top of page
  • Regina Torre

31/05/2017 1 Korintiërs – Die gawes van die Gees

Updated: Feb 1, 2023

Hosea 4: 6                   My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis


Ek begin die week hiermee, want ons moet herinner word dat ons gedurig moet leer om ons kennis te verbeter. Die week kyk ons na die gawes van die Gees.

Wat is die beste gawe!


As ons die hoofstuk verdelings wegvat, kan die laaste vers van hfst 12 eerder pas by die begin van hoofstuk 13. Onthou dat die hoofstuk verdelings eers in 1551 in die Bybel bygevoeg is, en is nie geinspireerd nie. Dit maak die lees van die Bybel net makliker.

1 Korintiërs 12


31                    Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.


1 Korintiërs 13 – (Agape liefde se omskrywing)


1          Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.

2          En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

3          En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4          Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5          handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6          is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7          Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Hieruit word afgely dat liefde (Agape) die beste gawe is, want soos ons sal sien, dit vergaan nooit nie, terwyl die ander gawes wel sal vergaan.


8          Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan.

Wanneer gaan die ander gawes vergaan, of het dit reeds vergaan?


9          Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10        Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

Het die Volmaakte al gekom? Nee, Jesus het nog nie gekom nie.

So, totdat Jesus gekom het gaan die ander gawes nog bly bestaan.

Agape – Liefde soos hierbo beskryf

Philia – Broederlike liefde

Johannes 21

15        Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief (Agape), meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U lief (Philia) het. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.

16        Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief (Agape)? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U lief (Philia) het. Hy sê vir hom: Pas my skape op.

17        Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief (Philia) ? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U lief (Philia) het. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.

– Italics deur my ingesit


Maak meer sin as mens nou weer bg lees en weet wat die woord liefde elke keer beteken.

In die boek Handelinge (Acts) lees ons dat Petrus en die ander apostels met die Heilige Gees vervul is, en dat hul daarna mannemoed gery het om die Woord van God te verkondig. Ek is seker dat as Jesus hom dieselfde sou vra na hy met die Heilige Gees vervul was, sou sy antwoord Agape wees.

Kom ons kyk na die betekenins van ‘n paar woorde


Gawe – HAT Dit wat ‘n mens of God gee of natuurlike aanleg of talent

English meaning: Gift, present, donation

Geskenk – HAT Dit wat ‘n mens aan ‘n ander gee sonder om vergoeding daarvoor te ontvang of te verwag.

English meaning: Gift – a thing given willingly to someone without payment; a present.

1 Korintiërs 12


1          En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

2          Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.

3          Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

Die geestelike gawes of geskenke word deur die Heilige Gees aan ons gegee.

Voor ons na die gawes kyk, kom ons doen ‘n kort studie van die Heilige Gees.


Die Heilige Gees is die 3de lid van die Drie-enige God, en ook onder andere:


– ‘n persoon.

Johannes 16

13        Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

14        Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

– ‘n trooster / comforter.

Johannes 16

26        maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

– ‘n wind & ‘n vuur

Handelinge 2

1          En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.

2          En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

3          Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.

4          En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

– ‘n krag

Handelinge 1

8          maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom

Wat is ons verhouding met die Heilige Gees?

  1. Hy is met ons / with us – Die Heilige Gees werk in ons, om ons te oortuig van ons sondes en ons na die Vader toe te lei.

  2. Hy woon in ons – Wanneer jy Jesus Christus as jou Verlossser en Saligmaker aanvaar, kom woon die Heilige Gees in jou.

  3. Hy kom op ons / upon us – Regdeur die Ou en Nuwe Testament was daar tye wat die Heilige Gees op mense gekom het om hul vir spesifieke take voor te berei of om hul te help om ‘n taak uit te voer.

The Holy Spirit therefore works with us, dwells in us & comes upon us and empowers us, and without Him we can do nothing.

Voorbeelde van die Heilige Gees in die Ou Testament:

Genesis 1: (Help om die aarde te maak)

2          En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Exodus 31

1          Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2          Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;

3          en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

4          om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,

5          en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.

6          En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:

Numeri / Numbers

18        Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, ‘n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,

19        en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom ‘n opdrag voor hulle oë;

1 Sameul 16

12        Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en ‘n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.

13        Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.

1 Sameul 10 (Praat hier van Saul)

10        Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ‘n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.

1 Sameul 16 (voorbeeld van die Heilige Gees wat onttrek)

14        Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

Die gawes wat ons nou gaan bespreek is bonatuurlike gawes en nie natuurlike gawes soos klavier speel of skilder nie. Ons gaan konsentreer op die 9 gawes in 1 Korintiërs 12.

1 Korintiërs 12

1          En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

2          Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.

3          Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

4          Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

5          en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

6          en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

7          Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

8          Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

9          aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

10        aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

11        Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Die Heilige Gees gee die geestelike gawes soos Hy wil, en soos dit nuttig is. Niks wat ons uit ons eie kan doen nie. Ons werk almal saam soos die lede van ‘n liggaam.

