top of page
  • Regina Torre

8/2/2017 – Kort Bybel Geskiedenis

Updated: Feb 1, 2023

‘n Kort geskiedenis van die Bybel

  1. Die Bybel bestaan uit 66 boeke,

  2. Geskryf oor ‘n periode van 1500 jaar,

  3. Deur 40 verskillende skrywers,

  4. Op 3 verskillende kontinente (Asiȅ, Afrika & Europa).

Die Bybel word verdeel in 2 dele

  1. Ou Testament (OT) – 39 Boeke

  2. Nuwe Testament (NT) – 27 Boeke

Die Joodse OT word die Tenach genoem. Die naam Tenach word as volg saamgestel:

  1. Torah (T)

  2. Nevi’im (N)

  3. Chethuvim (Ch)

Die Tenach se volgorde is verskillend van ons Bybel, en Samuel, Konings & Kronieke is in ons Bybel 2 boeke elk. Behalwe hiervoor is die Tenach en ons OT dieselfde.


Die NT word ook in groepe opgedeel


Die Evangelies vertel ons van

  1. Jesus, Sy bediening, dood en opstandning,

  2. Die geskiedenis van die vroeȅ kerk.

Paulus se briewe is gerig aan die gemeentes wat hy besoek het. Die vroeȅ Christene het leiding, bemoediging en instruksie nodig gehad. Soos ons ook vandag.


Die algemene briewe het bykomende instruksies en antwoorde op vrae gegee waarmee die vroeë Christene gesukkel het.


Die boek Openbaring is ‘n profetiese boek wat Christus aan Johannes gegee het rakende die eindtye.


Die geinspireerde kanon


Die woord kanon word afgelei van die Griekse woord wat beteken ‘standaard waaraan gemeet’ word. Die kanon van die Bybel is die samestelling van die boeke wat deur God geinspireerd is. Die Woorde van God. (God-breathed)


Die volledige kanon van die Hebreeuse geskrifte, met ander woorde, al die boeke van die OT, is saamgestel in die dae van Esra en Nehemia. Ongeveer 515 BC – 458 BC.


Die oorspronklike teks van enige vertaling word die ‘vorlage’ genoem – van die Duitse woord afgelei wat prototipe beteken.


So daar word verwys na die Hebreeuse Bybel as die Vorlage.


Die Bybel vertaal in Grieks – Septuagint of LXX


Die Hebreeuse geskrifte is in Grieks vertaal tussen 250 BC – 150 BC in Alexandria, Egipte. 70 Geleerdes het die vertaling gedoen, en vandaar die naam Septuagint. Die afkorting vir die vertaling is LXX wat 70 in Romeinse Syfers is.


Die LXX is ‘n waardevolle dokument

  1. veral omdat die profesieȅ in die OT in swart en wit geskryf is 3 eeue voor Jesus se bediening.

  2. Omdat dit die Bybel was van die vroeȅ kerk saam met die briewe van Paulus en die ander skrywers.

  3. Omdat dit die meeste aangehaal word in die NT

Dooie See Rolle / Dead Sea Scrolls


Tussen 1946 en 1956 is 981 verskillende geskrifte gevind in 11 grotte in die omgewing van Qumran naby die Dooie See. Ongeveer 230 van die boekrolle word as Bybelse boeke geidentifiseer.


Elke OT boek behalwe die boek Ester is in die boekrolle gevind en dien as bevestiging van die OT, en die boekrolle dateer terug na die tydperk voor die val van Jerusalem in 70 AD.


Vulgate


‘n Priester met die naam Jerome het in opdrag van Pope Damasus I, in 382 AD die Bybel in Latyn vertaal. Die vertaling word genoem die ‘Latin Vulgate’.


“Written in Latin, the Catholic Gutenberg Bible is an edition of the Vulgate, printed by Johannes Gutenberg, in Mainz, in present-day Germany, in the 1450s.


Since its publication, 49 copies (or substantial portions of copies) have survived, and they are considered to be among the most valuable books in the world even though no complete copy has been sold since 1978.”


Textus Reseptus


Desiderius Eramus (1466-1536) was ‘n Hollandse teoloog en is die vertaler van die Textus Receptus.


In ‘n tydperk toe die enigste beskikbare Bybel die Latynse Vulgate was, het Erasmus ‘n akkurate Griekse vertaling van die NT in 1516 gedruk.


Erasmus se brondokumente vir sy vertaling kom van die Griekse geskrifte, wat dateer uit die 3de eeu, wat die standaard van die Bisantynse periode was.


Erasmus se 2de uitgawe is in

  1. 1519 deur Martin Luther gebruik om die Bybel in Duits te vertaal.

Erasmus se 3de uitgawe is deur

  1. William Tyndale gebruik vir die 1ste Engelse NT.

  2. Dit was ook die basis in 1550 vir die vertalers van die Geneva Bible.

  3. En ook die basis vir die KJV in 1611

Erasmus het sy werk toegewy aan Pope Leo X en het sy vertaling van die Bybel in Grieks as sy hoof bydrae beskou tot die Christen geloof.


Na Erasmus se dood is ‘n finale uitgawe van sy Griekse Bybel in 1633 gedruk.


Die uitgewer se voorwoord het die volgende gesê:”Die leser het nou die teks wat deur almal ontvang is.” Vandaar die benaming Textus Receptus – the received text.


Die Aleksandrynse Kodekse


As ons na die ou geskrifte wat ontdek is kyk, is daar baie fragmente van die NT beskikbaar, maar nie veel volledige manuskripte nie. Daar is egter 3 volledige kodekse beskikbaar wat deur die eeue bewaar is. Maar die probleem is dat die kodekse nie betroubare brondokumente is nie, en verwarring veroorsaak.


