top of page
  • Regina Torre

28/06/2017 – Efesiërs

Updated: Feb 1, 2023

Hoofstuk 1


3          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,


Watter geestelike seëninge word hier gelys


Uitverkies – om tot in ewigheid saam met God te wees.


4          soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,


Aangeneem – as kinders van God. God sien ons deur Jesus.


5          deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,


Aanvaar – Ons is deur God aanvaar en behoort aan Hom. Ons kan niks doen om aanvaar te word nie, net glo!


6          tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die

Geliefde. (wherein He has made us accepted in the Beloved)


Verlos – God het ons wat slawe van satan was, gekoop deur Jesus se bloed om seuns van God te wees.


7          In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,


Wysheid – Nuwe wysheid deur die Heilige Gees en hoe om die wysheid aan te wend.


8          wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,


Erfenis – As seuns van God het ons dieselfde erfenis as Jesus


11        in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,


Verseël met die Heilige Gees


13        in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,


Waarborg (onderpand) – ons erfenis in God is gewaarborg


14        wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.


Paulus se gebed vir die heiliges in Efese


17        That the God of our Lord Jesus Christ, the Father of glory, may give unto you the spirit of wisdom and revelation in the knowledge of him:

18        The eyes of your understanding being enlightened; that ye may know what is the hope of his calling, and what the riches of the glory of his inheritance in the saints,

19        And what is the exceeding greatness of his power to us-ward who believe, according to the working of his mighty power,

20        Which he wrought in Christ, when he raised him from the dead, and set him at his own right hand in the heavenly places,

21        Far above all principality, and power, and might, and dominion, and every name that is named, not only in this world, but also in that which is to come:

22        And hath put all things under his feet, and gave him to be the head over all things to the church,

23        Which is his body, the fulness of him that filleth all in all.


Hoofstuk 2


Wat ons was


1          En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

2          waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

3          onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.


Wat God gedoen het


4          Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5          ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered –

6          en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

7          sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

8          Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9          nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.


Wat ons nou is


10        Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.


 Wat die heidene was


11        Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

12        dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.


Wat God gedoen het


13        Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

14        Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

15        deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

16        en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

17        En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;


Wat die heidene en Jode nou is


18        want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

19        So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20        gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21        in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,

22        in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.


Hoofstuk 3


Paulus maak die verborgenheid bekend


5          wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

6          dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

8          Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

9          en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,


Paulus se 2de gebed


16        That he would grant you, according to the riches of his glory, to be strengthened with might by his Spirit in the inner man;

17        That Christ may dwell in your hearts by faith; that ye, being rooted and grounded in love,

18        May be able to comprehend with all saints what is the breadth, and length, and depth, and height;

19        And to know the love of Christ, which passeth knowledge, that ye might be filled with all the fulness of God.

20        Now unto him that is able to do exceeding abundantly above all that we ask or think, according to the power that worketh in us,

21        Unto him be glory in the church by Christ Jesus throughout all ages, world without end. Amen.


Hoofstuk 4


Nou kom die praktiese toepassing.


Vermaning aan die persoon


1          Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,

2          met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra


Vermaning aan die Christene as ‘n groep om as ‘n eenheid te lewe.


4          Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

5          een Here, een geloof een doop,

6          een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is


Ons moet groei in ons geloof


14        sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

15        maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,


Lê die ou mens af, en trek die nuwe mens aan – Dis iets wat elkeen self moet doen


22       dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,

23        en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

24        en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.


Sondes om te vermy


25        Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.

26        Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;

27        en gee aan die duiwel geen plek nie.

28        Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.

29        Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

30        En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

31        Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.

32        Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.


Hoofstuk 5


Navolgers / Followers – wie volg ons na? (soos in facebook?)


1          Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;


Lewe in die lig


6          Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.


7          Wees dan nie hulle deelgenote nie.

8          Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.


Lewe deur die Gees


15        Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16        en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.

17        Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.

18        Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

19        Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,

20        terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,


Man & vrou in die huwelik


22        Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.

23        Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

25        Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en


Homself daarvoor oorgegee het


28        So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

29        want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.


