volgens Daniel se profesie twee-en-sestig sewetalle, dus 62 x 7 = 434 jare. Die intog van Jesus in Jerusalem word in Mattheus 21:6-9 vir ons gegee.


“En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het; hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit. En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi. En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!” MATTHÉÜS 21:6-9 AFR53


 

3 Augustus 2019: Daniel 9:26 (a) Hierdie vers verduidelik dat Jesus gaan sterf ná die twee-en-sestig sewetalle. Jesus, die Gesalfde, se intog in Jerusalem was vyf dae voor Hy gekruisig is.



 

4 Augustus 2019: Daniel 9:26 (b) Jerusalem (die stad) en die tempel (die heiligdom) is na Jesus se kruisiging in 70 AD verwoes deur die Romeine (volk van ‘n vors wat sal kom) wat daardie tyd aan bewind was. Al die gebeurtenisse is ná die twee-en-sestig sewetalle. Die woord oorstroming is ‘n aanduiding van die mag waarmee als vernietig is.

 

5 Augustus 2019: Daniel 9:26 (c) Die vers gee net vir ons ’n beginpunt nl. ná die twee-en-sestigsewetalle, maar koppel nie die verwoesting van die tempel en Jerusalem aan ‘n sewetalle tydperk nie.

Daniel se profesie het begin deur te verduidelik dat ons na 490 jaar se gebeure moet kyk. Tot dusver het ons 49 + 434 = 483 jaar. Ons kort nog 7 jaar om die 490 jare vol te maak. Daniel se profesie gaan vir ons wys dat daar ‘n tussenpose is tussen Jesus se kruisiging en die sewe jaar wat nog moet gebeur. Die tussenpose is die tydperk waarin ons nou leef, die kerk tydperk.

 

6 Augustus 2019: In Daniel hoofstuk 2 lees ons van Nebukadneser se droom wat Daniel uitlê en waar ons leer wat die koninkryke van wêreld gaan wees – 1. Nebukadneser se ryk, 2. Die Mede en Perse, 3. Die Griekse Ryk en 4. Die Romeinse Ryk.

Dit is die Romeinse Ryk wat Jerusalem en die tempel verwoes het.

In die eindtye het ons weer die herlewing van die Roomse Ryk net voor God se koninkryk.


In Daniel 9:26 lees ons – en die volk van ‘n vors wat sal kom.


Die vors wat sal kom in die toekoms / eindtye, kom uit die volk wat Jerusalem en die tempel verwoes het. Dus, hy gaan kom uit die opgestane of herleefde Romeinse Ryk


 

7 Augustus 2019: Daniel 9:27 (a) Ons lees nou van die finale sewe jaar tydperk – En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit. Die vors wat sal kom, die antichris, gaan vir een week of 7 jaar ‘n verbond met die Joodse volk sluit om die 3de tempel te bou.

 

8 Augustus 2019: Daniel 9:27 (b) Na drie en ‘n half jaar (helfte van die week) gaan die antichris die verbond verbreek deur die offerhandes (slagoffer en spysoffer) te staak.


 

9 Augustus 2019: Daniel 9:27 (c) Jesus praat in Mattheus 24 met die dissipels en sê dat wanneer hulle die gruwel van verwoesting sien staan in die heiligdom of anders gestel, die tempel – soos deur Daniel voorspel – dan moet hulle vlug. Hier bevestig Jesus dus Daniel se profesie rakende die derde tempel en alles wat gaan gebeur.


“Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom — laat hy wat lees, oplet — dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;”

MATTHÉÜS 24:15-16 AFR53

 

10 Augustus 2019: Van sononder vanaand to sononder môreaand, is dit die Joodse dag 9de van Av. Die dag is die hartseerste dag op die Joodse kalender en hier is ‘n lys van ‘n paar gebeure wat op die dag in die geskiedenis plaasgevind het:

  • Salomo se tempel (1ste tempel) word verwoes deur Nebukadneser.

  • Herodus se tempel (2de tempel) word verwoes deur die Romeinse leër.

  • 18 Julie 1290: ‘n edik word in Engeland afgevaardig om die Jode uit Engeland uit te dryf.

