top of page
  • Regina Torre

17/05/2017 – Romeine

Updated: Feb 1, 2023

Hoofstukke 1 – 8                       GELOOF                      Leerstellings

  1. 1 – 3 Sin / Sonde

  2. 4 – 5 Salvation / Verlossing

  3. 6 – 8 Sanctification / Heiligmaking

Hoofstukke 9 – 11                     HOOP                          Israel

  1. 9             Israel Verlede

  2. 10 Israel Hede

  3. 11 Israel Toekoms

Hoofstukke 12 – 16                   LIEFDE                                    Prakties

GRACE – God’s riches at Christ’s expense

Hoofstuk 1 – Paulus se groet


1          Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God—

2          wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,

3          aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid


Aangaande sy Seun –   Professië in OT


Geslag van Dawid –  Die onvoorwaardelike verbond tussen God en Dawid, waar God vir Dawid en Israel belowe dat die Messias uit die geslag van Dawid sal kom en die stam van Juda, en dat ‘n ewige koninkryk gevestig sal word.


4          en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,

5          deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam,

6          onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus

7          aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!


Die boek is geskryf vir die gelowiges in Rome


16        Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

17        Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. (ook in Habakuk 2:4)   The just shall live by faith


Die sonde en die straf


18        Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

19        omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

20        Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

21        omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.


Bogenoemde verklaar dat kennis aangaande God aan ALMAL beskikbaar is, deur die skepping wat ons elke dag aanskou.


Psalm 19: 1 The heavens declare the glory of God; the skies proclaim the work of his hands.


22        Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword

23        en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24        Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer

25        hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

26        Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

27        en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

28        En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:

29        hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;

30        nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;

31        onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,

32        mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.


Hoofstuk 2 – Die regverdige oordeel van God


1          Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.


Jy wat oordeel en dieselfde doen is ook nie sonder skuld nie ……


17        Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,

21        jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?

22        Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?

23        Jy wat jou op die wet beroem, onteer jy God deur die oortreding van die wet?


Ons is almal sondig Jood & nie-Jood.


Hoofstuk 3 – God se geregtigheid teenoor die gelowige mens


1          Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?

2          Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.


Die Jode was nie net die bewaarder van Woord nie, maar ook die ontvanger van God se beloftes


As ons nie die beloftes glo wat God aan die Jode gegee het nie, dan noem ons God ‘n leuenaar.     Watter beloftes? (onder andere)

  1. Verbond met Abraham – Geslag soos die sand van die see & die sterre aan die hemel.

  2. Verbond met Dawid – Ewige koninkryk met koning uit geslag van Dawid & stam van Juda.

10        soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

11        Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.

12        Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.


Ons is almal sondig: Heiden, Christen & Jood


19        Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;

20        aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

21        Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,

22        die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;

23        want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Hierdie is soos die weermag. Jy word eers afgebreek na niks, en dan stadig opgebou en reg geleer.

25        Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God


Jesus het deur Sy bloed vir ons sondes gesterf sodat ons geregverdig voor God kan staan.


26        om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.


Ons moet net GLO


27        Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.


Ons kan nie roem nie, want niks van die was ons eie toedoen nie, als is net genade!


 Hoofstuk 4 – Verlossing


 Verlossing van Abraham – voor die wet (verse 1-5)


3          Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

10        Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.

11        En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;

13        Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.


Verlossing van Dawid – onder die wet verse (6-8)


6          Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:

7          Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

8          Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.


Hoofstuk 5 – Verlossing


1          Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

2          deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.

3          En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,

4          en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

5          en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

6          Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.

8          maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

15        ……. want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, (Adam) veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.

18        Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.


Hoofstuk 6 – Heiligmaking


1          Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

2          Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

3          Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

4          Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.

10        Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

16        Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

23        Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.


Hoofstuk 7 – Heiligmaking


1          Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?

2          Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.

4          So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

7          Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

19        Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.


Hoofstuk 8 – Heiligmaking


1          Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

2          Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

10        Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.

11        En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

15        Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.


Ons is almal seuns van God, erfgename van God, saam met Jesus


24        Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?

25        Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.

26        En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

27        En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.

28        En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

35        Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

36        Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

37        Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

38        Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

39        of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.


Hoofstuk 9 – Israel (Verlede)


7          Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

8          Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

Nie al die nasate van Abraham is kinders van God nie, Hier by Rebekka word dit ook gewys.

10        En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.

11        Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep

12        is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.

13        Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

17        Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.

18        So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.


Dit het te doen met wie God is, en nie wie ons is nie. God maak Sy eie keuse, vry van enige verpligting. As God nie gekies het nie, sou niemand gered word nie, want ons default is om God te verwerp.


21        Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22        En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,

23        juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,

24        ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

25        Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;

27        En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;


Hoofstuk 10 – (Israel hede)


2          Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.

3          Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.

4          Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

9          As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

10        want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

11        Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

12        Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.

13        Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

14        Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?

15        En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

16        Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?

17        Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

19        Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk.

20        En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.

21        Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.


Hoofstuk 11 – Israel (Toekoms)


1          Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

2          God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:

3          Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!

4          Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

5          Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

7          Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

8          Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

25        Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;


Totdat die Christene weggeraap word. Volheid impliseer ‘n spesifieke getal vir voltooing. Dus, as die laaste heiden Jesus aanvaar het ……. dan is die Christene voltallig.


26        en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

27        en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.

28        Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.


Hoofstuk 12 – Liefde


1          Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

2          En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

3          Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

4          Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

5          so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

6          En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:

7          is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;

8          of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

11        wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;

12        verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.

14        seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15        wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;

18        as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

19        Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.

20        As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.

21        Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.


Hoofstuk 13 – Liefde


1          Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,

8          Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.

9          Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

10        Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.

14        Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Hoofstuk 14 – Liefde


Wees vedraagsaam teenoor die wat swak in geloof is


7          Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.

8          Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

11        Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

12        So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.


Hoofstuk 15 – Liefde


1          En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.

2          Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting.

4          Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.


Paulus vertel verder van wat hy van hier beplan om te doen, en dat hulle vir hom moet bid.


Hoofstuk 16 – Liefde


In die hoofstuk noem en bedank hy almal wat hom gehelp het, en sluit af met ‘n seën.


24        Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

25        Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,

26        maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof

27        aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.

14 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page