Hoofstuk 6


Kinders en ouers


1          Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

2          Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte—

3          sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.

4          En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.


Slawe en eienaars


5          Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;

6          nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen

7          en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,

8          omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.

9          En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.


Die wapenrustng van God


Hier volg ‘n noodsaaklike opdrag aan elkeen, dit is nie opsioneel nie! Gelowiges is self daarvoor verantwoordelik om die wapenrusting aan te trek


10        Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag.

11        Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel.


Ons veg teen ‘n weermag van gevalle engele wat die krag van duisternis dien.


12        Vir ons is die stryd immers nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim.


Satan se doel is om die beeld van God in ons te vernietig. Die aarde is Satan se domein, en geestelike oorlogvoerig is ‘n werklikheid.


Wat kan ons doen?


13        Neem daarom die volle wapenrusting van God op sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly.


Wat is die wapenrusting van God wat ons moet aantrek?

  • Die gordel (belt) van waarheid – Die Romeinse soldaat het al sy handwapens aan sy gordel vasgemaak.

14        Staan dan vas, julle heupe omgord met die waarheid, ………


God = waarheid                   Satan = leuen

Ons moet daarop bedag wees om ALTYD in die waarheid te leef, moet nie vir Satan plek in jou wapenrustig gee deur ‘n leuen te vertel nie.

  • Die borsplaat van geregtigheid – die borspaat het die hart beskerm

14        …….bedek met die borsplaat van geregtigheid,


As gelowiges ontvang ons God se geregtigheid tydens ons verlossing. Dit is ons posisie voor God. Moet nie dat Satan vir jou sê jy is niks werd nie!


Wanneer ons van posisie praat kan ons terug dink aan Josua.


Die beloofde land is aan Joshua en die Israeliete gegee soos die geestelike seëninge aan ons gegee is. Hoe het Joshua die beloofde land geannekseer? Was dit op ‘n skinkbord vir hom gee? Stellig nie! Hy moes veg daarvoor. So moet ons ook veg vir ons seëninge. Maar moet nie vrees nie want God is met jou!


Joshua 1:2       My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.


Joshua 1:3       Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.


Joshua 1:9       Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

  • Skoene van vrede – Die Romeinse soldaat se skoene was deel van sy toerusting. Die KJV sê preparation ipv bereidheid. ‘n Soldaat moet voorbereid wees en die vyand se strategie bestudeer. Hy moet selfversekerd wees in sy eie strategie met voete stewig geplant sodat hy sy man kan staan wanneer dit nodig is en nie wankel nie.

15        en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede

  • Skild van geloof – Die Roomse soldaat se skild was groot en sterk, gewoonlik van hout gemaak en oorgetrek met linne en leer om die soldaat te beskem van pyle wat geskiet word. Maak seker dat jy geloofs onsekerhede uit die weg ruim, sodat dit nie vir jou ‘n struikelblok is nie.

16        Dra, by dit alles, die skild van die geloof, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus.

  • Helm van verlossing – Die helm beveilig die soldaat se kop. Satan val graag jou gedagtes aan, en ons moet hom teëstaan. Onthou, ‘n gedagte is nie die sonde nie, die sonde is as jy op die slegte gedagte reageer.

17        Dra ook die helm van verlossing ………

  • Swaard van die Gees – Die Romeinse soldaat se swaard het ‘n kort lem gehad, ongeveer 60 cm lank, en was skerp aan beide kante. Dit het spesiale opleiding en baie oefening gevat om goed met die swaard te kon veg. Ons moet die eienskap toepas wanneer ons die Bybel lees, verstaan en toepas.

17        ………..en die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

  • Gebed – Ons moet nooit vergeet dat gebed groot krag het nie, en dat ons geduring in gesprek met God moet wees. Bid vir mekaar want dit is die ondersteunings netwerk van die gelowige. 18 Telkens wanneer julle bid en smeek, moet julle by elke geleentheid deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees deur volhardend te pleit vir al die heiliges.

16 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page