5 Ernstige vermanings
1 Die gevaar om weg te dryf (2: 1-4)
Hoofstuk 2 1 Daarom moet ons soveel te meer aandag gee aan dit wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdryf nie. 2 Want as die boodskap wat deur engele verkondig is, inderdaad bindend was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regmatige straf ontvang het, 3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot verlossing verontagsaam? Hierdie verlossing is eers deur die Here verkondig en daarna aan ons bevestig deur hulle wat dit gehoor het, 4 terwyl God dit verder bevestig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en deur gawes van die Heilige Gees wat uitgedeel is soos Hy dit goedgevind het.
Die woord wegdryf hier is dieselfde woord wat gebruik word om te beskryf hoe ‘n boot wat los kom van sy anker, stadig wegdryf. Die skrywer dring by die lesers aan om God se Woord ernstig op te neem en nie van die waarheid wat hulle geleer het weg te dryf nie.
2 Waarskuwing teen ongehoorsaamheid (3:7 – 4:13)
Hoofstuk 3 7 Daarom, soos die Heilige Gees sê: “Vandag, as julle Sy stem hoor, 8 moenie julle harte verhard soos met die opstand in die tyd van versoeking in die woestyn” 9 toe julle voorouers My versoek en beproef het nie, al het hulle my dade gesien — 10 veertig jaar lank. Daarom het my toorn ontvlam teenoor hierdie geslag en het Ek gesê, ‘In hulle harte is hulle altyd op ‘n dwaalspoor, en my paaie wou hulle nie leer ken nie.’ 11 Dus het Ek in my toorn gesweer, ‘In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie!’ ”
Deut 28:65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel.
Ingesluit by God se rus was om nie vir 40 jaar in die woestyn te wandel nie, rus van die vyand se onderdrukking, rus van angs en bekommernis. ‘n Rus om te geniet wanneer hulle die beloofde land Kanaan beset het, die land wat God aan hulle beloof het.
Maar, die Israeliete se ongeloof het hulle van die rus weerhou.
Hoofstuk 4: 1 Laat ons daarom versigtig wees (53 – vrees), terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog bly staan, dat dit nie mag blyk dat een van julle agtergebly het nie.
Die woord vrees hier beteken nie dat jy jou verlossing kan verloor nie. Dis eerder om die gelowiges aan te moedig in hul geloof. Die rus van God – om in God se teenwoordigheid vrede te ervaar, nou hier op aarde en in die ewige lewe hierna.
3 Waarskuwing teen geestelike onvolwassenheid (5:11 – 6:20)
Hoofstuk 5: 11 Hieroor het ons baie om vir julle te se wat moeilik is om te verduidelik, aangesien julle traag geword het om te luister. 12 Want terwyl julle teen hierdie tyd reeds leraars moes gewees het, het julle nou weer nodig dat iemand julle die grondbeginsels van die uitsprake van God leer, en het julle weer behoefte aan melk en nie vaste kos nie.
Hoofstuk 6: 1 Laat ons dan verder gaan as die eerste beginsels van die boodskap aangaande Christus en voortgaan na volwassenheid, sonder om weer die fondament te lê van die bekering van dooie werke, van geloof in God, 2 van onderrig oor dope, oplegging van hande, opstanding uit die dood en van ewige oordeel. 3 En juis dit sal ons doen as God dit toelaat.
Ons moet aanbeweeg van die basiese beginsels, en werk na geestelike volwassenheid.
4 Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, 5 en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, 6 en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak.
Kan jy jou verlossing verloor? Hierdie gedeelte het baie menigsverskille. Hier is 4 verskillende menings.
1 Sommiges leer dat hierdie verse wys dat gelowiges kan wegval en hul verlossing verloor. Dit is egter moeilik om hierdie siening te versoen met die NT-leer oor die gelowige se sekerheid in Christus. (Rom 8: 28-39)
2 Ander glo weer die verse verwys na die wat sê hul glo in Christus, maar wat nie werklik bekeer is nie.
3 Daar is sommige wat beweer dat hierdie waarskuwings verwys na Christene wat hul beloning en seëninge nou en in die hemel verloor, maar nie hul verlossing verloor nie.
4 Ten slotte, sommige leer dat hierdie gedeelte gelowiges verseker deur ‘n tydige waarskuwing en ‘n dringende opdrag. Die skrywer van Hebreërs leer nie dat die wegval van verlossing moontlik is nie, maar dat dit onmoontlik is om terug te gaan en oor te begin, omdat dit sal vereis dat Jesus weer gekruisig moet word.
Die gelowige se enigste opsie is om aan te gaan, klaar te maak en die wedloop te voltooi!