Die 3 kodekse hier gelys:

  1. Codex Alexandrinus – Belangrike, amper volledige Griekse Bybel van die 5de eeu. As geskenk gegee aan Koning Charles I van Engeland en word vandag in die Britse museum bewaar.

  2. Codex Sinaiticus – Die kodeks is in die vroee 1800 deur ‘n Duitse geleerde Constantin von Tischendorf ontdek in Saint Catherine’s Monestary op Mount Sinai. Die manuskrip dateer terug na 350 AD

  3. Codex Vaticanus – Die kodeks was seder 1481 in die Vatikaan Biblioteek, maar is eers in die middel van die 19de eeu beskikbaar gestel. Die kodeks dateer terug na 325 AD

Hierdie 3 kodekse is die oudste, mees volledige dokumente wat ons het van die NT.


Die engste probleem blyk te wees dat daar verse en dele van verse weggelaat is as jy die vertalings met Jerome se Latynse Vulgate, en die Bisantynse Griekse geskrifte vergelyk.


Dit is gewoonlik die standaard om die oudste dokumente te gebruik om jou vertalings te doen, aangesien die dokumente die naaste aan die oorspronklike teks behoort te wees met die minste foute. Dit is egter nie die geval met die die 3 kodekse nie.


Griekse filisofie en konsepte het die vroee Christene se geloof ge-infiltreer en beinvloed soos ons kan sien in 2 Petrus 2: 1-3


1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;

2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.


The Gnostics


Alexandria in Egipte was gesien as die hoof sentrum van Griekse denke. Hulle het ‘n enorme biblioteek gehad toegewy aan klassieke Griekse werke.


Alexandria was egter ook die stad van oorsprong van die ketters genaamd die Gnostics.

Die Gnostics het onder andere die volgende geglo:

  1. Dat Jesus Christus nie God was wat mens geword het nie. Vir hul was Jesus net ‘n ‘phantom’.

  2. Hul meng ook Bybel tekste met hul griekse filisofieë, om in te pas met wat hul glo. Amper soos vandag se New Age.

Die Afrikaanse Bybel

Ons besit nie vandag die oorspronklike geskrifte van die Nuwe Testament nie.


Alle Bybelvertalings is gebaseer op samestellings van verskillende oorgeskryfde Griekse manuskripte en fragmente.


Daar is ‘n geweldige hoeveelheid manuskripte wat op baie kleiner punte van mekaar verskil.


Die 1933-1953 Afrikaanse Vertaling van die Nuwe Testament is gebaseer op die Textus Receptus, ‘n samestelling van Griekse manuskripte wat deur Desiderius Erasmus gedoen is.


Die meer moderne vertalings, bv. die 1983 Afrikaanse Vertaling en die New International Version, is gebaseer op latere Griekse samestellings (bv. Nestlé Aland Uitgawe no. 25-26).


Die jongste, algemeen aanvaarde samestelling is die Nestlé Aland Uitgawe no. 27.

Die Nestlé Aland Uitgawe is gebasseer op die brondokumente van Westcott & Hort.

Westcott & Hort is ook van die vertalers wat die godheid van Jesus ontken het.


Hier is maar net ‘n paar van die verskille wat jy kry as jy die KJV wat op Textus Receptus

gebasseer is vergelyk met weergawes soos RSV, NASB, NIV of NLT wat op die Westcott & Hort gebasseer is.

  1. RSV – Revised Standard Bible

  2. NASB – New American Standard Bible

  3. NIV – New International Version

  4. NLT – New Living Translation

Dieselfde geld as jy die Afrikaanse 1933 / 1953 vertaling vergelyk met die Afrikaanse 1983 vertaling.


Matthew

1 :25 And knew her not till she had brought forth her firstborn son: and he called his name JESUS.

5:44 But I say unto you, Love your enemies, bless them that curse you, do good to them that hate you, and pray for them which despitefullyuseyou, and persecute you;

6:13 And lead us not into temptation, but deliver us from evil: For thine is the kingdom, and the power, and the glory, for ever. Amen.

9:13 But go ye and learn what that meaneth, I will have mercy, and not sacrifice: for I am not come to call the righteous, but sinners to repentance.

13:51 Jesus saith unto them, Have ye understood all these things? They say unto him, Yea, Lord.

16:20 Then charged he his disciples that they should tell no man that he was Jesus the Christ.

17:21 Howbeit this kind goeth not out but by prayer and fasting.

18:11 For the Son of man is come to save that which was lost.

19:9 And I say unto you, Whosoever shall put away his wife, except it be for fornication, and shall marry another, committeth adultery: and whoso marrieth her which is put away doth commit adultery.

19:17 And he said unto him, Why callest thou me good? there is none good but one, that is, God: but if thou wilt enter into life, keep the commandments.

20:16 So the last shall be first, and the first last: for many be called, but few chosen.

23:14 Woe unto you, scribes and Pharisees, hypocrites! for ye devour widows’ houses, and for a pretencemake long prayer: therefore ye shall receive the greater damnation.

25:13 Watch therefore, for ye know neither the day nor the hour wherein the Son of man cometh.

27:35 And they crucified him, and parted his garments, casting lots: that it might be fulfilled which was spokenbytheprophet, They parted my garments among them, and upon my vesture did they cast lots.


Kyk bietjie in jou 1983 Bybel wat gebeur met die verse wat heeltemal weggelaat word.


Gee aandag aan die vers numering.


Daar is nog vele meer verskille, hierdie is net ‘n voorbeeld.


Dit is hoekom ons moet weet watter vertalings die mees korrekte weergawe van God se Woord is, en dit lees, elke dag!


Integrated Design

  1. The NT is in the OT concealed

  2. The OT is in the NT revealed.

34 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page