top of page
  • Regina Torre

16/08/2017 – 1 & 2 Timoteus, Titus & Filemon

Updated: Feb 1, 2023

Pastorale briewe – 1 Timoteus

Hoofstuk 1


Timoteus was die seun van ‘n Griekse pa en ‘n Joodse ma. Sy pa was nie gelowig nie, maar sy ma & ouma was wel, en hulle het hom mooi geleer.


2 Tim 1:5         en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Euníce, en wat—daarvan is ek oortuig—ook in jou is.


Timoteus ontmoet Paulus tydens Paulus se 1ste sendingsreis in Lystra. Profesië oor Timoteus het bevestig dat hy ‘n predikant moes word.


18        Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timótheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry


Timoteus was predikant in Efese, wat nie die maklikste gemeente was nie. Efese was oor die wêreld bekend vir hul aanbidding van die godin Diana.


Die probleem hier was weereens die vals leerstellings en kettery (herecies). Kettery is om dit te verkondig wat teenstrydig is met die Woord van God.


3          Soos ek jou versoek het toe ek na Macedónië op reis was, moet jy in Éfese wag om sekere persone te beveel dat hulle geen ander leer moet leer nie,

4          en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.

ie wet is nie vir die wat dit onderhou nie, maar vir die wat dit verbreek.

8          Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik

9          en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars,

10        hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is,

Hoofstuk 2


1          In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;


Hier beklemtoon Paulus 3 tipes gebede.

  • Smeking – Dringende versoeke gebsaseer op mense se behoeftes.

  • Voorbidding (Intersession) – Om te praat met God namens ander.

  • Danksegging – Soms moet ons net God dank, sonder om vir iets te vra.

2          vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.


Dis maklik om te kla oor hoe sleg jou land se regering is, God gee vir ons ‘n ander opsie. Bid vir hulle!     Indrukwekkend, veral omdat Nero daardie tyd keiser was.


5          Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,


Bevestiging van Johannes 14


6          Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

11        Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.


Stilte hier beteken om nie aanstootlik of opdringerig te wees nie – ‘peacable’


Onderdanig hier dui op ‘n rangorde soos in die weermag waar almal ‘n posisie het met ‘n vlak bo jou en onder jou.


12        Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.


Vrouens mag wel onderrig gee maar nie in die amp van predikant nie.

14        En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.


Adam was nie verlei deur die slang nie, hy het presies geweet wat hy doen, en in die proses het hy afstand gedoen van sy leierskap posisie. Alhoewel Eva verlei was en die eerste was om die verbode vrug te eet, was die verantwoordelikheid van die sonde Adam sin, omdat hy bewustelik gekies het om God nie te gehoorsaam nie.

Hoofstuk 3


Die geestelike gesondheid van die kerk word bepaal deur die kwaliteit van sy leierskap. Dis veral waar wanneer die kerk deur vals leeraars bedreig word.


Eienskappe van ‘n predikant  


2   ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

3          geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;  

4   een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.  

6 Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.  

7        Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.


Eienskappe van ‘n diaken  


8       Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,  

9             manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.  

10       En hulle moet ook eers ‘n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.

  Hoofstuk 4


Wat gaan in die eindtye gebeur    


1         Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang


 Hoofstuk 5


Hoe om op te tree teenoor weduwees & ouer mense.


1          ‘n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ‘n vader, jongeres soos broers,

2          bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

3          Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.

4          Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.

5          En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.


Hoofstuk 6


1          Almal wat diensknegte is onder ‘n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.


Vrywillige Dienskneg / Bondservant – Beskryf in Eksodus 21: 5-6


5          Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie—   6        dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ‘n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.


So moet ons vrywillige diensknegte van Jesus wees!


10        Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.


Geld self is net ‘n kommoditeit wat gebruik kan word vir goed of kwaad. Wat is dan sonde? The love of money, not money.


12        Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.

Pastorale briewe – 2 Timoteus


Hierdie is Paulus se heel laaste brief voordat hy deur Keiser Nero onthoof is, (volgens nie Bybelse geskrifte) en dit glo net nadat ‘n groot gedeelte van Rome in ‘n brand verwoes is.

Paulus was vir die laaste keer gearresteer en die keer was hy vasgetekking,


1:16     Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;


en soos ‘n krimineel hanteer, in ‘n donker put met min lig en geen sanitasie.


2:9     waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos ‘n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie. (word nie geboei nie)


Paulus het geweet dis die einde


4:6     Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.


Hy was deur sy medewerkers in Asië verwerp


4:16     In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat. Mag dit hulle nie toegereken word nie!


Hy is nou reg om dood te gaan


4:7      Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.


En om sy kroon van God te ontvang


4:8    Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.

Hoofstuk 3 – Daar kom moeilike tye


1        Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

2        Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3          sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4          verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5          mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.


12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,

15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.


16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

KJV 16 All Scripture is given by inspiration of God, and is profitable for doctrine, for reproof, for

correction, for instruction in righteousness:


hele Skrif / all Scripture:   Alles – van Genesis 1:1 tot Openbaring 22:20

Deur God ingegee / given by inspiration of God:                     God-breathed

nuttig tot lering / profitable for doctrine:   wat is reg

weerlegging / reproof:       wat is nie reg nie

teregwysing / correction: hoe om dit reg te kry

onderwysing / instruction:           om met dissipline te leer, te dink en te doen

Seëngroet – 4:22 Mag die Here Jesus Christus met jou gees wees! Die genade sy met julle! Amen.

Pastorale briewe – Titus


Hoofstuk 1

Titus het op die eiland van Kreta gewerk. Paulus gee hom opdrag om reëlings te tref vir die goeie funksionering van die gemeente.


5          Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het—


Hy was ‘n Griekse gelowige


Gal 2:3            Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is;


Waarmee het Titus te doen gehad op Kreta


12        Een uit hulle, hul eie profeet, het gesê: Die Kretense is altyd leuenaars, ongediertes, lui buike.

13        Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,

14        en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

15        Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

16        Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk.


Hoofstuk 2


Hoe moet gelowiges mekaar hanteer


2          Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.  3       Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

4          sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, 5          ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.  6         Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.

Hoofstuk 3


Hoe moet gelowiges in die samelewing optree


1          Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

2          om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.

Filemon


Die brief, saam met Efesiërs, Fillipense & Kolossense word gesien as Paulus se gevangenskapbriewe.


Die brief word geskryf aan Filemon en die gemeente wat in sy huis is.


‘n Slaaf van Filemon, Onesimus het weggelloop van hom en by Paulus uitgekom. Onesimus het onder Paulus se bediening ‘n Christen geword. Paulus stuur Onesimus nou terug na Filemon en skryf hierdie brief waarin hy pleit dat Filemon nie vir Onesimus vir sy oortreding sal straf nie, maar eerder as ‘n broer sal terugverwelkom


13        Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

14        Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.

15        Want miskien is hy om hierdie rede ‘n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit,


Trouens sal verwelkom soos hy Paulus self sou verwelkom


17        As jy my dan vir ‘n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.


Die krag van die evangelie verander mense,


11        wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;


en maak van ‘n slaaf ‘n geliefde broer


16        nie meer as ‘n slaaf nie, maar méér as ‘n slaaf, as ‘n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.


Paulus is self bereid om Onesimus se skuld te betaal – Soos Jesus gesterf het om ons skuld te betaal


18        En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op my rekening—


Ons is almal Onesimus’s – Martin Luther


Dit is ‘n pragtige prentjie van wat God vir ons in Jesus Christus gedoen het.

11 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page