top of page
  • Regina Torre

4de Fees – Pinkster / Pentacost / Shavuot

Updated: Jan 30, 2023

God het vir Moses in Levitikus 23, 7 feeste gegee wat elke jaar gehou moet word.

Hierdie is God se feeste en wat tot eer van God gevier moet word. Die feeste word opgedeel in 3 groepe.


Drie feeste word in die lente gou, een fees ongeveer 2 maande later, en die laaste drie feeste word in die herfs gehou.


Nou moet onthou word dat wanneer ons praat van lente en herfs moet ons noordelike halfrond dink en in Israel wees, want dis uit die oogpont wat die feeste gegee is.


Verder moet ons ook onthou dat die feeste elkeen ‘n profesie uitbeeld vir gebeure wat in die toekoms moet plaasvind.


Die eerste vier feeste, die lente feeste se profesie het reeds tot vervulling gekom.


Die laaste drie feeste, die herfs feeste wag vir die eindtye om tot vervulling te kom.


Wat ons wel seker van kan wees is dat soos die eerste vier feeste presies soos uitgebeeld tot vervulling gekom het, so sal die laaste drie feeste ook tot op die fynste detail tot vervulling kom.


Ons het oor die Paasfees naweek die volgende feeste gevier.


Op Paasfees is Jesus gekruisig, op die fees van Ongesuurde Brode is Jesus begrawe, en op die fees van Eerste Vrugte het Jesus opgestaan.


Nou vier ons vandag die 4de fees wat God as volg bepaal.


Levitikus 23:   15       Dan moet julle tel van die dag na die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring – sewe volle weke moet dit wees.


Die sabbat is ‘n Saterdag. So die dag na die sabbat is Sondag.


Die dag wat die are as beweegoffer gebring is, is wat ons as Jesus se opstanding ken. So van Jesus se opstanding moet ons sewe volle weke tel.


Levitikus 23 16        tot die dag na die sewende sabbat moet julle 50 dae tel: dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die Here bring


Wat word hierdie fees genoem, en waar kom die naam vandaan.

In Hebreeus word hierdie fees Shavuot genoem, want Shavuot beteken weke. Sewe weke moet getel word, so in Engels het dit Feast of Weeks geword.


7 x 7 weke is 49 dae + die dag daarna is vyftig dae. So in Grieks het hul toe die naam Pentacost gegee omdat dit vyftig beteken. In Afrikaans is die woord Pinkster opgemaak, en nou weet ons waar dit vandaan kom.


Levitikus 23: 17        Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee-tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die Here.


Elke gesin moet 2 brode bring wat met ongeveer drie kilogram koringmeel gemaak is. Dan moet die brode met suurdeeg gemaak word.


Ons weet al teen die tyd dat suurdeeg in die Bybel ‘n prentjie is van sonde.


Om te bepaal wat die brode met die suurdeeg voorstel is dit goed om eers te kyk wat die brode nie voorstel nie.


Waar in die vorige feeste is brood geëet?


Dit was met die fees van ongesuurde brode. Die ongesuurde brode, wat sonder suurdeeg gebak is, is ‘n voorstelling Jesus.


So die brode wat met suurdeeg gebak moet word, kan nie vir Jesus voorstel nie. Ook nie die Heilige Gees nie, want dieselfde reëls geld.


Jesus en die Heilige Gees is sonder sonde.


Die brode stel twee groepe mense voor, mense met sonde.

Die 2 groepe mense in Jesus se tyd was die ‘Jews’ en die ‘Gentiles’

Die Jode en die heidene wat as twee verskillende groepe, Christene geword word het.


Tien dae tevore, net voor Jesus opgevaar het na die hemel, het Hy vir Sy apostels gesê dat hulle moet wag in Jerusalem, want hulle sal krag ontvang as die Gees oor hulle kom.


Ons herdenk vandag, die dag wat die Heilige Gees oor die Apostels uitgestort is en hulle die krag van bo ontvang het en in verskillende tale met die omstaanders gepraat het.


Jode wat van oor die hele wêreld gekom het om hierdie verpligte fees by te woon het in hul land se tale die Woord van God gehoor.


Die hele wêreld van daardie tyd was Noord Afrika, Europa & Asië.


3 van die 7 feeste was verpligte feeste wat die die Joodse mans bo 20 elke jaar moes bywoon. Shavuot was een van die verpligte feeste.


Die aantal mense wat die dag gedoop is, en by die getal van die gelowiges bygevoeg is, was omtrent drie duisend mense.


Ons opdrag om die Woord van God uit te dra geld vandag nog vir ons, tot en met die eindtye!

14 views0 comments

Recent Posts

See All

7de Fees – Fees van Tabernakels / Sukkot

Hierdie fees is die sewende en laaste van die feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Sukkot word gevier vyf dae na Yom Kippur op Tishri 15 en begin sononder hierdie jaar op 23 September 2

6de Fees: Fees van Versoening / Yom Kippur –

Die fees het vanaand 18/9/18 net na sononder begin. Die tweede van die Herfs Feeste (en die sesde fees in totaal) is Yom Kippur en word 10 dae na die Fees van Trompette op Tishri 10 gehou. (sononder 1

Die Herfs Feeste: Inleiding & Fees van Trompette

Ons is besig met ‘n studie van die 7 feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Tot dusver het ons die lente feeste bestudeer en ons gaan nou na die herfs feeste kyk. Die profesië van die len

  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page