top of page
  • Regina Torre

02/08/2017 – Kolossense

Updated: Feb 1, 2023

Die boek is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Paulus was self nooit in die dorp Kolossense nie, maar die kerk daar was gestig deur Eprafas & Filemon wat in Efese deur Paulus geleer is. Paulus skryf die brief omdat hy bekommerd is oor die dwaalleer wat verkondig word in die stad.

Paulus begin sy brief deur homself voor te stel.

1          Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ……

Hy bid vir die gemeente al ken hy hulle nie, en vergeet nooit om vir God dankie te sê nie. Elke keer as hy van iemand nuut hoor wat in Jesus glo, word sy gebedslysie langer.


3          Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid,

Geloof in ‘n persoon (Jesus Christus), nie ‘n “stelsel” of leer, of filosofie nie.


4          omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges,

Watter hoop word hier van gepraat – Jesus se 2de koms!


5          vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

Selfs in Paulus se tyd het die Woord die hele bekende wêreld bereik, en vrugte gedra.


6          wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

Verse 9 -11 gee vir ons seëninge waarvoor ons kan bid.

9          Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil deur al die wysheid en insig wat die Gees gee,


Vader, help my om U wil vir my lewe te ken & gee vir my geestelike insig.

10        om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is en Hom in alles tevrede te stel terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God,


Help my om elke dag vir U te leef, goeie vrugte te dra en te groei in U kennis,

11        en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard.


Gee my krag om te volhard, met blydskap en dankbaarheid.

Verse 12 – 14 gee vir ons goed waarvoor ons moet dankie sê


Alles hier word in die verlede tyd genoem, so als hier is reeds vir ons gedoen, en daarom moet ons nie vra daarvoor nie, maar net dankie sê

12        en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig


Dankie sê dat ons mede erfgename saam met Jesus is.

13        Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,


Dankie sê dat ons uit die mag van Satan (koninkryk van duisternis) oorgebring is na die koninkryk van God (koningkryk van lig)

14        in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.


Dankie sê dat ons sondes (verlede, hede en toekoms) reeds vergeef is.

Die volgende gedeelte sê vir ons presies wie Jesus is!


15        Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

Adam was die 1ste gebore seun van God, maar Jesus het die reg van eersgebore verkry.

16        want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.


In teenstelling met die dwaalleer van die tyd wat gesê het dat Jesus net ‘n geskape wese was, stel Paulus Jesus voor as nie alleen die Skepper nie, maar ook die doel van die skepping.


17        En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

In Paulus se dag het mense gedebatteer oor die krag wat die wêreld saamgebring het, en dit daar hou.Paulus het verklaar dat hierdie krag nie ‘n wat is nie, maar ‘n wie: nl: Jesus Christus!

18        En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

19        Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

20        en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

Dwaling – Die geestelike is goed, maar die materiële is sleg.

Antwoord – God het die hemel en die aarde tot Sy eer geskep. Hy moet met die geestelike en materiële gawes gedien word.


Hoofstuk 2

2          ….. om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,

3          in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.

4          Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.


Al die skatte – Alles!! dit is nie nodig om elders te gaan soek vir die skatte en wyshede wat God vir ons gee nie. Die persoon is die sleutel: in Hom is al die antwoorde.


Dwaling – God is nie die volkome middelaar tussen God en mens nie.

Antwoord – Christus is die eerste in alles en oppermagtig. Hy het nie alleen God sigbaar gemaak nie, maar ook die mens met God versoen.

6          Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,

‘n Woord prentjie – wandel saam met God

7          gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.


Hoe meer ons leer, hoe dieper ons wortels. Ons word herinner om oorvloedig te wees in ons danksegging.

8          Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.


Hier word ons gewaarsku dat wêreldse filosofie ons nie moet mislei nie.


9          Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

10        en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;


Dwaling – Die ware godsdiens is wanneer ‘n mens aspekte van verskillende godsdienste vermeng

Antwoord – ‘n Mens het alles as jy in volkome verbintenis met Christus lewe, want Hy voorsien in alles

11        in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

16        Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,

17        wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.


Dwaling – Die gelowige moet meedoen aan uiterlike seremonies en godsdienstige handelinge en sekere beperkinge op sy lewe plaas om gered te kan word.

Antwoord – Al die dinge was skadubeelde wat met Christus se koms oorbodig geraak het.


Ons het net vir Jesus Christus nodig om gered te word.


18        Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,


Dwaling – Die engele moet aanbid word, en daar moet getreef word na visioene oor die hemel.

Antwoord – Engele mag nie aanbid word nie – Christus is die enigste wat aanbid moet word.


Pogings om op hierdie aarde insae in die hemel te he, is futiel.

Dwaling – ‘n Mens moet oor ‘geheime kennis’ beskik om gered te kan word of om volmaak te kan wees.

Antwoord – Christus is God se geheimenis en ALMAL kan Hom leer ken.

23        wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.


Dwaling – Die liggaam moet dinge ontsê word en die gelowige moet ‘n asketiese bestaan voer om God werklik te behaag.

Asketies (‘n persoon met ongelooflike selfdissipline en die vermoë om homself te ontneem)

Antwoord – Dit help nie noodwending teen verkeerde gedagtes en begeertes nie, en kan maklik lei tot geestelike hoogmoed.

Hoofstuk 3

Hoe moet ‘n gelowige dink en lewe.


1          As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

2          Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

3          Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

4          Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

Die ou en die nuwe lewe


Hoe moet die gelowige se gedrag lyk en hoe moet jy optree as jy Christus aanvaar het en jou ou natuur laat sterf het.

Maak dood die volgende sondes, en trek die nuwe mens aan.


5          Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

8          Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

9          Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

10        en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Hoe lyk die nuwe mens?


12        Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

13        Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.

14        En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

15        En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Lees jou Bybel, en groei in die Woord


16        Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

17        En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

Verhoudings tussen mense

18        Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.

19        Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.

20        Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.

21        Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.

22        Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.

23        En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,

Hoofstuk 4


1          Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook ‘n Here in die hemele het.


Die vers behoort by die vorige hoofstuk, met mense verhoudings.

2          Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging;


Moet nie ophou om te bid nie, en altyd – met danksegging.

5          Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.


Die wat buite is – die mense wat nie in Jesus glo nie. Ons moet met wysheid optree teenoor hulle. Ons lig laat skyn sodat God in ons deur hulle gesien kan word.

Tyd is min, gebruik elke beskikbare oomblik om jou lig te laat skyn.

6          Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.


Ter bevestiging van vers 5

Paulus groet net vêrder en noem almal wat hom help. Lukas word ook uitgesonder en hier leer ons dat hy ‘n dokter is.

18        Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.

9 views0 comments
  • Facebook
  • Twitter
  • Telegram

© 2023 Regina Torre

bottom of page