  • 31 Julie 1942: ‘n edik word in Spanje afgevaardig om die Jode uit Spanje uit te dryf

 

12 Augustus 2019: In die boek Openbaring lees ons dat Johannes ‘n tempel se afmetings moet neem. In die tempel is ook ‘n altaar en mense wat daarin aanbid. Hierdie is nog ‘n bewys dat daar ‘n werklike funksionele tempel met ‘n altaar gaan wees tydens die Groot Verdrukking tydperk.



“En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.”

OPENBARING 11:1 AFR53





 

13 Augustus 2019:  Johannes word vertel om die voorhof van die tempel nie te meet nie. Die gedeelte is net buite die tempel ingang en in Herodus se tempel is dit die vroue hof genoem. Dit is die naaste wat Joodse vrouens aan die tempel ingang kon kom. Hierdie gedeelte word volgens Openbaring 11:2 vir 42 maande aan die heidene gegee. 42 Maande = 1,260 dae = 3,5 jaar = die eerste helfte van Daniel se sewe jaar. Hier kom Daniel en Johannes se profesieë bymekaar.


“Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.”

OPENBARING 11:2 AFR53





 

14 Augustus 2019:  Die boek Openbaring gee vir ons nou ekstra inligting. Twee profete gaan vir 1,260 dae of 3,5 jaar lank gedurende die eerste helfte van die Groot Verdukking profeteer. Ek gee die vers om die dae uit te lig wat die eerste helfte van die Groot Verdukking bevestig. Daniel het vir ons geleer dat na die 1,260 dae, die offerhandes in die tempel tot ‘n einde gaan kom.


“En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer.”

OPENBARING 11:3 AFR53







 

15 Augustus 2019:   Dit is duidelik uit ons voorafgaande lesse dat die Joodse volk en die tempel waarin hulle diens gaan doen ‘n groot rol speel in die Groot Verdrukking of eindtye.


Ons gaan nou kyk hoe geskiedenis vooruit vertel word deur vervulde profesieë rakende Israel, Jerusalem en die Joodse volk en dan gaan ons kyk of Israel al planne het om die 3de tempel te bou.




 

16 Augustus 2019:   Dit is vir my baie belangrik om uit te wys dat ons as Christene nie die Joodse volk as uitverkore volk van God vervang nie.


Vervangings teologie of in engels Replacement theology, is ‘n vals leëring wat vir ons voorgehou word. God het ‘n ewige verbond, ‘n onverbreekbare verbond, met Abraham gesluit waarin Hy aan Abraham ‘n groot nageslag (waar Christene ingesluit word) en grond belowe het.


Luister gerus hier na ‘n kort verduideliking: https://youtu.be/Im2Fz-gDS7A


Paulus verduidelik mooi in die volgende gedeeltes:

“En nou praat ek met julle, gelowiges uit die heidennasies. As apostel vir die heidennasies is ek trots op my werk en strewe ek daarna om op een of ander manier my eie mense jaloers te maak en sommige van hulle te red. As hulle verwerping vir die wêreld versoening beteken het, wat sal hulle aanneming dan nie beteken nie? Niks minder nie as lewe uit die dood! As die eerste stuk deeg aan God gewy is, dan is ook die res van die deeg aan Hom gewy. En as die wortel van die boom aan God gewy is, dan is ook die takke aan Hom gewy. Party van die takke is uitgekap en jy, 'n wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel. Moet jou dan nie bo die ander takke verhef nie! Moet jou ook nie verbeel jy is iets nie: dit is nie jy wat die wortel dra nie, die wortel dra jou.”

ROMEINE 11:13-18 AFR83


“En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.”    EFESIËRS 3:6 AFR83

 

17 Augustus 2019:   

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 1 – Verstrooing:


Oor en oor word die Israeliete gewaarsku dat as hul nie na God luister nie, Hy hul sal verstrooi oor die uiteindes van die aarde. Die verstrooiing staan ook bekend as die diaspora en begin as volg:

  • 722 BC toe die Assiriërs die noordelike koninkryk oorwin en die Israeliete regoor die Midde-ooste verstrooi is.

  • 597 BC toe Nebukadneser die suidelike koninkryk oorwin en die Israeliete na Babilon geneem is.

  • 538 BC gee koning Kores vir die Israeliete toestemming om terug te keer na Jerusalem, maar ‘n groot gros besluit om in Babilon te bly.

