top of page
  • Regina Torre

3de Fees – Fees van Eerste vrugte / Opstanding

Updated: Jan 31, 2023

Levitiekus 23: 9            “En die Here het met Moses gespreek en gesê:    10    Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. 11    En hy moet die gerf voor die aangesig van die Here beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.


Die fees het begin in Josua se tyd, want vers 11 sê – as julle in die land kom wat Ek julle gee….


God het die fees ingestel sodat sy volk die vrugbare land wat Hy aan hulle gegee het op ‘n spesifieke dag kon waardeer. Kom ons gaan terug en kyk wat gebeur het.


Ongeveer 3400 jaar gelede word Josua deur God gebruik om Jerigo binne te val. God bemoedig Josua, vertel hom wat hulle gaan kry, en wat hy moet doen.


Josua 1:   2     “My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.  3  Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.    4  Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees. 5          Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.”   6       “Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.” 7     “Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.    8    Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. Het Ek jou nie beveel nie:    9     Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.”


Josua stuur twee verkenners uit om na na die land en na Jerigo te kyk. Hulle bly by ‘n hoer, Ragab, wat hulle wegsteek toe die koning hulle kom soek om uit te lewer. Toe die gevaar verby is praat sy met hulle.


Josua 2:   9     “en aan die manne gesê: Ek weet dat die Here die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe ; 10      want ons het gehoor dat die Here die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.      11         Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die Here julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.

12        Sweer dan nou tog vir my by die Here dat, terwyl ek aan julle ’n guns bewys het, julle ook aan my familie ’n guns sal bewys; en gee my ’n betroubare teken 13          dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.”


Hulle kom ooreen om haar te help en sy laat hulle toe met ‘n lyn afsak uit die venster van haar huis wat op die muur van Jerigo gebou is, sodat hulle so kon ontsnap. Hulle gee vir haar die volgende instruksies.


Josua 2:   18    “kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.    19          Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ’n hand teen hom is.”


Laat hierdie julle nie terug dink aan die bloed wat op die deure se kosyne gesmeer moes word nie. Wanneer die doodsengel oor die huise beweeg en die bloed sien, sal die inwoners van die huis beskerm wees. Selfde hier, wanneer Jerigo tot ‘n val kom, sal die inwoners van die huis waar die rooi lyn is beskerm wees. ‘Covered by the blood of Jesus’


Josua en die volk kom voor die Jordaan rivier en moet deurtrek om na die beloofde land te gaan. Hy praat met die volk.


Josua 3:   10   “Verder het Josua gesê: Hieraan sal julle erken dat daar ’n lewende God tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor julle uit sal verdrywe:    11           Kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde trek voor julle uit die Jordaan in. 12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die stamme van Israel, een man uit elke stam; 13  en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die Here, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word — die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.”


Dit het net so gebeur, die water aan die een kant het soos ‘n muur opgehoop en hulle het op droeë grond deurgeloop. Net soos hul voorvaders met Moses deur die Rooisee geloop het.


Toe hul deur die rivier is word al die jong mans besny, want in die woestyn het hulle dit nie gedoen nie, en daarna hou hulle hul eerste pasga.


Josua 5: 10     “Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo. 11 En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag. 12    En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaän in daardie jaar.”


God verskyn aan Josua soos wat Hy aan Moses verskyn het. Ons weet dit is God en nie ‘n engel nie want hy word toegelaat om neer te buig. Engele laat nie toe dat hul aanbid word nie.


Josua 5: 13     “En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ’n man teenoor hom met ’n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande? 14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die Here; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê? 15        Toe sê die leërowerste van die Here vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.”


Josua kry instruksies om Jerigo te veslaan.


Josua 6:   2     “Toe het die Here vir Josua gesê: Kyk, Ek gee Jérigo met sy koning en dapper helde in jou hand. 3            Julle moet dan om die stad trek, al die krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.  4            En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas; 5    en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.”


En die volk het gedoen soos hulle beveel is.


Josua 6:   16    “En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die Here gee die stad aan julle oor. 17       Maar die stad met al wat daarin is, moet ’n banoffer aan die Here wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het. 18  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.    19         Maar al die silwer en goud en die koper- en ystervoorwerpe is heilig aan die Here: dit moet by die skat van die Here kom. 20       Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ’n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.”


Almal in die stad is doodgemaak, mans, vrouens, kinders, beeste, skape & esels. Net Ragab en haar familie wat saam met haar in haar huis was is gespaar.


Die stad Jerigo was totaal en al verwoes tydens hierdie inval, en God het die Israeliete beveel om niks van die stad vir hulself te neem nie. Die goud, silwer en koper wat versamel is, is als vir die huis van die Here gegee.


