top of page
  • Regina Torre

12/07/2017 – Filippense

Updated: Feb 1, 2023

Die boek saam met Efesiers, Kolossense en Filemon is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Ons vermoed dit is Rome want in vers 1:13 word van die keiserlike lyfwag gepraat.

Die brief word aan die gemeente en ampsdraers in Filippi gerig. Paulus het die gemeente gestig tydens sy 2de sendingsreis, en die Christene in Filippi het hom verskeie kere in moeilike omstandighede ondersteun.

Handelinge 16

12        en daarvandaan na Filíppi, wat die eerste stad is van daardie deel van Macedónië, ‘n kolonie. En ons het in hierdie stad ‘n paar dae deurgebring.

13        En op die sabbatdag het ons uitgegaan buitekant die stad langs ‘n rivier waar die gebruiklike bidplek was, en ons het gaan sit en met die vroue gespreek wat daar bymekaargekom het.

14        En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre, ‘n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.

15        En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.

16        En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het.

17        Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

18        En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.

Die kerk in Philippi is hier geplant wat beteken dat dié dorp die eerste Europese dorp was wat die Evangelie van Chrisrus van Paulus ontvang het.


In die brief het Paulus hulle sterk aangemoedig om te herfokus op Christus, te strewe vir eenheid en om te waak teen valse leraars wat onder hulle ingeglip het.

Hoofstuk 1

2          Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Genade is die Gentile groet en vrede is die Joodse groet. Hiermee verwelkom Paulus Gentiles & Joodse Christene saam as een in Jesus Christus.

Paulus het die regte houding teenoor sy probleme gehad.


2 Kor 10 – Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.


Hier is sewe areas waar Paulus positief dink ten tye van teenspoed


1. Teenspoed bevorder die Evangelie


12        En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,


Paulus bespreek nie sy ongemak nie, maar praat oor hoe sy gevangenisstraf die evangelie boodskap bevorder.


Bevordering in Grieks het die volgende betekenis. Dit is ‘n militêre term wat beskryf hoe ingenieurs die pad voorberei vir die weermag wat oppad is deur obstruksies soos rotse en bome te verwyder. Paulus se omstandighede het hindernisse vir die bevordering van die evangelie verwyder.

2. Teenspoed bied geleenthede vir getuies


13        sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander,

Die wagte toegewys aan gevangenes in afwagting van ‘n verhoor voor Ceaser was vasgeketting aan hul gevangenes. So sou Paulus 24 uur per dag aan ‘n Romeinse wag vasgeketting wees, vier skofte per dag, vir 2 jaar lank – wat beteken dat Paulus byna 3000 geleenthede gehad het om tydens sy tronkstraf aan Romeinse soldate te getuig.

3. Teenspoed gee mannemoed


14        en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.

Baie gelowiges het dapper geword omdat hulle Paulus se waagmoed gesien het.

4. Teenspoed bou karakter

15        Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid:

16        die eerste verkondig Christus uit naywer, nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie verdrukking toe te voeg;

17        maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie.

18        Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder ‘n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.


Selfs in omstrede omstandighede was Paulus se doel om sy boodskap te lewer op ‘n manier wat mense sou toelaat om Christus te volg.

5. Teenspoed laat ons groei


19        Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,

20        volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.


God werk deur die gebede van ons vriende en deur ons eie determinasie. Ten spyte van sy gevangenisskap het Paulus ‘n houding van ‘gretige verwagting.’

6. Teenspoed reinig ons motiewe


21        Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.


Paulus evalueer al sy ervarings deur sy lewensdoel: om te lewe is Christus, en om te sterwe is wins.

7. Teenspoed berei ons voor om lewe en dood in perspektief te sien


22        Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.   23        Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;     24      maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.

25        En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof,   26           sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle.


Die lewe bied ons die geleentheid om God ten volle te dien, terwyl die dood ons die seëninge bied om ons Verlosser volkome te ken

Hoofstuk 2 – Ligdraers in die wêreld

12        Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;


Ons moet versigtig wees wanneer ons die woord werk interpreteer. Die woord beteken nie dat ons ons verlossing kan verdien nie. Ons het geen deel in ons verlossing nie – net die bloed van Jesus kan dit doen.

13        want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Maar ons is geroep om uit te werk wat God in gewerk het.


Dit werk soos minerale in die grond. Mynwerkers se werk is om uit die grond uit te haal, dit wat God daarin gesit het. Die rykdom in grond word dan vir almal ten toon gestel.

Ons het almal gawes wat God in ons ingewerk het. Daardie gawes moet ons gebruik (uitwerk) sodat ons ligdraers tot eer van God kan wees in die wereld waar ons leef.

…en hoe moet ons dit doen?


14        Doen alles sonder murmurering en teëspraak,

15        sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

Matteus 5:16    Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.