  • 70 AD word die tempel in Jerusalem verwoes en later word Jerusalem deur die Romeine beset. Die Jode vlug van Jerusalem na al die lande in wêreld.

“En die Here sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.” DEUTERONÓMIUM 28:64 AFR53


“My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.” HOSÉA 9:17 AFR53


“En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.” LUKAS 21:24 AFR5

 

18 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 2 – Vervolging:


Die ballinge van Israel sal vervolg word. Voorbeelde van Joodse vervolging sluit in –

  • 18 Julie 1290: ‘n edik word in Engeland afgevaardig om die Jode uit Engeland uit te dryf.

  • 31 Julie 1942: ‘n edik word in Spanje afgevaardig om die Jode uit Spanje uit te dryf.

  • 1933 – 1945: Die Nazi konsentrasiekampe in Duitsland tydens die 2de wêreld oorlog

“En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen die Here jou sal wegvoer.”

DEUTERONÓMIUM 28:37 AFR53


“En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die Here sal jou daar ’n bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel. En jou lewe sal voor jou aan ’n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.”    DEUTERONÓMIUM 28:65-66 AFR53

 

19 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 3 – Verwoesting:


Na die diaspora, m.a.w. terwyl die Joodse volk nie in die land is nie, sal God die land in ‘n wildernis verander en die stede sal puinhope word. Mark Twain skryf in een van sy boeke nadat hy Israel in 1867 besoek dat Israel ‘n verlate land is met geen plantegroei of mense!

“En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die Here daarin laat uitbreek het — ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die Here in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het — en al die nasies sal sê: Waarom het die Here so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?”

DEUTERONÓMIUM 29:22-24 AFR53


“En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal ‘n afsku van julle hê. En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie. Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan. En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ‘n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ‘n wildernis en julle stede puinhope word.”  LEVÍTIKUS 26:30-33 AFR53

 

20 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 4 – Bewaring:


Maar, God belowe ook genadiglik dat Hy Sy volk sal bewaar tydens hul omswerwinge. Die Israeliete is die enigste antieke volk wat nog steeds bestaan.


“Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.”

JESAJA 49:15-16 AFR53


“Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.”   JEREMIA 30:11 AFR53

 

21 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 5 – Terugkeer:


God belowe om Sy volk weer terug te bring na Israel uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Die ‘Jewish Virtual Library’ se statistieke toon duidelik die groei van die Joodse populasie van Mei 1948 tot September 2018.

  1. Mei 1948: 806,000

  2. Mei 2019: 9,009,000


“kyk, Ek laat hulle bymekaarkom uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap; en Ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle veilig laat woon. En hulle sal vir My ’n volk wees, en Ek sal vir hulle ’n God wees. En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle. En Ek sal ’n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.” JEREMIA 32:37-41 AFR53

 

22 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 6 – Ordelike Terugkeer:


Die Jode sal terugkeer na hul land Israel – en wel in ‘n spesifieke volgorde. In die laaste eeu alleen het miljoene Jode begin terugkeer na Israel en wel in die volgorde soos Jesaja geprofeteer het.


  • Oos – 1930 tot 1940 (van Sirië, Irak en Jordanië)

  • Wes – Wes Europa na die 2de wêreld oorlog

  • Noord – Rusland van 1988

  • Suid – Operasie Solomon was ‘n Israeliese militêre operasie om gedurende 24 en 25 Mei 1991 14,325 Joodse Etihopiërs na Israel te vlieg. Die vliegtuie se sitplekke is uitgehaal om meer passasiers te akkommodeer en een van die laaste vlugte het 1,122 passasiers ingepas.

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,”

JESAJA 43:5-6 AFR53

 

23 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 7 – Israel word vir ’n tweede keer ‘n nasie:

Sedert 721 BC het ongeveer 14 verskillende groepe Israel beset. David Ben-Gurion verklaar op 14 Mei 1948 om 16:00 die middag, die nuwe staat Israel se onafhanklikheid van Britse mandaat, en hy is toe ook Israel se eerste Eerste Minister.