Die Israeliete is beveel om nooit weer die stad te herbou nie, en die een wat dit sou waag is vervloek voor die aangesig van die Here. Tot vandag toe het die Israeliete nie die stad herbou nie. Ander het, maar nie die Israeliete nie.


Josua 6: 26    “In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die Here wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.”


God het hiermee die volgende vir Sy volk gesê. Ek gee vir julle hierdie land Kanaän, wat Ek aan julle voorvader Abraham met ‘n verbond belowe het. So, moet nie hierdie stad herbou nie, maar hou dit in puin as ewige herinnering dat Ek die voorsiener is van jul huidige en toekomstige seëninge.


Nou moet ek vra of julle bewus is van die Ou Testament beginsel van eerste vrugte. Hoe werk dit? Jy word geseën met iets, maar jy ontvang net die eerste gedeelte van die seëning. Jy besluit om die eerste gedeelte vir God te gee, want jy glo die res van die seëning gaan wel op God se tyd volg. Die beginsel was so belangrik vir die Israeliete dat ‘n hele fees daaraan gekoppel is. Die fees van eerste vrugte!


Nou gaan ons weer terug na Josua en sy mense wat Jerigo oorwin het. Toe die Israeliete deur die Jordaan getrek het na die land van melk en heuning, het hul nog geen grond besit nie. Jerigo wat so pas oorwin is, was hul eerste besitting, en dit mag hulle nie hou nie, hulle moet Jerigo in puin los.


God sê hiermee vir Sy volk dat die land Kanaän wat Hy vir hulle gee, aan Hom behoort. Hy wil he hulle moet weet wie vir hulle die land gee, en dat hulle moet glo en vetrou dat Hy vir hulle die res ook sal gee. Dus, vir die Israeliete, moes Jerigo, hul ‘eerste vrugte’, ‘n puinhoop bly vir ewig om hul te herinner dat alles wat hul besit van God af kom.


Al die feeste word jaarlliks gehou sodat die volk kan onthou! Onthou wat God gedoen het vir die Israeliete, onthou die wonderwerke en onthou dat God sterker en groter is as al hul vyande en die vyande se gode.


Nou is ons terugby die fees van eerste vrugte. Hoe werk dit.


Die eersteling gerf van die oes moet voor die priester gebring word – die eersteling gerf verteenwoordig die hele oes. Watter oes word hiervan gepraat. Gort (barley) is die graan wat eerste ryp is om geoes te word.


Gedurende die fees van ongesuurde brode, aan die einde van die Sabbat, word ‘n paar mense afgevaardig om net na sononder in verskillende gort velde in te gaan met ‘n sekel en ‘n monster (sample) van elke oes in te bring. Die verskillende monsters word saam in ‘n gerf gebind en na die voorhof van die tempel gebring. Die volgende oggend vroeg word wierook op die gerf gesprinkel en dan waai die priester die gerf in al vier windrigtings in ‘n beweegoffer voor die Here. ‘n Deel van die gerf word hierna op die vuur van die altaar gegooi. Wanneer die beweegoffer aanvaar is, word die res van die oes geag aanvaar te wees voor God.


Nou kan die mense die gort van die veld afhaal en dit eet. Voor die offer aanvaar is, mag niks van die oes geëet word nie. Nou verstaan ons hoekom verlede jaar se gort gebêre word om hierdie jaar se ongesuurde brode te maak vir paasfees en fees van ongesuurde brode.

Die gerf wat die oes verteenwoordig, is ‘n voorstelling van Jesus (‘n gerf) wat al die Christene as ‘n groep (die oes) verteenwoordig.


Die fees is altyd op die dag na die sabbat. Dis sabbat is op ‘n Saterdag, so die dag daarna sal altyd ‘n Sondag wees. Aangesien die fees van ongesuurde brode 7 dae lank is, sal een van die dae in die 7 dae ‘n Sondag wees, en die Sondag sal die fees van eerstevrugte wees.

Kom ons kyk nou wat met Jesus gebeur het op die eerste dag van die week, nl. Sondag. Onthou Sondag begin die vorige aand (Saterdag aand) na sononder. Die 2 Maria’s besoek Jesus se graf vroeg die Sondag oggend, net toe dit begin lig word.


Mattheüs 28:   1           “EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.    2     En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. 3          En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.  4      En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.    5      Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6      Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;    7     en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.”


Lukas 24: 1     “EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was.    2   En hulle het die steen van die graf afgerol gevind. 3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie. 4          En terwyl hulle hieroor in verleentheid was, staan daar twee manne by hulle in blink klere.    5         En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? 6     Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was:   7          Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan.”


Vroeg die oggend toe die rook opgaan van die beweegoffer wat op die van die altaar gegooi word, het die vrouens ontdek dat Jesus reeds opgestaan het uit die dood.