4 Waarskuwing om wetende aanhou sonde te doen (10:26 – 39)
26 Want as ons willens en wetens aanhou sonde doen nadat ons kennis van die waarheid ontvang het, bly daar nie meer ‘n offer vir ons sondes oor nie, 27 maar wel ‘n verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur wat God se teenstanders gaan verteer.
Die sonde in dié konteks is om terug te keer na die Joodse geloof. Die OT het ‘n onderskeid getref tussen ‘n moedswillige sonde en ‘n oomblik van swakheid.
Numeri 15: 28 En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word. 29 Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef—een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen. 30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit. 31 Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
Hebreers 10:28 Wanneer iemand die wet van Moses verwerp het, het hy gesterf op grond van twee of drie se getuienis, sonder genade. 29 Hoeveel erger straf dink julle sal iemand verdien wat die Seun van God vertrap het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, gering geag het en die Gees van genade uitgedaag het?
5 Waarskuwing teen die verwerping van God se genade (12:25-29)
25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. 26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 27 En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 28 Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. 29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
God het die aarde eenkeer by die berg Sinai geskud toe sy mense geweier het om die wet na te kom. Maar Hy belowe ‘n groter skudding in die toekoms – ‘n skudding wat die hemele sal insluit. ‘n Dag kom wanneer alles wat geskep is, vernietig sal word in die oordeel omdat mense die genade wat God deur Sy Seun gegee het, verwerp het.
Oorsig van die boek Hebreërs (Bybel Direkte Vertaling gebruik)
Die Seun is verhewe bo die engele
Heb 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: “Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.”
Psalm 2:7 Ek wil die vaste besluit bekend maak: Die HERE het vir my gesê: “Jy is my seun, vandag het Ek jou verwek.
Jesus uitnemender as Moses
Die skrywer gebruik 2 voorbeelde om te wys dat Jesus uitnemender is as Moses.
1 Die bouer is groter as die gebou
Heb 3:3 Hy is inderdaad groter heerlikheid waardig geag as Moses — soos wat die bouer van die huis meer aansien het as die huis self.
2 Die Seun is groter as die dienaar
Heb 3:5 Moses was wel as tempeldienaart getrou in God se hele huis, tot ‘n getuienis van wat verkondig sou word, 6 maar Christus was as Seun getrou oor sy huis; en ons is sy huis as ons bly vashou aan die vrymoedigheid en hoop waarop ons ons beroem.
Jesus die groot Hoëpriester beter as Aaron
Slegs lede van Aaron se familie kon priesters wees, hulle was van die stam van Levi. Jesus was van die stam van Juda, so Sy kwalifikasies het verskil van Aaron. God het beide Aaron en Jesus as priesters aangestel.
Heb 5:4 Niemand eien die eer vir homself toe nie, maar hy word, net soos Aäron, deur God geroep.*
Ex 28:1 Dan moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron.
Heb 5:5 So ook het Christus nie Homself vereer om hoëpriester te word nie; die Een wat Hom vereer het, was God wat vir Hom gesê het: “Jy is my Seun; vandag het Ek jou verwek.” 6 So sê Hy ook op ‘n ander plek: “Jy is priester vir ewig, volgens die orde van Melgisedek.”
Melgisedek word vir die 1ste keer genoem in Genesis 14
18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring 19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. 20 En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
Salem is ‘n ander naam vir Jerusalem. Melgisedek het brood & wyn aan Abram bedien. Abram het ‘n 10de van sy geld aan Melgisedek gegee. Melgisedek het Abram geseën. So, die koning van Jerusalem gebruik nagmaal met Abram wat vir hom ‘n tiende offer gee. Hy seën ook vir Abram wat toon dat Hy hoër geag was as Abram, en hy was ‘n koning & ‘n priester – ‘n prentjie van Jesus?
Jesus ‘n beter heiligdom en offerdiens
Hoe dit gewerk het in die OT tyd
Heb 9:1 Die eerste verbond het bepalings vir aanbidding gehad, asook ‘n heiligdom wat aards was. 2 Die voorste tent was toegerus met die kandelaar en die tafel met die vertoonbrode, en is die “Heilige” genoem. 3 En agter die tweede tempelgordyn was ‘n tent wat die Allerheiligster genoem is; 4 dit het die goue reukofferaltaar bevat en die verbondsark wat aan alle kante met goud oorgetrek was. Daarbinne was die goue kruik met manna en die staf van Aäron wat gebot het, asook die tafels van die verbond; 5 en bo-op was die gerubs van heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het. Hieroor kan ons egter nie nou in besonderhede praat nie. 6 Met hierdie dinge dan so ingerig, gaan die priesters gereeld die voorste tent binne om hulle rituele diens te verrig. 7 Maar by die tweede tent gaan net die hoëpriester in, en dit slegs een keer per jaar, en nie sonder bloed wat hy vir homself offer en vir die sondes wat die volk onwetend gedoen het nie. 8 Daarmee dui die Heilige Gees aan dat die weg na die heiligdom nog nie oopgestaan het solank die voorste tent nog bestaan het nie. 9 Dit versinnebeeld tot op hede hoe gawes en offers gebring is wat nie in staat was om die gewete van die een wat die offer bring, volkome te reinig nie.