Goeie werke moet gesien word om God en nie onsself te verheerlik.

Ons almal leef of in Filippense 1:21 of 2:21. Of ons lewe vir Christus, of vir onsself !

1:21    Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

2:21    want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.

Paulus was ‘n 1:21 persoon wat die voordele van beide die lewe & die dood teen mekaar opgeweeg het.


Galasiers 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.

En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Hoofstuk 3


Paulus die rekenmeester – gee hier sy eie balansstaat (Paulus se verlede)

1          Verder, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.


Blydskap / Joy is ‘n vrug van die Gees– ‘n Innige hoop en uitbundigheid ten spyte van uiterlike omstandighede. Vreugde verskil van blydskap, wat staatmaak op gunstige omstandighede. So blydskap as ‘n vrug van die Gees is ‘n reg vir elke Christen.


Johannes 17:13           Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.

2          Let op die honde; let op die slegte arbeiders; let op die versnyding.


Die Jode het die Gentiles honde genoem. Hier draai Paulus dit om, en noem die Jode wat voorstaanders is van die wet, die honde. Die slegte arbeiders / evil workers het die mense geleer dat verlossing verkry word deur geloof + werke, en veral die werke van die wet.


Effesiers 2: 8    Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;   9       nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

3          Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;


Hulle wat God in die Gees dien, en hul verbly in Jesus wat uit die dood opgestaan het, dra die merk van Jesus, naamlik die besnydenis, in hul harte.

Hier gee Paulus weer sy getuienis. Hy vertel waar hy vandaan kom. Sy eienskappe wat hom van God weggehou het.


4 alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer.

5 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër;

6 wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.

maar….   Dit wat in Paulus was, het hom weggehou van God, en hy het sy verlede afgesterf om naby God te wees.


7          Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.

8          Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry

9          en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

Wanneer ‘n persoon gered word is dit ‘n merker van die begin van ‘n nuwe lewe waar ‘n verhouding met Jesus opgebou moet word, en nie die eindpunt nie.


10        sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

Paulus die atleet (Paulus se hede / present)

12        Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

13        Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.

14        Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.


Paulus is nie tevrede om net niks te doen nie. Hy wil eiwerig werk na God se plan, doel & prys vir hom. Hy erken dat hy deur Jesus geroep is, dat God ‘n doel met hom het, en dat dit ‘n verpligting op hom plaas om Jesus te volg.


Johannes 15:16           Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.


15        Laat ons almal dan wat volmaak is, so gesind wees; en as julle anders gesind is, sal God dit ook aan julle openbaar.


Dis hier waar ons verhouding met God inskop. Hoe meer ons leer van God hoe beter ons verhouding, en hoe meer sal God se Woord vir ons wys wat, waar en hoe ons met optree en dink. God het vir elkeen van ons ‘n spesifieke doel, en die doel sal jy net ontdek deur God se Woord te lees en te leer.

16        Maar wat ons reeds bereik het—laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees.


Wandel hier is ‘n militêre term. Die Fillipense moes in lyn bly met die beginsels van God se Woord.

17        Wees ook my navolgers, broeders, en let op die wat so wandel soos julle ons tot voorbeeld het.

18        Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.

19        Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.


Paulus treur hier oor die wat nie God navolg nie. Hy wat in die tronk is onder haglike omstandighede, dink nie aan homself nie, maar aan ander.

Paulus die vreemdeling in ‘n vreemde land (Paulus se toekoms)

20        Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,


Net soos Filippi ‘n kolonie van Rome op vreemde grond was, is die kerk ‘n “kolonie van die hemel” op aarde. Ons is burgers van die koningkryk van God, en vreemdelinge hier op aarde wat wag om huis toe te gaan / hemel toe.

21        wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.


Wanneer ons uiteindelik by ons hemelse huis is, sal ons soos Jesus wees, en ons sal Jesus kan sien soos Hy is.

Hoofstuk 4


1          Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.


‘Staan vas.’ is weereens ‘n militêre term. Hou die gebied wat jy oorwin het.

2          Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.


Die kerk wat hier in Filippi deur vroue begin is, word deur ‘n getwis tussen Euodia & Sintiche bedreig. Paulus vermaan die 2 vrouens om eensgesind te wees.

4          Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

5          Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.


Hier weer sien ons dat Paulus, alhoewel hy in die tronk is, vol vreugde is en ander aanmoedig om hulself te verbly. ‘n Goeie les vir ons, veral wanneer ons ‘down’ voel.

6          Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.     7     En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


Wanneer jy jou probleme / bekommernisse in gebed vir God gee, word jy beloon met die vrede van God.

8          Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.   9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.


In Grieks beteken die woord meditasie om te dink. ‘n Regte denkwyse sal die geveg teen bekommernis wen. Paulus sê vir ons in die verse hierbo waaraan ons moet dink.

Ten slotte!


13                    Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

10 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page