Die twee engele sê vir die vroue dat Jesus nie daar is nie, maar Hy het opgestaan! Wat ‘n kragtige getuienis. Jesus, wat die oes verteenwoordig van die wat gaan opstaan, het eerste opgestaan. Paulus verduidelik die beginsel vir ons mooi!


1 Korinthiërs 15:   20  “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.  21      Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens. 22          Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;    23     maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.”


As Jesus die eersteling is van die wat ontslaap het, dan impliseer dit dat daar ‘n 2de, 3de, 4de ens. mense is wat moet opstaan uit die dode. As ons in orde uit die dood opstaan, dan het elkeen van ons ‘n nommer. Jesus was die eerste vrug wat permanent opgestaan het, nommer


1. Nader na ons toe, jou grootouers se nommers is voor jou ouers, en jou ouers voor jou, ens….. ons gaan almal eendag permanent opstaan, ons sal dit sien in die fees van trompette.


1 Thessalonicense 4:   14   “Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.    15        Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.    16     Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17        Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18            Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.”


Hoe maklik verstaan ons nie die beginsels wanneer ons die feeste begin verstaan nie. Die wat reeds dood is sal voor die opstaan wat steeds lewe, elkeen in orde.


Hoekom het die mense Jesus direk na Sy opstanding nie herken nie?


Sondag oggend – Jesus verskyn aan Maria


Johannes 20: 11   “MAAR Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe 12          en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het. 13     En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. 14  En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie. 15    Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. 16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester. 17      Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. 18          Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.”


Sondag middag – Jesus verskyn aan die Emmaüsgangers


Lukas 24: 13    “EN twee van hulle was dieselfde dag op pad na ’n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs.    14         En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. 15     En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam. 16        Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie. 17    En Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop en wissel, en waarom is julle bedroef? 18   En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?”


Sondag aand – Jesus verskyn aan die apostels


Lukas 24: 35    “Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood. 36       EN terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!      37       Toe het hulle verskrik en baie bang geword en gemeen dat hulle ’n gees sien. 38           En Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld en waarom kom daar twyfel in julle hart op? 39             Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want ’n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie. 40     En terwyl Hy dit sê, wys Hy hulle sy hande en sy voete.    41            En toe hulle van blydskap nog nie kon glo nie en hulle verwonder, sê Hy vir hulle: Het julle hier iets om te eet?    42           Daarop gee hulle Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n stuk heuningkoek. 43 En Hy het dit geneem en voor hulle oë geëet.”


Ontbyt in Galilia – Verskyning van Jesus by see van Tiberias


Johannes 21:   3          “Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie. 4   En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie. 5          En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.    6      En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie. 7    Daarop sê die dissipel — die een vir wie Jesus liefgehad het — aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om — want hy was naak — en werp homself in die see.” 8            “Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent tweehonderd el.    9         En toe hulle geland het, sien hulle ’n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood. 10  Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het. 11 Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd-drie-en-vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. 12       Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.”


Ons weet nie hoekom niemand Jesus herken het nie, maar hier is moontlike oplossings.


Jesaja 50:   6   “Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.”


Kan dit wees dat Jesus se baard afgeruk was, en dat sonder Sy baard Hy soos ‘n vreemdeling gelyk het?


Markus 9: 32     “Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.”


Die dissipels het nie verstaan wat Jesus vroeër vir hulle gesê het nie, en het nie verwag dat Hy sou opstaan nie. So hulle het hom glad nie verwag nie.

Die eerste drie feeste wat ons na gekyk het is die lente feeste. Jesus vervul die feeste tot op die letter. Op paasfees bedek Jesus ons met Sy bloed sodat ons nie God se wraak sal sien nie. Hy word gekruisig op die presiese dag wat die onskuldige lam geslag word, op 14 Nisan.


Hy sterf net voor die fees van ongesuurde brode, om op te staan op die fees van eerste vrugte. Reg op tyd!


Die fees van eerste vrugte is die laaste fees wat Jesus persoonlik tot vervulling bring.

68 views0 comments

Recent Posts

See All

7de Fees – Fees van Tabernakels / Sukkot

Hierdie fees is die sewende en laaste van die feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Sukkot word gevier vyf dae na Yom Kippur op Tishri 15 en begin sononder hierdie jaar op 23 September 2

6de Fees: Fees van Versoening / Yom Kippur –

Die fees het vanaand 18/9/18 net na sononder begin. Die tweede van die Herfs Feeste (en die sesde fees in totaal) is Yom Kippur en word 10 dae na die Fees van Trompette op Tishri 10 gehou. (sononder 1

Die Herfs Feeste: Inleiding & Fees van Trompette

Ons is besig met ‘n studie van die 7 feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Tot dusver het ons die lente feeste bestudeer en ons gaan nou na die herfs feeste kyk. Die profesië van die len

  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page