Harry Truman, die Amerikaanse President van daardie tyd, het toe hy nog klein was by sy moeder, ‘n Sondagskool juffrou, geleer dat as hy eendag in ‘n posisie is om Israel te help, dat hy dit moet doen. Die VSA, onderleiding van president Harry Truman was die eerste land wat Israel as ‘n staat erken het. Rusland het drie dae later gevolg


“Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ’n land op een enkele dag gebore? Of word ’n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.” JESAJA 66:8 AFR53


“En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; en Hy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.” JESAJA 11:11-12 AFR53


 

24 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 8 – Israel sal n vereenigde nasie wees:


Israel het in 926 BC in twee koninkryke verdeel, naamlik die Noordelike en Suidelike koninkryke, en amper twee duisend jaar later verenig hul weer.


“en sê vir hulle: So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.”

ESÉGIËL 37:21-22 AFR53




 

25 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 9 – Terugkeer van die Sikkel as geldeenheid sodat tempel offergawes in die geldeenheid gemaak kan word.


Die sikkel het sy oorsprong in die Bybelse tyd en hier is ‘n kort geskiedenis vanaf 1948.

  • 14 Mei 1948 tot 1952 – Die Palesteinse Pond word deur die Britse Pond onderskryf.

  • Junie 1952 tot 23 Feb 1980 – Die Palesteinse Pond word vervang deur die Israeliese Pond.

  • Februarie 1980 tot 31 Desember 1985 – Die Ou Sikkel in gebruik.

  • Van 1 Januarie 1986 tot nou – Die huidige geldeenheid van Israel is die Nuwe Israeliese Sikkel


“En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle 'n mine wees. Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van 'n efa van 'n homer koring; ook die sesde van 'n efa van 'n homer gars.


Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.” ESÉGIËL 45:12-13, 16 AFR5

 

26 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 10 – Hebreeus word weer die nasionale taal van Israel.


Die Jode het as gevolg van die verspreiding oor die wêreld of die diaspora, die gebruik van die Hebreeuse taal verloor. Slegs skrifgeleerdes het nog Hebreeus as leertaal gebruik. Vêrder het die taal ook vermeng met die tale van die lande waar die Jode gewoon het om so die suiwerheid van die Hebreeuse taal te verloor.

Zephania Elineazer Ben Yahoda het dit sy lewenstaak gemaak om die Hebreeuse taal te suiwer en om ‘n groter woordeskat van die basis woorde op te bou. Hebreeus is vandag die gom wat die Jode wat verskillende tale praat bymekaar hou, en Hebreeus het in 1982 die offisiële taal van Israel geword.


“Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.” SEFÁNJA 3:9 AFR53






 

27 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 11 – Israel sal die broodmandjie van die wêreld word.


Israel wat eens droog en bar was, het met tegnologiese en biologiese deurbrake die landskap verander van woestyn na vrugbare grond wat vandag vrugte en blomme na die hele wêreld uitvoer.


Kyk hier na ‘n video van ‘before’ en ‘after’ fotos van Israel wat verwoes was en nou die land van melk en heuning is – https://youtu.be/EertXz0DccM


“In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.”

JESAJA 27:6 AFR53


“Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby. Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die Here is.” ESÉGIËL 36:8-11 AFR53

 

28 Augustus 2019:

Geskiedenis vooruit vertel: Vervulde profesie 12 – Israel se weermag sal kragtig en sterk wees. Van Israel se onafhanklikwording in 1948 is hul al vele kere aangeval deur magte groter en sterker as hulle, en elke keer was hul die oorwinnaar!


“In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe — hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.”

SAGARÍA 12:6 AFR53


 

29 Augustus 2019: Is Israel gereed om die 3de tempel te bou? Dié tempel, waarin dié antichris gaan ingaan, halfpad deur die Groot Verdrukking, en homself as god verklaar!

Ek gaan poog om die vraag te antwoord deur te kyk na wat huidiglik in Israel gebeur en ek gaan vir julle wys wat ons nie op ons nuus en tv sien nie.


Die volk van Israel is terug in hul land, hulle is as ‘n volk herenig en huidiglik gereed om die tempel te bou soos ons in die volgende advertensies kan sien wat op hul TV wys.


Kyk gerus na die volgende advertensies wat deur ‘The Temple Institute’ gemaak is en op Israel TV wys.

