Die feestye van die Here
Die God van Israel gee in Levitikus 23 vir ons profesië wat Sy volk elke jaar herdenk deur sewe feeste te vier. Die feeste se detail is deur God aan Moses gegee op die berg Sinia.
Ons gaan in hierdie Bybelstudie die sewe feeste in detail bestudeer.
Levitikus 23
1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
Feestye – ‘n afspaak, vaste tyd of seisoen
Vierdae – Strongs H4744 = miqra’ = kleedrepetisie
Bepaalde tyd – Strongs H4150 = mow’ed = om ‘n afspraak te hou
Kolossense 2
16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, 17 wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge …….
Paulus vertel ons hier dat die feeste nie net ‘n herdenking is nie, maar ook ‘n profetiese betekenis het – ‘n skaduwee van toekomstige dinge!
Elke jaar word die feeste op ‘n bepaalde tyd gehou. Die feeste is ‘n kleedrepetisie vir toekomstige gebeurtenisse.
Die NT is in die OT weggesteek; Die OT word in die NT geopenbaar !
Belangrik
Onthou dat die Joodse dag met sononder begin. Om hierdie lesing te verstaan moet ons onsself in die noordelike halfrond plaas, met die seisoene wat omgekeer is, en Joods dink met die nuwe dag wat sononder begin en die sabbat wat op ‘n Saterdag is.
Sabbat – Levitikus 23 – die sabbat moet elke week gehou word
3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
Struktuur van die feeste
7 dae in die week
7 weke tot en met die Fees van Weke / Pinkster
7 maande tot en met die Hutte Fees
7 jaar tot en met die Sabbat Jaar
Die Sabbat Jaar & die Jubel Jaar kry ons in Levitikus 25
Die 7 feeste soos in Levitikus 23 uiteengesit
Lente Feeste – Maand van Nisan
Paasfees / Passover
Fees van Ongesuurde brode / Feast of Unleavened bread
Opstanding / Fees van Eerste Vrugte / Feast of First Fruits
Middel fees
Fees van Weke / Pinkster / Pentacost / Feast of Weeks / Shavuot
Herfs Feeste – Maand van Tishri
Fees van Trompette / Feast of Trumpets / Yom Teruah
Versoendag / Day of Atonement / Yom Kippur
Hutte Fees / Feast of Tabernacles / Succoth
Levitikus
37 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE ‘n vuuroffer te bring: ‘n brandoffer en spysoffer, ‘n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
Comments