Wat Jesus vir ons gedoen het
11 Christus egter het gekom as Hoëpriester van die goeie dinge wat nou verwesenlik is, en Hy het deur ‘n uitnemender en meer volmaakte tabernakel beweeg wat nie deur mensehande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie van hierdie skepping is nie. 12 Hy het ook nie met die bloed van bokramme en bulkalwers nie, maar eens en vir altyd met sy eie bloed, die heiligdom binnegegaan en ‘n ewige verlossing bewerkstellig. 13 Want as die bloed van bokramme en bulle en die as van ‘n jong vers die verontreinigdes deur besprinkeling wy met die oog op die reiniging van die liggaam, 14 hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees as vlekkelose offer aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien?
Gevolgtrekking
Heb 10:1 Die wet bevat immers net ‘n afskaduwing van die toekomstige goeie dinge, nie ‘n presiese weergawe daarvan nie. Daarom kan dit nooit deur dieselfde offers, wat onophoudelik jaar ná jaar gebring word, diegene wat kom aanbid, tot volmaaktheid bring nie.
Geloof
Die einde van Hfst 10 gee ons ‘n gepaste inleiding vir Hfts 11 – die geloof hoofstuk.
Heb 10:38a Now the just shall live by faith: (Habakuk 2:4)
Afr 53 – Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Wat is geloof
Heb 11:1 Geloof egter is sekerheid van die dinge wat gehoop word; ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.
KJV 11:1 Now faith is the substance of things hoped for, the evidence of things not seen.
Hoe kry ons geloof
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
KJV 10:17 So then faith cometh by hearing, and hearing by the word of God.
11:3 Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is.
Gevolglik het dit wat gesien word, nie uit die sigbare ontstaan nie.
11:6 Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag: Want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié beloon wat Hom soek.
Hoofstuk 11 – UIttreksels
4 Deur geloof het Abel ‘n beter offer as Kain aan God gebring
5 Deur geloof is Henog weggeneem, sodat hy nie die dood gesien het nie,
7 Deur geloof het Noag, toe hy die goddelike opdrag ontvang het oor dit wat nog glad nie gesien is nie, en omdat hy in eerbied gehoorsaam was, ‘n ark voorberei vir die redding van sy huis.
8 Deur geloof was Abraham gehoorsaam toe hy geroep is om uit te trek na ‘n plek wat hy as erfenis sou ontvang,
11 Deur geloof het ook Sara, alhoewel reeds onvrugbaar en nie meer jonk nie, krag ontvang om bevrug te word
13 Al hierdie mense het in geloof gesterf sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit van ver af gesien en verwelkom, en bely dat hulle uitlanders en vreemdelinge op die aarde is. 14 Want dié wat sodanige dinge sê, gee te kenne dat hulle op soek is na ‘n vaderland. 15 En as hulle nog aanhou dink het aan daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer; 16 maar nou hunker hulle na ‘n beter een, ‘n hemelse een. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad voorberei.
Hoofstuk 12
1 Daarom, terwyl ons ook so ‘n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.
5 En julle het die aansporing wat julle as kinders aanspreek, heeltemal vergeet:
“My seun, moenie die tugtiging van die Here geringskat nie en moenie moedeloos word wanneer jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tug dié wat Hy liefhet, en Hy straf elke seun wat Hy aanneem.”
Spreuke 3:11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, 12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie hy behae het.
Die herhaling uit die OT herinner ons moeë siele dat God ons nie slegs dophou nie, Hy leer ons om ons geloof te ‘oefen’. Soos ‘n goeie pa, berei God die gelowige voor vir diensbaarheid.
Hoofstuk 13
20 En mag die God van vrede, wat die groot Herder van die skape, ons Here Jesus, uit die dood uitgelei het deur die bloed van die ewige verbond, 21 julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen, terwyl Hy in ons dit doen wat voor Hom welbehaaglik is deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig! Amen!
Comments