Advertensie van 2012:


Advertensie wat in Julie 2018 gemaak is:


Advertensie wat in Augustus 2019 op Youtube geplaas is:


 

30 Augustus 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 2:


Daar is hernude belangstelling onder die Jode om die Tempelberg in Jerusalem te besoek waar die tempel gebou moet word. Streng toegang reëls word op die Tempelberg toegepas. Joodse en Christen gebed word totaal verbied. Jode mag net op spesifieke tye die berg besoek. Moslems daarteen is welkom om ter enige tyd die berg te besoek en daar te bid. Christene en Jode mag net as besoekers die berg besoek maar mag nie sing, bid of enige gelowige uitinge gee nie.


 

31 Augustus 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 3.


Daar is twee organisasies in Jerusalem met die spesifieke einddoel om die derde tempel te bou.

a) Die Tempel Instituut is gestig in 1987 deur Rabbie Yisrael Ariel, ‘n valskermsoldaat van die Ses Dag oorlog van 1967 – https://templeinstitute.org


b) Temple Mount and Land of Israel Faithful Movement is gestig in 1967 deur Gershon Salomon ‘n offisier in die Israelse weermag wat glo hy het ‘n opdrag van God om die derde tempel te bou – http://templemountfaithful.org


 

1 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 4.


Die finansies vir die bouwerk is in plek! Die Israeliese maatskappy Gold Deposits Ltd se lisensie om goud te soek in die ‘Eilat’ omgewing is vir ‘n vêrdere 3 jaar hernu. Volgens Breaking Israel News is daar ‘n skatkis van miljarde dollars van rou goud onder die berg Eilat in die suide van Israel.

Rabbi Yehuda Glick, die uitvoerende direkteur van die Temple Mount Heritage Foundation in Jerusalem, het vir die eerste keer in ‘n eksklusiewe onderhoud in Junie 2015 die nuus onthul. Wanneer die goud gevind en ontgin is, sal dit aangewend word om die 3de tempel te bou.


 

2 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 5.


Die argitekplanne vir die tempel is gereed!

Hier is ‘n kort video deur die Tempel Instituut: https://youtu.be/A2IkxmwkayM





 

3 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 6.


‘n Rooi koei (Red heifer) sonder gebrek is in Israel gebore. Volgens Numerie 19 is die as van ‘n rooi koei nodig vir die suiwerings rituele van die tempel. Rooi koeie het na die laaste tempel in 70 AD verwoes is van die prentjie verdwyn en het onlangs eers weer hul verskyning in Israel gemaak.


Kyk hier na ‘n video:


 

4 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 7.


Die Joodse Raad, wat ook tot niet gegaan het na die verwoesting van die laaste tempel in 70 AD, is in 2004 weer herkies. Die Raad staan nou bekend as die ontluiende Joodse Raad (nascent Sanhedrin) en hulle is gereed om die Derde Tempel te bou. Die Joodse Raad bestaan uit 70 lede + die hoëpriester en ons lees vir die eerste keer van die groep mense in Numeri 11:16-17 toe God helpers vir Moses aangestel het. Die doel van die Joodse Raad is gelykstaande aan ‘n Hooggeregshof.

Die Joodse Raad was ook teenwoordig met Jesus se ondervraging voor Sy kruisiging.

“Toe sê die Here aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.” NÚMERI 11:16-17 AFR53


“En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die hoëpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien. En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. En alhoewel daar baie valse getuies gekom het, het hulle niks gevind nie.” MATTHÉÜS 26:58-60 AFR53

 

5 September 2019

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 8.


Die argitekplanne vir die Joodse Raad se ‘kantore’ in die tempel is gereed.

Hier is ‘n kort video met die planne:







 

6 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 9.


Die ontluikende Joodse Raad het op 29 November 2018, ‘n verklaring aan 70 nasies uitgereik wat op Hanukkah tydens ‘n seremonie in Jerusalem op die laaste dag van die vakansiedag gelees was. Die verklaring is bedoel as ‘n uitnodiging aan die nasies om aan die Tempel deel te neem en om seëninge te ontvang. Die seremonie het die inwyding van ‘n klipaltaar ingesluit wat gebou is vir gebruik in die Derde Tempel.


Die altaar is tans in die vorm van los klipblokke wat gereed is om na die Tempelberg vervoer te word wanneer die tyd reg is. Die altaar is ‘n vierkant met elke sy 2,74 meter lank en 1,5 meter hoog. Die altaar het ook ‘n oprit vir die priesters om op te klim

 

7 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou –10.


