top of page
  • Regina Torre

2de Fees – Fees van ongesuurde brode

Updated: Jan 31, 2023

Levitiekus 23:   6  “en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.      7            Op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.  8      Maar julle moet sewe dae lank aan die Here ’n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.”


Eksodus 12:   15          “Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. 16          En op die eerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees. 17 Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.  18        Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ’n ewige insetting hou. In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand. 19    Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ’n vreemdeling is of ’n kind van die land.  20     Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.


Die fees van ongesuurde brode is 7 dae lank en is ‘n aparte fees van paasfees.


Die fees het ‘n voorbereidingsdag wat begin op 14 Nisan want saam met Paasfees moet daar ongesuurde brode geëet word. Die Fees van ongesuurde brode begin op 15 Nisan en eindig op 21 Nisan en altwee dae is heilige samekomste. Op die dae mag geen werk gedoen word nie. Dis nie noodwendig ‘n sabbat dag of Saterdag nie, maar moet as ‘n sabbat dag geheilig word.


Numeri 33:       3          “Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel deur ’n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek, 4   terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die Here onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die Here aan hulle gode strafgerigte voltrek.”


Soos vroeër geleer, is suurdeeg ‘n voorstelling van sonde. Hoekom? ‘n Klein bietjie suurdeeg laat n hele baksel deeg reis. Die brood wat geëet word, die brood gebak sonder suurdeeg, stel Jesus se liggaam voor, sonder sonde. Interessant om te weet dat Betlehem beteken ‘huis van brood’. Jesus, die brood van die lewe, is gebore in die huis van brood.


Johannes 6: 35    “En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.”


Johannes 6: 51    “Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”


Jesaja 53: 5     “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”


Ongesuurde brode word tradisioneel van gort meel/barley flour gemaak. Gort is die eerste oes van die lente, en genoeg van die meel word elke jaar gebêre vir die ongesuurde brode wat die volgende jaar gemaak word.


Hoe lyk die Joodse ongesuurde brode. Die brood is oortrek met strepe en gate. Die strepe stel voor die houe wat Jesus verduur het, en die gate die spykers wat in Sy hande en voete deurboor is, en die doringkroon op Sy hoof. Die brode word op ‘n draadrak gebak, vandaar die strepe, en daar word gate in die deeg gedruk sodat dit glad nie moet reis nie.


1 Korintiërs 5: 6   “Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? 7  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ’n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8   Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.”


Die voorbereiding vir Paasfees in die Joodse huis is ‘n besige tyd. Alle suurdeeg moet uit die huis verwyder word, en dit word ‘n speletjie waar die kinders ook deelneem. Terwyl ma besig is met die tafel dek en kos maak, steek pa ‘n paar krummels weg wat hy later saam met die kinders soek. Die word met groot seremonie gedoen. Na sononder wanneer dit donker is, loop hy en die kinders met ‘n kers en vee die broodkrummels wat strategies weggesteek is, met ‘n veer op ‘n houtlepel, maak die lepel met krummels toe met ‘n wit vaddoek en gaan buitekant toe om dit te verbrand.


Kom ons kyk na die simboliek van die uitbeelding.


Die suurdeeg in die huis is ‘n prentjie van ons lewe en ons liggaam – die tempel van die Heilige Gees.  


1 Korinthiërs 3:16   “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” Die soeke na suurdeeg in die huis, is om sonde in die huis te soek, dus selfondersoek na die sondes in ons elkeen se eie lewe.


Die lig wat die kers gee om die krummels te sien, is die lig wat die Woord van God vir ons gee.  


Psalm 119: 105   “U woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.”


Wanneer die krummels (ons sondes) gevind word, vee ons dit met die veer (die Heilige Gees – wat baie as ‘n duif voorgestel word) op die hout lepel (Jesus aan die kruis). Dit word als toegevou in ‘n wit linne lap (Jesus is in wit linne toegedraai na Sy dood) en word verbrand deur vuur (Jesus het neergedaal na die hel om te betaal vir ons sondes)


Ek sou sê dat die fees van ongesuurde brode ons elkeen op ‘n persoonlike reis vat van 7 dae, waar ons in nederigheid ons harte moet ondersoek en ons verhouding met Jesus hernu.


Jesus is op paasfees gekruisig. Hy sterf laatmiddag op Nisan 14. Sy liggaam word opgeeis deur Josef van Arimathea, op die dag van voorbereiding, en word begrawe net voor 6 uur, amper die einde van die dag Nisan 14. Net voor die dag wat soos ‘n sabbat gehou moet word.


Onthou, op die sabbat mag geen werk gedoen word nie!


Lukas 23: 50    “EN daar was ’n man met die naam van Josef, ’n lid van die Raad, ’n goeie en regverdige man — 51          hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, ’n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.    52   Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra  53  en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ’n graf wat uit ’n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie. 54   En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek. 55 En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was. 56         Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.”

Op Nisan 15 begin die fees van ongesuurde brode wat vir 7 dae aanhou.

10 views0 comments

Recent Posts

See All

7de Fees – Fees van Tabernakels / Sukkot

Hierdie fees is die sewende en laaste van die feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Sukkot word gevier vyf dae na Yom Kippur op Tishri 15 en begin sononder hierdie jaar op 23 September 2

6de Fees: Fees van Versoening / Yom Kippur –

Die fees het vanaand 18/9/18 net na sononder begin. Die tweede van die Herfs Feeste (en die sesde fees in totaal) is Yom Kippur en word 10 dae na die Fees van Trompette op Tishri 10 gehou. (sononder 1

Die Herfs Feeste: Inleiding & Fees van Trompette

Ons is besig met ‘n studie van die 7 feeste wat God vir Moses in Levitikus 23 gegee het. Tot dusver het ons die lente feeste bestudeer en ons gaan nou na die herfs feeste kyk. Die profesië van die len

  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page