Ons kan die gawes as volg groepeer:

Openbaring Gawes – die oë van God

  1. Woord van wysheid / Word of wisdom

  2. Woord van kennis / Word of knowledge

  3. Onderskeiding van geeste / Discerning of spirits

Krag Gawes – die hande van God

  1. Geloof / Faith

  2. Gesondmaking / Healing

  3. Werkinge van kragte / Working of miracles

Inspirerende Gawes – die mond van God

  1. Tale / Tongues

  2. Uitleg van tale / Interpretation of tongues

  3. Profesie / Prophecy

Gawe van woord van kennis

Bonatuurlike kennis / feite van ‘n persoon of omstandigheid wat jy nooit natuurlik kon weet nie.

Voorbeelde:

Johannes 4 – Die samaritaanse vrou

16        Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

17        Die vrou antwoord en sê: Ek het nie ‘n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ‘n man nie;

18        want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

19        Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ‘n profeet is.

Handelinge 5 – Ananias en sy vrou wil Petrus bedrieg

1          Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ‘n eiendom verkoop,

2          en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

3          Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

Gawe van woord van wysheid

Bonatuurlike wysheid om te weet wat om met die feite wat voor jou lê te maak.

Voorbeelde:

1 Konings 3 – Die 2 vroue wat na koning Salomo toe gaan, en beklei oor wie die ma van die kind is.

23        Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun.

24        Daarop gee die koning bevel: Bring vir my ‘n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring.

25        En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.

Matheus 22 – Waar die Fariseers vir Jesus wil vas vra oor aan wie belasting betaal moet word

19        Geveinsdes, waarom versoek julle My? Wys My die belastingmunt. En hulle het vir Hom ‘n penning gebring.

20        En Hy sê vir hulle: Wie se beeld en opskrif is dit?

21        Hulle antwoord Hom: Die keiser s’n. Daarop sê Hy vir hulle: Betaal dan aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.

22        En toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.


Gawe van onderskeiding van geeste

Godgegewe vermoë om te onderskei tussen die waarheid van die Woord en die misleidende leerstellings wat deur ‘demone’ versprei word.

Voorbeelde:

Handelinge 13

8          Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.

9          Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

10        Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

Handelinge 16

16        En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

17        Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

18        En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

Gawe van geloof

Bonatuurlike geloof vir iets

Voorbeelde:

1 Samuel 17 – Die storie van Dawid en Goliat

45        Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.

46        Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.

47        Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.

Handelinge 3 – Petrus se 1ste genesing na die hemelvaart

6          Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

7          Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.


Gawe van gesondmaking

Bonatuurlike genesing en bevryding van siekte en / of swakheid.

Ons ken almal die voorbeelde van genesing, hier meer van die hoe en hoekom

Eksodus 15

26        en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

Levitikus 14

2          Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,

3          en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is, …….

Psalm 103:3

3          Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

Jakobus / James 5

14        Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

15        En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Matthew 9

3          En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

4          En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

5          Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?

6          Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe—toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

Isaiah 53

4          Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

5          Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

1 Peter 2

24        Who his own self bare our sins in his own body on the tree, that we, being dead to sins, should live unto righteousness: by whose stripes ye were healed.

Gawe van werking van kragte / working of miracles

Die gawe verskil van die gawe van genesing. Wonderwerke is bonatuurlike gebeurtenisse wat buite die grense van natuurlik voorkom. Per definisie is hulle skaars en buitengewoon.

Voorbeelde:

Eksodus 14

21        Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur ‘n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.

Joshua 6

20        Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk ‘n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

Johannes 2 – Water in wyn verander

9          En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het—en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet—roep die hoofdienaar die bruidegom

Gawe van tale

Die bonatuurlike gawe stel die persoon instaat om te praat in ‘n taal wat hy self nie ken nie, om iemand wat daardie taal praat te bedien met God se woord. Op ‘n persoonlike vlak sal ‘n persoon in tale praat om God te loof en te prys.

Voorbeelde:

1 Korintiërs 14 – Vir my as ‘n gebeds taal

2          Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

Handelinge 2 – Vir ander om in hul taal God se woord te hoor

4          En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

7          en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?

8          En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

Markus 16

17        En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,

Gawe van uitleg van tale

Die bonatuurlike gawe om tolk te wees om die vreemde tale in jou eie taal te vertaal, alhoewel jy ook nie die taal verstaan nie.

Voorbeelde:

1 Korintiërs 14

12        So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

13        Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.

Die gawe van profesie

Om uit te spreek of om die goddelike wil te verklaar. Thus said the Lord: “…….”

Baie mense verstaan die gawe van profesie verkeerd as die vermoë om die toekoms te voorspel. Dit was hoofsaaklik ‘n geskenk van proklamasie, nie voorspelling nie.

Voorbeelde:

1 Korintiërs 14

1          Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

3          Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting (Teaching) en troos en bemoediging.

Jeremia 25 – Israel se ballingskap

11        En hierdie hele land sal ‘n puinhoop, ‘n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien.

12        En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.

Handelinge 21

10        En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom.

11        En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

Openbaring 1

19        Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is, sowel as die wat gaan gebeur;

20        die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

13 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page