Die ontluikende Joodse Raad het ook tydens die Hannukkah seremonie in 2018 ‘n hoë priester aangestel om in die derde tempel diens te doen. Rabbie Baruch Kahane, die nuutgekose hoë priester het in die foto hierby ‘n beweegoffer by die brandofferaltaar uitgevoer.


“Want die lippe van ‘n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ‘n boodskapper van die Here van die leërskare.” MALEÁGI 2:7 AFR53


 

8 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 11.



Die Tempel Instituut het ‘n skool geopen om die Levitiese priesters op te lei om in die tempel diens te doen. Kohanim is die hebreeuse woord vir Levitiese priester, afstammelinge van Aaron wat die eerste hoëpriester was.


Hier is ‘n kort video om te verduidelik. https://youtu.be/EICu2C02sKk



 

9 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 12.


‘n Kalender spesifiek ontwerp vir gebruik in die Derde Tempel is in Maart 2018 bekend gestel op die 1ste van die maand Nisan – die eerste maand op die Joodse kalender.

Die kalender staan bekend as die ‘Konings Kalender’ en is opgestel deur Reuven Prager.

Die ‘Konings Kalender’ bevat al die aktiwiteite wat in die Eerste en Tweede Tempels plaasgevind het en wat weer uitgevoer sal word wanneer die Derde Tempel gebou word. Dit sluit in die Bybelse feeste wat vandag waargeneem word, maar die kalender hou ook baie verrassings, vakansiedae en gebeure in wat net waargeneem word as ‘n tempel in Jerusalem staan.


“En die Here het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê: Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.”

EXODUS 12:1-2 AFR53


 

10 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 13.

Leer hoe om die tempelbrode te bak.

Baie mense lees en bestudeer die maak van die brode van die Beit Hamikdash (Tempel), maar min het die geleentheid om dit te sien en selfs te proe.


Saidel se Artisan Baking Institute in die dorp Shomron in Israel, hou jaarlikse werkswinkels wat jou leer om die brode te bak. Hierdie is Saidel se bydrae tot die toekomste tempel.


Lees gerus die artikel https://www.breakingisraelnews.com/112803/temple-bread-baking-biblical-israel/

 

11 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 14.

Die tempel musiek herleef met harpe en liere wat op bestelling van die Tempel Instituut deur Harrari Harps gemaak word.


Lees hul storie by https://www.harrariharps.com/harp-team




 

12 September 2019:

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 15.


Die meeste tempel items is reeds gereed vir die nuwe tempel. Die brandofferaltaar en die koperwaskom, die tempel items van die buitehof is reg vir gebruik.











 

13 September 2019:


Die drie items vir die Heilige vertrek in die tempel is ook gereed gebruik.










 

14 September 2019: Die laaste van die 3de tempel!

Is Israel gereed om die 3de tempel te bou – 17.


Waar is die Ark vir die Allerheiligste vertrek? Die Ark het verdwyn na die Babeloniese ballingskap wat in 606 BC begin het, en is nog steeds nie gevind nie.

Daar is ‘n paar teorieë oor waar die Ark kan wees.


1. Die amptelike posisie van konserwatiewe rabbies en die Tempel Instituut in Jerusalem is dat die Ark iewers op ‘n geheime plek onder die Tempelberg versteek is.

2. Jode van Etihopië glo dat hulle die Ark in hul stad Axum bewaar. Die legende vertel dat die seun van Salomo en die koningin van Skeba, Menelik I die Ark moes bewaar in Etihopië omdat Salomo besef het dat sy koninkryk tot niet sou gaan na sy dood.

3. Vêrder word gespekuleer dat die Ark nie Etihopië toe is nie, maar nadat Salomo se koninkryk wel verdeel het, het sy seun koning Rehoboam koning van Juda, die Ark vir farao Shisak van Egipte gegee om te verseker dat hul nie deur die Egitenare aangeval sou word nie.

4. 2 Makkabeers 2:4-7 vertel dat die profeet Jeremia die Ark en die Reukofferaltaar op ‘n geheime plek in die berg Nebo (die berg waar Moses vir God gesien het) versteek het, en dat dit slegs gevind sal word wanneer God so besluit.






346 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page