top of page

Kersfees 2016 Die geskiedenis van Jesus vooruit vertel !

Updated: Feb 1, 2023

Ons lees in die Ou Testament van Jesus se geboorte soos vertel deur die profete wat ongeveer 700 jaar voor Jesus se geboorte geleef het.


Is dit nie wonderlik dat die Bybel vir ons die geskiedenis vooruit vertel nie.


Geseënde Kersfees!


‘n Maagd sal swanger word, en sy sal haar seun Immanuel noem.


Die profeet Jesaja het gelewe van 740 BC – 681 BC. Die profesie is dus ongeveer 700 jaar voor Jesus se geboorte uitgespreek.


Jesaja 7:14

Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem.


Matteus 1:23

Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.


Jesus sal in die dorp Betlehem gebore word.


Die profeet Miga het gelewe van 737 BC – 696 BC.


Miga 5:2

En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.


Matteus 2:6

En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.


Johannes 7:42

Het die Skrif nie gesê dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie?


Na Jesus se geboorte het die wyse maane uit die Ooste in Jerusalem aangekom. Herodus, die koning van daardie tyd, het die wyse manne gevra waar die Messias gebore sou word.


Hulle het die profesie van Miga 5:2 hier bo aangehaal.


Die dood van die seuntjies onder 2


Herodus was so bang vir ‘n nuwe koning om gebore te word en sy plek in te neem, dat hy opdrag gegee het om al die seuntjies onder 2 jaar dood te maak. Hiermee word die volgende profesie vervul.


Die profeet Jeremia het begin profeteer in 626 BC


Jeremia 31:15

So sê die HERE: ‘n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.


Matteus 2:16-18

16 Toe Herodes sien dat hy deur die wyse manne mislei was, het hy baie woedend geword en gestuur en in Betlehem en in al die omstreke daarvan al die seuntjies van twee jaar en daaronder laat ombring, ooreenkomstig die tyd wat hy van die wyse manne uitgevra het.

17 Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het:

18 ‘n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.


Vlug na en terugkeer uit Egipte


Na ‘n besoek van ‘n engel neem Josef vir Maria en Jesus na Egipte om daar weg te kom van Herodes. Met hul terugkeer word nog ‘n profesie vervul


Hosea profeteer tussen 750 BC – 722 BC


Hosea 11:1

Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.


Matteus 2:15

14 Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek.

15 En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.

9 views0 comments

Recent Posts

See All
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page