top of page
  • Regina Torre

1/11/2017 – 1 & 2 Petrus

Updated: Feb 1, 2023

1 Petrus

Hoofstuk 1


1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,


Petrus kondig aan wie hy is en aan wie hy die brief skryf.

2          uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!


Uitverkore = gekies

Voorkennis = God weet alles van die begin af

Heiligmaking van die Gees = ons word afgesonder sodat die Heilige Gees in ons kan werk

Gehoorsaamheid = ons verantwoordelikheid om gehoorsaam te wees aan God se Woord


Besprenkel met die bloed = ons word skoongewas met Jesus se bloed


3          Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

4          sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons

5          wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.


Ons glo in die ‘opstanding van die vlees en ‘n ewige lewe’

Petrus gee vir ons die versekering dat ons hoop in die toekoms seker is, nie gaan vergaan nie, onbesmet is en ons erfenis in die hemel is vir ons gereserveer en word met krag vir ons bewaar tot en met die laaste tyd!


Anders as die wêreld wat hul hoop het in goed wat kan sterf, vernietig kan word of vergaan.

6          Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,


Om hoop in Christus te hê, beteken nie dat gelowiges nie deur beproewings sal gaan nie, maar hulle sal hierdie uitdagings baie anders as ongelowiges hanteer.


10        Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11        en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

12        Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.


Die OT profete sou wat wou gee om te weet wat hul profesië beteken het. Selfs die engele sou dit wou weet!


13       Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.


Om jou lendene te omgord beteken om jou rok se soom op te tel en by jou belt in te druk sodat jy makliker en vinniger kan loop. Christene moet hul gedagtes so disiplineer om te konsentreer op God se genade, gereed vir aksie!


24        Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25        maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.


Hoofstuk 2

2          en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,


Pasgebore babas se lewe hang daarvan af dat hul melk kry. Ons moet so gretig wees om die Woord te lees en te groei uit wat ons leer, soos wat babas gretig is om melk te drink.


4          Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;


Die lewende steen hier is Jesus. Ons moet ‘n persoonlike verhouding he met Jesus.

5          en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.


Ons wat in Jesus glo, is die lewende stene wat die Heilige Gees huisves, en ons verteenwoordig die geestelike huis. Ons is almal priesters wat deur Jesus direk met God kan praat.

12         en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.


Hierdie is op ons van toepassing hier in die vreemde.

Ons moet in Jesus se voetstappe volg


21         Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; 22         Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23         wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24         wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.


Hoofstuk 3


13         En wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle navolgers is van die goeie? 14         Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.

15         Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;

16         met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster. 17         Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.


Hierdie gedeelte wys ons wat om te doen as ons as Christene valslik beskuldig word of onbillik vervolg word.

  1. Ag jouself geseënd

  2. Moenie vrees nie

  3. Moenie ontsteld wees nie

  4. Eerbiedig Christus as Here

  5. Wees gereed met ‘n antwoord om die hoop van Jesus te verduidelik

  6. Behou ‘n goeie gewete

  7. Hou aan met jou goeie gedrag

Hoofstuk 4


7          En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

8          Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal ‘n menigte sondes bedek. 9          Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. 10        Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. 11        As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.


Hoofstuk 5


6          Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 7          Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.


2 Petrus 1

1          Simeon Petrus, ‘n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so ‘n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:


Dienskneg / bondslave – Ons is slawe van dit wat die belangrikste is in ons lewens! Petrus en ook Paulus het hulself gesien as slawe van Jesus. Is jy ‘n slaaf van Jesus!


Die brief word net soos die 1ste brief aan die Christene geskryf.


2          Mag genade en vrede vir julle vermeerder word deur die kennis van God en Jesus, onse Here!

5          En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis,

6        en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug,  

7         en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde.  

8      Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;


Deug – Goeie karakter

Kennis – dieper kennis van die Woord

Selfbeheersing – om jou passies onder beheer te hou

Lydsaamheid – Om te verdra sonder om te kla. Dis ‘n sonde om te murmureer.

Godsvrug – Om soos God te probeer wees, ware vroomheid.

Broederlike liefde – liefde vir mede Christene

Naasteliefde – liefde vir almal


9          want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die reiniging van sy vorige sondes vergeet.


Hierdie 2de brief het ook eienskappe van ‘n testament, aangesien Petrus weet dat sy einde naby is. Hy bevestig dat herhaling goed is!


13        En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek, 14        omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.

15   En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.


Jesus praat met Petrus


Johannes 21: 18 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie. 19   En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.


Petrus verkondig hier dat sy geloof in Jesus nie ‘n fabel of ‘n storie is nie, hy en die ander apostels was ooggetuies.


16        Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;    

17       want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Matteus 3:   16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. 17      En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. 18     En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.


Matteus 17:        1 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring. 2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. 3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom. 4 Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. 5 Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom!


19        En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;

20        terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie; 21        want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.


Hoofstuk 2


1          Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;


Hoe kan ons verhoed om deur vals profete beinvloed te word. Maklik, ons moet ons kennis van die Woord van God daagliks vermeerder. Lees jou Bybel en vra vir die Heilige Gees vir insig oor wat jy lees.


God bewaar die mense wat ‘n toegewyde lewe aan Hom lei, soos hy die vaders van ouds bewaar het, maar die onregverdiges word veroordeel!


4          Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; 5          en die ou wêreld nie gespaar het nie, maar Noag, die prediker van geregtigheid, met sewe ander bewaar het toe Hy die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring het; 6          en deur die stede van Sodom en Gomorra tot as te verbrand, hulle tot ondergang veroordeel het en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou wees; 7          en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; 8          want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig oor hulle wettelose werke—

9          die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;


Hoofstuk 3


1          Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek, 2          sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.


Petrus sê weer dat hy ons herinner. Hy is nie bang om te herhaal nie, repetisie laat jou onthou. Lees wat die profete van ouds geskryf het.


3          Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel 4          en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.


Net die uiting van die woorde vandag, is ‘n teken van die eindtyd. Jesus vertel ons hier dat Hyself terugkom vir ons. Hy het vir ons ‘n plek voorberei.

Johannes 14: In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3    En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Ons gaan hom in die lug ontmoet

1 Tess 4: 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17    Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.   18            Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.


Dan sal Hy Sy koninkryk op aarde oprig

Lukas 1:  32   Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,


Handelinge 1: 6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7   En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;


Handelinge 15: 16    Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,


Petrus gee vir ons OT voorbeelde waar God ingetree het in die geskiedenis. Hier leer ons van die vloed, en hoe die aarde sal vergaan in die eindtyd.

5          Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,

6            waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.  

7   Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.


Is dit hoekom ‘Climate Change / Global Warming’ so groot ding is, is die heidene bang om deur vuur verwoes te word?


8          Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.  

9         Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.


Soos met Noag wat oud geword het want God was geduldig voor Hy die vloed gestuur het, so is God geduldig voor Hy die wêreld met vuur gaan vernietig.


Wanneer kom Jesus terug!

Niemand weet nie! Moet nie vir enige iemand luister wat datums voorspel nie!


10        Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.


Hoe moet ons dan lewe totdat Jesus terugkom – ‘n heilige lewe, toegewy aan God!


11        Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie?

12        julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt.


Kan ons die dag wat Jesus terugkom aanjaag?

Ja, in die Onse Vader gebed bid ons byvoorbeeld – Laat U koninkryk kom!

Vir gelowiges beteken die wederkoms die ontvangs van die volle erfenis wat God beloof het.


13        Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.


Laaste waarskuwing van Petrus


14        Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.

15        En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, 16        net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 17        Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 18        Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

6 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page